Die Algemene Sinode van 2015 het gister besluit dat streeksinodes hulle eie belydenisgrondslag mag hê.

Kyk wat sê die hooggeregshof oor die saak:

Kerkverband tussen kerke wat nie dieselfde belydenis het nie, of wat dieselfde belydenisskrifte verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseerd is, is nie moontlik nie aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by die kerkverband is. Die belydenisgrondslag van die kerk kan alleen gewysig word mits daar aan die formele kerkordelike vereistes voldoen word.

Plaatjies van Huffel, M.A. & Van der Merwe, J.M., 2012, ‘Die reis met kerkeenwording tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika’, Verbum et Ecclesia 33(1), Art. #724, 7 pages.

Dit beteken dat kerkverband tussen sinodes met verskillende belydenisskrifte nie moontlik is nie.

Mens sou dink 2+2=4, maar die Algemene Sinode kan skynbaar nie so ver tel nie.

BELHAR: JA VIR WES-EN-SUID-KAAPLAND
October 8, 2015Rudi SwanepoelAlgemene Sinode

Wat met die eerste oogopslag na ‘n kerkregtelike onmoontlikheid gelyk het, is deur die Algemene Sinode goedgekeur.

Die saak ter sprake is dat streeksinodes voortaan self hulle belydenisskat kan uitbrei. Dit maak dit vir die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland moontlik om die Belydenis van Belhar as deel van haar belydenisgrondslag te laat aanvaar.

Daar word egter vereis dat dieselfde proses gevolg moet word wat met Artikel 1 gevolg is, naamlik dat die sinode ‘n wysiging met ‘n tweederdemeerderheid moet goedkeur en dat twee derdes van gemeentes en kerkrade ook met ‘n tweederdemeerderheid ten gunste van so ‘n verandering moet stem.

Die vergadering het kennis geneem daarvan dat die besluit moontlike ‘n risiko inhou dat dit in die hof betwis kan word, maar daar is besluit om die risiko te nem omdat die saak vir Wes-en-Suid-Kaapland so belangrik is.

Daar was enkele stemme van teenkanting van die vloer af, maar die vergadering het oorweldigend ten gunste van die voorstel gestem.