Vaalrivier Gemeente en die huwelik
Vriende, ek groet julle graag in die Naam van God ons Vader wat Sy Eie Seun, Jesus Christus aarde toe gestuur het, en in die Naam van ons Here Jesus Christus wat aan die kruis van Golgotha ons verlos het, en in die Naam van die Heilige Gees wat ons heilig maak en van ons nuwe skeppinge maak tot eer van God .
Ons is terdee bewus daarvan dat die onlangse besluit van die Aigemene Sinode van die NG Kerk vir ons almal en groot teleurstelling, en onaangename verrassing en en moeilik verwerkbare skok was.
Daarom het die Kerkraad van Vaalrivier gemeente, dit goed gedink om ons eie besluit hieroor te neem en duidelik deur te gee. Ons as Kerkraad het as volg besluit:
- Ons glo dat die Bybel, God se Woord, sê – die huwelik is en heilige eenheid tussen een man en een vrou vir ‘n leeftyd.
- Ons glo binne ons verstaan van die Skrif, die Bybel, dat die seksuele slegs bedoel is, en veilig is, in die ruimte van die huwelik.
- Ons glo dat Jesus ons in die liefdesgebod aanmoedig om teenoor alle mense met liefde en respek op te tree.
Daarom besluit die Kerkraad ook:
- Dat ons gemeente geen selfde-geslag verbintenisse of huwelike sal voltrek nie.
- Dat ons as gemeente nie ons kerkgebou of terrein beskikbaar sal stel vir sodanige verbintenisse of huwelike nie.
- Ons as Kerkraad sal nie van ons predikante verwag om In selfde-geslag verbintenis of huwelik te voltrek nie.
Begeleidende brief:
Ons weet dat ons leef in ‘n gebroke, stukkende wereld. Daarom is die kerk ook nie vol volmaakte, perfekte mense nie. Almal van ons worstel met ons eie sondigheid en ons wil mekaar help om heel te word en heilig te leef.
Alle mense is baie welkom in ons gemeente. Dit sluit mense wat gay is in.
Ons streef daarna om vanuit God se Woord, die Bybel te soek na die pad en die rigting vir ons lewens (Psalm 119: 105). Ons sal altyd probeer om die Bybel so akkuraat as moontlik uit te Iê sodat ons almal kan weet hoe om God lief te hê en tevrede te stel.
In die Bybel lees ons dat die huwelik In eenheid tussen een man en een vrou is.
Genesis 2: 24 sê “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.” In Maleagi 2: 15 lees ons dat God man en vrou een gemaak het in liggaam en in gees. Jesus herbevestig die boodskap van die Ou Testament. In Matteus 19: 1 – 6 en Markus 10: 1 – 9 lees ons weer die skeppingsverhaal, naamlik dat God man en vrou vir mekaar gemaak het. Jesus verwag van ons om die eenheid van die huwelik, een man en een vrou vir enleeftyd te eerbiedig.
Die Bybel is onses insiens redelik duidelik daaroor dat selfdegeslag verbintenisse of huwelike nie God se plan is nie. Daar is verskeie tekste in die 8ybel wat direk of indirek hierna verwys byvoorbeeld (Levitikus 18: 22, Levitikus 20:13, Romeine 1: 25 – 28, 1 Timoteus 1: 8 – 10, 1 Korintiers 6: 9 – 11).
Ek is van mening dat sekere tekste en verhale in die Bybel, tydens die gay-debat, nie met die nodige respek en deursigtigheid hanteer is nie. Een so ‘n verhaal is die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is, Johannes 8: 1 – 11. Hierdie arme vrou word in haar verleentheid in die middel van ‘n kring mense gesleep. Die Skrifgeleerdes en Fariseers dring by Jesus daarop aan dat sy met klippe doodgegooi moet word. Ons weet uit Genesis 2: 17 en Romeihe 6: 23 dat die straf vir die sonde doodstraf is. Maar in Johannes 8 doen Jesus ‘n interessante ding. Hy se vir die aanklaers effektief, as jy sonder sonde is – begin am die doodstraf te voltrek. Niemand voltrek die daodstraf nie omdat almal sonde het.
Maar Jesus voltrek ook nie die doodstraf nie, alhoewel Hy geen sonde het nie. Jesus het geweet dat Hy vir ons sondes aan die kruis gaan sterf en daarom voltrek Hy nie die oordeel van doodstraf nie. Hy gaan sterf sodat ons kan bly lewe, al het ons sonde gedoen. Maar dan eindig Jesus Sy gesprek met die ovverspelige vrou met die woorde “Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Johannes 8: 11.
Ons as gemeente wil ook nie klippe optel en mense stenig nie. Maar ons wil ook nie sonde in enige formaat goedpraat nie. Vir alle mans wil ons se, oppas waar en waarna jy kyk, want Jesus het gese dat ons beheer oor ons oë moet uitoefen (Mattheus 5: 27 – 30) Vir alle getroude mans en vrouens wil ons sê – leef heilig en moenie jou man of vrou verneuk nie. Owerspel kan jou lewe vernietig (Spreuke 6: 26). Vir die ongetroudes wil ons sê – spaar die seksuele vir jou huwelik, daar is dit heilig en veilig. (Deuteronomium 22 en Hooglied 3: 5).
Neels de Jager
Leier Leraar
Namens die Kerkraad, Vaalrivier Gemeente.
Alex said:
Ek is so dankbaar in Christus vir soveel gemeentes wat al standpunt ingeneem het teenoor die nuutste sinode besluit. Ek is baie hartseer oor die kerk in Suid Afrika en byname die NG kerk (My Alma Mater). Die afwaartse spiraal van besluite wat die kerk al meer in duisternis dompel is simptomaties van ‘n baie dieper probleem:
• As kerklike tug jare gelede al toegepas en valse profete en dwaalleraars uitgeban is sou ons nie in die huidige krisis gesit het nie. Baie van hierdie dwaal leraars is nou in bestuursposisies en het geweldig mag en oorheers ons Teologiese Opleiding. Maar daar is steeds hoop mits?. Laat ons leer uit die geskiedenis
• Augustines het die Pelagiane aangevat, Athanasius (“against the whole world”) het Arianisme beveg tot sy dood en in die Naam van die Here oorwin en die geloof in die drie eenheid van God in ere herstel. John Knox het gestaan vir die waarheid en onder erge vervolging van die Roomse kerk staande gebly, vreesloos gepreek sodat die Rooms Katolieke “Mary Queens of Scots” gesê het “I fear the prayers of John Knox more than all the assembled armies of Europe.” Wat was hierdie man se karakter eienskap – hy het nie mense gevrees nie want hy het God gevrees – Hy was ‘n man wat gewillig was om mense aanstoot te gee omdat hy onwillig was om God aanstoot te gee. Iemand skryf so oor sy gebed “Give me Scotland, or I die.” – Knox’s prayer was not an arrogant demand, but the passionate plea of a man willing to die for the sake of the pure preaching of the gospel and the salvation of his countrymen” en geen wonder dat God sy gebed verhoor het en die reformasie die mees suksesvol in Skotland deurgevoer is en baie mense onder sy prediking gered is. Hy het geglo “Een mens met God is ‘n meerderheid”
• Martin Luther se onverskrokkenheid is die tema van hierdie blog “hier staan ek” en ek hoef nie meer te sê nie.
• Charles Spurgeon is uitgeskop uit die Britse Baptist Union omdat hy geweier het om te swig onder die moderniste wat in sy tyd al die bybel soos vandag onder verdenking geplaas het en volgens die wetenskap en kultuur van die dag wou her-interpreteer (Downgrade Controversy). Maar die Here het daarna sy bediening in Metropolitan tabernacle uitermate geseën en tot vandag word sy preke steeds gelees en herdruk en oral versprei en is duisende gered deur sy prediking. Ek kan aangaan en praat van die herlewings onder Whitfield, die Wesley broers, Andrew Murray se bediening in Suid Afrika, maar genoeg.
• Greschem Machen wat beskou word as een van die laaste van die groot Princeton Teoloe (Archibald Alexander, Charles Hodge, A. A. Hodge, B. B. Warfield) van die eens regsinnige Princeton Seminarium in Philidelphia in Amerika, het tussen 1906 en 1929 ‘n weerstands beweging gelei teen die modernistiese infiltrering van Princeton en uiteindelik weggebreek en die Westminster Theological Seminarium gestig wat daarna die banier van waarheid hoog gehou het. Hy is uitgeskop uit die Presbiteriaanse Sending raad en hy en andere het toe die OPC (Ortodokse Presbiteriaanse kerk) gestig in 1936 – Tot vandag toe grootliks behoudend.
• Enige christen in hierdie tyd sal goed doen om Greschem Machen se “Liberalism or Christianity” te lees – dis sy toespraak in die Wayne presbiteriaanse kerk op 2 Nov 1921 voor die “Twenty-Eighth Annual Convention of the Ruling Elders’ Association of Chester Presbytery” en het verskyn in die “The Princeton Theological Review, Vol. 20, No. 1, 1922, Page 93” Dis later in ‘n meer uitgebreide vorm uitgegee as ‘n boek maar hierdie is kort en bondig. Kry dit ook hier http://www.nunide.org.za/blog/english/emerging-church-and-old-liberalism/ en lees ook die boek van JC Ryle “Churches beware” http://www.amazon.com/Churches-Beware-John-Charles-Ryle/dp/0852344155 of lees wat John McArthur skryf oor wat in sy land gebeur het (Die baptiste in Suid Afrika is nie gevrywaar nie en dieselfde dinge gebeur nou in hulle geledere) http://www.nunide.org.za/blog/english/emerging-church-and-old-liberalism/
• Wynand sê in sy artikel op hierdie blog “Dwaalleer in die NG Kerk” die volgende “Ongelukkig het modernisme en postmodernisme ons teologiese institusies so infiltreer en lamgelê dat ons teoloë eenvoudig nie meer die gereedskap en Bybelse insig het om die dwaalleer die hoof te bied nie. Dit word weerspieel in die ongekende persentasie kwekelinge wat hulle geloof tydens opleiding verloor.” En ek wil byvoeg hoeveel predikante het werklik ‘n roeping van God ontvang om ‘n kansel te bestyg – Luister na hierdie boodskappe van Albert N Martin oor roeping (daar is 5 boodskappe) http://www.sermonaudio.com/sermoninfo.asp?SID=1214111036232
Of hierdie artikel van Martin Holdt oor roeping: http://www.nunide.org.za/blog/english/the-call-to-the-ministry-the-ultimate-test/
• Waar is die NG predikante vandag soos ons gehad het in die verlede soos Dr Kolie Kotze (Spesiale evangelisasie prediker van die NG Kerk, beman die evangelisasie spreekkamer in Schoemanstraat vir baie jare) onder wie my pa tot bekering gekom het al in sy universiteitsjare. Ek het na Oom Kolie se program geluister “Stuur U lig “ op radio kansel toe ek op universiteit was en O wat ‘n seën!!, vir hom briewe geskryf in my soektogte (al begin by ‘n CSV kamp te winkelspruit) en uiteindelik het God later die lig laat deurbreek in my eie hart en het Jesus my gered van my eie pogings en twyfel toe ek Hom gesien het as “My Geregtigheid”. My soektog is beindig en ek het in sy volmaakte plaasvervangende soenverdienste tot rus gekom – My skuld is deur Hom gedra en Sy geregtigheid is aan my toegereken – “O watter Goeie Nuus (Evangelie)!! O Watter bevryding!!. Waar is manne soos Dr. Willie Marais, Ds Danie Steyn ?
• Ons harte verlang na ware onvervalste evangelie in die krag van die Heilige gees waar die hele raad van God (Die Hele Bybel) uitgelê word (Expository Preaching) Hoekom is daar nie sulke predikers in die NG Kerk nie?. Waar is die John Mc Arthur’s, Joel Beeke’s, RC Sproul’s , John Piper’s, Sinclair Ferguson’s van Suid Afrika. Hoekom moet ons na hierdie mense van oorsee gaan luister om kos te kry? Ek en my vrou huil dag vir dag voor die Here oor hierdie aaklige toestand. Uitleg prediking vind ons by Grace Fellowship (McArthur Grace to You kerkplant in Pretoria) asook by Midrand Chappel en by sommige Gereformeerde baptiste kerke maar die baptiste (en ek is lief vir hulle want ek aanbid vir jare al saam met hulle al verskil ek oor die doop en dispensasieleer) kyk maar langs hulle neuse af na ons peado baptiste (verbondsdoop van kinders van geredde ouers) en ons kan nooit werklik lidmate daar word nie en daarom kom ons ook nooit tuis daar nie. Ons moet maar geduld met mekaar he oor die doopgrens heen. Ons is ook nie tuis in die charismatiese kerke nie – my vrou het uit so kerk moes vlug, ook nie liberale kerke, formalistiese kerke, vorm godsdiens, mistiese gemeentes (Emerging Church) of waar vroue predikante op tree nie – alles buite God se wil.
• Ons mag nooit ophou reformeer nie. Ag mag die Here peado baptiste kerke oprig wat uitleg prediking doen, geesvervulde predikante het, vashou aan die Nederlandse Geloofs Belydenis of Westminster Belydenis van geloof (omdat dit vir my die beste verduideliking het oor die verbondsdoop teenoor baptismal regeneration en outomatisme wat ook ‘n groot probleem is in baie gemeentes), wat al die atribute van God verkondig insluitend Sy liefde en toorn oor sonde en ewige oordeel oor onbekerende sondaars en sy mense kan lei tot geestelike volwassenheid in Christus sodat hulle effektiewe evangeliste en getuies in hierdie land kan wees. Ons wil tog weer graag in so kerk tuiskom as so iets tot stand kan kom.
hierstaanek said:
Alex jy praat so na my hart. As jy in die Kaap gebly het het ek sommer nou met jou ‘n nuwe kerk gestig.
Pingback: Dr Peet Botha: Ope brief aan die NG Kerk insake selfdegeslag verhoudings. | hier staan ek