Ek wil graag die volgende boeke aanbeveel:
1) Die Trojaanse Perd in die NG Kerk
Kry die boek hier: Glodiebybel.co.za
2) Jesus is die Een. Verloor ons nie die evangelie in die “Emerging Church” nie?
Kontak asb vir prof. Johan van Rensburg by jjvanr@yebo.co.za om die boek te kry!
Boek R129,95
Bestel by Bybel Media Handel
Tel 021 873 0822 Epos jan@bmedia.co.za
of Faks 021 873 0832
E boek R69,95 http://www.kalahari.com
Ook beskikbaar in toonaangewende boekwinkels
www.christianmediapublishing.com
3)Opgestaan!
Besoek asseblief Ferdie se webwerf by www.opgestaan.com.
Die boek beskryf die gebeure by die Tukkies kweekskool toe Prof Julian Muller van dwaling aangekla is omdat hy die liggaamlike opstanding van Christus ontken.
Hoe is dit moontlik dat ‘n man wat die belydenisskrifte van die NG Kerk verloën steeds kwekelinge van die kerk oplei?
Anthonette said:
Hallo julle.
Lees bietjie die boek. Pagan Christianity. George Barna is een van die skrywers.
Dit het my baie dinge laat raaksien in die NGK.
hierstaanek said:
Dankie vir die tip, Anthonette
Chavoux said:
Hallo Wynand
Die ander boek wat ek verlede Sondag genoem het is “The forgotten ways” van Alan Hirsch. (Brazos Press) Ek het my kopie deur Kalahari.NET bestel, so ek weet nie of dit in boekwinkels beskikbaar is nie. Dit is regtig ‘n goeie boek in my opinie, maar ek sou graag terugvoer daaroor wou hê van iemand wat wyer gelees het oor die hele “emerging church”.
Pingback: Prof. Johan Janse van Rensburg oor die Emergent kerk « hier staan ek
Pingback: Die boek “Trojaanse Perd in die NG Kerk” oor Jean Oosthuizen en Kletskerk | hier staan ek
Christian said:
Ek weet nie of jy net Afrikaanse boeke wil voorskryf nie, want daar is ongelooflike goeie materiaal oor die verval van die kerk in engels. Mense soos Paul Flynn wat ‘n stasie op Youtube het. Dr. McArthur se “Strange Fire” boek en konferensies en so voorts. as jy wil kan ek ‘n lys op jou webblad neersit.
Ek self is van die NG kerk en is besig om te stoei met moet ek bly of moet ek die kerk verlaat. Dit is hartseer, maar wel ‘n feit dat die ware teologie broodnodig is en dat mense al hoe meer mislei word. Dat God nou net gebruik word as ‘n stuk gereedskap om mense se agendas te bereik, dit laat die bloed in my are yskoud word.