Hiermee die volle waarheid: dit gaan vir ons oor die gereformeerde wortels wat tans ernstig bedreig word.
Ons, die NG Kerk Kokstad, wil op die duidelikste moontlike manier ons verwerping van die Algemene Sinode se ingesteldheid rondom Skrifgesag en spesifiek die Woord van God, soos vertoon in besluite rondom homoseksualiteit, die bestaan van Satan en bose magte, die maagdelike geboorte van Christus, en dergelike sake en uitsprake, uitspreek.
Ons verwerp die nuwe rigting wat die Algemene Sinode inslaan, met die volle hartseer minagting wat dit verdien. Die rede hiervoor is dat die Algemene Sinode die verantwoordelikheid ontvang het om oor die leer en lewe van predikante en kerkraadslede te waak, om die leer van die kerk suiwer te hou, en dit nie meer kan doen nie. Voorbeeld: as ʼn dominee wat homoseksueel lewe, op die kansel mag diens doen, mag ʼn dominee wat ʼn alkoholis of pedofiel of verslaafde is, ook nie geweier word nie. Die toepassing van ʼn beginsel trek veel weier as net die voorbeeld wat die Algemene Sinode ter tafel gestel het.
Hoog geagte predikante, soos Ronel Bezuidenhout en André Bartlett in die onlangse media, verwerp reeds die onfeilbaarheid van die Woord van God en praat van die Bybel as woorde oor God. Dit lê op die voetspore van ons professors aan die teologiese fakulteite en word dus reeds aan die opkomende leraars verkondig. So val die eerste Solus, Sola Scriptura. Die maagdelike geboorte, en ander heilsmomente word ook verdag gemaak en so word die tweede Solus, Solus Christus, verwerp. Die Algemene Sinode se evangelie verkondig nie meer sonde as ʼn breuk tussen God en mens nie, maar as ʼn breuk tussen mens en mens wat herstel moet word.
Die uitspraak: “Nou is die kerk se leer in lyn met die grondwet van die land”, herbevestig dit. Hierdeur word sonde verskraal tot sosiale denksisteme waar menswaardigheid en aardse geregtigheid met die gepaardgaande restitusie onderling die allerbelangrikste faktor in die evangelie word.
Ons as NG Kerk Kokstad herbevestig ons verbintenis aan die Bybel as onfeilbare Woord van God en daarmee saam die ankers van die Reformasie soos bely en verkondig deur die ware kerk van God: Ons verbind ons opnuut tot die: Sola Scriptura – Alleen God se Woord is waarheid Solus Christus – Alleen Christus kan ons met God versoen en ons lewens omkeer Sola Fide – Alleen deur geloof in Jesus Christus se soenverdienste is daar redding Sola Gratia – Alleen uit genade word ons weer met God versoen. Alles lei tot die eer van God: Soli Deo gloria.
Ons glo en bely dat die Woord van God helder en duidelik verduidelik word in die drie Formuliere van Eenheid: Nederlandse Geloofsbelydenis Dordtse Leerreëls Heidelbergse Kategismus En onderskryf hulle op die Qua standpunt (ons verwerp hiermee die quatenus standpunt)
Petrus Fouché
Faceboekblad: NG Kerk Kokstad
hierstaanek said:
Dankie Ds Fouché. Jou bereidwilligheid om op te staan vir die Waarheid is ‘n inspirasie!
Henrietta Klaasing said:
Innig dankbaar vir mense soos u en u gemeente. Mag die Here u krag, wysheid en genade gee op die pad vorentoe.
Jaco Oberholzer said:
Ditto! Ek kan nie sien hoe die sinode onder huidige leierskap kan voortbestaan nie, daar moet huis skoongemaak word. Dit sal ‘n baie valse smaak afgee indien die AS leiers nou dalk sou omswaai en die goed terug trek agv van Nasionale druk in Suid Afrika en die res van die wêreld, hulle het hulself total in ‘n hoek. Die Bybel moet gesien word as rigsnoer bo sogenaamde menseregte. Daar moet ook ernstig gekyk word na van vorige AS besluite….
Mynsinsiens, moet die AS dit ook duidelik maak wie die persone is wat die nuwe onbybelse rigting inslaan, die wêreld moet weet hulle praat nie namens die res van (die wit) Suid Afrika nie!
Alex said:
Besonder waardevolle insigte
Uitreksels uit ‘n blogpost van David Murray
http://headhearthand.org/blog/2015/06/08/gay-marriage-is-not-about-gay-marriage-2/
Gay Marriage Is Not About Gay Marriage
“Gay marriage is not primarily about gay marriage; it’s mainly about silencing gay consciences.
Why is this state-sanctioned validation, empathy, acceptance, acknowledgment and approval so important to gay marriage campaigners? Why is it far more important than actually being allowed to marry?
Desperate Measures
The answer lies in Romans 1v18-32, where the Apostle Paul explains what desperate measures that homosexuals (and other unrepentant sinners) take to silence the voice of their conscience. They hear God’s prohibition and condemnation in their consciences, hate it, and do everything they can to shut it up – including, in our own day, getting gay marriage legalized everywhere, even if relatively few ever make use of it. Because, in most cases, it’s not about the right to marry; it’s mainly a vain attempt to muffle the inner voice of conscience by multiplying and amplifying external voices of approval.
If I’m wrong, then why don’t they leave alone the alleged minority who still disapprove of gay marriage. Why will they not tolerate any dissenters? Gay activists have got the media on their side, they’ve got the entertainment industry on their side, they’ve got the education establishment on their side, they’ve got corporate America on their side, they’ve got most politicians on their side, and most courts and judges too. Is that not enough? If they are so sure of the rightness of their cause, why can’t they tolerate even a few voices here and there that still insist, “This is wrong”?
Unprecedented Protection
There’s hardly any group in the world that has the level of public acceptance, validation, approval, and empathy now enjoyed by homosexuals. They’ve certainly got far more recognition, protection, and promotion than evangelical Christians anywhere. So why can’t they leave such Christians alone? What more do they want or need?
Only Romans 1:18-32 can explain this. In effect it says that even if gay marriage is legalized everywhere, and even if every dissenting voice is extinguished, gay consciences will still scream “Wrong!” and “Guilty!” Deep inside they will still know “the righteous judgment of God, that those who practice such things are deserving of death” (Rom. 1:32). That’s the “nagging shadow” that forever stalks gay consciousness.
Peace through the cross
The Christian message to the gay community is to give up this futile attempt to secure peace of conscience through the courts, the media, and millions of crosses on ballot papers. Far better to bring such pained consciences to the cross of Christ for full healing and permanent silencing by God Himself, through faith and repentance. That will do a far better job of removing anxiety, shadows, and fears than any amount of referenda or baker and florist bankruptcies. It will also open the way to experience the immeasurable length, depth, and height of the love of God.
And for Christians who are suffering or who will yet suffer the consequences of societal or state disapproval over this issue, take confidence from the power of a good conscience. We are mocked, disapproved, belittled, sidelined, caricatured, and rejected more than any other group in society. We are called bigots, homophobes, and haters. But having a good conscience through which God speaks His approval and acceptance of us means we can continue to stand for what is right and true no matter how many voices of intolerance and hate yell at us.”
Christo Nel said:
Oral oor die land is God besig om deur Sy Gees gelowiges van die volle waarheid te oortuig. Hy het immers beloof Hy sal ons lei deur Sy stem (Joh. 10:3 e.v.), asook dat Hy die werk wat Hy in ons begin het sal voltooi (Fil. 1:6).
Daarmee is Hy ook in my lewe besig.
Vir meer as veertien jaar was ek ook predikant in die NG Kerk totdat ek moes kies na wie gaan ek voortaan luister as Here in my lewe: Die lewende God self wat ek leer ken het in Christus Jesus of die kerk?
Daarom moes ek in 2013 teenoor elkeen van die sowat 3300 dominees en professore van al 5 die gereformeerde kerke in Suider Afrika persoonlik profeties bely wat ek hoor God aan hulle sê in ‘n document wat gepubliseer is onder die titel: REFORMEER WEER ‘N KEER.
(U kan dit ook as ‘n PDF-document vir by http://nuwewyn.co.za/Reformeer_…Weer_-n_Keer_-_As_-n_PDF.pdf )
Na verskeie gesprekke met leraars voor en na die Algemene Sinode vanjaar, was ek genoop om ook hieroor te bely waar ek staan as gelowige volgeling van Jesus op my BLOG, soos Wynand, wat u kan vind by https://nuwewyn.wordpress.com/
Dwarsoor die land gons dit in NG-gemeentes hieroor.
Ek woon in die Helderberg-omgewing in die Wes-Kaap en verskeie gemeentes is besig om hulle teenkanting teen die besluit van die Algemene Sinode op verskeie maniere te bely terwyl ander hulle pad vorentoe met groot erns aan die voete van Jesus oorweeg.
Ek wil nie name noem nie, want elke gemeente moet uiteindelik self rekenskap gee waar hulle staan.
Dit is vir lesers van hierdie Blog baie belangrik om ook te let daarop dat Ds Dirkie van der Spuy se gemeente, Moreletta Park reeds voor die Algemene Sinode baie duidelik hulle teenkanting teen voorgenome besluit van die Algemene Sinode bekend gemaak (kyk my artikel hierbo vir die detail van hulle standpunt daaroor).
Dankie dat ek ook my sê hier kon sê.
U broer in Christus
Dr Christo Nel
hierstaanek said:
Hallo Christo
Dankie vir die nota. Ek moet egter net noem dat ons hier by hierstaanek staan op die Drie Formuliere van Eenheid, dat ons verbondsteologie verkondig en dus absoluut oortuig is van die Goddelike instelling van die verbondsdoop aan die kinders van gelowiges. Dus is jy welkom hier, solank jy onthou dat ons probleem met die NGK nie die doop is nie. ☺
Christo Nel said:
Wynand
Dankie vir die verduideliking.
Omdat ek die oogmerk van hierdie webblad verstaan, dat jy en elkeen wat hier gesels, hier probeer sê: Hiervoor is ek bereid om te sterwe, bejeën ek wat jy in hierdie sin of twee hierbo skryf met groot erns. En bejeën ek alles wat jy en ander hier sê met groot erns.
Mag ek juis daarom reageer hierop as ‘n mede-volgeling van Jesus Christus, ons enigste Here en Koning?
Verstaan ek jou dus reg? Sê jy regtig hiermee dat die “rots” waarop jy bou en waarvoor jy bereid is om te sterf die Drie Formuliere van Eenheid en ‘n spesifieke verstaan van die Skrif en die Verbond is?
Verstaan ek jou reg as ek dink dat jy hiermee sê dat jy dus staan en val by wat vasgevang is in die belydenis van die Reformasie, waarvan ons oor twee jaar die 500-jarige viering het?
Want as ek jou dan reg verstaan, moet ek vir jou daarop wys dat jou rots of archimedespunt waarvandaan en waarop jy jou “waarheid” bou, waarvoor jy bereid is om te sterf, nie meer werklik Sola Scriptura is nie, maar eerder ‘n bepaalde teologiese en dus baie menslike verstaan en verwoording van die Bybel is.
Wat maak jy dan van die werklikheid dat ons vandag weet dat selfs die Reformatore, soos ‘n Luther, met hulle verwoording van waarheid in die boodskap en belydenis van die Reformasie (wat ook vasgevang is in bv die Dortse Leerreëls), nie die volle waarheid was van wat hulle geweet en geglo het in die Skrif staan nie?
Uit wat ek en jy vandag weet uit die geskiedenis, weet ons dat die reformatore te bang was om te sê wat hulle werklik glo die Bybel sê oor dinge soos wie die ware Kerk van Christus werklik is en oor wie dus gedoop mag word met die Bybelse doop.
Is dit dan nie daarom belangrik om juis op ‘n webblad soos hierdie, waar gelowiges en gelowige leiers weer kies om soos ‘n Luther en die ander Reformatore eens gemaak het, net weer nadat hulle by die voete van Jesus Christus tyd gaan spandeer het met net Sy Woord in hulle hande, nie anders kan as om weer ‘n keer in alle opregtheid te probeer sê wat hulle glo die volle waarheid is en waarvoor hulle bereid is om te sterf nie?
Wynand, ek weet nie van jou nie, maar ek is beslis nie bereid om my lewe te gee vir ‘n spesifieke teologiese verstaan van die Woord soos dit in ‘n spesifieke baie klein gedeelte van die kerk van Jesus verstaan word nie.
Vir Jesus en vir wat in Sy Woord staan en in diens hiervan, is ek bereid om te sterf. Maar beslis nie vir iets anders nie.
hierstaanek said:
Christo
Ek glo nie die belydensskrifte nie, ek verklaar in die belydenisskrifte wat ek glo. Ek glo dat jy as teoloog dit behoort te kan verstaan.
HSE ook said:
Hi Wynand,
Sien NG Piet Retief se verklaring en besluit aangeheg.
Kan nie help om opgewonde te wees oor mense se passie en soeke na waarheid nie.
Groete en seen
NG Piet Retief:
VERKLARING
Die Bybel is die Woord van God en ons staan onder sy outoriteit. Daar is geen verwysing daarin wat homoseksualiteit goedkeur nie. Die 2015 Sinode sê dat die huwelik ‘n verbintenis tussen ‘n man en vrou is,
maar maak nou voorsiening vir selfde geslag verbintenisse as ‘n alternatief vir diegene wat nie aan die Bybelse definisie kan voldoen nie. Dis onbybels en ‘n dwaalleer.
“Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen
of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is
vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.” 1 Kor 6:9-11
Dit word goed uitgelig in Johannes 8 met die vrou wat in owerspel betrap is en voor Jesus gebring is. Jesus spreek dié aan wat haar wil stenig en sê: “Laat die wat sonder sonde is, die eerste klip gooi.” As hulle
een vir een omdraai, vra Hy vir haar: “Waar is jou beskuldigers? Het niemand jou veroordeel nie?” Dan sê Jesus vir haar (en ek glo Hy het dit met deernis en liefde gesê): “Ek veroordeel jou ook nie, gaan heen
en sondig nie meer nie.” Hierdeur het Jesus diegene wat wil klippe gooi aangespreek (en dis wat die Sinode wou doen) en Hy reik uit na die vrou wat gesondig het en sy kry vergifnis. Die geweldige skuld en
skaamte wat sonde veroorsaak het, het Hy van haar weggeneem, maar Hy het nie nagelaat om vir haar te sê om nie meer te sondig nie. Dis wat die Sinode nagelaat het. Jesus se waarheid is uit die Sinode besluit
gelaat. Die Sinode moes ons eerder toegerus het hoe om in liefde en waarheid ‘n pad te stap met gelowige lidmate wat worstel met hulle seksuele oriëntasie.
Ons kan ons dus ook nie vereenselwig met die kompromie besluite wat deesdae in die Kerk voorgestel en geneem word nie. Daar kan nie ten opsigte van ernstige leerstellings kompromieë wees wat ruimte laat om
dit te aanvaar of nie te aanvaar nie.
Vir mense wat worstel met hulle aangetrokkenheid tot mense van dieselfde geslag, wil ons sê dat ons jammer is oor al die spot en verwerping wat u al moes beleef – dikwels ook van mede Christene.
Ons wil graag ons maksimum liefde en ondersteuning aanbied aan diegene wat hierdeur geraak word. Ons vra dat leiding geneem sal word deur die kerk om gemeentes toe te rus om ondersteuningsgroepe tot stand te bring wat diegene sal help en lei tot eer van Christus.
BESLUIT
Tydens die Kerkraadsvergadering van 5 November 2015 besluit die Kerkraad van die NG Gemeente Piet Retief as volg:
1. Ons is oortuig dat die Skrif ons leer dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis is tussen een man en een vrou, wat mekaar met die liefde van Christus versorg. Ons aanvaar dat die enigste wyse waarop ’n christelike huwelik tot stand kom, is tussen een man en een vrou, met Christus as die middelpunt. Daarom verwerp ons die Algemene Sinode se besluit wat voorsiening maak vir selfdegeslag verbintenisse wat deur die kerk goedgekeur en voltrek kan word.
2. Ons glo dat die Skrif daaroor baie duidelik is dat alle seksuele verhoudings buite die huwelik teen God se wil en plan is. Die beoefening van homoseksualiteit is dus, soos alle ander sondes waaroor die Skrif praat, teen God se wil en plan Vir al hierdie sondes is daar vergifnis en vrymaking deur die bloed van Jesus Christus.
3. Ons gemeente se deure staan met die liefde en deernis van Christus Jesus oop vir alle mense. Wanneer ’n persoon egter in enige sonde volhard, kan hy/sy nie in ’n leiersposisie (leraar, ouderling, diaken, wyksleier of diensgroepleier) in ons gemeente diens doen nie.
4. Ons aanvaar nie die besluit van die Algemene Sinode van 2015 oor selfdegeslag-verhoudings nie en beskou dit as ’n dwaalleer. Ons is geskok oor die wyse hoedat eeueoue, bewese Gereformeerde eksegetiese en hermeneutiese beginsels tydens ons kerk se beleidmakende Sinode deur ’n meerderheid afgevaardigdes geïgnoreer is en Skrifgedeeltes sodanig geherinterpreteer en gemanipuleer is ten einde die idee te skep dat hierdie dwaalleer Bybels-verantwoordbaar is. Ons roep diegene wat daarvoor gestem het op om om te draai van hierdie verkeerde weg en om terug te keer na die baie duidelike lering daarrondom in die Woord van God en vra die kerk (gemeentes, ringe, streeksinodes en die Algemene Sinode) om die dwaling reg te stel.
5. Ons spreek ons dank uit teenoor die Oostelike Sinode, wat pro-aktief ’n beskrwywingspunt na die Algemene Sinode toe deurgestuur het in ’n poging om bogenoemde dwaling te verhoed. Ongelukkig het genoemde beskrywingspunt nie tot sy reg gekom binne die manipulerende konteks waarbinne die saak behandel is nie.
6. Ons versoek ook die Oostelike Sinode om dringend aandag te gee aan die erg-verskraalde wyse waarop die kerk deesdae in die Algemene Sinode verteenwoordig word en wat, na ons mening, telkens daartoe lei dat besluite, wat totaal onaanvaarbaar is vir die meerderheid in die NG Kerk, deur minderhede deurgeforseer word. Waar is die dae dat elke ring, byvoorbeeld, self die geleentheid gekry het om ’n leraar en ouderling na die Algemene Sinode af te vaardig wat volgens hulle hul saak die beste sal kan verteenwoordig?
Die vorige Algemene sekretaris van die NG Kerk, Dr. Kobus Gerber, het tereg in die voorwoord van die agenda erken dat die leierskap van die NG Kerk rondom artikel 1 besef het dat hulle ’n baie verkeerde idee gehad het oor hoe die gemeentelede op grondvlak daaroor voel. Dieselfde geld die besluit oor selfdegeslag-verhoudings. Ook die feit dat leiersfigure van die NG Kerk onlangs openlik hulle solidariteit vir die betogende studente tydens die Fees must Fall-veldtog getoon het, is vir talle lidmate, wie se kinders emosioneel, fisies, akademies, finansieel en andersins (deur onder andere viktimiasie en vandalisme) gely het onder die chaos, moeilik om te aanvaar. Ons mis daarin ’n sensitiwiteit vir ’n groot deel van ons lidmate en sien daarin ’n oordrewe ingesteldheid om diegene te ondersteun vir wie “om altyd benadeeldes te wees” ’n primere lewenshouding geword het.
7. Ons gee die getuienis rondom die gemeente se onlangse viering van Hervormingsondag sowel as die verklaring en besluit van die Kerkraad aan die Sinodale Diensraad en aan die ASM deur. Die Kerkraad versoek die leraars om ’n brief aan die Diensraad van die Oostelike Sinode te rig waarin hulle standpunt teen die besluit van die Algemene Sinode verwoord word en versoek die Diensraad om binne drie maande ’n spesiale sitting van die Oostelike Sinode byeen te roep waartydens die kerk in sy breë die geleentheid kan kry om hulle weerstand teen genoemde besluit uit te spreek. Ook versoek ons die Sinodale Diensraad om alles in hulle vermoë te doen om die ASM te oortuig om nie die Handelinge van die Algemene Sinode te publiseer alvorens streeksinodes ruim geleentheid gehad het om hulle standpunte te bespreek, te formuleer en na die ASM deur te stuur nie.
8. Indien bogenoemde proses onsuksesvol sou wees, sal die Kerkaad, in oorleg met die gemeente, herbesin, onder andere, rondom die oorbetaal van sinodale bydraes. (Tydens ons vergadering van 5 November 2015 was daar ’n sterk gevoel dat ons as gemeente reeds ons sinodale bydraes moet begin weerhou, maar die leraars het hulle versoek om dit, ten minste vir die huidige, nie te doen nie sodat ons eers alle ander weë kan probeer volg.) Die kerkraad onderneem om die gemeente deurentyd ingelig te hou en om aan hulle die geleentheid te gee om voortdurend hul standpunte te laat hoor.
DR. HANCKE VAN BLERK (VOORSITTER)
DS. ROELF VAN NIEKERK (MEDELERAAR)
hierstaanek said:
Baie dankie hiervoor!