• Artikels
  • Boeke
  • Dwaalleer in die NG Kerk
  • Emergent Teologie
  • Hier staan ek!
  • Wie ek is.

hier staan ek

~ ek kan nie anders nie, mag God my help, Amen

hier staan ek

Koppies Weltevrede gemeente se uitstekende Bybelse standpunt oor selfdegeslag verhoudings.

10 Tuesday Nov 2015

Posted by hierstaanek in Uncategorized

≈ 36 Comments

N G KERK  KOPPIES – WELTEVREDE     DS  E  B  MARITZ

STANDPUNT  OOR   HOMO-SEKSUALITEIT

1.     Die hele Skrif leer dat die huwelik bestaan uit een man en een vrou wat deur God saamgevoeg is, en wat die mens nie mag skei nie (Gen.1:27, 2:24; Mal. 2:14-15; Mat. 19:4-6; 1 Kor. 7:2; Ef. 5; 1 Petr. 3).

2.     Die Skrif leer dat seksuele gemeenskap alleen binne die huwelik  mag plaasvind (1 Kor. 7).  Daarom is saamwoon voor die huwelik, wat seksuele verkeer insluit voor die huwelik, sonde en word hoerery genoem (Kol. 3:5). Enige seksuele vervulling buite die huwelik is onsedelikheid en owerspel (1 Kor. 4:3-8).

3.     Die Skrif het geen ruimte vir die uitleef van Gay–gevoelens en  –verhoudings nie, omdat dit teen die natuur is soos God die mens geskape het en sonde is (Gen. 18:22; 20:13, Rom. 1:26-27, 1 Kor. 6:9-11, 1 Tim. 1:10).

4.     God het alle mens lief en het Christus gestuur om vir alle mense te sterf (Joh. 3:16).  Dit sluit hetero-seksueles, Gays, pedofiele, moordenaars en diewe in. Daarom moet ons Gays liefhê met die liefde van God.  Ons moet God liefhê  en ons naaste soos onsself, en dit sluit mense met homoseksuele oriëntasie in (Mat. 22:37-40).

5.     Dit beteken egter nie dat ons sulke mense se sondige dade goedkeur en in die gemeente kan toelaat nie (1 Kor. 11).  Die liefde van God wil nie ons sonde goedkeur nie, maar ons daarvan verlos (Ef. 1:7; Joh. 8:11).  Die liefde van God gaan altyd saam met God se geregtigheid en waarheid.  Liefde wat sonde binne die kerk goedkeur, is valse liefde (1 Kor. 13:6).

6.     God roep alle mense oral op om hulle te bekeer (Hand. 17:30).  Alle mense is welkom in die kerk as besoekers, maar word eers deel van die kerk as hulle tot bekering kom en weergebore word (1 Petr. 1:3; 1 Kor. 12:13).  Die ware kerk is nie inklusief nie, maar eksklusief.

7.     Almal word genooi ,maar die wat Christus nie wil gehoorsaam nie, kan nie deel word van die kerk nie en sal ewig verlore gaan (Joh. 3:16-18, Luk. 12:43-59; 13:22-30).

8.     Daarom is alle Gays welkom in die kerk, maar moet hulle hul ook bekeer van hulle sonde tot Christus,  voordat hulle lidmate of geestelike leiers kan word. Dit sluit in dat hulle alle homoseksuele verhoudings moet laat vaar en rein lewe (1 Kor. 6:11).  Dit geld in gelyke mate vir alle sondaars en  sondes (Mat. 3:2-8).  Ons almal is in sonde gebore (Ps. 51:7; Rom. 3:23) en moet tot geloof in Christus kom, wat bekering van sonde insluit (1 Petr. 4:1-3).  Soos alle ander gelowiges die sondes moet aflê en daarteen stry deur hul self te reken as saam met Christus gekruisig vir hul ou natuur, moet Gays dit ook doen (Ef. 6:6-14).

9.     Om van Gays te verwag om te breek met hul Gay-verhouding en seksuele uitlewing met dieselfde geslag, is nie liefdeloos nie.  Liefde is juis om die Woord te gehoorsaam en om by die waarheid te bly.  Liefde is juis om iemand te waarsku teen sy sonde en hom op te roep om Christus te volg (2 Kor. 5:11-21). As hy dit nie wil doen nie, sluit hy homself uit van die gemeenskap van die gelowiges (Mat. 16:24-28; Mat. 19:16-30).

10.  Die Skrifgedeeltes wat teen die uitlewing van Gay-verhouding en seksuele vervulling spreek, is baie duidelik en ondubbelsinnig.  Dit moet letterlik opgeneem word soos dit in die grondtaal staan, en die historiese konteks bevestig dat God daar enige seksuele verkeer met dieselfde geslag verbied en dit beskou as ‘n gruwel.  Dit is nie waar dat die historiese konteks leer dat dit net in verband met afgode en verkragting te doen het nie (Lev. 18:22; 20:13; 1 Kor. 6: 9-11; 1 Tim. 1:10).

11.  Die Woord ken nie so iets soos ‘n “burgerlike verhouding” waarin Gays bevestig kan word nie.  Dit is ‘n lisensie om in hoerery saam te lewe en ‘n skande dat die kerk die lisensie daarvoor  wil aanbied.  Dit is nie ‘n huwelik nie en so ‘n verhouding is dus nie deur God saamgevoeg nie.  Daarom verwerp die leraar, die kerkraad  en die gemeente die besluite van die Algemene Sinode in dié verband, en is bedroef dat dit tot oneer van God strek voor die wêreld en juis nie een persoon met homoseksuele oriëntasie tot ware bekering en heiligmaking sal lei nie.  Ons verwerp ook die aantygings van liberale teoloë teen ons behoudende gelowiges en teoloë dat ons liefdeloos is as ons in liefde by die waarheid bly (Ef. 4: 15).  In die oordeelsdag sal dit duidelik blyk dat ons genoeg liefde gehad het om by die Woord te bly staan, wetende dat ons eendag volgens die Woord geoordeel sal word (Joh.12:48).  Ons het groot respek vir baie gelowiges wat ‘n homoseksuele oriëntasie het en hul bekeer het omdat hulle die Woord van God as enigste norm vir hul lewe aanvaar en selibaat lewe, al is dit baie moeilik.  Maar die meeste ander gelowiges het ook ‘n hewige stryd teen die sonde en teen hul ou natuur met sy hartstogte en begeerlikhede.  Almal van ons moet egter ná bekering kies om die werke van die vlees af te lê en deur die Gees te wandel (Gal. 5:16-25).

12.  Die bewering van die Moderator dat die “Kerk” baie “konserwatief” was deur vir Gays ‘n ruimte te skep waarbinne hulle nou wettig seksueel kan verkeer, is skynheilige spelery met woorde om mense sag te maak en te mslei.  Daarmee onderskat hy die intelligensie van gewone gelowiges wat weet dat hy weet dat hierdie besluit opgekom het uit goddelose liberale denke gevul met humanisme en die drang om mense tevrede te stel in plaas van vir God.  As ons in hierdie verkeerde sin diensknegte van mense word, is ons nie meer diensknegte van God nie (Gal. 1:10).  Daarom het Jesus gewaarsku:  ”Maar pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom en van binne roofsugtige wolwe is.   Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” (Mat. 7:15-16).  In Jesaja 5 waarsku die Here teen geestelike leiers wat sleg goed noem en goed sleg, wat duisternis lig maak en lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.  Die Here soek reg en geregtigheid en sy toorn ontvlam oor sulke leiers, want hulle het die Woord  van die Here verwerp.  Hy waarsku dat Hy hulle gaan straf.  Liefde wat mense wil insluit ten koste van geregtigheid is valse humanistiese liefde.  Paulus waarsku dat daar ‘n tyd sal wees dat mense nie die gesonde leer sal verdra nie, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, en vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal afkeer van die WAARHEID en hul sal wend tot fabels (2 Tim. 4).  Dit is wat nou binne die NG Kerk gebeur.

TEKSGEDEELTES:

Lev. 18:22 en 20:13:  Hierdie twee teksgedeeltes sê helder en duidelik  dat ‘n man nie met ‘n manspersoon gemeenskap mag hê soos met ‘n vrou nie.  Dit is ‘n gruwel. Die feit dat Paulus onder leiding van die heilige Gees in die Nuwe Testament dit as sonde klassifiseer,  bevestig dat die beginsel ook vandag geld vir die gelowiges.  Die redenasie om te sê dat ons dit nie meer letterlik kan opneem nie, want dan moet praktiserende Gays doodgemaak word, gaan nie op nie, want Christus se versoening het genade gebring, wat uitstel van tyd gee sodat mense tot bekering kan kom.  As genadetyd verby gegaan het, sal onbekeerdes wat in sonde (enige sonde) volhard, veroordeel en gestraf word (Rom. 2:1-10).

Rom 1 praat met al God se skepsels wat die waarheid, dat God die Skepper van die wêreld is, onderdruk sodat hulle in sonde kan volhard.  Hulle draai hul moedswillig na die afgode omdat sonde daar nie as sonde gereken word nie, en hulle in hul sonde wil volhard.  Daarom gee God hulle oor aan die hardheid van hul harte sodat hulle dieper in sonde ingaan na die onnatuurlik wellus tot dieselfde geslag.  Dit gaan nie hier net oor verkragting en Gay-hoerey met verskillende partye nie.  Dit gaan hier duidelik oor homoseksuele verkeer wat as teen die natuur verklaar word.  Paulus gee hier geen ruimte dat daar “ordentlike homoseksuele verhoudings kan bestaan nie”.  In Rom. 2 roep Paulus almal op tot bekering en dit geld ook vir Gays.

1 Kor. 6:9-11:  Paulus waarsku die Korinthiërs dat hulle nie dink dat hulle in sonde kan volhard en die koninkryk van God ingaan nie.  As hulle so dink, is hulle mislei.  Hy klassifiseer hier baie duidelik praktiserende Gays in dieselfde sonde-kategorie as dronkaards, diewe en afgodsdienaars.  Hier word vier Griekse woorde gebruik wat waarsku teen seksuele sondes, waarvan twee handel oor homoseksuele persone wat met dieselfde geslag seksueel verkeer.  1. Pornoi:  losbandiges of prostitute;  2. Moighoi:  enige seks buite die huwelik.  Ook gebruik vir manlike prostitute beskikbaar vir vrouens.  3. Malakoi:  die man wat die vroulike rol vervul en toelaat dat mans hom seksueel gebruik.  4. Arsenokoitai:  mans wat met dieselfde geslag seksueel verkeer.  Om te sê dat Paulus hier praat met die agtergrond van afgodery waar homoseksuele dade buite vaste verhouding gepleeg is, is wensdenkery.  In daardie tyd was “mooi” homoseksuele verhoudings ‘n algemene praktyk en nie noodwendig aan afgodery gekoppel nie.  As mens so moet redeneer, moet jy ook sê dat mens maar kan drink en steel, solank jy dit net ordentlik doen sonder kontak met die afgode.  Drankmisbruik en gierigheid was ook deel van die afgodery.  Daar was geheime organisasies gekoppel aan die afgodstempels waarsonder mense nie besigheid kon doen nie, en waardeur mense geweldig beroof is.  Op die ou end sou mens al die ander sondes, wat Paulus hier noem as sonde, kon verwerp, solank dit buite afgodery en in mooi verhoudings kon geskied.  Dit is doelbewuste misbruik van die historiese agtergrond om dit so te verdraai dat die teks moet goedkeur wat die mens wil hê.  Die historiese agtergrond moet saam met die letterlike lees van die teks korrek uitgelê word.  Mense wat sê dat hul gelowiges is, maar volhard in hierdie sondes, word ONREGVERDIGES genoem.   Vers 11 sê dat ware gelowiges van hierdie sondes afgewas is en geregverdig is.  Hoe kan ons weer daarheen terugkeer soos ‘n hond na sy eie uitbraaksel of soos ‘n vark wat weer in die modder gaan rol (2 Petr. 2:22)!  In dieselfde hoofstuk waarsku Paulus teen valse predikers wat mense leer dat hul maar kan voortgaan met sonde.  Vir sulke dwaalleraars word die donkerste plek in die hel bewaar.  So wees gewaarsku.

1 Tim. 1:10-11:  Paulus sê hier duidelik aan Timoteus dat arsenokoitas (sodomiete) sonde is volgens die gesonde leer, net soos hoereerders, mensediewe en leuenaars.  Wil die Algemene Sinode ook vir hierdie laasgenoemde sondes vryskelding gee omdat dit ook dikwels met afgodery gepaard gegaan het?  Hy sê duidelik hier dat moordenaars, hoereerders, hulle wat met dieselfde geslag seksueel verkeer en leuenaars in stryd (Grieks: die teenoorgestelde, contrary, the opposite) is met die gesonde leer.  Deel van die evangelie is om hierdie sondes as SONDE te sien (v 11).  Die Algemene Sinode is dus tans in stryd met die gesonde leer van die Apostels en behoort onder tug te kom.  As hulle hul nie bekeer nie behoort hulle onder sensuur te kom en die predikers en teoloë wat vir die onbybelse besluit gestem het moet geskors word.  Behoudende teoloë wat nie opstaan en standpunt inneem teen hierdie dwaling nie, is ontrou aan die Woord van God en hul roeping om te leer, te weerlê, tereg te wys en te onderwys in die GEREGTIGHEID (2 Tim. 3:16).  Die wortel van hierdie dwaling is dat baie van die teoloë wat al vir jare veg om die N G Kerk te kaap en hierdie besluit deur te kry, nie meer glo dat die Bybel die geȉnspireerde Woord van God is nie.  

Share this:

  • Twitter
  • Facebook

Like this:

Like Loading...

Related

Post navigation

← Previous post Next post →

36 thoughts on “Koppies Weltevrede gemeente se uitstekende Bybelse standpunt oor selfdegeslag verhoudings.”

  1. Petrus Van Der Walt said:

    10/11/2015 at 9:30 pm

    Ongelooflike samevatting. Ek bid Ds Maritz, Koppies Weltevrede en elke leser verdere wysheid en insig toe.
    Liefde Petrus

    Reply

  2. Somerset (Sommie) Morkel said:

    11/11/2015 at 7:53 am

    DIT is ‘n voorbeeld van suiwer eksegese.
    Die Alg Sinode se teoloee is blind hiervoor want hul sien nie meer die gesag vd Skrif raak nie & onderwerp hul ook nie daaraan nie.
    Daarom is hulle in rebellie teen God.
    Die taakspan op Selfdegeslagverhoudings wat [‘n swak] verslag gedoen het aan die Algemene Sinode & waarop die berugte besluit oor homoseks geneem is, is ‘n voorbeeld van eisegese – humanistiese inlees in die teks & weglaat van sekere tekste, maar veral weglaat van bekering tot Christus Jesus se Offer aan die kruis sodat mense kan vrykom van hulle sonde, nie daarin voortleef nie.

    Reply

  3. Carel Jansen said:

    11/11/2015 at 5:35 pm

    Met almal se kommentaar/reaksie op AS se besluit, stem ek saam. Onthou een ding: AS werk met ‘n sekere skrifbeskouing. Die Bybel is nie God se openbaring aan ons nie, maar mense se geloofservarings oor/van God. En hulle het in ‘n voorwetenskaplike tyd geleef, waartydens homoseksuele aktiwiteite ten regte verbied is. Maar ons leef in ‘n tyd waar die wetenskaplike navorsing aan ons uitwys dat daar wel ‘n egter selfdegeslag-verhouding van liefde, respek en trou kan bestaan. Daarom is die Bybeltekste nie op hierdie tipe verhoudings van toepassing nie, want Moses en Paulus het dit destyds nog nie geweet nie (voorwetenskaplik) van wat nou deur bv die gedragswetenskappe se navorsing bevind is. Die kernprobleem is Skrifbeskouing en uitvloeiend daarvan Skrifgesag. (wat dan ook tegelyk ons belydenisgrondslag NGB art 2 – 7, in gedrang bring. Daarom behoort kerke en predikante nie net oor AS se besluit ivm selfdegeslag-verhoudings na te dink en te praat nie, maar oor die vertrekpunte (fondamente) … oor wat Calvyn en die NGB die capita doctrinae (hoofsake van die geloofsleer) noem. Dit moet ons met mekaar duidelik uitklaar … en dan besluit: bly ons of gaan ons? Of doleer ons? (Een reaksie noem “doleer” as moontlikheid. Die kerkregering in praktyk in die NGK maak dit ‘n nuttelose opsie.) Of gaan ons daadwerklik iets doen aan die dwaalgeeste binne die NGK?

    Reply

    • hierstaanek said:

      11/11/2015 at 5:48 pm

      Uitstekende kommentaar!

      Reply

  4. Somerset (Sommie) Morkel said:

    11/11/2015 at 5:49 pm

    Die Ringe vd Suid-Kaap het die begin vd regte opsie getoon… Stap uit. Weier om Nagmaal te gebruik met die dwalers.
    Doleer is ‘duck & dive’ – dit is nie meer ‘n opsie nie, want lig kan/mag nie gemeenskap he met duisternis nie.
    Daar is nog hope predikante wat ‘n lae profiel handhaaf & hoop die issue gaan verby.
    Een predikant het aan ‘n vriend van my gese sy mede-leraar se voorstel is ‘om net nou niks te doen nie’.
    En?
    Wat gebeuer as more ‘n homo-paartjie instap & vra om getrou te word…?
    Die neutraliste moet ook nou deur aktiewe aksie teen die dwaalleer gedwing word om hul opsie opnelik uit te oefen.
    Hulle is dit aan hulle lidmate verskuldig.

    Reply

  5. americanuniverse said:

    11/11/2015 at 6:44 pm

    Gemeente Morelettapark:

    Prys die Here!

    http://gemeente.moreleta.org/post/132857534361/verklaring-van-die-kerkraad-van-moreletapark

    Reply

  6. Kobus said:

    16/11/2015 at 3:46 pm

    Carel Jansen som my gevoelens miskien die beste op..dankie daarvoor. Die voor wetenskaplike tyd waarin die mens se interpretasie in die Bybel na vore kom kom ook vanuit n tyd toe geglo is die wereld is plat …. glo ons dit nog? Is dit Bybels om inte meng met die voortplanting van diere en plante soos die moderne boerdery praktyke vereis … om nie eens te praat van werk op Sondag en die bestuur van n voertuig nie….. Eisch julle klomp sondaars!! Nee mense, kom by of volg die Afrika manier … as ek nie hou van wat die AS se interpretasie is nie, dryf hulle uit of stig my eie kerk. Julle raak nou regtig belaglik. Argumenteer oor iets soos Gays terwyl mens en dier vergaan weens droogte …. o ekskuus, die droogte is mos ook die AS se skuld. Ek bid vir julle.

    Reply

    • hierstaanek said:

      16/11/2015 at 3:49 pm

      Kobus, as jy verstaan het hoe heilig God is en hoe erg sy heilige en regverdige woede teen die sonde is sou jy miskien die saak in ‘n ernstiger lig beskou het.

      Reply

    • Hanno said:

      25/11/2015 at 11:52 am

      As lidmaat van die GKSA was dit verblydend and bemoedigend om op hierdie artikel af te kom. Nou is nie die tyd vir stilbly nie. Nou is nie die tyd vir hoop op beter dae nie, nou is die tyd om sterk standpunt in te neem. Vir te lank is dwaalleeraars in die midde van die NG Kerk se leierskap geduld – die Bybel het baie sterk woorde teen geestelike leiers wat die kudde mislei.

      Natuurlik is daar mense wat nie die getuienis van die Bybel wil hoor nie. Hulle sal julle woorde verdraai en julle van allerande valse dinge beskuldig. Ons moet dit verwag, want as hulle Jesus vervolg het sal hulle ons ook vervolg. Die evangelie is aanstootlik en sotheid vir die persoon met ‘n verharde hart, maar vir die wat gered word, is dit die krag van God (1 Kor 1)

      Ons moet net aanhou getuig van die waarheid. Diegene wat Jesus liefhet, sal daardeur getrek word en versterk word. Diegene wat hulle eie afgod maak in hulle gedagtes maak en hom “Jesus” noem, sal aanstoot neem en die kerk verlaat. So suiwer die Here sy kerk, en laat Hy die kerk se lig helder skyn. In 1 Tim 6 gee die Here ons baie geestelike wapens om onsself mee te verdedig, maar net een wapen om mee aan te val: Dit is die verkondiging van die Woord.

      Mag die Here julle seen, en mag julle kandelaar helder brand.

      Reply

  7. Deon Theron said:

    17/11/2015 at 10:47 am

    Baie bly om te sien dat gemeentes nou standpunt inneem (wat op die skrif gebaseer is). Hoop dat ons volgende week by ons kerkraads vergadering dit ook kan doen. Ek aanvaar nie die flou verskoning dat dit nie ons in Zimbabwe affekteer nie omdat ons lands wette dit verbied! Dit is ‘n “cop out” Deon Theron. Harare Zimbabwe

    Reply

  8. Lombard said:

    17/11/2015 at 11:08 am

    Verskriklik bly dat ek nie in die gemeente groot geword het nie. Lees blindelings die Bybel en oordeel mense. Wonder wie is die wolf in skaapsklere waaroor ons altyd gewarsku word. Hopelik eendag sal julle opregte liefde vir julle medemens ervaar. Tot dan haal eers die balk uit jou eie oog!

    Reply

    • hierstaanek said:

      17/11/2015 at 2:06 pm

      Hi Lombard

      Dankie vir jou bydrae hier. Die teks lees:

      MATTHÉÜS 7:5 AFR53

      Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

      Jy sien, Jesus praat hier van geveindes of skynheiliges, mense wat ontken dat hulle sonde doen. Dan sê Hy, haal eers die balk uit jou eie oog. Dit beteken: erken eers self dat jy sonde doen, en hanteer dit. Die manier waarop ons sonde hanteer is om dit te bely, te haat, daarvan weg te draai en ‘n pad van heiligmaking in Christus te begin loop. En dit is wat ons almal wat weer gebore is doen.

      Dan sê Jesus verder, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit die ander se oog te haal! Met ander woorde Hy gee ons die OPDRAG om vir ander te wys hoe om van hulle sonde ontslae te raak!

      In die SGV debat, wie is die huigelaars of geveinsdes? Die definisie van ‘n huigelaar is iemand wat beweer hy doen nie sonde nie. God sê duidelik, ondubbelsinnig sodat ‘n kind dit kan verstaan, gay seks is sonde. Die pro gay mense se dit is nie sonde nie. Hulle ontken hulle sonde. Daarom, in hierdie gesprek is die pro gay faksie die huigelaars wat op ware Christene skree dat hulle liefdeloos is en dus sondig is.

      Dit is mos wat jy sê, Lomdard, dat ons liefdeloos is terwyl die homoseks wat jy goedpraat nie sonde is nie?

      Waar staan jy in terme van Jesus se uitspraak?

      Reply

  9. Henk Gous said:

    17/11/2015 at 4:44 pm

    Dis hartseer om te lees dat iemand die volgende motiewe toedig aan die 200 gerespekteerde (hul is deur 10 sinodes verkies as bekwaam) afgevaardigdes van die Algemene Sinode: “hierdie besluit opgekom het uit goddelose liberale denke gevul met humanisme en die drang om mense tevrede te stel in plaas van vir God.”
    Dit sal nie vir my help om hier die verkeerde redenasies hierbo te weerlê nie. Lees egter wel die Skrifuitleg op die Sinodale webwerwe.

    Reply

    • hierstaanek said:

      17/11/2015 at 5:06 pm

      Hallo Henk

      2000 jaar se teoloë en teologie weerspreek die 120 mense wat vir SGV gestem het. En veral 500 jaar se Gereformeerde teoloë en teologie. Nou kom 120 en sê almal was altyd verkeerd?

      Daar is ‘n massiewe slang in die gras.

      Die basislyn is dit, hierdie mense sê direk hulle werk vanuit ‘n postmoderne hermeneutiek. Dit is onaanvaarbaar omdat die Bybel sy eie interne epistemologie en dus hermeneutiek het. Jy sal nie ‘n teks volgens ‘n ander genre as dit waarin dit geskryf is uitlê nie, sal jy? NOU MAAR OM HEMELSNAAM waarom lê hulle die Bybel uit volgens ‘n ander epistemologie as die een IN die Bybel self?

      Postmodernisme verhef die indiwidu of sy kultuur tot die maatstaf van waarheid. Die Bybel eis dat dat dit self as die maatstaf van Waarheid gesien moet word, as die Woord van God. Waarom dink jy is die sinodale webwerwe wat ek wel deeglik gelees het, so hiper-arrogant om te verklaar dat seker uitsprake in die Bybel slegs “Kultureel en nie moreel-eties” van aard is?

      Postmodernisme is in rebellie teen God. Dit is die goud geplaveide pad hel toe.

      Reply

  10. Japie van der Westhuizen said:

    18/11/2015 at 7:47 pm

    Nou ja toe, alles word eenvoudig as swart en wit en Skrif geinspireerd beridineer. Finish en klaar. Indien my genesamestelling my in die duidelike kategorie plaas sodat ek gay is moet ek dag vir dag vir my Skepper belei dat Hy my so gemaak het, ek moet terugstaan en my talente (wat Hy ook vir my deur die Heilige Gees gegee het) opsy skuif en in ‘n hoekie agter in die gemeente se vergaderplek gaan sit. Want sien, maak nie saak of ek so gemaak is nie, ek mag geen posisie in die Gemeente beklee nie. My sondige gedagtes (soos Jesus ons geleer het, jou gedagtes is eintlik die sonde) om iemand van my geslag lief te hê plaas my in ‘n ewigdurende kontinium van sonde waaruit ek nie kan ontsnap nie. Selfmoord, defnitief nie, want dit is sekerlik ook sonde. Hier staan ek, vrot van die sonde, maar dankvader ek is heteroseksueel, so ek is OK. Net gereeld probeer dink aan die erge sondes wat ek gepleeg het, of nog gaan pleeg, al is dit begeertes. Dan is ek 100% OK. Dankie tog ek is nie gay nie, die millisekonde na ek bely het pleeg ek weer dieselfde sonde!

    Hierdie is die belaglikhede van die argumente waarmee gespog word. Almal sê dit is in liefde, ek glo dit nie meer nie, jammer. Gaan lees bietjie Peter Vardy se boek: The Puzzle of sex. Eintlik het die vroeë Kerk in effek sy neus uit huwelikke gehou omdat dit ‘n burgerlike storie was. En toe kom die split in die Roomse en Oosterse Ortodokse Kerke ….. toe natuurlik waar ons vandag staan – jou sonde is altyd groter as myne!

    Reply

    • hierstaanek said:

      18/11/2015 at 8:55 pm

      Nee Japie jy is nie orraait as jy heteroseksueel is nie. Jy het nog steeds ‘n sondevalseksualiteit soos enige gay mens. Jou seksualiteit moet deur Christus verander word en heel gemaak word deur wedergeboorte en heiligmaking.

      Is die evangelie so moeilik om te verstaan?

      Reply

  11. Charmaine Tome said:

    19/11/2015 at 5:39 am

    Amen op elke woord wat deur Ds Maritz gespreek is. Ek kon dit nie beter stel nie

    Reply

  12. Lombard said:

    20/11/2015 at 10:09 am

    As ons nou eers die gays uit die kerk het , dink ek al die geskeide mense moet maar ook loop. Egskeiding is mos ook n sonde? En sommer enige iemand wat seks voor huwelik het.

    Reply

    • hierstaanek said:

      20/11/2015 at 10:23 am

      Hallo Lombard

      Dankie vir hierdie uitstekende opmerking, ek antwoord graag.

      Die eerste belangrike ding is: Ons wil nie gays uit die kerk kry nie. Ons wil hulle JUIS in die kerk kry.

      Nou weet ek jy wil dit nie glo nie want ons sê hulle moet ophou met hulle sonde. Jy kan nie verstaan hoe ons iemand kan lief hê en dan verwag hy moet sy sonde staak nie.

      Dis egter ‘n Bybelse beginsel. Jesus het vir die vrou wat in owerspel betrap is gesê “Ek veroordeel jou nie [want ek gaan jou oordeel oor ‘n kort tydjie aandie kruis dra]. Gaan en moenie verder sonde doen nie.”

      As alle sondaars uit die kerk moes gaan, en dit sluit gays in want #sondeissonde, sou daar nie ‘n kerk wees nie. Die kerk is juis vir sondaars, wat hulle sonde bely het en vergiffenis ontvang het, en wat dit bewys deur hulle leer en lewe.

      En dit geld vir owerspelers ook, wat egbrekers en rondslapers insluit.

      En dan stem ek met jou saam: Die kerk dwaal in die praktyk oor egskeiding. Ek veg al meer as 7 jaar teen daardie dwaling. Maar ek kan nie die dwaling van die kerk oor egskeiding regmaak deur die dwaling oor homoseks te laat deur gaan nie. Twee slegte dinge maak 2 slegte dinge, nie een goeie ding nie. Mens kan nie sonde regmaak deur ander sonde te doen nie.

      En ek weet presies hoe gays voel: Ek is geskei, en mag as geskeide persoon nie weer trou nie. (Rom 7:1-3) Ek veg daagliks teen my sondige begeertes, en ten spyte van my aangebore, sondige begeertes verwag God van my om heilig en selibaat te leef. En deur sy genade maak Hy dit moontlik!!!!

      Hoe verskil my ervaring van enige wedergebore gay persoon s’n? Dit is absoluut identies.

      Weereens dankie vir die opmerking, jy raak ‘n belangrike saak aan.

      Reply

      • Kobus said:

        21/11/2015 at 5:56 am

        Jy kan nie ernstig wees nie????

        Reply

        • hierstaanek said:

          21/11/2015 at 6:33 am

          Natuurlik is ek ernstig.

          Maar mense kan dit nie glo nie want hulle glo as mens iemand lief het moet jy sy sonde lief hê. Dit is die heersende humanistiese paradigme vandag. Toe Zizipho Pae getweet het dat homoseks sonde is, het hulle haar ‘n homofoob genoem.

          Kyk bietjie hoe belaglik dit is. Sê nou my kind steel. Ek haat die feit dat hy steel, maar ek het hom steeds lief.

          Nou, antwoord hierdie vraag: As ek my kind nie lief gehad het nie, sou dit my gepla het dat hy steel? Ek sou nie omgegee het nie, (tensy hy miskien van MY gesteel het)

          Die feit dat ons mense se sonde haat is bewys dat ons hulle lief het.

          Maar die ongeredde persoon sien dit nooit so nie, die ongeredde persoon sien afkeur in sy sonde altyd as afkeur van sy persoon, want hy sien sy sonde nie as sonde nie.

          Jesus het gesê die Heilige Gees oortuig ons van sonde, geregtigheid en oordeel. As ‘n mens geen sondebesef het nie beteken dit hy is nie weer gebore nie. Mense (hetero’s en gays) wat nie gered is nie sien geen probleem met dhulle gebroke sondeval-seksualiteit nie. ‘n “Christen” vriend van my was woedend omdat ek gesê het God verwag van hom om op te hou (hetero) owerspel pleeg. Hy het geen sondebesef gehad nie.

          As jy geen sondebesef het nie, plaas jouself dan onder die gesag van God se Woord en erken dit is sonde. God sal dan vir jou die sondebesef gee.

          So ja ek is ernstig.

          Die vraag is hoekom jy dit nie kan glo nie. Is jy gered?

          Reply

          • Kobus said:

            22/11/2015 at 8:11 am

            Hierdie debat lyk vir my is net tussen ‘n paar van ons wie op ‘n heel vroeere aspek gereageer het. Nogtans is dit vir my vreeslik hartseer. Daar word op die aspek van sonde en wat sonde is so ingefokus dat die liefde vir die medemens wat ek as Christen nog altyd as my rigsnoer in die huidige anti – liefde, anti-gesag, – anti-regering, anti -alles wat nie is soos EK dit wil he nie, gebruik het om rigting vir myself te vind, total vergeet word. Ons leef in ‘n valse kokon waar ons glo alles is in die wereld soos ons dit in ons konserwatiewe vorige eeuse opvattings wil verstaan…dit is ‘n veilige hawe en ek kan daarbinne funksioneer want ek hoef nie regtig te dink die…die kerk en die kerklike “leiers” bepaal die wydte van my interpretasie. Jammer. Hoe goed u dit ookal bedoel. Ek het aanbeweeg en gelukkig vir my, my geliefdes om my ook. Ek lees wyd oor dinge soos liefde, haat, verantwoordelikheid, etiek, korrupsie, toerekenbaarheid, en die menslike interpretasie vanuit die konteks en dan ook die ontwikkelingsvlak van daardie mense van al hierdie sake. In hierdie oplese het ek die volgende interessante artikel raakgeloop wat met toestemming van die outeur aangehaal word. Lees dit gerus en dankie vir die gesprek wat ons kon gehad het alhoewel dit my regtig met wwemoed gevul het en hartseer maak daar hierdie gesprekke net weer bewys die mens se arrugante benadering ten opsigte wat ek glo die God van alles se siening van die “bestaan” van alles is. (as die laaste sin sin maak, maar julle behoort te verstaan wat ek prober se)

            Gay of straight, liefde bly liefde!
            Deur Abel Pienaar

            Die onlangse debatte rondom homoseksuele en gay verhoudings en die NG Kerk se onvermoeë om hierdie saak sensitief en sinvol te hanteer, is ‘n baie hartseer saak vir my.

            Dat vandag mense nogsteeds nie verstaan dat liefde liefde is, ongeag gay of straight nie, gaan my verstand te bowe. Dit het my natuurlik weer laat nadink oor hoekom soveel mense onkundig oor hierdie saak is.

            Ek onthou as jong predikant in die NG kerk toe ek die eerste keer met die trauma en hartseer van gay liefde gekonfronteer is. ‘n Gay paartjie in my gemeente het met my kom gesels oor hulle “verbode en geheime” verhouding.

            Hulle was baie hartseer, want weens die verwerping van hulle familie het hulle nou ook ernstig begin wonder of God hulle dan ook verwerp. Is hulle liefde vir mekaar dan sonde?

            Ek onthou dat ek in die Bybel gaan soek het vir antwoorde en op die ou bekende verhaal van Dawid en Jonatan in die Ou Testament afgekom het, soos dit in hoofstukke 18-20 van 1 Samuel en 2 Samuel beskryf word.

            “Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.” Só het koning Dawid hartseer gesê nadat Jonatan op die slagveld gesterf het.

            Die vraag is natuurlik, was Dawid se hart gebreek omdat hy ‘n platoniese vriend verloor het, of was sy en Jonatan se liefde vir mekaar iets veel meer?
            Veral omdat Dawid sê dit was “wonderliker as die liefde van vroue.” Dit het gemaak dat ek die verhouding van Dawid en Jonatan van nader begin ondersoek het.
            Toegegee, die Bybel vertel van koning Dawid se verhoudings met vroue. Hy was, as ek vinnig moet tel omtrent met twintig verskillende vroue deurmekaar, maar dit word altyd as relatief oppervlakkig uitgebeeld. Nie ‘n enkele een kom naby sy liefde of verhouding met Jonatan nie. By die vroue is romantiese liefde totaal afwesig, só ook enige ernstige liefdesverklarings.

            In Dawid se lewe lyk dit of vroue op die periferie gefunksioneer het. Ja, noodsaaklik om ‘n nageslag te produseer, veral seuns, want seuns was pionne in die politiese alliansies en manlike mag van sy tyd.
            En selfs as Dawid met Saul se dogter, Migal, trou, is dit slegs om sy aanspraak op Saul se troon te vestig.

            “Die siel van Jonatan het verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonatan het hom liefgekry soos sy eie siel”, staan daar in hoofstuk 18:1-4. Die verhouding dui op ‘n intieme liefde vir mekaar. Kyk maar net hoeveel verwysings is daar na Jonatan wat vir Dawid geskenke gee. Byvoorbeeld: sy mantel, swaard, boog en gordel.

            Dit is natuurlik interessant om te sien dat die geskenke wat Jonatan gee, duidelike uitdrukking van liefde aandui – minnaars wat vir mekaar presente gee.

            In dieselfde hoofstuk van 1 Samuel (20:41) word beskryf hoe Dawid en Jonatan mekaar gesoen het en saam gehuil het. Dit kan verstaan word as die soene en trane van minnaars wat binnekort geskei gaan word: “…daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween…”
            Direk hierna (vers 43) sweer Jonatan en Dawid trou aan mekaar. In die boek Hooglied word sulke beloftes van getrouheid ook vermeld – maar nou binne die konteks van die erotiese liefde tussen ‘n man en ‘n vrou.

            Ten slotte, in Dawid se rouklag in 2 Samuel 1:26, verklaar hy oor Jonatan: “Jy was vir my baie lieflik.” En in die oorspronklike Hebreeus kom hierdie uitdrukking woordeliks so voor in Hooglied 2:7 en 8:4 waar die man sy minnares die hof maak.

            Natuurlik staan hierdie interpretasie van Dawid en Jonatan se verhouding teenoor hoe dit tradisioneel gelees en geïnterpreteer word. Mense sal vinnig wys dat dit bots met ander Bybelverse soos Levitikus 18:22, “Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie.” En daardeur sal hulle Dawid en Jonatan se verhouding vinnig probeer “vertaal” na ‘n broederlike liefde.
            Dit behoort egter nou al duidelik te wees dat mens nie lukraak en selektief met Bybeltekste kan omgaan nie. Dit is gevaarlik en onverantwoordelik. En die wat so omgaan met die Bybel loop hulle vinnig vas in al die teenstellende tekste in die Bybel.

            Nee, ons behoort te weet dat ons verantwoordelik moet omgaan met die konteks, tyd, kultuur, genre en betekenis van enige gedeelte in die Bybel.

            Want enige intelligente leser van die Bybel sal vinnig agtergekom dat die verwysings na homoseksualiteit in die Bybel, duidelik geplaas is binne spesifieke sosiaal-kulturele omstandighede, waarbinne daar nog níks van liefdevolle, monogame gay-verhoudings soos ons dit vandag ken, gesê word nie.

            En as ons eerlik en verantwoordelik na Dawid en Jonatan se verhouding kyk, sien ons dat daar ‘n baie sterk moontlikheid is dat dit ‘n gay verhouding was. Hierdie ontdekking van die liefde tussen Dawid en Jonatan het my net weer laat besef hoe lank al homoseksuele verhoudings met ons is. Van die vroegste kulture getuig reeds hiervan.

            En dit maak nie saak aan watter kant van die debat ’n mens staan nie, daar is geen twyfel by my dat liefde tussen twee mense – is liefde. Ongeag die geslag of seksuele oriëntasie van die betrokkenes.
            Dankie Dawid en Jonatan vir julle openbare liefde vir mekaar. Want daardeur help julle nie net baie ander mense om ook self eerlik te wees oor hulle liefde nie, maar ook om beter te verstaan.
            Hopelik leer ons deur julle om ‘n sagter, eerliker, oper en vryer gemeenskap te wees. ‘n Gemeenskap waar ons mekaar as mense sien, ongeag kleur, geslag, taal, seksuele oriëntasie, godsdienstige of politieke sienings.

            En vir dié wat ‘n Bybelversie hiervoor soek, wat van ‘n aangepaste Galasiërs 3:28, “Daar is nie meer slaaf of vryman of -vrou, gay of straight nie, ons is almal een…”

            Reply

            • hierstaanek said:

              22/11/2015 at 9:18 am

              Gays het geen benul van platoniese liefde tussen mans nie. Ek het verskeie mans vriende wat enige tyd dieselfde intensiteit van liefde het as tussen Dawid en Jonathan. Maar gays kan dit nie verstaan nie omdat dit buite hulle ervaringsveld lê.

              Jou revisionistiese hermeneutiek is so ooglopend vals, dit sou lagwekkend wees as dit nie so ernstig was nie. Enige straight man met gesonde mans-vriendskappe kan maar net sy kop skud oor gays se onvermoë om gesonde selfdegeslag vriendskappe te verstaan.

              Reply

  13. hierstaanek said:

    22/11/2015 at 8:32 am

    HAllo Kobus

    Abel Pienaar verwerp Christus en sy Evangelie met minagting. Hy is nie ‘n Christen nie maar ‘n boeddhis. Boonop is hy oneerlik want hy gebruik Christelike terme in sy godsdienspleging om verdwaaldes uit die kerk te vang vir sy boeddhistiese ashram. (Ek moet sê dat hy deesdae meer eerlik is oor wat hy glo, hy noem homself deesdae ‘n agnostikus, as ek nou reg onthou).

    Dus kan jy nie enigiets glo wat Abel sê oor Christelike teologie of liefde nie. Hy glo dit nie self nie.

    Tweedens sê jy

    Daar word op die aspek van sonde en wat sonde is so ingefokus dat die liefde vir die medemens wat ek as Christen nog altyd as my rigsnoer in die huidige anti – liefde, anti-gesag, – anti-regering, anti -alles wat nie is soos EK dit wil he nie, gebruik het om rigting vir myself te vind, total vergeet word.

    In teenstelling daarmee se God

    8Terwyl hy gely het en gestraf is,
    is hy weggeneem,
    en wie van sy mense het dit ter harte geneem
    dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
    Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
    9Hy het ‘n graf gekry by goddeloses,
    hy was by sondaars in sy dood
    al het hy geen misdaad gepleeg nie
    en al was hy nooit vals nie.
    10Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
    om hom die pyn te laat ly.
    As hy sy lewe as skuldoffer gee,
    sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe,

    deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
    11Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
    en hy sal die Here ken.
    My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
    hy sal die straf vir hulle sonde dra.

    12Daarom gee Ek hom ‘n ereplek onder die grotes.
    Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
    omdat hy hom in die dood oorgegee het
    en as misdadiger beskou is,
    omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
    en vir oortreders gebid het.

    Jy sien Kobus, Jesus het net oom een rede aarde toe gekom: Sonde.

    As dit die enigste rede is waarom Jesus gekom het, hoe kan mens nie oor sonde praat nie? Verstaan jy wel die evangelie???

    Spreuke 27:5-6: Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.

    Reply

    • Kobus said:

      22/11/2015 at 12:20 pm

      Dankie vir interessante debat. Twyfel of ek voort gaan hiermee. Het u sienings interessant alhoewel somtyds ontstellend eng en eenogig gevind. Wanneer sulke gesprekvoering egter persoonlik begin raak soos u “aanval” teenoor Abel Pienaar neem dit ongelukkig ‘n wending wat geen sin bring nie want dan is dit nie meer ‘n soeke na die individu se interpretering van die hedendaagse waarheid nie, maar ‘n eng siening wat die tipe gesprekvoering wat ek geniet en vullend vind stagneer. Terloops, u siening van Abel Pienaar soos in u eerste paragraaf uitgedruk is toon duidelik u onverdraagsaamheid teenoor enige persoon wie nie die kommas en punte van die lewe plaas waar u glo dit behoort te kom nie. Eintlik voel ek jammer vir u. Sterkte vorentoe.

      Reply

  14. hierstaanek said:

    22/11/2015 at 12:33 pm

    Regso Kobus

    Voor jy loop, antwoord my dit: Is Abel Pienaar ‘n Christen?

    Ek het gou net Abel Pienaar gegoogle en hierdie was een van die eerste trefslae:

    http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/AbelAfr.htm

    Ek weet niks van die webwerf af nie en was nog nooit voorheen daar nie. Maar dit is duidelik dat ek nie die enigste is wat weet dat Abel nie ‘n Christen is nie.

    Die volgende vraag is, as hy nie ‘n Christen is nie, waarom word sy boeke as “Christelik” bemark? (Hy het jare lank op Kerkbode se webwerf adverteer!)

    Ek hoor graag jou verdediging van Abel Pienaar in terme van die Bybel se evangelie!

    En jy is reg dat my siening eng is: Ek glo wat die Bybel sê, en interpreteer die Bybel soos die Bybel sê ek dit moet interpreteer: As die foutlose en onfeilbare Woord van God. Eng beteken om binne vooropgesteld grense te dink. Ek dink binne die grense van die twee buiteblaaie van die Bybel.

    Ons soek nie na die Waarheid nie. God het dit aan ons openbaar. Ons enigste probleem vandag is om onsself daaraan te onderwerp.

    So, hoekom is Abel ‘n Christen? Ek hoor graag van jou.

    Reply

  15. Chris said:

    24/11/2015 at 8:25 pm

    Ek wonder waar was die heilige gees toe die agemene sinode die eerste besluit geneem het dat gays welkom is. Hulle het hom seker buite vergeet en nie inge nooi nie.

    Reply

  16. Chris van Heerden said:

    24/11/2015 at 8:38 pm

    Ek dink ek sal maar uit die kerk uit wegbly. Dit is n gevaarlike plek om te wees. Vol liefdeloosheid in die naam van God. Nee dankie ek het maar my goedjies gevat en gegaan. Ek sal net graag wil weet of hierdie gemeente al mense getrou het wat in hulle tweede huwelik bevestig word. Dit is net soveel sonde soos die gays en moet nie n hel vir my probeer vertel daai mense het tot bekering gekom voor die huwelik nie want hulle verdomp skei baie keer weer en dan word hulle selfs n derde keer getrou.

    Verder moet die gemeente ook seker konsekwent wees en het seker geen dames op hulle kerkraad nie want in die selfde bybel staan ook dit is verkeerd.

    Dank die Vader ek is verlos van die NG kerk. Was baie jare n baie getroue en lojale lidmaat totdat ek uitgevind het dit is net my geld (maandelikse bydrae en die kollekte) wat welkom is in die kerk ek self is nie.

    Reply

    • hierstaanek said:

      24/11/2015 at 9:10 pm

      Chris, jy is reg oor egskeiding en vroue in die amp. Maar mens kan egter nie sonde met meer sonde regmaak nie. Ek persoonlik veg die ander faaits ook.

      En jy is bietjie reg oor liefdeloosheid in die kerk, maar ek belowe jou, in die gemeentes waar ek was het ek meer liefde gevind as op meeste ander plekke. My persoonlike opinie is dat die kerk een van die liefdevolste plekke is wat daar is.

      Maar oor een ding is jy 100% verkeerd, dat dit liefdeloos is om mense te wys op hulle sonde. Dit is n duiwelse leuen uit die hel. En die groter leuen wat dit baar is dat Jesus nie elkeen wat hy teegekom het gewys het op sy of haar sonde nie.

      As my sonde my hel toe stuur, en jy weet dit maar waarsku my nie, lieg jy deur jou tande as jy beweer jy het my lief.

      Reply

      • Somerset (Sommie) Morkel said:

        25/11/2015 at 7:16 am

        Chris is reg hierin: Die kerk is vandag ‘n gevaarlike plek om te wees.
        Veral die Nuwe Gay Kerk.
        Daarom moet mens by elke geleentheid gereed wees vir die idees wat deur die persone in die strukture bevorder word.
        Daarom is die huiskerk-gedagte – ‘n terugkeer na die kerk van Handelinge – ‘n gesonde idee vir mense wat die struktuur-kerk verlaat.
        Die sentrale probleem in die NGK is dat groot dele vd kerk afskeid geneem het vd Woord van God as gesaghebbend op alle terreine.
        Dit bring mee dat die kerk dwaal (nie net die NGK nie, maar dit is nou hier ter sake).
        Dit bring onversoenbare standpunte mee.
        Die punt is nou bereik (eintlik al lankal) waar geen kompromie meer moontlik is met die dwaallering in die kerk nie.
        Of dit nou oor twee jaar is of nie, hierdie onversoenbaarheid is ‘n gegewe wat op daardie punt die geeste skei.
        Skeuring is onvermydellik as mens by die waarheid wil bly.
        Skeuring is nie ‘n slegte ding nie, want dit gaan nie oor eenheid vd struktuur nie, maar eenheid in waarheid.
        Waar die waarheid genegeer word, kan nie ware eenheid wees nie, want dan word dit ‘n vals eenheid op die verkeerde basis, nl verloeening van Christus & Sy Woord ten gunste van eenheid ter will van eenheid.
        Die NGK se huidige leiers wil eenheid bewaar.
        Hulle is liewer vir die eenheid as vir die waarheid.
        Daarom is hulle liewer vir die (struktuur) kerk as vir God.
        want dit raak hulle status & statuur, hulle salarisse, hulle pensioene, hulle invloed, hulle inkomste, hulle sekuriteit & hulle magsbasis
        Mense wie nie besef dat die gees vd anti-Chris, die gees van dwaling, lank reeds die NGK geinfiltreer het nie, is self verdwaal & mislei –
        of is lou-warm & neutraal, iets wat God haat.
        Die Skrif is duidelik: “Skei jou van sulke mense (dwalers) af”.
        Dat die NGK by monde vd Alg Sinode steeds aanhou lieg om te se dat hulle die Bybel as die Woord van God beskou, is deel vd gees vd anti-Chris, want dit ‘troos’ & paai baie mense wat nog in die kerk sit & of kyk hoe die wind waai, of salig onbewus is van wat aangaan, omdat hulle nie geleer is om geestelik vir hulself te dink nie & die Skrif toe te pas wat se “Toets die geeste of hulle uit God is”.
        Die feit dat die Alg Sinode & sy ampsdraers steeds praat vd liefde van Christus & dan direk ingaan teen dit wat Hy gese het oor die duiwel, hoerery, e.s.m. toon die leuengees in die monde van hierdie vals profete, wat niks anders is as duiwelskinders nie, soos Jesus vir die Fariseers gese het.
        Hulle maak mense twee maal so ryp vir die hel as wat hul self is.
        Dat mense hierbo kan se dat die Heilige Gees nie binne 100 seemyl vd besluit vd Alg Sinode was m.b.t. die besluit oor homoseksualiteit nie, is ‘n aanduiding dat die NGK reeds oorgegee is aan die leuengees, soos Rom 1 dit stel.
        Mense wat nog in die NGK as strukturele instansie bly, moet hulself die vraag afvra of hul nie legitimiteit verleen aan ‘n grootliks vals kerk nie.
        Die feit dat daar weerstand in die NGK is m.b.t. die besluit, is goed.
        Maar maak geen fout nie: Die volgende twee jaar gaan strategiese skuiwe bring uit gladde monde vd kerk-leiers geformuleer om te poog om ‘n kompromie te bewerkstellig.
        Dirkie vd Spuy as Assessor (vise-Moderator) sit op twee stoele.
        Gaan hy dalk gebruik (misbruik) word te poog om kompromie te bewerk?
        Goeie, oulike mens wat hy is: Mens kan hom glad nie vertrou solank hy in die Moderatuur is nie, al is die argument dat hy dalk ‘n ‘versoener’ kan wees.
        Versoener van wat?
        Lig & duisternis is wedersyds uitsluitend, die een verdryf die ander.

        Reply

  17. Chris van Heerden said:

    25/11/2015 at 8:52 am

    Ek dink ek het n stadium beryk waar ek nie meer as n christen genoem wil word nie. Ek wil in vrede en liefde leef wat nie in die christelike geloof lyk my moontlik is nie. As mens die bybel lees dan sien ek bittermin van liefde daar raak. Ek lees van mense wat wreedaardig gemoor is en wat gedreig word met pyn en leiding en allerande goed. Ek lees van mense wat lieg (dit moet lieg wees want daar is baie baie goed in die bybel wat nie die waarheid is nie) Verder wil ek net weet hoe kan mense wat meer as 2000 jaar gelewe het my lewe kom beïnvloed en vir my vertel hoe ek moet leef.

    Mag ek vra toe Jesus op aarde was of hy enigsns enige gay persoon geoordeel of genees het? Ek glo daar moes ook tog gays gewees het in sy tyd op aarde of het hulle weg gevlug van Jesus af dat hy nooit met enige een te doen gekry het nie. Verseker as dit so n groot sonde was dan sou Hy verseker werk gemaak het daarvan om te probeer om hierdie mense te genees van hierdie vreeslikste siekte wat op aarde denkbaar is en hulle te red van die helse vuur.

    Wat my ook dronkslaan is die sodom en gamorra xxxx wat die mense so oor tekere gaan. Wil julle vir my vertel waar was n hele stad wat net uit moffies bestaan het? en as dit wel die geval was hoekom sou Lot se VROU dan die een wees wat terug gekyk het en nie die stad wou verlaat nie? XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

    Reply

    • hierstaanek said:

      25/11/2015 at 10:46 am

      Chris, die siekte is sonde.

      Jy glo die leien dat jou sonde anders is as myne. Ja, Jesus hét mense wat vasgevang was in seksuele sonde gered. Die vrou by die put. ‘n Hele paar prostitute.

      Die hele gay agenda word gedryf deur n paar leuens. Die een is dat gay mense se sonde anders is as die van straights. #sondeissonde. Die tweede is die hele slagoffer-narratief. Oorgewig mense word meer gespot en vervolg as gay mense. Dit maak nie vooroordeel teen gay mense reg, toelaatbaar of aanvaarbaar nie, maar dit bewys dat gay mense nie meer ly of meer probleme het as die res van ons nie.

      Geen pro-gay huwelik persoon kon my nog dié vraag antwoord nie: Ek is teen my wil ongetroud. Ek kan nie trou nie. In my daaglike heiligmaking stry ek teen sondige begeertes. Maar ten spyte hiervan verwag God van my om selibaat en heilig te leef. Hoe verskil my ervaring van ‘n gay persoon s’n?

      Dit is in wese identies.

      Daar is meer straights wat teen hulle sin ongetroud is, wat nie kan trou nie, en van wie God verwag om heilig te leef as gays.

      Antwoord my dit asb!

      Reply

  18. Johan stoltz said:

    14/12/2016 at 12:41 pm

    Liefde en waarheid gaan saam. Ons as Ware Christene het alle mense lief maar ons moet in waarheid mekaar leer en bestaan. Ons doen almal sonde maar 1Johannes se n kind van God sondig nie meer maar hy se ook as ons as ons nie sonde het mislei ons oneself. Dit gaan oor gesindheid teenoor sonde ons houding teenoor sonde verander en dit kan nie anders Jesus het met Sy bloed ons daaruit gekoop. Dit gaan oor geen spesifieke sonde nie alhoewel sommige vir ons erger gevolge kan inhou maar dat ons gesindheid sal verander teen enige iets wat verkeerd is en waarvan die Heilige Gees met jou in jou hart praat en nie in die van ander nie. n Christen doen nog sonde en kan selfs in die ergste sonde dankbaar in Val maar hy kan nie en mag nie in n leefstyl van sonde bly voortploeter nie want dan gaan dit onsekerheid in sy hart bring oor sy redding. Die Woord se as jy in jou hart twyfel of iets sonde is dan is dit sonde so as jy daarmee aanhou is dit n leefstyl want jy bly daarin.

    Reply

  19. Johan stoltz said:

    14/12/2016 at 1:54 pm

    EK dink dis hoekom Jesus gese het ek is Weg die Waarheid en die Lewe want elkeen van ons wil die bybel verstaan dat dit ons baie kere pas.Jesus het gesterf dit is volbring dit is afgehandel. EK gee hulle die enige lewe en niemand sal hul uit my hand ruk nie. Ons sonde van gister vandag en more is klaar betaal. AS jy n waarlik in Jesus glo Hom gevra het om Here van jou lewe te wees is jy verseel. JY Leef in n verhouding met Hom as jy sterf met enige sonde wat jy nie kon bely selfmoord leuen diefstal affair wat ook is jy nog steeds Sy kind anders was Sy offer mos goedkoop. Ons almal doen sonde en daar baie mense wat rondloop met goed wrokke onvergewensgesindheid skinderstories kwaadpraat so as jy sterf is jy verlore ag nonsens man dan moet al ons Chris tene maar handdoek ingooi. EK praat van ware verhouding met Jesus leef want Hy ken ons hart en ons gedagtes ons kan en sal val maar altyd weer opstaan en terugkeer want dit is ons gesindheid.

    Reply

  20. Johan stoltz said:

    14/12/2016 at 2:06 pm

    EK wil vir julle mensies wat iemand wat selfmoord gepleeg het hoop gee as hy of sy in n verhouding met Jesus vooraf geleef het is by verseel. Wat maak die verskil ek n leuen vertel en sterf skinder en sterf affair het en sterf selfmoord pleeg en sterf ja almal is sonde en na regte as dit dan so werk sal almal dan so verlore gaan nee Jesus se kruisdood is nie so goedkoop ons almal het elke dag n stryd en enige een kan sterf in n oomblik van sonde doen maar ons is onder die bloed ons wat elke dag in verhouding met Hom leef en oomblikke of tydperk selfs van swakheid kan Val en sterf. Hy ken ons mos Hy verseel ons, nie ons onsself met ons beste pogings nie.

    Reply

  21. Johan stoltz said:

    14/12/2016 at 3:43 pm

    EK dink die NG kerk het n probleem geraak deur dat die ampte diaken en ouderling en leraar uit die kerk verdwyn het as n waardige ampsdraer was daar soveel goed opgetel op huisbesoek soos mense in finansiele nood werkloosheid geestelike kwessie baie ander goed. Baie mense het geword wat hulle nie vooraf beplan het nie as gevolg van dinge in die huis Vader wat dronkaard was afwesige ouers in die huis (liefdeloosheid) kinders wat seksueel mishandel is word Homosekuele soms of beoefen prostitusie of word ontrou in huwelik a.g.v minderwaardig gevoel. Kinders word boelies ( minderwaardigheid) en a.g.v disrespek in huis. Geweldadigheid in huis maak moordenaars en die we. Kom ons oordeel nie ander mense nie ons weet nie waar kom hul gedrag altyd vandaan kom ons luister bqie na mense en reik uit om te help dit is wat kerk wees moet beteken.

    Reply

Praat saam! Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. ( Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. ( Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. ( Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. ( Log Out /  Change )

Cancel

Connecting to %s

Kliek hier as jy die blog per epos wil volg!

Nuwe artikels

  • Does the Bible teach corporate guilt? 30/06/2020
  • Why Baptists are in error 08/04/2020
  • False prophets in the Church 22/03/2020
  • Dr Carl Ellis responds to my article on cultural Marxism in the church. 08/02/2020
  • A critique of the modern apostolic movement 29/01/2020
  • Cultural Marxism in the Church 26/01/2020
  • Moderamen tik Neels Jackson en André Bartlett oor die vingers vir hulle vervolging van Dirkie van der Spuy 19/11/2016
  • Is André Bartlett ‘n dissipel van Saul Alinsky se “Rules for Radicals”? 16/11/2016
  • André Bartlett werf nou nie-christene vir sy onkerkordelike godsdienstige vervolging van Dirkie van der Spuy 16/11/2016
  • Julian Muller se teologie is reeds deur Athanasius as kettery ontbloot. 14/11/2016
  • Laakbare aanslag op Dirkie van der Spuy se vryheid van spraak. 14/11/2016
  • Moderator verklaar die Algemene Sinode tot niet. Ben du Toit sê die kerk moet skeur. 13/11/2016
  • Die buitengewone Algemene Sinode van 2016 se besluit oor selfdegeslag seks moet verwerp word. 12/11/2016
  • Seksuele identiteit en eehheid met Christus: Rosaria Butterfield 09/11/2016
  • Misleidende gonswoorde in die stryd om Bybelse seksualiteit‏ 02/11/2016
  • André Bekker (eks-gay) se ope brief and die moderamen. 05/10/2016
  • Christen predikant sit vir ‘n gay “predikant” ore aan. 05/10/2016
  • Ds Jan Louw oor Prof Fanie Snyman en afvallige teologie in die NG Kerk 08/06/2016
  • Dr James White oor die ekslusiwiteit van die evangelie van Christus 22/05/2016
  • Dr James White: Die gesag van die Skrif en hedendaagse “apostels en profete” 19/05/2016
  • Dr James White: SGV en die Skrif 18/05/2016
  • Dr James White oor die onfeilbaarheid van die Skrif. 18/05/2016
  • James White konferensie 6-8 Mei 2016 klankopnames 07/05/2016
  • Namibië herhoorweeg bande met die Algemene Sinode. 28/03/2016
  • Dr James White: Konferensie oor die gesag van die Skrif in Kaapstad. 22/03/2016
  • Die eer van God en moderne “profete” 17/03/2016
  • John Shelby Spong teen James White oor SGV 06/03/2016
  • ‘n Skok vir die ouens wat dink die Bybel is vol foute. 26/02/2016
  • Dit is sonde om in “tale te praat.” 18/02/2016
  • Frikkie Mulder: “Wolwe” 09/02/2016
  • Word of Faith: Nog ‘n kanker in die NG Kerk 09/02/2016
  • Dis nou appel swaai oor sgv. 11/12/2015
  • Jy moet besluit: Het Jesus vir sy eie sonde gesterf of vir joune? 09/12/2015
  • Verklaring van Blancogemeente George oor SGV 01/12/2015
  • Ds Ken Pritchard oor die Algemene Sinode se vals hermeneutiek 30/11/2015
  • Waarom ons moet veg vir die onfeilbaarheid van die Skrif 26/11/2015
  • Ds Johannes de Koning: Ons is onverenigbaar 25/11/2015
  • Alkmaar gemeente verwerp die AS van 2015 se SGV besluit 24/11/2015
  • NG Gemeente Albertyn verwerp die AS se Skrifgebruik 24/11/2015
  • Nuwe Testamentikus, Dr Philip du Toit se evaluasie van die AS 2015 se dwaalteologie 23/11/2015
  • Besluit van die Spesiale Sinode van Wes-Transvaal van 2015 rakende SGV 23/11/2015
  • NG Gemeente Swartkopsrivier se Bybelse verklaring oor SGV 22/11/2015
  • Reaksie op artikel oor Galasië gemeente in Christianity Today 22/11/2015
  • Foutloosheid en onfeilbaarheid van die Bybel. (AS2015 se Godsonterende fout) 21/11/2015
  • Rustenburg-suid verwerp die AS van 2015 se besluit 20/11/2015
  • Wes-Transvaal sinode verwerp die Algemene Sinode se besluit 20/11/2015
  • NG Kerk Misgund verwerp met afsku en minagting die dwaling van AS besluite. 20/11/2015
  • Besluit van die ring van Heidelberg rakende AS2015 se SGV besluit 19/11/2015
  • Verslag aan die Algemene Sinode van 2007 het die dwaalleer van AS2015 reeds absoluut weerspreek. 19/11/2015
  • Ds Etienne Nolte aan die moderamen: Die geestelike implikasies van die SGV besluit. 19/11/2015
  • Media 24: Ons gaan nog vir twee jaar baklei 18/11/2015
  • Dr Peet Botha: Ope brief aan die NG Kerk insake selfdegeslag verhoudings. 17/11/2015
  • Waarom Evangeliese gemeentes nie onder die opsig van dwalende kerkvergaderings kan bestaan nie. 15/11/2015
  • Hierdie gemeentes verwerp die Algemene Sinode se besluit oor SGV so ver 15/11/2015
  • Appel teen SGV besluit, die besluit is dus nog nie van krag. 15/11/2015
  • John Piper oor selfdegeslagverhoudings. 12/11/2015
  • Verklaring van die Kerkraad van Moreletapark Gemeente oor die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor selfdegeslagverhoudings 12/11/2015
  • Verklaring deur dr Johan Marais, NG leraar Marquard 11/11/2015
  • Ds Denzel Dick van George: Kan ons met dwaalleraars in die selfde kerk wees? 10/11/2015
  • Koppies Weltevrede gemeente se uitstekende Bybelse standpunt oor selfdegeslag verhoudings. 10/11/2015

Argiewe

  • June 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • November 2016
  • October 2016
  • June 2016
  • May 2016
  • March 2016
  • February 2016
  • December 2015
  • November 2015
  • October 2015
  • September 2015
  • July 2015
  • May 2015
  • April 2015
  • March 2015
  • January 2015
  • December 2014
  • November 2014
  • October 2014
  • September 2014
  • August 2014
  • July 2014
  • March 2014
  • February 2014
  • December 2013
  • November 2013
  • October 2013
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013
  • March 2013
  • February 2013
  • January 2013
  • August 2012
  • July 2012
  • June 2012
  • May 2012
  • April 2012
  • March 2012
  • February 2012
  • January 2012
  • December 2011
  • November 2011
  • October 2011
  • September 2011

Interne skakels

  • Artikels
  • Boeke
  • Dwaalleer in die NG Kerk
  • Emergent Teologie
  • Hier staan ek!
  • Wie ek is.

Die rede

Aangesien u Keiserlike Hoogheid en hoogwaardigheidsbekleërs van my 'n kort, direkte en eerlike antwoord verwag, sal ek een gee.
En hier is dit: Ek kan nie my geloof onderwerp aan die pous of die raad nie, want dit is so helder soos daglig dat hulle self in valse lering verval het, en dat hulle hulleself selfs ooglopend weerspreek.
As ek dus nie oortuig word deur bewyse uit die Heilige Skrif of gesonde rede nie, as ek nie deur die einste Skrif wat ek aangehaal het oortuig word nie, as my gesonde oordeel nie op hierdie manier aan God se Woord onderwerp word nie, kan of sal ek niks terug trek nie, want dit kan nie reg wees dat 'n Christen teen sy Vaderland spreek nie.

Hier staan ek. Ek kan nie nie anders nie.

Mag God my help.

Amen

-- Martin Luther, 1521

* * * * * * * * * * * * **

Panenteïsme is ongelooflik aantreklik vir die natuurlike mens want dit verkondig Satan se oudste pickup line:
“Jy sal soos God wees…”

* * * * * * * * * * * * **

As Jesus ‘n mal leuenaar was soos hierdie dwaalleraars (wat die bestaan van die duiwel ontken) by implikasie beweer, waarom kom ons dan nog kerk toe?

* * * * * * * * * * * * **

Na aanleiding van uitlatings deur Rob Bell in sy boek”Love Wins”, het ‘n dame met die naam, Theresa Morris die volgende kommentaar gelewer, “The wolves in sheep’s clothing are more scary than the Muslim Jihadists. The worst that the the Jihadists can do is kill bodies. After that, people go to Heaven or hell, depending on their relationship with Jesus (Or the lack of it). However, the Robb Bells of the world refuse to enter the narrow gate and they hinder people who are trying. People will go to hell b ecause of them. That is a lot worse than being blown up.”

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: