Dawie Badenhorst het hierdie epos aan Jaco de Beer gestuur na aanleiding van die uitstappery uit Nelis Janse van Rensburg se propagandavergadering in George. Dankie vir die aanstuur Jaco!
Brief begin: (Beklemtoning is myne)
Naand broer.
Ek is kerkraadslid van Moedergemeente George en het die vergadering op 4 November bygewoon. Ek stuur maar n boodskap omdat ek nie genoeg karakters het op tweet nie.
Ja, ons as kerkraad het vooraf met moderatum gekorrespondeer omdat hul geskok was in ons standpunt. Ons het ingestem om byeenkoms by te woon op voorwaarde dat daar ‘n gebalanseerse gesprek sal wees.
Ja wel daar was natuurlik geen gesprek nie.
Almal teenwoordig het hul besware gelig en was begroet met hulle hoor ons en het deernis met ons. Twee vrae is egter wel beantwoord wat uiters insigewend was
In watter hoedanigheid bevestig ‘n dominee ‘n burgerlike verbintenis, kerklik of as staats verteenwoordiger? Antw. As staats verteenwoordiger.
Kan daar opsomming gegee word van hoe die praktiese probleme aangespreek was tydens die AS en n werkstuk hoe praktiese probleme aangespreek kan word? (Dit na aanleiding van verskeie vra oor praktiese implikasie). Antw. Praktiese implikasie is nie bespreek nie, maar slegs beleids besluit is geneem sonder om praktiese implikasie in ag te neem.
Van Rensburg het kort hierna sy ingeoefende relaas gelewer, wat natuurlik geen aspek aangespreek het wat van vloer af geopper was nie, maar in wese ‘n herhaling van sy praatjie op Kyknet was. Verder is daar verskeie inligtingstukke uitgereik om die leser te oortuig dat hul dwaalspoor korrek is.
As gevolg hiervan het ons die vergadering tydens Van Rensburg se voor drag verlaat en neem ek aan kort daarna het vele ander die saal verlaat. Ons het reeds voor die vergadering in aanvang geneem het besluit om nie nagmaal saam hulle te gebruik nie.
Ons benadering tans is om kollektief saam met ander gemeentes landswyd op te tree om hierdie ernstige probleme aan te spreek. Ons beplan ook om die gemeentes (gewone lidmate) hier te bemagtig om ook behoorlik te beoordeel van wat tans in ons kerk aangaan, veral die agenda wat deur klein minderheid aggrresief gevoer word.
Groete
Ons het ook verdere terugvoer van Bart Vosloo gekry:
‘n Predikant se vir my hy het, net na ons groep uit gestap het gou weer na iemand daar gaan soek en toe is daar omtrent geen mense meer oor nie. Ons wag om te sien of die moderatuur soos hulle is met ander slinkse verduidelikings gaan kom waarom mense uit gestap het. Feite bly staan ons het geloop want ons was keel vol en sou nie Nagmaal gebruik het nie.
Interessant is dat joernaliste hul bes probeer om die moderatuur te bevoordeel om af gewaterde berigte te plaas. Die Burger se voorblad berig van vanoggend Saterdag 7/11 verwys. die joernalis is bewus van die uitstappery. Hy het met my geskakel en ek het hom die name van 2 predikante gegee om dit meer gesaghebbend te maak. Lank storie kort hy het nie een van hierdie predikante gekontak nie maar n predikant van George wat baie beskermend teenoor moderatuur uit gekom het. Feite bly staan ons het geloop. Ons predikante van die Klein Karoo het reeds n verslag van besware teen die AS besluit opgestel wat aan die Moderator oorhandig sal word. Sodra ek dit het sal ek dit bekend stel.
Pingback: Suidkaapse predikante stap uit vergadering terwyl moderator praat en weier om nagmaal te gebruik om hulle afkeur in die AS se besluit te toon. | hier staan ek
alwynduplessis said:
Mag ek die lesers daarop wys dat ‘n huwelik in die kerk deur ‘n predikant as ‘ n verteenwoordiger van die staat gedoen word. ‘n Huwelik is verbintenis volgens die huwelikswet en is slegs wettig as dit volgens die bepalings van die wet voltrek word.
Jaco Oberholzer said:
Goeie dag almal, ek is nie meer lid van die NG Kerk nie, maar ek wil in my onkunde voorstel dat die NG gemeentes oor die hele land dringend gaan moet saam staan en die strukture tot hul beskikking gebruik om die AS skoon te maak van die dwaalleërs. Hoe langer hier getalm gaan word, hoe groter gaan die skade wees, om briewwe te skryf en verklarings af te lê gaan wragtag niks bereik nie! Die manne in die AS se trots gaan hulle weerhou om te erken hulle het nou “big time” drooggemaak, hulle het hulself in ‘n hoek en besef as hulle nou gat-om-swaai hulle alle “credibility” gaan verloor. Gemeentelede is verward, neem daadwerklike aksie predikante! En terwyl julle dit doen, sorteer sommer die Kweekskole ook uit van ouens wat ‘n totale humanistiese rigting ingeslaan het. Die kerk moet weg kom van alle humaistiese benaderings en waarlik terugkeer na die Woord van God sonder voorbehoud.
Jasper Coetzee said:
Waarom nagmaal hierby “insleep”? Wat sou die gebruik van nagmaal deur die wat teenwoordig was impliseer/simboliseer? Hier is ‘n slang in die gras/kerk!
hierstaanek said:
Om die nagmaal saam te gebruik is ‘n teken van broederskap in Christus. Deur te weier om die nagmaal saam met mense te gebruik is eerstens om te verklaar dat daardie mense nie broers en susters in Christus is nie. Dit is ‘n BAIE ernstige stap om te neem, en ek dink in dié geval geregverdig. Tweedens beteken dit dat indien die mense wel broers in Christus is, is dit ‘n vermaning om deur die weiering van die nagmaal hulle tot inkeer te bring.
Deel van die kerklike tug is om die sakramente te weier – dit is ‘n kragtige tugmeester na Christus toe.
alwynduplessis said:
U is geregtig op u standpunt maar u is so verkeerd. Gaan dink weer en bid ernstig en opreg dat u die Lig sal sien
Johan Theunissen said:
Bedoel jy: “… bid weer ernstig en opreg sodat u my (alwynduplessis) se lig kan sien”.
Maklik om te sê: “… u is so verkeerd”, sonder enige verdere feite of Bybelse bewyse. Die Skrif verwerp homoseksuele (sodomitiese) verhoudings ondubbelsinnig as sonde netsoos dit ander sondes soos bv egbreuk, moord ens ens as sonde verwerp, maar dit het slegs betekenis as mens die gesag van die Skrif aanvaar as onfeilbare Woord van God.
Henrietta Klaasing said:
Pieter Hurter se voorlegging re SGV2015 by die vergadering van die Ringe van Suid-kaap, George ( net voor die uitstappery): http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1113-pieter-hurter-se-voorlegging-aan-byeenkoms-in-george.html …