VERKLARING VAN DIE NG KERK GEORGE: SELFDEGESLAGVERHOUDINGS
Inleiding:
Die Kerkraad van Moedergemeente George steun nie die onlangse besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudinge nie. Ons gebed is dat ons mekaar steeds daaraan sal herinner om ons oë op Jesus, wat Sy Kerk met Sy eie bloed gekoop het, te vestig. Ons bid ook dat Hy ons altyd leiding uit sy Woord sal gee. As Kerkraad van Moedergemeente George bely ons op grond van dit wat ons uit Sy Woord verstaan die volgende:
1. Ons verbondenheid aan God is heilig
Dade wat deur die Ou en Nuwe Testament as onheilig veroordeel word, kan nie soos by implikasie deur die Algemene Sinode, nou heilig verklaar word nie. Selfs al is dit tussen gelowiges van dieselfde geslag. Die Woord is tog duidelik dat ‘n man sy vader en moeder sal verlaat en saam met sy vrou sal lewe, en hulle twee sal een wees. Hierdie verbintenis is so heilig dat dit met Christus en Sy kerk vergelyk word.
2. Skepping-en-skeppingsopdrag
God het man-en-vrou geskape. Hy het man-en-vrou aan mekaar toevertrou en hulle beveel om te vermeerder. Hieroor is die Skrif baie duidelik. Nie in die Ou-of-Nuwe Testament is daar enige vermelding van twee mans of twee vrouens wat deur God aan mekaar toevertrou is nie. Ons glo ook dat die Skrif duidelik is oor die feit dat alle seksuele verhoudinge buite die huwelik teen God se wil en plan is.
3. Leierskap (1 Tim 3)
Binne amps-verband (dit sluit alle leiersposisies in ons kerk in) word verwys na ‘n sobere gesinslewe, verwysende na verbintenisse tussen mans-en-vrouens. Om twee persone van dieselfde geslag wat in ‘n sogenaamde burgerlike verbintenis is toe te laat om in die amp te staan, is gewoon onverantwoordelik en weerspreek dit wat die Sinode oor die huwelik bely.
4. Skrifgesag-en-Skrifbeskouing (2 Tim 3:16)
Dit wil voorkom of die Sinode besig is om stelselmatig van dit wat ons vanuit die Heilige Skrif oor Skrifgesag verstaan en wat sedert die Reformasie deur ons kerk bely is, naamlik dat die hele Skrif deur God geïnspireer is en groot waarde het om in “die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek”, af te wyk (2 Tim 3:16).
5. Vergifnis en genesing
As kerk wil ons egter steeds die oop arms van Jesus wees wat vir álle mense genade, vergifnis en heling bied. Alle mense word, soos ons doopformulier dit uitspel, in sonde gebore-en-ontvang. Omdat ons almal sondaars is, is almal in ons gemeente welkom. Moedergemeente George stel dit as een van haar primêre Christelike waardes dat ons mekaar in liefde reg sal help en bystaan. Ons herinner mekaar dus dat ons nie sonder meer in énige sonde kan bly volhard nie.
Slotopmerking:
Die Kerkraad wil dit duidelik stel dat daar tans, as gevolg van die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslag verhoudinge, verdeeldheid en verwarring in die NG Kerk heers. Ons stem nie met hierdie besluite saam nie en wil dit op ‘n kerkordelike wyse regstel.
Alhoewel daar wydverspreide gerugte van kerkskeuring in die NG Kerk is, is die Kerkraad van Moedergemeente George se standpunt om nie bande met die NG Kerk en/of Algemene Sinode te verbreek nie.
Die Kerkraad wil dit duidelik stel dat ons van mening is dat die korrekte wyse om die verkeerdhede in die Algemene Sinode aan te spreek, ‘n interne kerkregtelike (binne strukture en prosedures voorgeskryf in die kerkorde) proses is.
Die Kerkraad het ‘n komitee aangewys wat moontlikhede sal ondersoek oor hoe die proses wat gevolg moet word om verkeerdhede reg te stel, aangepak behoort te word.
Ons wil ‘n beroep op elke gemeentelid doen om die aangeleentheid biddend en met rustigheid te benader en nie oorhaastig besluite te neem nie. Ons nooi enige lidmaat van ons gemeente om met ons in gesprek te tree indien meer inligting oor hierdie saak verlang word.
Henrietta Klaasing said:
Wonderlik! Dit is ‘n sterk verklaring met nuwe gesigspunte.
Jannie de Villiers said:
OPE BRIEF AAN GEMEENTES EN KERK LEIERS.
Ek lees vanoggend die besluit en uiteensetting van die Moedergemeente George en wil u vra om hierdie verklaring onderaan “hier staan ek”met aandag te lees in die lig van die volgende Skrifgedeeltes.
2 Korintiers 4 vers 1-6 .
God het Hom ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos. Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk en ons vervals nie die Woord van God nie. Inteendeel ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God n eerlike gewete het. As die evangelie wat ons verkondig tog nog met n sluier bedek is, is dit bedek vir die wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wereld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onself nie maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. God wat gese het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis, het ook in ons harte n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus uitstraal.
2 Korintiers 6 vers 14-17.
Moennie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vernnootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan n gelowige dieselfde belange he as ongelowiges? Hoe kan n ooreenkoms tot stand kom tussen die temple van God en afgode? Ons is immers die templel van die lewende God. Dit is soos God gese het: “Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees.” Daarom: “Gaan van hulle af weg en sonder julle af,”se Die Here,”en moennie wat onrein is aanraak nie.”Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal ek vir julle n Vader wees ,en julle sal my seuns en dogters wees,”se Die Here, die Almagtige.
Mag God deur hierdie Skrifgedeeltes u helderheid gee in hierdie uiterste droewige situasie waarin Sy kinders hulle tans verkeer dat u ook sal uirstaan vir Hom en Sy Woord en nie met hierdie dwaalleraars uself vereenselwig en in die duisternis ingesleep word!
Seenwense
Jannie de Villiers.
ierstaanek posted: “VERKLARING VAN DIE NG KERK GEORGE: SELFDEGESLAGVERHOUDINGS Inleiding: Die Kerkraad van Moedergemeente George steun nie die onlangse besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudinge nie. Ons gebed is dat ons mekaar steeds daaraan sal herin”
Jannie de Villiers said:
OPE BRIEF AAN GEMEENTES EN KERK LEIERS.
Ek lees vanoggend die besluit en uiteensetting van die Moedergemeente George en wil u vra om hierdie verklaring onderaan “hier staan ek”met aandag te lees in die lig van die volgende Skrifgedeeltes.
2 Korintiers 4 vers 1-6 .
God het Hom ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos. Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk en ons vervals nie die Woord van God nie. Inteendeel ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God n eerlike gewete het. As die evangelie wat ons verkondig tog nog met n sluier bedek is, is dit bedek vir die wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wereld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onself nie maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. God wat gese het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis, het ook in ons harte n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus uitstraal.
2 Korintiers 6 vers 14-17.
Moennie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vernnootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan n gelowige dieselfde belange he as ongelowiges? Hoe kan n ooreenkoms tot stand kom tussen die temple van God en afgode? Ons is immers die templel van die lewende God. Dit is soos God gese het: “Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees.” Daarom: “Gaan van hulle af weg en sonder julle af,”se Die Here,”en moennie wat onrein is aanraak nie.”Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal ek vir julle n Vader wees ,en julle sal my seuns en dogters wees,”se Die Here, die Almagtige.
Mag God deur hierdie Skrifgedeeltes u helderheid gee in hierdie uiterste droewige situasie waarin Sy kinders hulle tans verkeer dat u ook sal uirstaan vir Hom en Sy Woord en nie saam in die duisternis ingesleep word!
Seenwense
Jannie de Villiers.
ierstaanek posted: “VERKLARING VAN DIE NG KERK GEORGE: SELFDEGESLAGVERHOUDINGS Inleiding: Die Kerkraad van Moedergemeente George steun nie die onlangse besluit van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudinge nie. Ons gebed is dat ons mekaar steeds daaraan sal herin”
Jannie de Villiers said:
Subject: [New post] Groblersdal verwerp die Algemene Sinode se besluit oor gay verhoudings.
hierstaanek posted: “Op die Kerkraadsvergadering van 1 November 2015 het die kerkraad die volgende besluit geneem tov homoseksualiteit: 1.Ons is oortuig dat die Skrif ons leer dat ‘n huwelik ‘n lewenlange verbintenis is tussen een man en een vrou wat mekaar met die liefde “
Jannie de Villiers said:
hierstaanek posted: “Ons, die NG Kerk Kokstad, wil op die duidelikste moontlike manier ons verwerping van die Algemene Sinode se ingesteldheid rondom Skrifgesag en spesifiek die Woord van God, soos vertoon in besluite rondom homoseksualiteit, die bestaan van Satan en bose mag”
Pingback: Dr Peet Botha: Ope brief aan die NG Kerk insake selfdegeslag verhoudings. | hier staan ek