Jan Louw skryf die volgende in Volksblad:
Ons moet nie die rol van die NG Kerk se Teologiese Fakulteite miskyk in die besluite van die Sinode om homoseksuele en lesbiese leraars nou in die kerk aan te stel nie. Die professore van Stellenbosch het ‘n amptelike versoek aan die Sinode gerig dat leraars in homoseksuele verhoudings toegelaat moet word om met mekaar te kan trou. Hulle versoek is amper woordeliks deur die Sinode toegestaan.
Prof Fanie Snyman, dekaan van Teologie by die Vrystaat het gesê: “Ek steun Stellenbosch se beskrywingspunt volledig en is daarvan oortuig dat die oorgrote meerderheid van ons dosente (op Bloemfontein) die beskrywingspunt steun”. Hy het ook groot dankbaarheid by die Sinode uitgespreek oor die besluite.Prof Dirk Human van Pretoria het gesê: “Ek dink nie dat die sewe tekste (in die Bybel wat oor homoseksualiteit handel) iets sê oor selfdegeslagverhoudings soos ons dit ken nie.” Dit is die soort leiding wat die dieTeologiese Fakulteite in hierdie tyd aan die Kerk gegee het oor die homoseksuele vraagstuk.
Wat my betref het die integriteit van die kerk se teologiese opleiding hiermee ernstig in gedrang gekom en die Kuratoria wat daaroor moet toesig hou is antwoorde aan die Kerk verskuldig.
Jan Louw
Reitz
Die kweekskole is lank reeds deur liberale teologie oorgeneem. Ons kan nie aanhou om die Kerk van Christus te wees as die instansies wat ons leiers oplei aanhou om dwaalleraars in die veld te stoot nie.
Die enigste hoop vir die NG Kerk is om alle bande met staatsbeheerde universiteite te verbreek.
Chavoux said:
Dit is só waar! Maar miskien is dit juis tyd om te bid oor waar en hoe toekomstige predikante opgelei moet word. Die feit dat kweekskole al lankal amptelik geen verantwoordelikheid wil neem vir die geestelike opbou en groei van hulle studente nie, maar dit aan die studente se eie gemeentes oorlaat (wat selde/nooit enige spesiale opleiding vir voornemende predikante gee) terwyl hulle slegs die akademiese opleiding as hulle taak beskou, het ons gelos met predikante wat nog babatjies in die geloof is, terwyl hulle koppe met ‘n klomp kennis gevul is (wat ook nie eens noodwendig bybels-gefundeerd is nie). Predikante wat self nog slawe van sonde is, is nie in staat om mense wat vry wil kom, te help nie. Daarom is dit vir hulle soveel makliker om met sonde kompromie aan te gaan as om die pad van verlossing saam met Jesus en die Heilige Gees te loop.
Dit is maklik om te sê wat verkeerd is met die huidige stelsel, maar hoe kan dit reggestel word. Daaroor moet ons regtig bid tot die Here die pad vorentoe duidelik maak.
Heidie Schultz said:
Deur die gee van Sy enige gebore Seun om te sterf vir Sondaars, het God liefde aan die gevalle mens geopenbaar sonder enige gelyke. Ons het volle vertroue in die Bybel wat verkondig dat “God is liefde,” en tog is daar so baie wat skaamteloos hierdie uitdrukking verdraai het, en verval het in gevaarlike verkeerdheid van die vertolking, en die betekenis daarvan. God se heilige Wet is die enigste bron wat die goddelike liefde kan bepaal. As ons nie die Wet van God aanvaar as ons enigste norm, dan pas ons ʼn norm toe van ons eie. God het ons van kosbare beloftes van Sy liefde voorsien, maar ons moet nie aan God ʼn tederheid toeskryf wat daartoe lei dat Hy skuld oorsien en Sy oë sluit vir ongeregtigheid.
Die Skepper is lief vir Sy skepsele, maar hy wat sonde meer lief het as regverdigheid en verkeerdheid, en meer as die waarheid, bevestig die oortredinge wat smart veroorsaak het in die wêreld, en kan dit nie gesien word, as goedkeuring deur die God van waarheid. Die weg van waarheid en regverdigheid behels ʼn kruis. Baie verkeerde vertolkings van die vereistes van God, en nie die waarheid as enigste heilige middel, en dit maak dat hulle enigiets beteken, wat nie die gewete aankla of verontrief in hulle verhoudings. Die liefde van God soos dit openbaar is in Christus, sal ons lei na die begrip van die persoonlikheid van God. As ons Christus aanskou wat vir ons sondes deurboor is, sal ons bewus word dat ons nie die wet van God kan oortree, en nogtans Sy guns geniet, sal ons as sondaars wees om ons neer te lê in die verdienstelikheid van Christus, en ophou om te sondig.
Dan word ons nader getrek tot God. So gou as ons die regte beskouing oor die liefde van God het, sal ons die ingesteldheid besit om dit nie te misbruik.
Die kruis van Christus getuig van die onveranderlikheid van die wet van God – wat getuig dat God die wêreld so lief gehad het, dat Hy enigste Seun gegee om te sterf vir ons sondes, maar Christus het nie gekom om die wet te vernietig maar om dit te vervul. Geen jota of titel van God se morele standaard kon verander word om die mens in sy gevalle omstandighede te ontmoet. Christus het gesterf sodat Hy kon bewys aan die berouvolle sondaar van Sy geregtigheid, en om dit moontlik te maak vir die mens om die wet te hou. Die liefde van God is oneindig, en tog kon die sondaar nie vergewe en gered word sonder die plan van verlossing wat die vernedering, en die beskuldiging, en die smaad en die dood van die Seun van God insluit. Hierdie feit dat daar ʼn einde gekom het aan die gehoorsaamheid van die wet met Sy dood, moet verban word van die redevoering en in die verstand en ook die gedagte wat dit bevorder, en deur baie van hulle wat heiligmaking eis. Ons moet daagliks leer oor die groot plan van verlossing, deur die leringe van Christus. Wanneer ons ophou om te leer, hou ons op om leerlinge te wees in die skool van Christus. Maar as ons skoliere is onder die goddelike Meester, sal ons verstand geopen word, en sal ons leer oor die wonderlike dinge van God se wet.
Daarom kan nie die sonde vertroetel word en dit in die kerk inbring, Die opdrag is BEKEER JOU en verlaat die sonde wat ‘n houvas op jou het.
Dit is tog snaaks dat Rome deur dieselfde identiteitskrisis gaan. Nou dat sy onder Jesuïtiese beheer is maar Rome verander nooit en haar slagspreuk dat sy die Moeder Kerk is en al die ander kerke in die wêreld is Dogter Kerke. Sy maak hierdie aanspraak op haar gesag want sy is bewus dat al die kerke geïnfiltreer is deur haar Jesuïtiese, Vrymesselaar en Broederbond agente.
John said:
Is dit dalk gevolg omdat die vyfvoudige bediening ne in plek is nie? Ek is van meninig dat die vyfvoudige bediening soos vermeld in Ef. 4 die Bruidskerk van Christus wil vestig wie ons geestelik wil opbou tot ‘n volwassene in Christus Jesus. Shalom
hierstaanek said:
HI John
Die tekste oor die vyfvoudige bediening word verkeerd uitgelê: Daar is nie meer apostels en profete vandag nie. Lees maar wat die Bybel sê, hulle was die FONDASIE van die kerk, wat 2000 jaar gelede gelê is.
Die probleem is 1) Dwalende kweekskole en 2) Gebrek aan die kerklike tug.
Ek ken kerke wat die 5-voudige bediening in plek het en LEKKER dwaal!