Geagte Voorsitter Sinodale Diensraad
Na aanleiding van die besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslag verbintenisse, vind asseblief hiermee ‘n verklaring en besluit van die NG Gemeente Piet Retief.
Vriendelike groete en seënwense.
ESTHER FOUCHé
SAAKGELASTIGDE
BESWAAR TEEN DIE BESLUIT VAN DIE ALGEMENE SINODE OOR SELFDEGESLAG VERHOUDINGS
Op Sondag 1 November 2015 tydens die plaaslike Hervormingsfees het die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Piet Retief, soos Martin Luther destyds, ons beswaar teen die besluit van die Algemene Sinode teen ons kerk se deur vasgespyker.
Ons aanvaar nie die besluit van die Algemene Sinode nie en beskou dit as dwaalleer. Ons roep diegene wat daarvoor gestem het op tot bekering en vra die kerk om die dwaling reg te stel.
Jaco Oberholzer said:
Dis scary dat die NG Kerk op dié punt gekom het, dit skree ten hemele!
koosvannermerwe said:
Dit is “scary”, maar dit is ook hoog tyd. Daar is al lank dinge aan die gang in ons teologie-fakulteite waar die Woord van die Here al meer in gedrang gekom het (persoonlik weet ek van minstens 2 christene wat hulle geloof verloor het weens die dinge wat hulle daar geleer het). So dit is miskien juis tyd dat ons gewone gelowiges ook besef wat eintlik aan die gang is en ons keuse maak: vir die wêreld se siening of vir God se siening (Hy is die Een wat nooit verander nie).
Johan said:
Die skade is onomkeerbaar. Totsiens NGKerk, God laat Hom nie bespot nie.
Rina Mienie said:
Kompromie kom uit die put van die hel uit. Well done Piet Retief gemeente. Mag daar vele meer wees wat in julle voetstappe volg. Hierdie tipe ding is presies die rede waarom ek en my man 6jr gelede die formele instansie van die kerk verlaat het. Ons kon net eenvoudig nie meer saamleef met goed wat lynreg teen God se woord is nie.
Jan van der Riet said:
Ek wil net graag met my mening lig oor n volgende paar punte: 1) volgens my is gay prediker is sonde,hoe kan so persoon vir my n boodskap van die Here wil gee as hy met sonde besmet is.2)hoe kan twee persone van die selfde geslag in die huwelik verbind word,ek dink hulle en die persoon wat hulle in die huwelik wil vebind moet n kopdokter gaan spreek en hulle skroewe wat los is weer vasdraai.Die Grootboek,wat die alfa en die omega is,se dit duidelik ne huwelik is tussen Adam&Eve,en nie tussen Adam&Steve nie.Glo my hierdie mens moet hulle sondige lewe laat gaan en terugdraai na die Here toe sonder sonde.Ek voorspel vir hulle swaar tye wat vir hulle voorle om die Koningkryk van God binne te kan ingaan.3)derdens wil ek vir die mense se wat ruimte vir die duiwel toelaat,PASOP. Jan van der Riet
Johan said:
As n gayman en eks-dominee neem ek kennis van die gemeente en die aksie om ‘n brief teen die kerkdeur vas te spyker. Kan ek begin deur te se vir die meeste gaymense kan daar nog duisende sulke briewe teen kerkdeure vasgespyker word, dit maak vir ons nie meer saak nie. Die dae dat ons die kerk se toestemming nodig geag het om sekere dinge te doen of om ons menswees te regverdig, is lankal verby. Ons leef lankal nie meer in die Middeleeue nie waar die kerk geglo het hy het en ken die enigste waarheid en diegene wat nie so glo nie, gaan verlore.
Of die kerk positief of negatief hieroor besluit het is vir die meeste van ons om’t ewe. Die feit dat daar 2 kante vir hierdie saak is, bewys net weer aan ons dat die kerk ‘n uitgediende instelling is, dat daar meer liefde en aanvaarding van mense van ander godsdienste is as van Christene en dat die beste besluit is om weg te breek van so ‘n instelling.
En voordat ek as ongelowig uitgekryt word, ek is allermins ‘n ongelowige. Ek dank net die Here wat ek aanbid dat hy mense sonder uitsondering insluit in sy genade.
hierstaanek said:
Hallo Johan
Dankie vir jou nota, ek gaan graag met jou in gesprek.
Miskien moet ek begin by my eie ervaring. Ek is straight. Ek is teen my sin ongetroud, en God se woord is duidelik, ek mag nie trou nie. Ek vind in my ‘n natuurlike, aangebore en sondige (volgens Jesus) aangetrokkenheid tot mense met wie ek nie mag trou nie. Ek is so gebore, nie so gemaak nie. Dag vir dag worstel ek, in my heiligsmakingsproses, teen my natuurlike aangebore en sondige seksuele begeertes.
En God verwag van my om selibaat te leef.
My vraag is, hoe verskil my as straight sondaar, se ervaring van jou as gay sondaar s’n? Hoe meer ek gay mense se getuienis lees hoe minder sien ek enige verskil tussen my ervaring van my deur-die-sondeval-gebreekde seksualiteit en die van ‘n gay persoon.
Die Bybel sê ek was van nature, dit wat ek is, soos ek gebore is, ‘n kind van God se woede. Ek is sonde gebore.
As jy vir my die vraag kan antwoord kan ons vrugtevol gesprek voer.
Johan said:
Uit die staanspoor sien ek duidelik weer die ou Augustinus se seining wat die kerk so lank oorheers het en steeds oorheers dat alles noodwendig sonde is. Die hele saak gaan vir my geensins oor sonde nie, maar om die regverdiging van my menswees. oor die feit dat n klomp ou manne wat die kerk regeer kan besluit oor my menswees al dan nie.
Oor die gebore, kan ek maar net vir jou se, jy leef nie in my hart of ken enigsins my omstandighede en worsteling nie. Jare en jare se stryd, maar ook die vrede wat ek tans in my hart is. Ek respekteer mense se seining en opinies, maar dan moet hulle nie vir my se hoe ek moet voel of dink nie.
Ek is reeds 12 jaar in ‘n liefdevolle monogame verhouding. In die 12 jaar het ek myself gevind, vrede gekry en leef ek as ‘n nuwe mens. Dit het na baie worsteling en gebed gekom.
Anders as my profesore op kweekskool glo ek geensins dat God se openbaring by Openbaring gestop het nie. My geloofslewe baseer ek tans op 2 dinge, die Woord (nie die Bybel alleen nie, maar Jesus, die Woord soos Hy homself al aan my geopenbaar het) en die menslike rede. My menslike rede vertel vir my God is groter as ‘n historiese boek wat absoluut niks weet of te se het vir die mens in moderne omstandighede nie. God het himself aan die mediese wetenskap geopenbaar en hulle instaat gestel om mense te kan behandel. Ek drink defnitief nie wyn as ek ‘n maagpyn het nie.
Dieselfde geld vir al die navorsing wat al gedoen is oor gaywees.
Groete
Johan
hierstaanek said:
Hallo Johan
Dit gaan nie oor ou ooms wat vir jou sê hoe jy moet lewe nie. Dit gaan oor die God van die Bybel wat die reg het om vir ons almal te sê hoe ons moet lewe. Hy het ons tog gemaak.
En dit gaan oor die sondeval, waar Adam besluit het om self te regeer oor sy eie menswees. Onthou wat die duiwel vir Eva gesê het? Jy sal soos God wees deur goed en kwaad te ken. Sy sou dus self kon besluit wat goed en kwaad is, en outonoom (letterlik , oor haar self regerend) wees.
Nee Johan, ek ken nie jou worsteling nie. Maar ek ken my eie, en wat ek van gays weet is dat my worsteling universieel soos die is wat hulle beskryf is. My sonde om vir my natuurlik – dit pas my soos ‘n handskoen. “If it feels so right, how can it be wrong”. Ek is aangetrokke tot mense met wie ek nie mag trou nie. Ek is aangetrokke tot mense met wie ek nie seksueel mag verkeer nie. En my hele wese skreeu uit teen God se wet.
Maar weet jy wat? Dit is presies wat die Bybel ons leer oor die sondeval: Ons gewetens is defektief totdat God ons in Christus deur sy Gees wederbaar.
En God het homself volkome en genoegsaam in die Bybel openbaar. Ons wil dit nie aanvaar nie want as dit so is, moet ons onsself onder die gesag van die Bybel plaas. Romeine 1 sê baie uidelik dat alhoewel God homself in die natuur ook openbaar, het alle mense van alle tye weens die sondeval, dit sluit my en jou in, God se algemene openbaring verwerp as gevolg van ons verdorwe natuur. Ons kan eenvoudig nie die algemene openbairng sinvol verstaan sonder die Bybel nie.
Ek ontken geensins die egtheid van jou verhouding met jou maat nie – maar onthou dat ons ervaring van “egtheid” nie betroubaar is nie. Onthou ons gewetens is gebreek deur die sondeval. As ons gehoorsaam aan God wil wees mag ons nie ons ervaring vertrou nie, slegs God se woord.
Ek wil jou graag uitnooi om hierdie video te kyk. (Ja ek weet Andre Bartlett ontken dat Gay mense heiligmaking kan beleef – maar hy is verkeerd.)
laastens: Wyn in die eerste eeu was nie gepasteuriseer soos vandag nie, dit het groot hoeveelhede lewendige gisselle bevat – wat goed is vir ‘n ongestelde maag soos enige iemand wat al een van die honderde probiotika in moderne apteke gebruik het sal getuig.
Die saak kom neer op die stelling wat jy gemaak het: Kan ons self besluit oor ons menswees of gaan ons God toelaat om te besluit oor ons menswees?
God gee ons vrye keuse, maar onthou dat die uitkoms vas is. As ons self wil besluit oor ons menswees is ons in rebellie teen God, en die straf vir rebellie teen Hom is ewig.
Johan said:
Hierstaanek,
Ek het aanvanklik gewonder of ek moet reageer, maar in die lig van onlangse gebeure is ek tog genoodsaak om dit wel te doen. Ek sal weldra na die gebeure verwys.
Ek herinner my nog sterk aan die feit dat die NG Kerk in 1986 Kerk en Samelewing aanvaar het en sy deure vir alle rasse oopgemaak het. My oupa se reaksie was, het die God van die Bybel dan nou ewe skielik van opinie verander. Jy se dis nie ou ooms nie, wie het deur die jare die Bybelse regverdiging van apartheid voorgehou? Wie het Beyers Naude so veroordeel net om later te erken hy was eintlik reg? Soveel kerke, soveel opinies rondom die Bybel.
Ek glo die God van die Bybel, nie die kerklike interpretasie van wat hulle dink daar staan nie. Die God wat in Christus liefde bewys het, sonder veroordeling.
Jy noem die sondeval. Dis 1 van die redes wat my genoodsaak het om vir Andre Bartlett te se dat ek klaar is op die kommissie en werkswinkels oor gaywees. Tog snaaks, dat jy jouself altyd in ‘n muur van sonde, veroordeling en dis jou eie keuse vasloop. Jy verwys in jou slotparagraaf na rebellie. Ek kan jou verseker ek is geensins in rebellie met God nie. Waarom gaymense verdoem as daar wonderlike opregte gelowiges, ja selfs predikante is? Mense wat die Here opreg lief het en hom eer selfs in die verhoudings waarin hulle staan.
Vrye keuse, maw dit se vir my dat ek gekies het om gay te wees. Wat n absurd gedagte. Wie kies ‘n lewe van verwerping. Wie kies ‘n lewe waar selfs die kerk sy rug op jou draai? Watter heteroseksuele mens het op ‘n dag gekies om heteroseksueel te wees – is dit nie ook maar iets waarvan hulle van kleinsaf bewus was nie? Netso kan ek van voor skool onthou van sekere gewaarwordings in my lewe.
Maar terug by die kerk. Jy se dat God hom genoegsaam geopenbaar het in sy Woord. Piet Retief gemeente bou sy gemeentewees dus op hierdie openbaring. Ek sal baie bly wees as jy op die volgende vir my kan antwoord. Ek aanvaar dus dat hierdie gemeente:
1. Vrouens vir 2 weke nie toelaat om kerk toe te kom nie vanwee hulle onreinheid.
2. Alle lidmate met gebreke word uit die kerk geban, selfs al dra hulle net ‘n bril, want dis ‘n ooggebrek.
3. Ongehoorsame gemeente kinders word gestenig.
4. Niemand in die gemeente doen die gruwel om skulpvis te eet nie.
5. Daar is slawe in die gemeente. Dieselfde Paulus wat jy aanhaal het geen probleem met slawerny gehad nie.
6. Geen vroue in die kerkraad of op die preekstoel het nie.
7. Geen vroue dra enige juweliersware nie.
8. Alle geskeide persone is onder tug en mag nooit weer trou nie. (Tog snaaks dit was Jesus se eie woorde en dit gebeur byna elke Saterdag, terwyl Hy nooit iets oor gaywees gese het nie.
So kan ek nog heelwat vrae vra.
Jy beweer dat die algemene openbaring net in die lig van die besondere openbaring verstaan kan word. Maar dan moet julle mos glo die aarde is plat en staan op 4 pilare en die son beweeg van die ooste na die weste. Die God wat ek aanbid is veel groter as ‘n historiese boek en openbaar hom ver buite ‘n boek wat antwoorde vir mense in die antieke tye gegee het en wat weinig weet van die tye waarin ons leef.
Terug by die onlangse gebeure. Maar weereens moet ek terug gaan in die geskiedenis. Hoe vertrou jy ‘n kerk wat jare lank in ons grootword jare vir ons geleer het, apartheid is Bybels, dit is God se wil, net om deur 1 sinodebesluit te hoor al die jare het hulle ons verkeerd geleer? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat selfs spaarhoede gehad het sodat elke vrou selfs by ‘n troue ‘n hoed moes dra? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat soveel opregte, gelowige en geroepe vroue weggewys het, net om weereens na 1 sinodebesluit te hoor, hulle mag nou op die kansel staan? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat na jare van intense studie sy deure vir alle gaymense oopmaak om dit ‘n maand later in hulle gesigte toe te klap? Hoe vertrou jy ‘n dienaar van hierdie kerk wat die besluit sekondeer net om ‘n maand later appel daarteen aan te teken?
Hoe vertrou jy ‘n kerk om die tekens van Christus se dood aan jou uit te deel, ongeag jou seksualiteit, net om later die hartseer te hoor van iemand wat se, skeur asb my lidmaatskap op. (Hier verwys ek na Rian van Heerden se reaksie in die Beeld. Sondag gebruik hy sonder enige vooroordeel Nagmaal, net om dan te hoor hy is nie regtig meer welkom nie.)
Dan wonder die kerk waarom soveel gemeentes hulle deure moes sluit. Waarom so baie lidmate die kerk verlaat het. In my opinie is die kerk lankal ‘n uitgediende instelling wat met sulke onopregte optredes probeer om sy mag te behou oor mense. Vir die meeste mense wat ek in die stad ken, gay en straight maak die kerk lankal nie meer saak nie. En dis nie ongelowige mense nie.
Die toekoms van die kerk, die jeug draai lankal sy rug op die kerk, want sien hulle aanvaar gaywees, baie het selfs gayvriende of familie, hulle het geen probleem om saam gesien te word nie. Waarom sou hulle hulle wend na die kerk wat hulle vriende en familie verdoem.
Laastens, vandat ek 15 jaar terug bedank het as predikant was dit in die afgelope jare vir my so ironies om keer op keer die ervaring te gehad het, kerkmense is nie baie opreg nie. (Hier wil ek defnitief nie stereotipeer nie.) Wat ek daarmee bedoel is die volgende, ek werk saam Hindoes, Moslems en Christene. Wie het nog altyd opregte liefde, aanvaarding en geen oordeel vir my gegee? Defnitief nie die Christene nie. Tans is daar 3 van hulle wat elke Sondag in die kerk sit en die lewe vir almal moeilik maak. Aan die anderkant is daar ‘n Moslemvrou wat elke dag soveel van die vrug van die Gees in haar lewe openbaar.
Groete
Johan
hierstaanek said:
Hallo Johan
Ek antwoord maar volgens die punte in jou brief.
Die NG Kerk se ondersteuning van Apartheid was verkeerd. Dit was ‘n ondersteuning van die politiek van die dag teen die Bybel. Die NG Kerk se ontsondiging van SGV is presies diesefde, dit is ondersteuning van die politiek van die dag teen die Bybel.
Christus het lief, maar sy liefde is nie onvoorwaardelik nie. Onthou dat omdat God goed is haat Hy sonde. En ns is sondig. Jesus het gesterf en God se woede oor ons sonde op Hom geneem. God het ons in Christus veroordeel.
Die idee dat God se liefde sonder veroordeling is, is dus ‘n leuen. ‘n Leuen van liberale godsdiens. God het ons sonde in Jesus veroordeel. Daarom kon Jesus vir die owerspelige vrou sê, Ek veroordeel jou nie. Hy het geweet Hy sou haar oordeel dra. Maar Jesus het ook gesê dat as Hy weer kom, hy gaan veroordeel. En dan sal hy vir almal wat nie Sy wil gedoen het nie, sê, Ek ken julle nie. En hulle gaan vir die ewige oordeel hel toe.
So dit is leuen nommer een: Dat Jesus nie veroordeel nie. Hy veroordeel, en slegs die wat in Christus is spring die oordeel vry.
Ek het nooit gesê gaywees is ‘n keuse nie. Ek het ook nie eers gesê gay verhoudings is ‘n keuse nie. Ek sê dit nou: Gay seks is ‘n keuse.
Hier is leuen nommer twee: Gaywees is anders as hetero-drange. Dit is nie.
Ek het nie gekies om met sondeval seksualiteit gebore te word nie. Ek het nie gekies om te smag na mense met wie ek mag trou nie. Ek het nie gekies om vatbaar te wees vir pornografie nie. Ek is so gebore.
As gevolg van die sondeval.
Ek sien geen verskil tussen my sondige seksuele drange en joune nie. Maar ons word hierdie leuen ingedril dag na dag: Gay drange is anders. Glo my, Johan, jy moet die leuen glo as jy wil aangaan om jou sonde te regverdig – maar as ‘n straight sondaar, wat nie mag trou nie en teen sy sin enkellopend is, ek weet presies hoe gay mense voel. Julle is nie spesiaal nie. Julle het sondeval seksualiteit net soos die res van ons. Julle raak verlief op mense met wie julle nie mag trou nie net soos die res van ons. Julle wil seks hê met mense met wie julle nie mag seks hê nie soos die res van ons.
Ek praat met ‘n vrou wat owerspel pleeg. Sy sê sy het nie gevra om op te hou lief wees vir haar man nie. Sy sê sy het nie gekies om verlief te raak op haar minnaar nie. Sy is ontsteld omdat almal vir haar kwaad is. Sy sê die trouma wat sy haar kinders aandoen is nie haar skuld nie. Sy het dit nie gekies nie.
Hoe verskil dit van jou ervaring?
Jy sê jy het op skool al geweet jy is gay. So what? Ek het op skool gedroom van ‘n buite-egtelike verhouding met my Franse juffrou. Wat getroud was. Hoe verskil my sondige drange van joune???
Jammer, Johan, maar jy is nie spesiaal nie. Gays is nie spesiaal nie. Julle is sondaars soos die res van ons. En hou op kerm oor julle geboelie was. Ek is ook geboelie, eindeloos, as kind omdat ek te tengerig was om rugby te speel.
Hou op om jouself te bejammer. Jy ly nie meer as die res van die mensdom nie.
Daar is ordes meer straights wat teen hulle sin ongetroud is en nooit sal kan trou nie van wie God verwag om heilig te leef as wat daar gays is.
Hou op om jouself te bejammer. Daar is meer straight mense wat daagliks as deel van hulle proses van heiligmaking stry teen sondige begeertes as gay mense.Jy is nie spesiaal nie. Jy ly nie meer as die res van die mensdom nie.
Kom ons praat oor jou lysie van wette uit die Ou Testament.
Jy beweer ons kies en keur wette soos ons wil uit die Levitikus 18
Jy verwerp vers 22 en aanvaar vers 21, nie waar nie? Jy dink dit is sonde om jou kind te offer en te verbrand vir ‘n afgod. Dus kies en keur jy ook wette uit Levitikus.
Die verskil tussen jou absoluut willekeurige kies van wette uit Lev 18 (Jy aanvaar vers 21 maar verwerp vers 22) en my kies van wette is dat ek duidelike, Bybelse hermeneutiese beginsels gebruik om dit te doen.
Daar is 3 tipes wette in die Ou Testament
1) Morele wette, saamgevat in die tien gebooie. Alle ander wette is hiervan afgelei. Jesus het dit bevestig toe Hy gesê het “Aan hierdie twee gebooi hang die hele wet en die profete.” ALLE wette in die Ou Testament vloei uit die morele wet. Alle wette het morele waarde. (In teenstelling met die leuen wat die moderamen verkondig.)
2) Seremoniele wette: Die seremenoniele wette is vervul in Christus. Lees HEbreers 9:9
Heb9: 9Dit alles wys vooruit na die huidige tyd waarin offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir dié een wat dit bring, ‘n volkome skoon gewete kan gee nie. 10Dit het net betrekking op voedsel, drank en ‘n verskeidenheid reinigingsgebruike. Dit is voorskrifte wat slegs die uiterlike raak en wat opgelê is tot die tyd dat God ‘n beter orde sou instel.
Met ander woorde, die seremoniele wet word vervul in Christus, daarom doen ons nie meer prakties wat dit se nie maar ons onderwerp ons steeds aan die morele beginsels wat dit verteenwoordig.
3) Landswette en burgerlike wette: Ook die landswette het gevloei uit die morele wette. Die teokratiese staat Israel van die Ou Testament bestaan nie meer nie, daarom geld die landswette wat die burgerlike samelewing georden het nie meer nie, Maar selfs die landswette van Israel dra morele beginsels wat ons onself aan onderwerp vandag: Regverdigheid teenoor werkers ens. Noem maar op.
Jy sien Johan, jy beskuldig my dat ek lukraak wette uit Levitikus kies en ander ignoreer. Jy is self skuldig daaraan want jy glo dit is verkeerd om jou kinders te verbrand terwyl jy glo homoseks is goed. Die verskil is ek weet hoekom ek sekere wette onderhou en ander nie. Dit is gebasseer op die Bybel.
Jy, daarenteen, kies wat jou pas en gooi die res weg. Sonder enige sinvolle hermeneutiese verantwoording.
Jy vra hoekom ons nie meer mense die doodstraf gee vir owerspel en ander sondes nie? Het jy nie geweet dat Jesus gesterf het ook vir die doodstraf van daardie mense nie? Jesus het gesê dat Hy die wet vervul het. Sy dood aan die kruis het dus betaal vir die doodstraf van owerspelers! Verwys maar sy optrede teenoor die owerspelige vrou.
Johan jy sal altyd in die kerk welkom wees, soos enige owerspeler (ek is een), dief (ek is ook een) of enige ander sondaar. Maar God verwag van ons, as ons Sy genade ervaar het, om heilig te leef. En Hy maak dit vir ons moontlik. Daarom sê Paulus in 1 Kor6:
Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen 10of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. 11En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.
Let op dat van die mense praktiserende homoseksueles WAS. God het hulle gered, en hulle leef daarna heilig.
Het jy die video van Rosaria Butterfield gekyk????
As jy jouself aan God onderwerp gaan hy nie jou sondige seksuele drange noodwendig wegneem nie. Hy het nie myne weggeneem nie. Maar Hy sal jou die krag gee om ‘n lewe vvan heiligmaking te leef. En soos baie straight owerpelers is daar duisende gay owerspelers wat kan getuig dat dit waar is. God gee ons dag vir dag die genade om die sonde in ons vlees te kruisig en na die Gees te wandel.
Daarvan kan ek vreugdevol getuig.
Maar dan moet jy die leuens los waaraan jy so vaskleef. Jou sondeval seksualiteit is nie spesiaal nie. Alle mense het dit. Joune is net anders, maar nie baie nie. Jy is nie ‘n slagoffer nie. Nie meer as ander mense nie. Daar is straight mense wat meer geboelie is as jy. Daar is meer straight mense wat nie kan trou nie as gays. Jy is slegs ‘n slagoffer as jy kies om te wees.
Die grootste leuen van alles is dat God jou nie kan heilig maak nie. Hy sal nie noodwendig jou sondige drange wegneem nie. Ek stry elke dag teen myne. Maar ek kan werklik getuig van daaglikse oorwinnings in Christus.
Al wat God van jou vra is om met Hom saam te stem oor jou sonde, om om vergiffenis te vra en om sy genade te aanvaar. En om jouself aan Sy wet te onderwerp.
Hoekom?
Omdat Hy so sê.
Anders is jy werklik in rebellie teen God.
Johan said:
Eksemaar net,
As jy enige emosie van selfbejammering in my woorde vind dan is dit omdat jy dit daarin lees. Ek hat lankal vrede gemaak met my seksualiteit, my verhouding en die seks in my verhouding. Dus kan ek jou verseker ek bejammer myself geensins nie.
Waar het ek in ons korrespondensie enigsins verwys na boelies of om geboelie te word? As ‘n 50jarige man is ek lankal in my lewe al daaroor. Ek het ook nerens melding gemaak van die feit dat ek so spesiaal is en dat wat met my gebeur het uniek is nie. Ek sal dit ook nooit in my lewe kan dink nie, want as kommissielid het ek baie stories en briewe van gaymense gelees wat verskriklik was en is.
Natuurlik was apartheid verkeerd. Jy mis heeltemal die punt. My punt is, of die kerk polities gedienstig was of nie, hulle het die Bybel gebruik om dit te regverdig.
Ek het ook nooit beweer dat Christus nie veroordeel nie. Allermins, waarom sou Hy dan die pad van die kruis gestap het? In my hart weet ek my verlossing is in Hom en staan vas – daaroor twyfel ek nie eers nie. Maar nou vra ek jou weer, in die 70’s het hy vroue veroordeel sonder hoed in die kerk of op die kansel, maar nou doen Hy dit nie meer nie?
Jy beskuldig my van iets wat ek glad nie glo of ooit beweer het nie. Ek weet van die wette in die Ou Testament en die verdeling daarvan. Ek aanvaar daardie wette glad nie. My punt is juis, dat wanneer dit julle pas dan sien julle sekere wette en tekste in die Bybel as deel van seremonies of as deel van ‘n sekere tyd. Maar ander soos die teks in Levitikus oor gaywees aanvaar julle net eenvoudig as ewig bindend.
Ek glo glad nie vas aan ‘n leuen nie. Ek weet watter pad ek en die Here gestap het en die vrede wat ek in my hart het. Weereens bevestig dit my punt, volgens jou interpretasie en verstaan en ervaring word ek veroordeel as dat ek die leuen glo. (Ek se dit defnitief nie sodat jy moet dink ek bejammer myself nie.)
Dis tog jammer dat jy hierdie vrae van my nie geantwoord het nie. Ek plaas dit weer:
Terug by die onlangse gebeure. Maar weereens moet ek terug gaan in die geskiedenis. Hoe vertrou jy ‘n kerk wat jare lank in ons grootword jare vir ons geleer het, apartheid is Bybels, dit is God se wil, net om deur 1 sinodebesluit te hoor al die jare het hulle ons verkeerd geleer? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat selfs spaarhoede gehad het sodat elke vrou selfs by ‘n troue ‘n hoed moes dra? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat soveel opregte, gelowige en geroepe vroue weggewys het, net om weereens na 1 sinodebesluit te hoor, hulle mag nou op die kansel staan? Hoe vertrou jy ‘n kerk wat na jare van intense studie sy deure vir alle gaymense oopmaak om dit ‘n maand later in hulle gesigte toe te klap? Hoe vertrou jy ‘n dienaar van hierdie kerk wat die besluit sekondeer net om ‘n maand later appel daarteen aan te teken?
Hoe vertrou jy ‘n kerk om die tekens van Christus se dood aan jou uit te deel, ongeag jou seksualiteit, net om later die hartseer te hoor van iemand wat se, skeur asb my lidmaatskap op. (Hier verwys ek na Rian van Heerden se reaksie in die Beeld. Sondag gebruik hy sonder enige vooroordeel Nagmaal, net om dan te hoor hy is nie regtig meer welkom nie.)
Wat ek daarmee bedoel is die volgende, ek werk saam Hindoes, Moslems en Christene. Wie het nog altyd opregte liefde, aanvaarding en geen oordeel vir my gegee? Defnitief nie die Christene nie. Tans is daar 3 van hulle wat elke Sondag in die kerk sit en die lewe vir almal moeilik maak. Aan die anderkant is daar ‘n Moslemvrou wat elke dag soveel van die vrug van die Gees in haar lewe openbaar.
En dan se jy vir my ek sal altyd welkom wees in die kerk. Nee dankie, nie ‘n kerk wat so optree nie. My pad met die kerk het lankal geskei en snaaks genoeg dit het my verhouding met die Here versterk. Ek aanbid Hom, prys Hom, bid tot Hom op ‘n bank in ons tuin terwyl ek in die oggende na die voels luister of langs ‘n meer hier naby my huis. Dit doen my siel goed as om te weet ek moet na ‘n kerk toe gaan wat my nie kan of wil aanvaar nie.
Die video – nee ek het nie en ek gaan ook nie. Doodgewoon omdat jou en my verstaan van heiligmaking 2 verskillende betekenisse het.
Ek se weer, ek is nie in rebellie teen God nie. Sonde is sonde en ons almal is skuldig daaraan. Ek weet my sonde is in Hom vergeef. Ek het vrede met my God.
Groete
hierstaanek said:
Johan
Dankie vir jou lang skrywe – dit wys dat jy die integriteit het om ion gesprek te gaan en dit word waardeer.
Jy sê: ” Ek aanvaar daardie wette glad nie”
Jy sien Johan, jy verskil hier dramaties van Jesus wat gesê het 18 Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.
En dit is waarom ons mekaar nie kan vind nie. Ek glo die HELE Bybel is die Woord van God. Jy sê een voudig “Ek aanvaar daardie wette glad nie.”
Jy sê “Ek weet my sonde is in Hom vergeef.” maar jy weier om van jou sonde afstand te doen. Weereens is jy lynreg teen die Woord van God. God sê dat sondebelydenis ‘n voorwaarde vir vergiffenis is, en jy weier om dit te doen.
8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 10As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Jy beweer jou sonde is nie sonde nie – of as dit sonde is gaan jy dit nie aflê nie. Dus val jy 100% in die klas van die wat beweer hulle doen nie sonde nie.
Ek dare jou om die video van Rosaria Butterfield te kyk. Waarvoor is jy bang?
Johan said:
Al verskil ons, respekteer ek altyd mense se standpunte.
Ek dare jou om my vrae eers te antwoord.
hierstaanek said:
Ek het nie jou vrae geantwoord nie want ek het aangeneem dit is retories. Jy vra “Hoe vetrou jy n kerk wat…?”
Die antwoord is, ek vertrou nie ‘n kerk nie.
PSALMS 146:3-5 AFR53
Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God,
Ek vertrou nie eers myself nie
JEREMIA 17:7-9 AFR53
Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Die beginsel is dit: Die plaaslike gemeente is die manifestasie van die liggaam van Christus. Maar Christus sê dat Hy soms sy lampstaander verwyder. Dan is die plaaslike gemeente net ‘n klub. ‘n Kerkverband is n versameling plaaslike gemeentes, sommiges is manifestasies van die liggaam van Christus, ander is godsdienstige klubs. As die klubs die botoon voer is dit ‘n vals kerkverband.
Jy praat van foute wat die kerk gemaak het: Ware Christene is soms verkeerd oor perifere sake. Vals Christene is altyd verkeerd oor sentrale sake. Daarom vertrou ons nie kerkverbande nie maar Christus. En ons veg vir die sentrale sake in die kerkverband.
Totdat Christus sy lampstaander verwyder.
Dan waai ons.
Ek het jou dare geantwoord. Gaan jy nou Rosaria Butterfield se video kyk?
Johan said:
Soos ek gese het, gesprekvoering is altyd ‘n goeie ding. Ek sal jou standpunte respekteer, gelukkig hoef ek nie daarmee saam te stem nie.
Een ding wat ek nie verstaan nie, in jou vorige skrywe se jy en ek haal aan: “Jy sien Johan, jy verskil hier dramaties van Jesus wat gesê het 18 Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.
En dit is waarom ons mekaar nie kan vind nie. Ek glo die HELE Bybel is die Woord van God. Jy sê een voudig “Ek aanvaar daardie wette glad nie.”
Goed, dis jou reg om so te glo. Maar dit bring my weer by die vraag, as jy glo die hele Bybel is die Woord van God, dan moet jy steeds alles onderhou, dan mag geen geskeides weer trou nie, die aarde is plat, vroue hoort nie op die kansel nie ens.
Ek se ek aanvaar daardie wette nie om 2 redes, daardie wette is in Christus vervul en tweedens, daardie wette was gerig aan mense in ‘n bepaalde kultuur konteks. Daarom het ek geen probleme met vroue predikante nie.
Vir my is die Woord van God wat Jesus in Johannes 1 gese het, die Woord is in Hom en geensins in n historiese boek nie. Die wet waarvolgens ek leef sien ek in die woorde en optrede van Jesus: liefde en aanvaarding. Dit vat vir my alles saam.
Jy se ek weier om van my sonde afstand te doen. Wie gee jou die reg om oor my te oordeel? Vir jou is dit sonde, vir my nie. Ek het ‘n lang worstelstryd met die Here gehad hieroor, ure by predikante deurgebring, self by sielkundiges en ek het die grootste vreugde in my hart dat my lewenswyse nie sonde is nie. Ek loop nie rond nie, is 12 jaar in ‘n liefdevolle monogame verhouding, ek glo vas in God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ek is oortuig daarvan dat my verlossing in Hom staan.
Ek sal die laaste mens op aarde wees wat beweer ek het nie sonde nie. Dis regtig nie nodig om tekste aan te haal oor sake wat ek nooit gese het nie. Ek is seker die grootste sondaar ooit, maar ek is ‘n verloste sondaar. En volgens my is sonde sonde – kan nie begryp waarom soveel kerkmense sekere sonde moet verhef bo ander nie. Wat is die verskil as ek jou standpunt moet huldig, tussn tant Sannie se geskinder elke Sondag in die kerk en dominees se veroordelende houding oor gays?
Ek is defnitief nie bang om die video te kyk nie, ek is net baie besig op die oomblik, dis eksamen by die skool. So weldra sal ek daarna kyk en ook daarop reageer. Wat my sover in ‘n mate weerhou het, is die feit dat dit sekerlik ook weer op iemand se verstaan en interpretasie gebaseer is. Dan se ek weer, soveel kerke en Christene, soveel sienings.
Ek staan na al die jare steeds verstom in die antwoorde van kerkgangers. jy vertrou nie ‘n kerk nie. Ek wou amper Halleluja! hardop skree, want daar is darem 1 ding waar ons saamstem.
Dis hoekom ek geen nodigheid daarin sien om my enigsins te gaan verbind aan ‘n uitgediende instansie nie. ‘n Instansie wat veronderstel is om liefde te bewys aan mense en dan loop jy jou vas in vooroordeel.
Nadat ek uit die kerk is, het ek my status behou en steeds tot so 5 jaar terug by sekere gemeentes kan aflos. ‘n Gemeente wat my goed geken het en my situasie en geen problem daarmee gehad het nie. tot op die dag dat ek se, ek bedank. Die rede daarvoor het niks te make gehad met my gaywees nie. Die naaste vriende wat ek daar in daardie gemeente gehad het, het begin om ‘n veldtog teen my te loots.
Van daardie oomblik af, is ek nooit deur die ringsvoorsitter ooit besoek nie, is ek nooit gevra waarom het ek bedank het nie, was hier nog niemand van NG Kerk nie. Ek is nooit gekontak selfs van die kuratorium se kant nie.
Met die grootste krisis in my lewe in Maart vanjaar (en dit het niks met my gaywees te doen nie) draai die kerk finaal sy rug op my. ‘n Predikant, wat deur dieselfde krisis gegaan het, ignoreer my asof ek nie bestaan nie en praat net met ander familielede. Hy het geweet ek is gay. Ek het nie daar as ‘n gayman gesit nie, maar as ‘n stukkende mens met die grootste pyn wat ek nog ooit ervaar het. Pyn wat elke dag deel is van my lewe en waarmee ek seker graf toe sal gaan.
Die ringsvoorsitter wat ook deur die krisis gegaan het, het my nooit gekontak nie.
Moet darem byse, daar was 1 NG dominee wat al n paar keer by my was. En raai wat, hy aanvaar alle mense, selfs gaymense> Hy het al 2 lesbiese vrouens se kind gedoop.
Ek vertrou op die Here en sy openbarings aan my die afgelope jare. Daarin vind ek my geloof en vreugde. Ek is ‘n ander mens vandat ek bedank het 15 jaar terug en vandat ek niks meer met die kerk te doen het nie.
In my hart het ek die kerk en die mense lankal vergeef. Ek leer altyd die kinders, ek het genoeg probleme, ek kan nie nog met haat en wraak in my hart leef nie of my opsaal met ander se probleme nie. Maar ek het die keuse om te kies wie ek beskou as my naby vriende en wie nie. En snaaks genoeg, in hierdie krisis was ‘n Moslemvrou die 1 wat my die meeste bygestaan het.
Ek sal nogal graag wil weet hoe onderskei jy wanneer die kerk die liggaam is en wanneer ‘n klub? Dan kan ek seker aanvaar gemeentes wat geen problem met gays het nie is seker in jou opinie ‘n klub.
Terselftertyd, hoe onderskei jy tussen valse en ware Christene? Darem interessant hoe die ou kerklike uitdrukkings altyd maar weer sy kop uitsteek. Ek praat van skopus en periferie. Apartheid, vroue in die amp en al daardie dinge het gele op die periferie vlak, tog was dit verhef op die skopus vlak. Nou is gaywees weer op die skopusvlak en word ons uit die hemel geban.
Laastens wil ek tog iets aanhaal wat ek in gister se beeld gelees het. ‘n Dominee van Bloemfontein het uit die NG Kerk bedank vanwee die kerk se optrede en se omdraai na die besluit. Hy skryf die volgende: ” Fundamentalistiese Christene is netso gevaarlik soos die fundamentalistiese Isis wat onder die naam godsdies die gruweldade in Frankryk uitgevoer het”
in die briewekolom skryf ‘n ander dominee die volgende: “Kerke sit met die grooste klipgooiers. Elkeen wat die sinode veroordeel, soek sy eie Bybelversies om klippe te gooi. Daar is talle opdragte rondom kleredrag, vermy kontak met geskeides, anders ontsnap ons self ook nie heeltemal die oordeel nie.
Rondom Rian van Heerden se badanking haal ek die volgende aan:”Hoe jammer dat twyfelaars nie die artikel van die bioloog prof Willie van Aardt gelees het en nie wil verstaan hoe tekste uit die verband en konteks geruk word nie. Dit het my as predikant vreugde verskaf as ek fundamentalistiese ouers tot blye versoening met hulle gaykinders kon bring.Wat is die kerk se volgende stap, gaan hy konsekwent wees en die vrou uit die amp haal? Gaan ons nou baarde groei?”
Groetnis.
hierstaanek said:
Johan, jy is natuurlik reg oor geskeides wat nie weer mag trou enie en vroue in die amp. Dit volg uit dieselfde verkeerde skrifbeskouing as wat aanlyding gegee het tot die SGV debakel. Ons veg daardie fight ook. Oor die aarde wat plat is, as jy die teks gaan lees sal jy sien dit is ‘n gedig: Mens moet dit as poësie interpreteer. (Duh!!)
Psalm 75:4Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
Jy sê: “Ek se ek aanvaar daardie wette nie om 2 redes, daardie wette is in Christus vervul en tweedens, daardie wette was gerig aan mense in ‘n bepaalde kultuur konteks.”
1) Die Bybel sê in Hebreers 9 dat Christus die seremoniele wette vervul het:
. 9Dit alles wys vooruit na die huidige tyd waarin offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir dié een wat dit bring, ‘n volkome skoon gewete kan gee nie. 10Dit het net betrekking op voedsel, drank en ‘n verskeidenheid reinigingsgebruike. Dit is voorskrifte wat slegs die uiterlike raak en wat opgelê is tot die tyd dat God ‘n beter orde sou instel.
Kyk na die kriteria in Hebreers 9 1) Diereoffers 2)Kos en drank 3) Reinigings gebruike en 4) Uiterlike dinge.
Vraag: Is die huwelik diereoffers? Nee. Is die huwelik kos en drank? Nee. Is die huwelik reinigingsgebruike? Nee, want die huwelik soos deur God ingestelis rein. Is die huwelik net uiterlike dinge? Baie mense leef asof seks net kos en drank, uiterlik is, maar dit is nie wat God in die Bybel sê nie.
1 Kor 7:13 Hulle sê ook:
“Kos is vir die maag,
en die maag vir kos.”
Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. ‘n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is. 14God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.
15Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou ‘n deel van Christus neem en dit ‘n deel van ‘n ontugtige vrou maak? Beslis nie! 16Of weet julle nie dat iemand wat met ‘n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: “Die twee sal een word.” 17Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.
18Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. 19Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
So die wette oor die huwelik is nie seremoniele wette wat deur Christus vervul is nie. Paulus in absoluut ondubbelsinnig aaroor dat seksuele reinheid ‘n diep spirituele saak is. Dit is morele wette.
2) Dit is duidelik ook nie landswette of burgerlike wette nie – en al was dit, al die buirgerlike wette in die pentateug vloei uit die morele wet: Sien my aanhaling van Jesus hierbo.
Oor jou stelling dat dit “Kulturele uitsprake” is net dit: As die Bybel die Woord vanGod is bestaan die kategorie van “kulturele uitsprake” eenvoudig nie in die Bybel nie. Jy ontken dat die Bybel die Woord van God is deur dit te sê.
Die feit dat jou gewete jou nie aankla oor jou homoseksuele verhoudings nie wys net dat jy reeds jou gewete toegeskroei het (Ek sê dit in liefde!!)
1 Tim 4:1Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 2Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.
Natuurlik sal jou gewete jou nie pla nie!
Jy wil weet hoe onderskei mens ‘n ware gelowige?
MAt 7:15“Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. 16Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? 17Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. 19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”
God sê seksuele sonde, insluitend homoseks is sonde, ‘n gruwel. Tel maar 2 en 2 bymekaar.
Daar is baie wedergebore gays, en die Heilige Gees getuig in hulle dat homoseks sonde is. Net soos die Heilige Gees in my getuig dat my owerspelige drange sonde is. Daar is geen verskil tussen my, van wie God verwag om selibaat te wees omdat ek geskei is, en jou, van wie God verwag om selibaat te wees omdat jy gay is nie.
http://www.learntolove.co.za/ Gaan lees hierdie blog. Ware wedergebore gays se gewetens is nie toegeskroei nie.
Tussen hakies, ek het ‘n vriend wat beweer hy is ‘n Christen, maar hy hou nie op (hetero) owerspel pleeg nie. Ek sê vir hom op die selfde gronde as vir jou: As hy wedergebore was sou hy sy sonde gehaat het. Hy moet tot bekering kom. Jy ook.
As ek nie vir my owerspelige vriend lief was nie sou ek dit nie vir hom gesê het nie. Ek ken jou nie, maar dit is beslis nie omdat ek gays haat dat ek jou sê jy moet weer gebore word nie!
Johan said:
Ek sal more reageer op wat jy gese het. Ek wil egter vra of jy ‘n dominee is of net ‘n lidmaat?
hierstaanek said:
Ek is nie ‘n dominie nie.
Johan said:
As jy nie ‘n dominee is nie, dan moet ek jou komplimenteer met jou teologiese kennis.
Jy se jy ken my nie. Jy is inderdaad reg. Tog matig jy jouself aan om my links en regs en centre te veroordeel. Alles wat jy hierbo gese het, is nie in liefde nie, maar ‘n gees van veroordeling en geestelike hoogmoed.
Genade, leef ons in die Middeleeue? Jy baklei die saak van geskeides – gun jy hulle geen geluk om weer liefde te vind nie? Die arme mense wat geskei is vanwee bepaalde omstandighede soos drank misbruik of geweld moet nou hulle hele lewe sluit in eensaamheid.
Die vrou in die amp, dis seker weer ‘n valse God wat hulle roep en toerus vir die bediening en valse kerke wat hulle aanstel.
As ek die Bybel moet glo en interpreteer soos jy, word ek eerder ‘n ateis. Hoe kan die Bybel nie kultuurgebonde wees nie as alles in die Bybel afgespeel het in ‘n tyd en omstandighede ver verwyderd van ons omstandighede. Alles in die lewe gebeur tog in ‘n tyd en kultuur omstandighede. Selfs die koms van Jan van Riebeeck het geskied in ‘n tyd waarvan ons bitter min verstaan.
Jy se in liefde vir my my gewete is toegeskroei. Dis nie liefde nie, dis veroordeling. Jy ken my nie, maar weereens word ‘n aspek van my lewe verhef asof my hele menswees en gelowig wees draai om 1 aspek. Is dit ‘n groter sonde as om te veroordeel?
Tog interessant hoe Bybelverse altyd aangehaal word om mense te veroordeel. Wil jy daarmee vir my se dat mense soos Andre Bartlett en andere wat die gaysaak steun almal valse leraars is en ons wat hulle steun is almal afvallig? Genade, dis darem verkriklik hoe jy jouself dit kan aanmatig.
Dieselfde met jou antwoord oor ware gelowiges. Almal wat van jou verskil dra slegte vrugte.
Natuurlik stem ek met jou saam dat alle vorme van seksuele losbandigheid sonde is. Maar jy het nie nodig om vir my te se ek moet tot bekering kom nie, dit het lankal in my lewe gebeur. En ja, ek haat sonde, maar wat jy sien as sonde en ek sien as sonde is 2 verskillende dinge.
hierstaanek said:
Hallo Johan
Jy sê ek veroordeel jou.
Dit is nie waar nie. Jesus het gesê dat hy nie met sy eerste koms gekom het om te veroordeel nie maar om te soek en te red wat verlore is. Tog het hy vir die vrou wat in owerspel betrap is gesê sy doen sonde. Hy het vir die vrou by die put in Samaria gesê sy doen sonde (“Jy het al 5 mans gehad en die een met wie jy bly is nie jou man nie). Hy het ‘n lang gesprek oor aandete met Saggeus gehad waarna Saggeus sy sonde bely het en hom bekeer het. Waaroor dink jy het hy met Saggeus gepraat tydens ete? Hy het vir die Fariseers gesê “Addergeslag, hoe sal julle die hel vryspring?”
En dit alles terwyl Hy gesê het HY kom nie om te oordeel nie.
Dit beteken die wêreld se definisie van wat “veroordeling” is strook nie met Jesus se definisie daarvan nie.
Ek het jou nie veroordeel nie, Johan, ek wys jou in liefd op jou sonde en roep jou op tot bekering.
Jy sê: ” Jy baklei die saak van geskeides – gun jy hulle geen geluk om weer liefde te vind nie?
Ek is self geskei, Johan. Hoe sal ek teen myself kan baklei?
En hier raak jy ‘n belnagrike punt aan: “gun jy hulle geen geluk om weer liefde te vind nie?”
Johan, ek wil hê jy moet ernstig hieroor nadink, want hierdie raak die kern van ons gesprek:
1) God is goed.
2) Omdat God goed is, wil hy net goeie dinge vir sy kinders hê. (Dit beteken nie prosperity nie – dit beteken lewe in oorvloed te midde van kanker, vervolging, armoede en verdrukking) Gaan lees Romeine 8:28!
3) Omdat God goed is, is sy wet goed.
4) Omdat God se wet goed is, moet ek, as ek gelukkig wil wees, gehoorsaam wees aan sy wet.
As ek beweer ek moet God se wet breek om geluk of vervulling te vind beweer ek God is nie goed nie!
Met ander woorde: As God sê moenie trou (of seks hê nie) nie, en ek sê ek moet trou (of seks hê) om geluk of vervulling te ervaar beweer ek God is boos, want dan weerhou sy wet my van geluk en vervulling.
God verbied hertroue na egskeiding. Meer as 60% van 2e huwelike faal. Die langtermyn gevolge van ouers se egskeiding is soortgelyk aan die van kinderseksmisbruik. Elke intieme verhouding wat ouers het met iemand anders as die ander ouer maak die kinders se trouma erger.
En jy sê ek wil nie hê geskeides moet gelukkig wees nie? Hoe bring jy die kloutjie by die oor, Johan?
Dieselfde geld vir SGV. Die Bybel is baie duidelik oor die sonde van gay seks – mens het nie ‘n graad in teologie nodig om dit te sien nie. As jy eerlik is met jouself dan sal jy dit erken. Maar jy glo jy moet in ‘n verhouding met iemand wees om geluk te vind.
Daar is net een Persoon met wie jy in verhouding moet wees om geluk te vind, en dit is jou Skepper. Ek sê nie ander verhoudings is onbelnagrik nie, maar die enigste verhouding wat jou regtig kan bevredig is die een met God.
Maak ons nie van seks en intieme verhoudings ‘n afgod nie?
Wat Andre Bartlett betref, ek sy nie hy is afvallig oor sy posisie oor homoseks nie. Ek het al lankal tot die gevolgtrekking gekom hy is nie ‘n Christen nie – toe hy destyds vir Julian Muller bygestaan het met sy tugverhoor teen Ferdie Mulder. Toe ek hom in 2012 ontmoet het by ‘n Hoëveld Sinode SDK vergadering, en na persoonlike epos gesprek met hom in 2013. Ek het die gevolgtrekking gemaak weens sy asolute onwilligheid om basiese beginsels van die evangelie te bevestig en te verdedig.
En nee, ek veroordeel nie: (Jou definisie van veroordeling is onbybels) Ek is gehoorsaam aan 1 Johannes 4:1 en verder. Gaan lees dit.
Ek sê jou gewete is toegeskroei omdat dit jou nie aankla oor jou sonde nie. Presies soos wat Paulus in Romeine 1 beskryf.
Laastens, se jy seksuele losbandighed is sonde. Die Bybel definieer homoseks as seksuele losbandigheid. Wat nou?
Johan, jou reaksie teen wat ek sê is natuurlik. Ons is van nature geneig om God en ons medemens te haat. Jou hele wese skree uit teen dit wat ek sê, deels omdat jy die leuen glo dat ons seksualiteit ons identiteit bepaal.
As ons nog dood in ons sonde is word ons identiteit bepaal deur ons sonde (nie net ons seksualiteit nie. Paulus sê in Efesiers 2 ons was “van nature kinders van God se toorn.” Dit beteken God haat nie net die sonde wat ons doen nie, Hy haat wat ons is – ons natuur.
Maar wanneer ons weer gebore word word ons identiteit bepaal deur ons posisie in Christus. Ons is wie ons is in Christus – nie ons seksualiteit of enige ander deel van ons sondeval-natuur nie. Daarom roep Paulus uit, Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my!”
Ek bid dat jy sal afstand doen van jou seksualiteit-identiteit, of jou verhoudings-identiteit en jou identiteit slegs in Christus sal vind!
hierstaanek said:
Johan, gaan jy Rosaria Butterfield se video kyk? Sy antwoord meeste van jou vrae!
Johan said:
Hierdie gesprek word nou werklik vir my nutteloos. Jy regverdig jou optrede en kan nie sien hoe diep en seer jy ander mense maak nie met jou veroordeling. Vir alles het jy ‘n antwoord om jouself mee te regverdig. Almal wat nie glo wat jy glo nie, is of onbekeerd of vals.
Jy hoef regtig nie vir my te bid nie. Ek het vrede met my God. Ek staan in ‘n verhouding met hom en in ons huis word Hy geeer en erken en bely.
Jy wil my nou maar eenmaal net sien as ‘n seksuele identiteit. Dis seker jou reg. Gelukkig ken ek myself en het nog nooit seks bo die Here gestel nie. Ek weet dat ek baie meer as my seksualiteit is en ek leef my menswees op baie gebiede uit, doen selfs beradingswerk en in my stil tye vind ek rus by die Here.
hierstaanek said:
Johan, ek het dit reeds gesê maar ek herhaal dit hier sodat jy dit weer kan lees: Jesus het vir die vrou wat in owerspel betrap is gesê, “Ek veroordeel jou nie”, en toe sê Hy vir haar sy doen sonde en moet ophou.
Jy beweer ek veroordeel jou omdat ek sê jy doen sonde. Jy weerspreek vir Jesus direk met jou definisie van “veroordeling”. Om vir iemand te sê “Gaan, moenie verder sonde doen nie” is beslis nie veroordeling nie. Want dan het Jesus gelieg.
Ek is jammer dat jy seerkry in hierdie gesprek. Ongelukkig maak die Waarheid altyd seer. Paulus sê die evangelie is ‘n tweesnydende swaard, dit sny tot op die skeidinng tussen vleis en been en siel en gees. Dit beteken dit maak noodwendig seer.
Maar dit is slegs wanneer ons toelaat dat die Waarheid van die evnagelie ons sny kan ons waarlik genees – soos ‘n abses wat moet oopgemaak word sodat die wond kan skoon kom.
Jy sê “Almal wat nie soos jy glo nie…” Hiermee impliseer jy dat ek myself en my opinie sien as die standaard vir waarheid. Nee, Johan, ek is nie ‘n postmodernis wat myself verhef tot standaard vir die waarheid (soos die Algemene Sinode gay mense se getuienis verhef het tot standaard van die waarheid) nie. Dit gaan nie oor wat ek glo nie.
Dit gaan oor wat die Bybel baie duidelik sê. Almal wat nie glo wat die Bybel sê nie is onbekeerd en verlore. En voor jy sê dit is my interpretasie van die Bybel: Weereens, ek is nie ‘n postmodernis nie. Dit gaan nie oor opinies en interpretasies nie. Dit gaan daaroor dat ons die Bybel nie net volgens die teks se genre (Genre is ‘n teks se interne hermeneutiese reels) uitle nie maar ook volgens die teks se eie interne epistemologie. Mense wat gay seks ontsondig gebruik ‘n postmoderne hermeneutiek wat totaal vreemd is aan die Bybel. Dit is soos om poësie as wetenskipsliteratuur uit te lê.
Jy sê jy het vrede met God.
Jesus sê,
Mat 5:19“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel.”
Jy sê “hierdie gebooie geld nie vir my nie.”
Jy is dus direk ongehoorsaam aan ‘n opdrag van Jesus.
Jesus sê ook,
Johannes 14:15“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.
Jy voer nie Jesus se opdrag om die wette van die Ou Testament te eer uit nie (Onthou dat selfs die seremoniele en burgerlike wette van die Ou Testament onderliggende morele beginsels bevat wat nou nog geldig is)
Dus is die Jesus wat jy lief het nie die Jesus van die Bybel nie. Of jy het Hom eenvoudig nie lief nie. En dit is nie ek wat so sê nie. Dit is nie ek wat veroordeel nie. Dit is die Woord van God.
Ek sien jou nie as ‘n seksuele entiteit nie. Grote Griet! Dit is juis wat ek die hele tyd TEEN redeneer. Het ek nie van die begin af gesê daar is in beginsel geen verskil tussen my en jou sondeval-seksualiteit nie? Die wêreld vertel ons dat ons identiteit in ons seksualiteit lê, het jy nog nooit enige gay pride literatuur gelees nie??? Het jy nog nooit van Freud gehoor nie?
God sê as ons weer gebore is lê ons identiteit in Christus. Dit is wie ons is. Kyk wat se God in sy Woord oor identiteit:
Galasiers 3:26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.
Laastens sê jy ek het ‘n antwoord vir alles. Nee Johan, dit is nie my antwoorde nie. Ek vertel jou net wat die Bybel sê, daarom plak ek so baie teksverse in. As daar iets is wat ek gesê het wat nie in die Bybel is nie, laat my weet, dat stel ek dit reg.
Ek wil jou weer uitdaag om Rosaria Butterfield se video geyk het as jy dit nog nie gedoen het nie. Dit sal jou ontstel, maar dit is die moeite werd. Soms moet die Chirurg diep sny dat ons kan genees.
Ek stem saam dat die gesprek nou tot ‘n einde gekom het.
Sterkte vorentoe. Ek bid vir jou – jy kan my tog nie keer nie 🙂
Henrietta Klaasing said:
Iets wat die aanhangers van die “nuwe hermeneuties sleutels” soos die “wêreld agter die teks”, “sosio-kulturele konteks”, en/of “historiese en literêre lees van die teks” blykbaar uit die oog verloor is dat iets nie net in daardiet tyd en kultuur “verkeerd” kon wees nie, maar vir ALLE tye. Neem hoerery/prostitusie (party plekke word ook verwys na tempelprostitute) as voorbeeld. Letterlik van Genesis tot Openbaring kom hoere en hoerery voor (ook in Levitikus waar die sogenaamde perverse vorm van homoseksualiteit voorkom). In AL die gevalle is dit verkeerd en nie deel van God se skeppingsorde vir seksualiteit nie.
Die prent “Pretty Woman” is ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n mens dieselfde argument van “solank daar ‘n liefdevolle verhouding is, is dit reg” om homoseksualiteit goed te praat, kan gebruik om hoerery/prostitusie te vergoelik.
Johan said:
Eksemaarnet,
Jy noop my om ‘n laaste skrywe te rig aan jou en dis net ‘n regstelling.
Ek wil dit baie duidelik stel dat ek geensins seer gekry het in hierdie gesprek nie. Daarom het ek bly se, gesprekvoering is goed en ek respekteer ander mense se opinies. Daar is ‘n 2de rede waarom ek defnitief nie seergekry het nie en dit is dat waarheid ‘n relatiewe begrip is. Jou waarheid en my waarheid stem defnitief nie ooreen nie, dus kon jou waarheid my geensins seer gemaak het nie. Ek wil ook nie verder uitbrei oor hoe ek die waarheid verstaan nie.
Ek het gepraat van seerkry verwysende na geskeide mense. Asof hulle nie genoeg seer in die lewe gekry het nie, dra jou seining verder by tot hulle seer en kom dit op niks anders neer nie as verwerping. Dieselfde met vroue in die amp. Die arme mense daar in jou omgewing.
Jy se net wat die Bybel se, die bybel het jou god geword en is dit so jammer dat die grootste van al die gebooie sien ek regtig nie in jou skrywes nie.
Ek weet ek kan jou nie keer om te bid nie, ek dink net daar is meer mense in jou omgewing wat gebed meer nodig het.
Daarmee se ek Sela!
hierstaanek said:
Als reg, Johan
Jy sê, “Jou waarheid en my waarheid stem defnitief nie ooreen nie, dus kon jou waarheid my geensins seer gemaak het nie. Ek wil ook nie verder uitbrei oor hoe ek die waarheid verstaan nie.”
Dit is presies hier waar ons mekaar nie sal vind nie.
Jesus het gesê Hy is die Waarheid, as die volkome openbaring van die Vader. Alle waarheid het sy oorsprong is God. God sê dan ook in Deuteronomium 29
29“Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet.
Wat God aan ons openbaar het is waar en seker.
Jy sien Johan, postmodernisme, of die ontkenning van objektiewe waarheid is ‘n ontkenning van God as die bron van alle waarheid. Dit is ‘n ontkenning van sy Persoon. Net so is dit ‘n ontkenning dat Hy homself aan die mens openbaar – met ander woorde dit is ‘n ontkenning van die evangelie (goeie nuus – ‘n proklamasie) omdat die evangelie afhanklik is van God se openbaring of proklamasie van die waarheid.
Verder is jou stelling ‘n ontkenning van die basiese reels van logika, wat stel dat A nie gelyk kan wees aan Nie-A op die selfde tyd en in dieselfde verhouding nie. (Die wet van non-kontradiksie.) Beide van ons kan nie “waarheid” he nie. Ten minste een van ons is verkeerd. Omdat jou stelling logika ontken, ontken dit daar ‘n logiese orde in die skepping is. As jy konsekwent is beteken dit dat wetenskap nie moontlik is nie.
En laastens, ek het al genoem, dat elke teks ‘n stel interne hermeneutiese reels het waarvolgens mens die teks moet uitlê. Die belangrikste is genre: ‘n Teks dwing die leser deur middel van genre om ‘n sekere stel hermeneutiese reels te gebruik. ‘n Voorbeeld is dat mense geglo het die aarde is plat omdat die Psalm se die aarde staan op pilare. Gedigte praat in beeldspraak, dus moet dis as beeldspraak uitgele word. Maar net so belangrik as genre, het tekste soms hulle eie interne epistemologie. Die Bybel se epistemologie is onverenigbaar met postmodernisme, want dit stel dat God die bron van waarheid is en Homself betroubaar aan die mens openbaar.
Waarheid is dus objektief en seker. Dit is nie ‘n persoonlike, maatskaplike of sosiale konstruk nie. Jy is of reg of jy is verkeerd. Iets is of waar of ‘n leuen.
Postmodernisme is onverenigbaar met die evangelie. Die twee kan nie saam in die selfde brein bestaan nie. Indien wel: Mense wat weergebore is verwerp uiteidelik postmodernisme. Mense wat nie weergebore is nie verwerp uiteindelik die evangelie vir liberale teologie.
Groete
Hierstaanek
hierstaanek said:
Johan, hier is ‘n laaste skakel vir jou voor jy gaan:
https://hierstaanek.com/2011/11/27/n-patetiese-klein-agtersak-godjie/