Ek haal aan:
Dit bring die Algemene Sinode voor sy grootste bestaanskrisis nog: Gemeentes kan nie meer die Algemene Sinode vertrou om Skrifgetroue standpunte en in lyn met haar eie belydenisskrif te gee in aktuele sake nie. En wanneer gemeentes hul Algemene Sinode nie meer met die Bybel en getroue Skrifuitleg kan vertrou nie, is die doodsklok besig om te lui.
Lees die volledige brief hier:
Henrietta Klaasing said:
Dit lyk my die boodskap dring NIE tot hul deur nie, ten spyte van die minder as 18% lidmate wat ja gestem het vir Belhar: dat hulle totaal en al uit voeling is met die lidmaat op grondvlak.
Jannie de Villiers said:
Baie dankie vir u uitstaande werk vir ons Here! My vraag is ook of ons nie aan die slaap gevang word om net na die Gay dwaling te kyk nie. Daar is mos die Spaanse belydenis ens. wat u alreeds genoem het â sal u die ander ook miskien prominent kan koppel aan die Gay kwessie om leraars se aandag daarop te verstig. Volgens my mening besef n mens eintlik dan hoe ernstig die algehele situasie werklik is!
Die een dwaling en die ander stel n breer prentjie van wat werklik aangaan!
Baie Seen vir u werk en weet dat Die goeie vader u meer gebruik as wat u ooit besef- Hy sal u ryklik seen
Jannie de Villiers
Jannie de Villiers said:
Beste Prof.Johan
Oorweeg dit sterk om die Evangeliese web “hier staan ek” te gebruik– Sy eposte vlieg oor die land en die nuus sal wel deur eposte en by monde verder versprei.
Ek rig ook weer n versoek aan Martelize Brink en die ander Christen Radio- stasies asook nuus 24 om vir God se saak uit te staan en hierdie brief bekend te maak. Johannes het ook n web wat Namibia dek.
Ek vertrou dat hulle u sal kontak by die lees van hierdie nuus. My voordtel aan u is dat u elkeen dieselfde geleentheid sal gee om die brief op n bepaalde dag bekend te maak.
Johan ek weet Hy het behae daarin het in wat ju hier doen en ons bid dat Sy kinders u sal bystaan
Jannie
***** -Jannie, net om te sê: Rapport het nie belang gestel om my ope brief aan die moderator te plaas nie en nie een van die ander wat jy gekontak het, het gereageer nie. Nie te min, baie dankie
JvR
Gert said:
Na aanleiding van die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagsverhoudings, net die volgende:
1/ Nou al vir twee Sondae moet ek in die kerk hoor hoe die Bybel se gesag gediskrediteer word. Dit kan mos nie, want die Kerk is die liggaam van Christus (dus die verteenwoordiger van die Almagtige God se Heilige Seun hier op aarde), en die Bybel is ook die Woord van God. In Johannes lees ons dat die Woord ook die Seun is. Die Liggaam kan dus nie teen die Woord draai nie. Gevolgtrekking: Almal wat deelgehad het aan daardie besluit, is dus nie deel van die Liggaam van Christus nie.
2/ Dit is die Skepper wat die reels opstel waarvolgens sy skepsel moet werk, net soos wat, as ek ‘n masjien bou, ek besluit hoe dit moet werk. Die skepsel is dus nie bevoeg om daardie besluit te neem nie. Gevolglik is daardie, en ‘n hele reeks ander besluite van die Algemene Sinode ongeldig. Engigeen wat daaraan deel het, verhef hom dus tot God se vlak en is voorberei vir die ewige verdoemenis.
Nou raak dit ons plig om vir die mense wat so besluit het, waar ons hulle name ken, te bid tot hulle eie redding.