• Artikels
  • Boeke
  • Dwaalleer in die NG Kerk
  • Emergent Teologie
  • Hier staan ek!
  • Wie ek is.

hier staan ek

~ ek kan nie anders nie, mag God my help, Amen

hier staan ek

Gereformeerde klassis Moot spreek hom uit teen die NG Kerk se besluit

13 Tuesday Oct 2015

Posted by hierstaanek in Uncategorized

≈ 29 Comments

Met dank aan Francois van Deventer wat die inligting verskaf het.

Die Gereformeerde Kerke in klassis Moot (BetEl, Daspoort, Meijntjieskop, Elofsdal, Innesdal, Kandelaar, OosMoot, Bronkhorstpruit, Pretoria(d), Andeon, Bergsig, Totiusdal en WonderboomSuid.) het die volgende Mosies eenparig aanvaar by vanaand (13 Oktober 2016) se vergadering:

Die Gereformeerde kerke in klassis Pretoria-Moot neem met leedwese, skok en afkeur kennis van die onlangse besluite van die Sinode van die NG Kerk, wat homoseksualiteit aanvaar en goedkeur in so mate dat mense wat ‘n openlike homoseksuele leefwyse beoefen, selfs as predikante toegelaat word en dat verbintenisse tussen sulke mense kerklik bevestig mag word.
Die Bybel wys homoseksualisme onvoorwaardelik af, soos duidelik onder meer uit Romeine 1: 26 en 27.

Die besluit  van die NG Kerk word diep betreur en noodsaak herbesinning van die ooreenkoms met die NG Kerk soos goedgekeur op die laaste algemene sinode van Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika.

Ons as Gereformeerde Kerke se ekumeniese verhouding met die NG Kerk het verlede week ‘n praktiese werklikheid in ons lewens geword met die NG Kerk Sinode se pro-homoseksualisme besluit.

Na aanleiding van hierdie besluit van die NG Kerk spreek hierdie vergadering van Gereformeerde Kerke in Pretoria-Moot sy kommer uit oor ons ekumeniese verhouding met die NG Kerk, asook ons hartseer oor genoemde besluit se liefdelose veragting van die HERE, sy Woord, en ons naaste.

Dit doen ons terwyl ons harte uitgaan na ons broeders en susters in die NG Kerk wat die geestelike aanslag en dwingelandy van afvallige Kerk-strukture baie erg beleef.

Hierdie vergadering se bede is dat die HERE al sy ware gelowige kinders in die NG Kerk en ook in die Gereformeerde Kerke deur sy Gees sal vul en lei (Efes 5:19; Rom 8:13-14; Gal 5:16) om hulself te verloën en sy Naam en waarheid teenoor die NG Kerk se pro-homoseksualisme besluit  te bely, en haar oor haar euwels te bestraf (Mark 8:34-38; HK Sondag 12 v/a 32).

Share this:

  • Twitter
  • Facebook

Like this:

Like Loading...

Related

Post navigation

← Previous post Next post →

29 thoughts on “Gereformeerde klassis Moot spreek hom uit teen die NG Kerk se besluit”

  1. alwynduplessis said:

    13/10/2015 at 9:43 pm

    Dit is een rede waarom ons nie lid van die doppers is nie Hulle krepeer van gereformeerdheid

    Reply

    • Abraham said:

      14/10/2015 at 8:08 am

      Dis nou jammer dat jy nie ook sommer die Bybel ook eenkant toe gooi maar mans genoeg is om dit bytevoeg nie.

      Reply

    • americanuniverse said:

      06/11/2015 at 10:58 pm

      Die ander rede, alwynduplessis, is dat “julle” nie gereformeerd is nie want wat jy erken is dat “julle” louwarm gelowiges is; ‘n karikatuur van die ware kerk. Die NG-Kerk is ten volle gereformeerd, nes die doppers. Gaan lees maar die formuliere waaraan predikante hulle kontraktueel met hulle gemeentes verbind het. Dis dieselfde formuliere as die van die Doppers. Presies dieselfde. Kyk maar hoe breek NG gemeentes weg van die AS presies oor hulle gereformeerde standpunt.

      So, as jy reken dis ‘n meer eervolle posisie om nie te “krepeer van gereformeerdheid” nie, dan moet jy gerus saam met die verleiers en hoë priesters van die bose jou gemak en tuiste gaan soek. Die bruid van Christus word midde in die NG-Kerk as gyselaar aangehou en deur die mag wat Christus hulle gegee het moet en sal hulle hulself verlos en die onderdrukkers onder hulle uitwerp.

      Reply

  2. hierstaanek said:

    13/10/2015 at 9:45 pm

    Alwyn, ek krepeer liewer met Christus in sy Kerk as dat ek vetgevreet in die kring van godslasteraars sit.

    Reply

  3. Henrietta Klaasing said:

    13/10/2015 at 11:06 pm

    Uit die geskrif: “Na aanleiding van hierdie besluit van die NG Kerk spreek hierdie vergadering van Gereformeerde Kerke in Pretoria-Moot sy kommer uit oor ons ekumeniese verhouding met die NG Kerk, asook ons hartseer oor genoemde besluit se liefdelose veragting van die HERE, sy Woord, en ons naaste.” Dankie hiervoor Oos-moot.

    Reply

  4. dienskneg said:

    14/10/2015 at 6:48 am

    Baie dankie aan ons Gereformeerde broers. Ons het julle baie nodig in ‘n tyd van diepe beproewing soos hierdie.

    Johannes de Koning
    NG Kerk Tsumeb

    Reply

    • americanuniverse said:

      06/11/2015 at 11:01 pm

      Daar was nog altyd ‘n noue verband met mede-gelowiges in die NG-Ker, Johannes. Hierdie is slegs die geboorte pyne wat die ware gelowiges deurgaan om die verleiers on hulle uit te werp ingevolge Mat 18:15+

      Hou moed, broeder. Julle is op die regte pad.

      Reply

  5. Cecil Foster said:

    14/10/2015 at 11:49 am

    AlwynduPlessis

    Jare terug was die NG kerk ook streng Gereformeerd. Dit is net jammer dat jy as Christen so neerbuigend van jou medebroeders praat. Ten minste leef ons nog die beginsel van Sola Scriptura uit.

    Reply

    • americanuniverse said:

      18/10/2015 at 7:21 am

      Alwyn, dis duidelik dat jy geen idee het waarvan jy praat nie. Mense praat ongelukkig neerhalend met mekaar, dit gebeur oorals en dit is te betreur. Onderlinge gesprekke oor ons geloof moet in liefde plaasvind. Maar daar is ‘n punt waar geregtelike woede nodig is, veral wanneer mense uitroep “Sola Scriptura” en daarmee saam skree, “die Bybel lieg” oor hierdie of daardie saak.

      Waarvan jy en die NG Kerk Sinode hier praat is blatante bedrog. Jy kan nie die NG Kerk se posisie as skriftuurlik goed praat nie, al maak jy wat. Om dit Sola Scriptura te noem is of onkunde of bedrog. Jy kies maar watter een.

      Die NG Gemeentes sal nog voor hierdie waarheid te staan kom en hulle goedjies pak en na ‘n Gereformeerde kerk toe trek. Of hulle moet hulle leiers onder tug en afsnyding plaas as hulle nie hierdie duiwelstriek terugtrek en hulle bekeer nie.

      Wat jy en jou meelopers nie besef nie is dat dit nie oor gay-mense gaan nie. Dit gaan uitsluitelik oor die afbreek van die Christelike beginsels want dit is die een enkele suksesvolle teenvoeter teen totalitrarisme. IN 1919 is ComIntern gestig met die doel om kommunisme wêreldwyd te implementeer, maar die een ding wat hulle tot nou toe verhoed is die die Christelike beginsels. Nou het dit ineen gestort en die mense wat dit verstaan gaan in hulle massas vlug en weereens die NG Kerk se vingerafdrukke op tirannie agter laat. Net soos hulle met apartheid gedoen het.

      Reply

  6. Anna van der Dussen said:

    14/10/2015 at 2:35 pm

    So word die Heilige Gees se werksaamheid sigbaar! Laat ons d ie HERE loof en prys! En wat van Belhar wat aanvaar is terwyl die meerderheid Streekssinodes van die NG kerk dit verwerp het?

    Reply

  7. Petrus said:

    14/10/2015 at 8:35 pm

    Net n regstelling 2015 nie 2016

    Reply

  8. Danie Putter. said:

    14/10/2015 at 9:21 pm

    Ons almal is deur Christus lede van een liggaam,en moet dit so uitleef ook,maar as n lid van die ligaam kanker kry, moet ek nog die kanker in die liggaam verdra?

    Reply

    • Henrietta Klaasing said:

      15/10/2015 at 8:05 am

      Danie ek dink hierdie is meer soos ‘n “aansteeklike siekte” (as ek kyk hoe hoe afgevaardigdes by AS2015 van opinie verander het – bv. Dirkie van der Spuy)) as wat dit kanker is.

      Reply

      • Henrietta Klaasing said:

        15/10/2015 at 8:07 am

        En vir hoogsaansteeklike siektes (soos bv weerstandige TB) is “AFSONDERING” die antwoord!

        Reply

      • americanuniverse said:

        06/11/2015 at 11:03 pm

        Kanker versprei ook. Metastasize.

        Reply

  9. Jakobus said:

    15/10/2015 at 12:52 pm

    JAKOBUS 4:11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. 
    JAKOBUS 4:12 Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel? 

    Reply

    • hierstaanek said:

      15/10/2015 at 6:01 pm

      Hi Jakobus

      Romeine 16:17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
      18Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.

      1 Korinthiers 5:1 ’n MENS hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
      2En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
      3Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
      4in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus —
      5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
      6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
      7Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

      Galasiers 1:6EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,
      7terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
      8Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!
      9Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!

      1 Johannes 4:1GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
      2Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
      3en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
      4Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
      5Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
      6Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

      2 Johannes 9Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý het die Vader sowel as die Seun.
      10As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
      11Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

      Judas 4Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.

      Ek hoor graag jou antwoord op die Woord van God.

      Reply

  10. HSE ook said:

    15/10/2015 at 4:59 pm

    Liewe Wynand,
    Ek wil vir jou dankie se vir wat jy doen. Ek is seker jy voel soms aangeval en wonder of hierdie rerig die moeite werd is. Maar toe ek ‘n week gelede verslae en verward geluister het na my kerk se besluit, het ek jou blog ondek en is deur Jesus se hande in die vorm van jou blog gevang. Wat jy doen maak regtig saak. En ek glo daar is ‘n moontlikheid dat hierdie skokgolf wat tans deur ons kerk ruk, dalk net dit sal wees wat God se kerk sif en omdraai tot ware bekering van die nonsens waarmee ons al heeltemaal te lank besig is.

    My pa hulle se gemeente in Piet Retief het hulle Sondag tydens die erediens amptelik gedistansieer van die sinode se besluit en ek het gehoop dat my dominees ook so sterk daaroor sou voel. Ek het egter na ‘n gesprek met hulle so platgeslaan gevoel oor hulle verwardheid en om reguit te wees – gebrek aan ruggraat, dat ek daaroor gehuil het. Alhoewel ek kon sien dat ten minste een van hulle sou wou vashou aan sy Bybelse beginsels,hoor hy nou al so lank dat dit nie die ‘liefdevolle’ ding is om te doen nie, dan hy maar bra voos en verward daaroor praat.
    Ek word Sondag as kerkraadslid bevesig en ons het komende Maandag aand ons eerste kerkraads vergadering. Dis al 3 maande in die pyplyn en ek wonder of ek dan juis ook soos Ester gekies is vir ‘n tyd soos hierdie. Dankie vir die tonne inligting, raad en duidelike antwoorde wat jy aanhou gee. Ek het die laaste week elke nag tot 1 of 2h gele en lees. Ek het weer soveel dinge belei en voor my eie deur begin vee sodat ek nie met die balk in my eie oog hierdie doen nie, maar ek gaan vra om Maandag ons vergadering te open. Bid asb vir my vir moed en dat hulle sal instem.

    Hier is wat ek beplan om te se:

    Ek wil graag begin met ‘n stukkie agtergrond. Ek wil julle vertel van mense in ons familie, in ons kerkfamilie. Mense soos Prof Julian Muller, gewesige Adjunk Dekaan van Tukkies se fakulteit van Teologie deur wie se hande honderde jong predikante gevorm is en in ons kerkfamilie ingestuur is. Hy glo nie in Jesus se maagdelike geboorte of sy opstanding uit die dood nie. En ongelukkig is hy by verre nie die enigste een wat ons basiese fundamentele beleidenis in twyfel trek nie. Dis mense wat tussen ons is, nader as wat ons wil glo, en al jare lank stadig begin trek en torring het aan die rafeltjie van ons geloofsbeleidenis totdat die spreekwoordelik mat nou besig is om onder ons uitgetrek te word.
    Eks 3:14 – Ek is wat Ek is
    Luk 9:20 – Maar julle, het Hy gevra, wie se julle, is Ek?
    Die hart van die saak is vir my: Wie is jou God? Hoe groot is jou God? Is Hy die Almagtige, die Liefdevolle, die Heilige Regverdige? Of het ons Hom begin kleiner maak, stadig maar seker aan Hom begin afchip om Hom te probeer indruk in ons menslike breintjies en ons vermoe van verstaan en redeneer? Glo ons Hy is wie Hy se Hy is? Glo ons sy word is onfeilbaar, organies geinspireerd, maar sy eie woorde al maak dit nie altyd vir ons volmaak sin nie? As ons dink ons glo dit, vra jouself af hoekom ons so maklik eerder die wereld se opinie glo en volg asof mense die begin van wysheid is. Hoekom ons ophou glo dat die nou weg nou is en daar min is wat daarop loop. Hoekom ons hierdie massa mense op die bree weg se opinies onomwonde aanvaar en aan ons kinders laat leer en geintimideerd voel daardeur, sonder om self te soek na die waarheid, na die wonderlike manne en vroue van God wat moeite doen om te bewys dat die Wetenskap God se Woord nie weerspreek nie. Wat moeite doen om ons te wys dat sy Woord onfeilbaar is, as ons die Heilige Gees se oortuiging van die waarheid laat uitdoof in ons harte deur die bree weg se wetenskaplikes en filosowe. Is ons bereid om vervolg te word ter wille van Jesus, ons God en Koning deur afgemaak te word as stiksieninge fundamentaliste, as onverlig, rigied of selfs dom-aspris omdat ons Hom belei en sy Woord glo? Is ons rerig bewus van hoe sondig ons is, hoe klein, nietig en onperfek. Of het ons deur te se ‘Eks nie perfek nie’ eintlik begin se ons menslikheid is groter as ons God. Dat ons nie deur sy Heilige Gees verander kan word nie, dat ons nie lus is om ongemaklik te wees deur op te hou sondig nie, dat Jesus se kruisdood nie werklik ons heilige lewe as offer verdien nie. Want as dit waar is en ons God is so klein en onalmagtig, hoekom dien ons Hom? Of het ons as ons eerlik is, al lankal begin om onsself en ons gemak en ons menseregte te begin dien en vir ons leiers bymekaar gemaak wat se wat ons wil hoor.

    Ek is nie ‘n expert op herlewing nie, maar ek glo dat herlewing kom as jy van vooraf besef wie jou God is. Dat Hy heilig is en dat jy sondig is. Dat Hy vir jou lief is, maar dat jy jou van jou sonde moet bekeer om sy dissipel te wees. Sodat Hy deur ons en deur ons kerk en deur ons gemeente kan werk, omdat ons onverhinderd deur sonde met sy liefde kan liefhe en die wereld verander. Dan kan ons voortgaan en gemeente aktiwiteite en uitreike beplan en dit sal werk en mense lok en mense bereik, want dis deur sy liefde en nie ons mense onperfekte liefde nie.
    As jy saam met my glo in hierdie God wat Almagtig is en wie se woord waar is, sien ek uit daarna om saam met jou te beplan aan ons kerk se toekoms en aktiwiteite As jy saam met my glo in hierdie God wat Almagtig is en wie se woord waar is, sal jy saam met my kniel voor jou stoel en een sonde, net eers een vir vannaand belei wat jy teen jou boesem koester omdat jy dink jy is tog maar net ‘n mens. Dat jy sal belei dat dit sonde is, dat dit nie ok is nie en dat jy glo dat jou GROOT GROOT God die mag het om dit deur sy Gees in jou te verander.

    Reply

    • hierstaanek said:

      15/10/2015 at 5:55 pm

      Baie dankie vir jou getuienis!

      Reply

    • Hanlie said:

      19/10/2015 at 10:40 am

      Bravo vir jou standpunt! Uiteindelik gaan dit oor die eer van God! Net dit – of ons aanvaar die Woord onvoorwaardelik of alles val en verval! Doen ons wat ons beveel word in gehoorsaamheid aan God of prober ons mense tevrede stel (wat hul eie sondige wil in die plek van God se heilige wil plaas)? Ek bid vir alle lidmate van die NG Kerk dat hulle gehoorsaamheid aan God groter sal wees as aan mense!

      Reply

  11. Dirk said:

    15/10/2015 at 8:16 pm

    Julle mors julle tyd. God bestaan nie.

    Reply

    • hierstaanek said:

      15/10/2015 at 9:42 pm

      Jy mors jou tyd, Dirk, jy bestaan ook nie. 🙂

      Reply

    • stonetostars said:

      17/10/2015 at 3:24 am

      Ai Dirk. Ek hoor wat jy sē, maar helaas, my ervaring is dat God wel bestaan. Hou aan kyk, wie weet….

      Reply

    • americanuniverse said:

      06/11/2015 at 11:04 pm

      Dirk, en jy weet dit, hoe?

      Reply

  12. Henrietta Klaasing said:

    15/10/2015 at 8:28 pm

    HSE ook, ek het met trane gelees wat jy alles beleef, en ek bid met my hele hele hart dat jy krag van die Heilige Gees sal ontvang om met dieselfde vrymoedigheid as die dissipels in Handelinge 2 te sê wat die Here op jou hart lê. Soos jy glo ek ook dat hierdie ‘n tyd van ” bekering en omdraai” is, want geen lidmaat DURF neutraal staan hieroor nie!

    Reply

  13. Dries said:

    18/10/2015 at 1:06 pm

    Die ratifikasiereg (beoordeling) deur kerkrade van Sinode-besluite word nie in die Gereformeerde kerkreg erken nie. Sinode-besluite bly geldig totdat n bewaarskrif of appel geslaag het.
    Toon die gebeure rondom die Algemene Sinode se besluit, en die reaksies van gemeentes daarop, nie dat die ratifikasiereg(beoordeling) van Sinodebesluite soms nodig, en soms selfs noodsaaklik is nie ?

    Vra maar net.

    Dries Klopper

    Reply

    • hierstaanek said:

      18/10/2015 at 2:22 pm

      Ek glo die beginsel is dat die sinode hom deur die enigste Hoof van die kerk, Jesus Christus moet laat lei. As die sinode, soos die onlangse een, homself losmaak van die skrif is dit die plig van gemeentes om beswaar aan te teken. As die sinode, soos die onlangse een afvallig geword het is gemeentes verplig om hulle van die kerkverband af te skei. Die opdrag in die Bybel is herhaaldelik en duidelik. Sien maar die vloek van Galasiers 1.

      Reply

  14. theawentzel said:

    06/11/2015 at 9:56 pm

    God is ‘n God van Liefde en enigheid. Ons is almal deur Hom geskape – en Hy is lief vir ons almal. Ook ‘n guy persoon is Sy kind en dus JOU broer of suster.

    Reply

    • hierstaanek said:

      06/11/2015 at 10:05 pm

      Hi Thea
      Ons is almal deur God geskape.
      God het die mensdom voed geskep, ook ons seksualiteit.
      Maar die sondeval het ons almal gebreek. Ook ons seksusliteit. Daarom is ons almal, ook ons seksualiteit van nature boos en in rebellie teen God. Dit maak nie saak of ons gay of straight is nie, God haat ons natuurlike seksualiteit want dit is nie hoe Hy die mensdom geskep het nie. Efesiers 2 sê ons was dood in ons sonde en VAN NATURE KINDERS VAN GOD SE WOEDE.
      Daarom moet ons almal gered word, ook ons seksualiteit moet deur Christus gered word, of jy gay of straight is.
      God sê gay seks is sonde. Daarom as jy ontken dat jy sonde doen, as jy ontken dat gay seks sonde is, maak jy God tot leuenaar. Dit geld ook vir straight seksuele sonde.
      As ons nie ons sonde bely nie kan ons nie gered word nie.
      Mense wat beweer gay seks is nie sonde nie stuur gay mense dus hel toe in die naam van #liefdeisliefde.

      Reply

Praat saam! Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. ( Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. ( Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. ( Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. ( Log Out /  Change )

Cancel

Connecting to %s

Kliek hier as jy die blog per epos wil volg!

Nuwe artikels

  • Does the Bible teach corporate guilt? 30/06/2020
  • Why Baptists are in error 08/04/2020
  • False prophets in the Church 22/03/2020
  • Dr Carl Ellis responds to my article on cultural Marxism in the church. 08/02/2020
  • A critique of the modern apostolic movement 29/01/2020
  • Cultural Marxism in the Church 26/01/2020
  • Moderamen tik Neels Jackson en André Bartlett oor die vingers vir hulle vervolging van Dirkie van der Spuy 19/11/2016
  • Is André Bartlett ‘n dissipel van Saul Alinsky se “Rules for Radicals”? 16/11/2016
  • André Bartlett werf nou nie-christene vir sy onkerkordelike godsdienstige vervolging van Dirkie van der Spuy 16/11/2016
  • Julian Muller se teologie is reeds deur Athanasius as kettery ontbloot. 14/11/2016
  • Laakbare aanslag op Dirkie van der Spuy se vryheid van spraak. 14/11/2016
  • Moderator verklaar die Algemene Sinode tot niet. Ben du Toit sê die kerk moet skeur. 13/11/2016
  • Die buitengewone Algemene Sinode van 2016 se besluit oor selfdegeslag seks moet verwerp word. 12/11/2016
  • Seksuele identiteit en eehheid met Christus: Rosaria Butterfield 09/11/2016
  • Misleidende gonswoorde in die stryd om Bybelse seksualiteit‏ 02/11/2016
  • André Bekker (eks-gay) se ope brief and die moderamen. 05/10/2016
  • Christen predikant sit vir ‘n gay “predikant” ore aan. 05/10/2016
  • Ds Jan Louw oor Prof Fanie Snyman en afvallige teologie in die NG Kerk 08/06/2016
  • Dr James White oor die ekslusiwiteit van die evangelie van Christus 22/05/2016
  • Dr James White: Die gesag van die Skrif en hedendaagse “apostels en profete” 19/05/2016
  • Dr James White: SGV en die Skrif 18/05/2016
  • Dr James White oor die onfeilbaarheid van die Skrif. 18/05/2016
  • James White konferensie 6-8 Mei 2016 klankopnames 07/05/2016
  • Namibië herhoorweeg bande met die Algemene Sinode. 28/03/2016
  • Dr James White: Konferensie oor die gesag van die Skrif in Kaapstad. 22/03/2016
  • Die eer van God en moderne “profete” 17/03/2016
  • John Shelby Spong teen James White oor SGV 06/03/2016
  • ‘n Skok vir die ouens wat dink die Bybel is vol foute. 26/02/2016
  • Dit is sonde om in “tale te praat.” 18/02/2016
  • Frikkie Mulder: “Wolwe” 09/02/2016
  • Word of Faith: Nog ‘n kanker in die NG Kerk 09/02/2016
  • Dis nou appel swaai oor sgv. 11/12/2015
  • Jy moet besluit: Het Jesus vir sy eie sonde gesterf of vir joune? 09/12/2015
  • Verklaring van Blancogemeente George oor SGV 01/12/2015
  • Ds Ken Pritchard oor die Algemene Sinode se vals hermeneutiek 30/11/2015
  • Waarom ons moet veg vir die onfeilbaarheid van die Skrif 26/11/2015
  • Ds Johannes de Koning: Ons is onverenigbaar 25/11/2015
  • Alkmaar gemeente verwerp die AS van 2015 se SGV besluit 24/11/2015
  • NG Gemeente Albertyn verwerp die AS se Skrifgebruik 24/11/2015
  • Nuwe Testamentikus, Dr Philip du Toit se evaluasie van die AS 2015 se dwaalteologie 23/11/2015
  • Besluit van die Spesiale Sinode van Wes-Transvaal van 2015 rakende SGV 23/11/2015
  • NG Gemeente Swartkopsrivier se Bybelse verklaring oor SGV 22/11/2015
  • Reaksie op artikel oor Galasië gemeente in Christianity Today 22/11/2015
  • Foutloosheid en onfeilbaarheid van die Bybel. (AS2015 se Godsonterende fout) 21/11/2015
  • Rustenburg-suid verwerp die AS van 2015 se besluit 20/11/2015
  • Wes-Transvaal sinode verwerp die Algemene Sinode se besluit 20/11/2015
  • NG Kerk Misgund verwerp met afsku en minagting die dwaling van AS besluite. 20/11/2015
  • Besluit van die ring van Heidelberg rakende AS2015 se SGV besluit 19/11/2015
  • Verslag aan die Algemene Sinode van 2007 het die dwaalleer van AS2015 reeds absoluut weerspreek. 19/11/2015
  • Ds Etienne Nolte aan die moderamen: Die geestelike implikasies van die SGV besluit. 19/11/2015
  • Media 24: Ons gaan nog vir twee jaar baklei 18/11/2015
  • Dr Peet Botha: Ope brief aan die NG Kerk insake selfdegeslag verhoudings. 17/11/2015
  • Waarom Evangeliese gemeentes nie onder die opsig van dwalende kerkvergaderings kan bestaan nie. 15/11/2015
  • Hierdie gemeentes verwerp die Algemene Sinode se besluit oor SGV so ver 15/11/2015
  • Appel teen SGV besluit, die besluit is dus nog nie van krag. 15/11/2015
  • John Piper oor selfdegeslagverhoudings. 12/11/2015
  • Verklaring van die Kerkraad van Moreletapark Gemeente oor die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor selfdegeslagverhoudings 12/11/2015
  • Verklaring deur dr Johan Marais, NG leraar Marquard 11/11/2015
  • Ds Denzel Dick van George: Kan ons met dwaalleraars in die selfde kerk wees? 10/11/2015
  • Koppies Weltevrede gemeente se uitstekende Bybelse standpunt oor selfdegeslag verhoudings. 10/11/2015

Argiewe

  • June 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • November 2016
  • October 2016
  • June 2016
  • May 2016
  • March 2016
  • February 2016
  • December 2015
  • November 2015
  • October 2015
  • September 2015
  • July 2015
  • May 2015
  • April 2015
  • March 2015
  • January 2015
  • December 2014
  • November 2014
  • October 2014
  • September 2014
  • August 2014
  • July 2014
  • March 2014
  • February 2014
  • December 2013
  • November 2013
  • October 2013
  • September 2013
  • August 2013
  • July 2013
  • June 2013
  • May 2013
  • April 2013
  • March 2013
  • February 2013
  • January 2013
  • August 2012
  • July 2012
  • June 2012
  • May 2012
  • April 2012
  • March 2012
  • February 2012
  • January 2012
  • December 2011
  • November 2011
  • October 2011
  • September 2011

Interne skakels

  • Artikels
  • Boeke
  • Dwaalleer in die NG Kerk
  • Emergent Teologie
  • Hier staan ek!
  • Wie ek is.

Die rede

Aangesien u Keiserlike Hoogheid en hoogwaardigheidsbekleërs van my 'n kort, direkte en eerlike antwoord verwag, sal ek een gee.
En hier is dit: Ek kan nie my geloof onderwerp aan die pous of die raad nie, want dit is so helder soos daglig dat hulle self in valse lering verval het, en dat hulle hulleself selfs ooglopend weerspreek.
As ek dus nie oortuig word deur bewyse uit die Heilige Skrif of gesonde rede nie, as ek nie deur die einste Skrif wat ek aangehaal het oortuig word nie, as my gesonde oordeel nie op hierdie manier aan God se Woord onderwerp word nie, kan of sal ek niks terug trek nie, want dit kan nie reg wees dat 'n Christen teen sy Vaderland spreek nie.

Hier staan ek. Ek kan nie nie anders nie.

Mag God my help.

Amen

-- Martin Luther, 1521

* * * * * * * * * * * * **

Panenteïsme is ongelooflik aantreklik vir die natuurlike mens want dit verkondig Satan se oudste pickup line:
“Jy sal soos God wees…”

* * * * * * * * * * * * **

As Jesus ‘n mal leuenaar was soos hierdie dwaalleraars (wat die bestaan van die duiwel ontken) by implikasie beweer, waarom kom ons dan nog kerk toe?

* * * * * * * * * * * * **

Na aanleiding van uitlatings deur Rob Bell in sy boek”Love Wins”, het ‘n dame met die naam, Theresa Morris die volgende kommentaar gelewer, “The wolves in sheep’s clothing are more scary than the Muslim Jihadists. The worst that the the Jihadists can do is kill bodies. After that, people go to Heaven or hell, depending on their relationship with Jesus (Or the lack of it). However, the Robb Bells of the world refuse to enter the narrow gate and they hinder people who are trying. People will go to hell b ecause of them. That is a lot worse than being blown up.”

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: