Die Sinode van Wes-Transvaal:
1. Aanvaar die Woord van God as gesaghebbend en leidinggewend vir die leer en lewe vir alle gelowiges (2 Tim 3:16)
2. Die Sinode aanvaar die menswaardigheid en gelykwaardigheid van alle mense en verbind haarself om met liefde en respek teenoor alle mense te leef.
3. Die Sinode van Wes-Transvaal herbevestig dat die Bybel verklaar dat die huwelik ‘n heilige eenheid tussen een man en een vrou vir ‘n lewenslange verbintenis is.
4. Die Sinode van Wes-Transvaal verklaar dat alle seksuele verhoudings buite die band van huwelik, asook selfdegeslag verbintenisse nie Bybels verantwoord en aanvaar kan word nie.
Stefaan de Jager said:
Kort en kragtig! Dit klink my na `n goeie riglyn hoe om die Algemene Sinode se ellelange besluite oor homoseksualiteit en selfdegeslag verhoudings te vervang,
wanneer die appèlle oor DV twee jaar in behandeling geneem word.