Netwerk 24 berig dat die Namibiese Sinode die besluit van die Algemene Sinode van 2015 oor SGV verwerp, en dat hulle die Algemene Sinode van 2006 se besluit in dié verband handhaaf.
Hulle le die vinger op die wortel van die probleem: Kweekskole wat oorgeneem is deur liberale teologie. Ek haal aan: “Die taakspan moet ook die moontlikheid ondersoek om predikante in Namibië op te lei.” Verder is hulle met reg bekommerd oor die Algemene Sinode se besluit dat elke streeksinode sy eie belydenisskrifte mag aanvaar, wat in effek beteken dat die NG Kerk as nasionale kerkverband sal ophou bestaan.
Dit is vir hierstaanek verblydend dat daar nog mense met komminsens en respek vir die Bybel as Woord van God in die NG Kerk is.
Verhouding met SA hersien ná gay-besluit
Deur Pieter Steyn 28 Maart 2016 00:00
Die NG Kerk in Namibië gaan sy verhouding met die algemene sinode in Suid-Afrika hersien.
’n Taakspan om die kerk in Namibië se bande met die kerk in Suid-Afrika te hersien, is by die 17de Namibiese sinodesitting aangewys.
Volgens dr. André Olivier, moderator van die Namibiese sinode en voorsitter van die taakspan, het die taakspan vier maande om ’n verslag voor te berei vir die moderamen van Namibië.
“Daar is ’n sterk gevoel onder predikante van Namibië dat ons ’n slagoffer word van besluite wat in Suid-Afrika by die algemene sinode geneem word. Ons wil groter selfstandigheid hê. Dit is waarna die taakspan moet kyk,” het Olivier Sondag gesê.
Olivier sê die spanning tussen Namibië en die algemene sinode kom al ’n geruime tyd – sedert die proses om artikel 1 van die Kerkorde te verander om ruimte te laat vir die Belydenis van Belhar om deel te word van die NG Kerk se belydenisgrondslag.
Die algemene sinode se besluit oor gays het ook “groot spanning” in die Namibiese kerk veroorsaak, al was die besluit nie van toepassing op Namibië nie.
“Daar was ’n sterk debat oor ons verhouding en bande met die algemene sinode, maar my gevoel is die meeste afgevaardigdes wil nie noodwendig hê ons moet alle bande met die kerk in Suid-Afrika verbreek nie, maar dat Namibië groter selfstandigheid wil hê.”
Luidens die NG Kerk in Namibië se nuusbrief, Die Feldmuis, was die “gewraakte” besluit oor “selfdegeslag- seksuele verhoudings” en die besluit wat ruimte vir streeksinodes gee om self oor hul belydenisgrondslag te besluit, die laaste strooi vir die kerk in Namibië.
“Daar word nie gepraat van losmaak van alle bande [met die algemene sinode] nie, maar dat ’n dringende herskikking van bande nodig is, is duidelik,” lui die nuusbrief.
Die taakspan moet ook die moontlikheid ondersoek om predikante in Namibië op te lei.
Olivier het toegegee dat daar enkele dominees en kerkrade is wat wel alle bande met die kerk in Suid-Afrika wil verbreek.
Oor gays het die Namibiese kerk besluit om die besluit van dié sinode van 2006-’07 te handhaaf.
Volgens dié besluit word gays aanvaar in die kerk, solank hulle selibaat bly. Gays mag ook nie predikante word nie.
“Ons vertrekpunt is die Bybel en die liefde van Christus. Die Bybel wys dade van selfdegeslag- seksuele verhoudings af. Ons getuig dat die Bybel ’n selibate lewe vra van mense met ’n selfdegeslag- seksuele oriëntasie. Seksuele oriëntasie verhinder nie lidmaatskap van die kerk nie,” lui die besluit.
Dr. Carin van Schalkwyk, skriba van die Vrystaatse sinode, het bevestig daar word op 19 Oktober ’n buitengewone sinode in Bloemfontein gehou om te besin oor die gay-besluit en die besluit om streeksinodes ruimte te bied om oor hul eie belydenisgrondslag te besluit wat op verlede jaar se algemene sinode geneem is.
Die sinodes van KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap het ook vanjaar hul onderskeie sinodesittings.
Henrietta Klaasing said:
Groot waardering vir Namibië se handhawing van die gesag van die Skrif.
Anoniem. said:
Die dwaalleraars is oral druk besig om hul dwaalleringe teen n geweldige tempo te versprei sodat menige gemeentes alreeds hul onskriftuurlike denke aanvaar het. Die artikel in Die Kerkbode van 4 Maart dra ook nie veel by tot n oplossing om die absolute waarheid aangaande Die Heilige Skrifte se korrekte interpretasie. Dit dui daarop dat daar steeds nog geen oplossing gevind is. Volgens my wete is daar al verskeie kere met hulle in die nodige liefdevolle dialoog getree is om hulle tot besinning te laat kom- maar tevergeefs!
Hoe kan daar n eenheid in die Algehele Kerk bestaan waar n klein groepie God se Evangeliese dood vir sonde so onklaar maak vir sekere sondaars? Hulle noem onderandere dat Gays so gebore is -wat dan van n pedofiel?
Om Christen te word moet die sondige mens weer gebore word en jou sonde laat staan! Dit maak nie saak met watter natuurlike drange mense gebore word nie. Daar is net een redding vir almal en daardie redding is dieselfde vir almal – daar is geen verskil hoegenaam! Hoe is dit dan moontlik dat Evangeliese leiers gehoorsaam is aan God se Woord in hierdie opsig, maar God se bepalinge aangaande dwaalleraars totaal ignoreer?
God se eenvoudige maar absolute oplossing om ontslae te raak van hierdie dwaalleraars het God alreeds in Sy Woord aan ons gegee!! Dit is om die person te ignoreer en selfs nie eers te groet nie. Dis die oplossing deurgegee in die tweede brief van Johannes vers 10. As iemand na julle toe kom wat n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en selfs nie groet nie, 11. Want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.
Ek haal ook die volgende daaruit aan uit die kort boek van Judas en my wens is dat u dit self sal lees sodat Die Heilige Gees uself daarin lei.
Vers 19. Hierdie mense bring verdeeltheid; word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God.
Vers 20 Julle geliefdes moet egter gaan om julle lewe te bou op julle aller heiligste geloof. Bid altyd deur die krag van Die Heilige Gees.
Vers 21 Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagtinge op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee. Vers
22 Oor die wat in twyfel verkeer, moet julle jul ontferm. 23 Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hul sondige luste besmet is.
Moet ons nie saambely dat diesulkes nie meer my broers in Christus is nie. Ds. Denzil Dick (sien brief onder) skryf van “n opdrag on uit die kerk te dros?” Die dros moet mens versigtig verstaan en prakties omskryf en verstaan in die volgorder:
A. Waar n kerk se belydnis nog Skriftuurlike is: Dit lyk vir my dit dui op onttrek aan die individu, eerder as om te dros en n ander kerk te begin. Onttrek en merk hom openlik en sonder voorgee van broederskap binne die gemeente – distansieer jou openlik van die individu en nie die gemeente nie (Rom 16). Die gemeente moet sien dat hy verkeerd is deur die “merk” en deurdat jy jou openlik distansieer van die persoon.
Dis nodig dat n mens begin besef daar kan nie meer ruimte kan wees as leraars hierdie punt bereik nie. Kyk ook hierna:
“Volgens die bevel van Christus word die wat die naam Christen dra en tog ‘n onchristelike leer huldig of hulle onchristelik gedra eers herhaalde kere broederlik (lees: liefdevol) vermaan. As hulle egter nie van hulle dwalinge of skandelike lewe wil afsien nie, moet dit aan die gemeente of aan die wat deur die gemeente daarvoor aangewys is, gesê word. As hulle hulle ook nie aan laasgenoemde se vermaninge steur nie, word hulle nie langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en uit die Christelike gemeente en deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit. Hulle word weer as lede van Christus en sy gemeente aangeneem wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys (a). (a) Matt 18:15-17; 1 Kor 5:4, 5, 11; 2 Kor 2:6-8. (HK V&A 85)
B) Waar n kerk se belydenis Onskriftuurlike leerstellings bevat: Hier word die leerstelling deur almal aanvaar wat aan die pepaalde kerk behoort. n Mens weet onmiddelik om die kerk te vermy of nie as hulle geloof anders is as die algemene Christen Belydenis. Maar wat as n kerk sy belydenis verander om teen die Woord te praat.
In die geval is Ds Denzil Dick reg en daar is nie n ander keuse as om uit die kerk te dros nie, omdat die mense se geloof verander het. Daarom kan n mens nie langer saam gemeenskap he met mense wat anders glo. Dan is daar min ander keuse as om te dros. Wat ingedagte gehou moet word is om op die geheel te fokus en dan waar te neem in watter stadium hierdie saak alreeds gevorder het. Waar bring Belhar se aanvaarding ons ook op hierdie oomblik tesame met die SGV? Dit spel niks goed uit!
Dit lyk asof selfs die behoudendes in die NGK nie die erns besef om jou te onttrek aan die dwaalleraars nie. Dis asof hulle dink dis ‘n intellektuele debat wat vurig verloop, sonder implikasies vir broederskap – more lag ons weer rondom ‘n beker koffie en ‘n gesprek oor rugby saam met dieselfde leraar wat van my verskil oor die sakie van gaywees!”
Insiggewend aangaande SGV: Dr. James White gee n indiepte Christelike perspektief. Klik asb. op die volgende om te luister: https://www.youtube.com/watch?v=bCCArXCfNDU
Rev Nils Holmberg van die Emannual Church of England in Durbanville se Evangeliese geskrewe prediking omtrent SGV. (aangeheg bo by Bcc.) asook die direkte opname van sy prediking wat u op die volgende “link” kan klik sou u verkies om eerder daarna te luister http://1drv.ms/1YxAWNG. My vertroue is dat u dit leersaam en geseend sal vind. Baie belangrik in hierdie saak is dat elkeen Dr Kevin DeYoung- “What Does The Bible Teach About Homosexuality” sal lees. Beskikbaar op Amazone.
Broeders vrywaar julle self deur te doen wat God julle leer in Sy Heilige Skrifte. Vermy hulle op alle vlakke en vergaderings en praat nie met hulle- selfs ook nie op Algegehele Sinodale vlak! So nie is julle net so skuldig aan hierdie dwaalleraars wat die algehele Kerk “gevange hou” en menigde siele die ewige hel saam met hulle insleep!
Lees ds Denzil Dick se ope brief hieronder wat op die webblad “hier staan ek” gepubliseer is -dit voeg insiggewende waarde by!
Ds Denzel Dick van George: Kan ons met dwaalleraars in die selfde kerk wees?
10TuesdayNov 2015
Posted by hierstaanek in Uncategorized
≈ 9 Comments
Die NG Kerk en Gays Deur Ds Denzel Dick Mobiele Evangelisasietrust George
1. Geestelike Verwarring
Daar is navorsers wat beweer dat Ritalin wat vir kinders met leerprobleme gegee word, by sommige kinders op ‘n latere stadium in hul lewe probleme skep. Ritalin werk glo in die brein ‘n bepaalde verwarring nl. dat die natuurlike fisiese of seksuele aangetrokkenheid tussen man en vrou vervang word met ‘n onnatuurlike behoefte na dieselfde geslag. Die navorsing duur voort.
Om Ritalin as metafoor te gebruik…. sonde werk soos Ritalin, dit bring ‘n verwarring. Sonde beskadig jou oordeelsvermoë oor wat reg of verkeerd is. Jesaja het al gewaarsku:”Weë hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” (5:20)
Die Bybel sê elke mens het ‘n gewete, dit is daardie instrument in elkeen wat leiding oor reg en verkeerd gee (Joh 8:9). Die Christen se gewete word gevorm deur God se standaarde. Die Bybel is vol waarskuwings om jou gewete op te pas dat dit as meetinstrument nie deur sonde beskadig of onklaar gemaak sal word nie (1 Tim 1:19). Want “as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.” (Mat 6:23)
Soos Simson se oë met ‘n warm yster uitgesteek is, waarsku Paulus met die beeld dat in die laaste dae daar geestelike leiers gaan wees wie se gewete of oordeelsvermoë, asof met ‘n warm yster uitgesteek is. (1 Tim 4:2) Dit is daardie insig-gestremde geestelike leiers wat voorgee dat hulle kan sien, maar blind is. Titus verwys ook na die gestremde leiers wie se oordeel op twee vlakke ‘beskadig’ is; “hulle verstand sowel as hulle gewete ….is besoedel…” (1:15) Jesus noem hulle “blinde leiers van blindes…wat dan altwee in die sloot val” (Mat 15:14)
Hou ‘n magneet naby ‘n kompas en wat is die gevolg? Jy sal nooit ‘n korrekte lesing kry nie!
Daarom die oproepe in die Bybel: “Wees heilig….”; ‘ wandel nougeset….”; “Hou nie gemeenskap met….”; en onttrek jou aan “mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is…” en “Hou jou rein.”
Die eerste tekens van geestelike verwarring is dat mense sukkel om te weet of iets reg of verkeerd is! Sake wat duidelik in die Bybel is, word skielik sake waaroor sinodes in jare nie kan besluit nie. Hierdie verwarring het ‘n oorsaak nl. ‘n ‘beskadigde meetinstrument’, die gewete.
Die ‘kompas’ wat die rigting aandui is ‘beduiwel’, dit gee verwarrende lesings! In die verwarring wat volg, het alle rigtings skielik die moontlikheid om reg te wees. Dit kan tog nie wees nie!
Die Heilige Gees se beheer in die Christen se lewe word sigbaar as ‘n sensitiewe deurwag (gesonde gewete) wat alarm maak. Wanneer gedagtes, besluite of dade God in sy tempel nie gaan verheerlik nie, gaan die rooilig van onvrede aan. Die deurwag se deeglikheid hang af van sy getrouheid aan die Woord.
Die kern-oorsaak wat die kompas se lesing ‘beduiwel’ is ‘n afvalligheid van die Woord van God. Natuurlik kan persoonlike sondes ook deel van die probleem wees. Wat anders kan leraars en lidmate deesdae laat afwyk van wat al die jare geglo is? Wat anders laat die geestelike leiers gruwelike dwalinge en sondes goedpraat? Hulle sê, nuwe navorsing lei glo tot ‘n nuwe interpretasie van die Bybel en so word vreemde sake goed gepraat. Dat ‘n slang kon praat, ‘n vis mense kan insluk, ‘n ark wat alle diersoorte kon akkommodeer, dat Jesus letterlik en liggaamlik uit die dode kon opstaan, is glo nie meer logies en wetenskaplik nie.
Sedert daar ook nie meer tug oor lidmate en leertug oor dosente is nie, het ‘n losbandigheid toegeneem tot so ‘n mate dat die Kerk se standpunte al meer ooreenstem met ‘n goddelose regering se oortuigings, bv. oor evolusie, aborsie en homoseksualiteit. Wie dit dan nog waag om sonde aan te spreek, word stilgemaak met ‘n “jy mag nie oordeel nie!” Daarom swyg baie. Soos in Jesaja se tyd is die geestelike leiers: “…slapende honde wat nie kan blaf nie….”(Jes 56:10).
Oswald Chambers skryf: “Jy kan nie sake deurdink om geestelike verwarring op te klaar nie; om sake te verhelder moet jy sy Woord kinderlik gehoorsaam. Jy kan intellektuele sake logies deurdink, maar in geestelike sake, los van die Woord, dink jy jou net dieper in dwalende gedagtes en verwarring in.
Selfs die kleinste dingetjie wat ons in ons lewe toelaat en wat nie onder die beheer van die Heilige Gees is nie, is voldoende om geestelike verwarring te veroorsaak. En al bestee ons tyd om daaroor te dink, sal dit sake nooit ophelder nie. Geestelike verwarring word alleenlik oorwin deur gehoorsaamheid aan die Woord van God. Saam met gehoorsaamheid kom die onderskeiding en innerlike vrede.”
“Conscience, that noble faculty, is God’s deputy in the soul; it is a candle not only lighted by Him, but lighted for him.”(M Henry)
2. ‘n Opdrag om te dros uit jou Kerk?
Dros uit jou Kerk? Hoe kan Paulus so iets voorstel? Dit is Paulus se raad in 1 Tim 6:5 : ”nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.” Die konteks is lering in die gemeente en die oorlewing van die Christen (vers 3).
Elke wedergebore Christen het iets kosbaars ‘onder die arm’ wat hy van God ontvang het. Die gawe wat hy ontvang het word ‘n ‘pand’ in die Afrikaanse vertaling genoem. In die Grieks is hierdie ‘pand’ ‘n bank of in finansiële terme, ‘n deposito. Drie keer kom die opdrag in die boek Timótheüs (6:20 & 2 Tim 1:12,14) dat ons die ‘pand’; dit is ons verlossing in Jesus Christus, moet bewaar en telkens word ons opgeroep om alles te vermy wat die ‘pand kan steel’ of in gevaar kan stel.
1. T.o.v. die leraars maak Paulus melding van ten minste vyf kolegas wat tydens sy bediening hul pand verloor het; nl. Figellus, Hermogenes, Himenéüs, Filétus en Demas.(2 Tim 1:15) As Paulus riglyne gee waarom mense hulle moet onttrek uit ‘n atmosfeer van misleiding of verkeerde leringe, is daar ‘n bekommernis by hom oor hul geestelike welsyn: “Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?” (1 Kor 5:6). Geestelike leiers het ‘n invloed en die verkeerde leiding kan mense afvallig maak van die ware Evangelie. Daarom dat hy kinders van die Here oproep om hulle te onttrek. Die woord onttrek beteken letterlik om soos ‘n soldaat te dros. Hulle moet padgee van diegene wat hulle deur subtiele bedrog van hul deposito kan beroof!
Hy gee verskeie redes wat elke Woordgetroue toelaat om te dros. Dit gaan nie help om die Kerk van binne te probeer verander nie omdat sulke leiers in ‘n magsposisie is, in sirkels praat en daarmee wys dat hulle verdorwe in die verstand is. Verdorwe in die Grieks beteken letterlik om verrot in hul denke te wees! Verder is hulle beroof van die waarheid. Beroof dui dat hulle deur geestelike swendelary en filosofiese kulkuns vervreem is van die werklike betekenis van God se Woord. Paulus waarsku m.a.w. dat wanneer lidmate blootgestel word aan sulke vernuftige en verfynde swendelary, dan moet hulle padgee. Hy herhaal weer om sulke mense te vermy en nie met hulle te assosieer nie: “Keer jou ook van hierdie mense af.” (3:5)
Wie die Here nie ernstig opneem in sy oproep om nie met sulke leraars te meng nie, stel sy wandel en verhouding met God in gevaar: “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2 Kor 6:17,18). Die rede word gegee: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.(2 Joh 1:10,11). M.a.w. wanneer jy jou nie verwyder van die valse leraar se invloed nie, verklaar God jou skuldig aan presies dieselfde oortreding waaraan die valse leraar skuldig is. Barnes verduidelik: “For he …… is partaker of his evil deeds – it shows that he countenances and approves of the doctrine which is taught.”
Hoe versigtig moet die kind van die Here nie wees waar hy aanbid en aan wie se lering hy hom blootstel nie. Die boodskap moet duidelik deurkom dat jy nie kan saamgaan met leringe wat in stryd is met die boodskap van die Bybel nie.
2. Dit geld ook vir lidmate wat met dwaalleringe besig is. Van leraars word verwag om diesulkes se “mond te stop” deur hulle “skerp te bestraf” sodat hulle “gesond in die geloof’ kan word. (Tit 1:11-13). As dit nie help nie, moet daar ‘n breuk kom: “En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.” (Mat 18:17). Dit word herhaal: “En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.” (2 Tes 3:14). Die “skaam” in die Grieks dui op respek en impliseer respek vir God en sy Woord. Die verbod op kontak is God se voorskrif om mense wat in rebellie teen God en sy Woord is, op te roep tot bekering . Dit is die Bybelse voorskrif vir die tug in elke gemeente – die tug wat in baie kerke glad nie funksioneer nie.
In die humanistiese en demokratiese atmosfeer van die tyd waarin ons leef, word so ‘n oproep om te vermy as baie liefdeloos en kras gesien, dis te eksklusief! Hoe kon Paulus dan nog ekskommunikasie voorstel om sulke mense “aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus” (1 Kor 5) ?
Die hedendaagse geestelikes glo in ‘n ‘inklusiewe’ benadering. Dis glo liefdeloos, wreed en onmenslik om dié rebelle, waaronder gays, saamblyers, bedrieërs, misleiers, en noem maar op, te laat voel dat hulle eenkant gestoot word! Daarom word daar ook nie meer oor die hel gepreek nie! Moenie iets sê wat hulle wil verander en kan seermaak nie! Dit is liefdeloos en ongevoelig! Die tug mag ‘n metode in Paulus se tyd gewees het, maar in ons moderne samelewing werk dit glo nie!
Die Christelike kerk se status het verander van die Liggaam van Christus na ‘n tipe Afrika Taxi wat almal verwelkom. In hierdie Taxi is daar geen dissipline of toelatingsvereistes nie, terwyl die ‘drywer’ sonder die lisensie van Titus 1:7-15 bestuur en net moet sorg dat die Taxi vol is en almal dit geniet en welkom voel. “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.” (Tit 1:16)
“It is right for the church to be in the world; it is wrong for the world to be in the church. A boat in water is good; that is what boats are for. However, water inside the boat causes it to sink.”- Harold Lindsell
As jy in ‘n ‘Afrika Taxi’ tipe kerk is…..gee pad! Soek ‘n gemeenskap van gelowiges wat God vrees en nog glo dat “die hele Skrif is deur God ingegee” (2 Ti 3:16).
William Booth, the die stigter van die Salvation Army, het reeds in sy tyd voorspel: “The chief danger that confronts the coming century will be religion without the Holy Ghost, Christianity without Christ, forgiveness without repentance, salvation without regeneration, politics without God, heaven without hell.”
Uit Die Skrif
Esegiel 34.
1Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Mens, tree op as profeet teen die herders van Israel, tree op as profeet en se hulle, vir die herders: So se die Here my God: Ellende wag vir die herders van Israel wat net vir hulleself sorg! Moet herders dan nie vir die kleinvee sorg nie? 3Julle drink die melk, julle maak vir julle klere van die wol, julle slag die vetste kleinvee, maar julle sorg nie vir die kleinvee nie. 4Julle het nie die swakkes gehelp nie, julle het nie die siekes gedokter nie, julle het nie die wonde van die wat seergekry het, versorg nie, julle het nie die wat weggedwaal het, teruggebring nie, julle het nie die wat weggeraak het, gesoek nie. Julle was harde en wrede regeerders. 5Die kleinvee was sonder herder en het verstrooi geraak, en toe hulle verstrooi raak, word hulle ‘n prooi vir roofdiere. 6My kleinvee het rondgedwaal oor al die berge en oor al die hoe heuwels, hulle het verstrooi geraak oor die hele aarde en niemand het hulle gesoek of na hulle gevra nie.”
7Daarom, herders, hoor die woord van die Here: 8“My kleinvee is uitgelewer en het die prooi van enige wilde dier geword; hulle is sonder herder, sonder iemand wat na hulle soek; die herders het vir hulleself gesorg en nie vir my kleinvee nie. So seker as Ek leef,” se die Here my God, “Ek sal die herders straf.” 9Hoor die woord van die Here, herders! 10So sꠤie Here my God: “Ek gaan optree teen die herders: Ek eis my kleinvee van hulle terug, Ek maak ‘n end daaraan dat hulle die kleinvee se herders is, hulle sal nie herders bly net om vir hulleself te sorg nie. Ek sal my kleinvee red en hulle nie deur die herders laat opeet nie.” Ek sal self my kleinvee se herder wees 11So se die Here my God: “Ek sal self my kleinvee soek en na hulle omsien. 12Soos ‘n herder omsien na die kleinvee wat uit sy trop verstrooi raak, so sal Ek omsien na my kleinvee en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker oordeelsdag. 13Ek sal hulle tussen die ander volke uitbring, hulle bymekaarmaak uit die ander lande en hulle bring na hulle land toe. Ek sal hulle versorg op die berge van Israel, in die klowe, in al die woonplekke in die land. 14Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoe berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lꠥn herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel. 15Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat le en herkou,” se die Here my God. 16“Ek sal die soek wat weggeraak het, die terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van die wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal die wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal ‘n herder wees wat reg laat geskied.
Daar is n versoek ontvang dat u hierdie epos na elke NGK lidmaat onder u sorg sal stuur en te vra dat hulle dit weer na familie en vriende sal aanstuur om hulle goed toe te rus omtrent die waarheid.
Mag Sy Gees u aanvuur om vir Sy saak op te staan
Seenwense
Johannes
Henrietta Klaasing said:
Daar lê ‘n ewe groot (of selfs groter) saak voor wanneer eenwording met die VGK gaan plaasvind. Die implikasies gaan SO groot wees, dat sinodes soos Namibië, gemeentes en/ of individue wat dit oorweeg om bande met die AS te breek, nie anders sal kan om dit te doen nie. Daar sal algehele nuwe strukture op die been moet kom – m.a.w. die AS soos ons dit nou ken, sal waarskynlik nie meer bestaan nie, ook sal ‘n splinternuwe Kerkorde (wat vir die VGK aanneemlik sal wees) sal geskryf moet word. Sover ek weet, word daar alreeds aan al hierdie strukture gewerk. Dit word nog net nie openbaar gemaak nie. So moenie geskok wees wanneer ( nie AS nie!) dit gebeur nie.