Ter agtergrond ‘n akademiese joernaalartikel deur Dr Plaatjies van Huffel, op die oomblik moderator van die VGKSA. Beklemtoning is myne.
Die NG Kerkfamilie behoort op weg na eenwording deeglik kennis te neem van die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl op 27 November 1998. Die volgende regsaspekte kan uit vermelde uitspraak afgelei word (1):
[…]
5. Kerkverband tussen kerke wat nie dieselfde belydenis het nie, of wat dieselfde belydenisskrifte verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseerd is, is nie moontlik nie aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by die kerkverband is. Die belydenisgrondslag van die kerk kan alleen gewysig word mits daar aan die formele kerkordelike vereistes voldoen word.
Plaatjies van Huffel, M.A. & Van der Merwe, J.M., 2012, ‘Die reis met kerkeenwording tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika’, Verbum et Ecclesia 33(1), Art. #724, 7 pages.
En sy sê dit nie omdat dit haar opinie is nie, dit is uit die Hooggeregshof se uitsprake.
Kyk nou wat berig Media 24 vandag: Suid- en Weskaap Sinode gaan die Algemene Sinode versoek dat verskillende sinodes verskillende belydenisgrondslagte moet hê.
Ek sou graag een of ander pittige kommentaar hier wou lewer, maar ek dink nie ek is nou daartoe in staat nie. My verstand duisel by die kloeloosheid van ons leiers.
Beklemtoning is weereens myne.
‘Elke sinode van NGK moet self sê’
‘Dis ’n pynlike geboorteproses’
Deur Nielen de Klerk Vrydag 08 Mei 2015 03:30
Die sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap loop vandag ten einde. Foto: DEON RAATH
Elke sinode moet self besluit oor die belydenisskrifte wat hy deel van sy belydenisgrondslag wil maak.
Dít is een van die versoeke wat die sinode van die NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap in Oktober aan die algemene sinode gaan rig.
Die sinode, wat die afgelope week by die Goudini Spa in Rawsonville sit, het gister bespreek hoe om ruimte te skep vir predikante, lidmate en kerkvergaderings wat die Belydenis van Belhar as belydenisskrif wil aanvaar.
Die sinode het Woensdagaand die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde met ’n tweederdemeerderheid aanvaar.
Dit is egter nie meer moontlik om dié wysiging by die algemene sinode in Oktober te bekragtig nie omdat al tien sinodes dit eers met ’n tweederdemeerderheid moet aanvaar.
Die Wes-Transvaalse sinode kon gister, soos dié van die Noord-Kaap, Vrystaat en Namibië, nie die tweederdemeerderheid behaal nie.
Dr. Quintus Heine, aktuarius van die moderamen, het gesê die sinode van NG Kerk in die Wes- en Suid-Kaap stel hiermee aan die algemene sinode ’n proses voor “dat ons met mekaar in gesprek kan bly”.
Dit was nog nooit maklik om ’n belydenisskrif te aanvaar nie, het ds. Nelis Janse van Rensburg, die nuwe moderator van die sinode, aan die afgevaardigdes gesê. “Die aanvaarding was nog altyd ’n pynlike geboorteproses.”
Hy het gesê die pyn wat daarmee gepaardgaan, is ook ’n aanduiding van “die egtheid” waarmee die NG Kerk dit benader.
Hy het kerkleiers gemaan om hul lidmate se besluite te verstaan en verdraagsaamheid uit te straal.
“Daar is baie van ons lidmate wat die inhoud van hierdie belydenis glo, maar om ’n verskeidenheid van redes nie glo dat dit ’n belydenis moet wees nie. Ons moet nie die lidmate wat sê dat hulle dit nie aanvaar nie, hanteer asof hulle summier daarteen is nie.”
Henrietta Klaasing said:
Ja, die gebeure in die Kaapse kerk laat mens met geen ander gevolgtrekking nie, as dat hulle doelbewus en met mening op skeuring in die NGK.
riaanvzyl said:
Dit is nie nodig om te skeur nie – die VGK het klaar Belhar aanvaar. As almal wat eensgesind met die VGK is hul attestate laat oorplaas na die naaste VGK toe, dan die die probleem mos opgelos! Voila!
hierstaanek said:
Dis reg. Die probleem is wie kry die eiendomme? Die ouens wat loop wil die kerkgeboue en pastoriee saamvat.
riaanvzyl said:
Dit is uitgeklaar in die VGK se hofsake met die NGKA – die wat loop, loop leë hande, tensy die hele gemeente oorgaan, dan neem hulle die eiendom met hulle saam. Ek het geen probleem daarmee nie! 😉
Tommie Smalberger said:
Ek stem saam met Riaan van Zyl: diegene wat in hulle harte voel dat die aanvaarding van Belhar die regte ding is om te doen, moet oorgaan na die VGK. Ek glo egter nie dat daar veel NG lidmate is wat tot hierdie stap sal oorgaan nie maar dit, en dit alleen, sal die ware steun vir Belhar aandui. Daar word nou al vir 30jr en meer oor hierdie onderwerp gepraat en dit maak regtig nie sin om langer daaroor te praat nie.
hierstaanek said:
Mens moet aanneem dat die gemeentes wat vir Belhar gestem het sal stem om na die VGK oor te gaan – maar miskien sal baie van die mense sal dalk nie só ver wil gaan nie.
Hartseer lidmaat said:
Dis kommerwekkend dat n paar leiers hierdie voorstel van skeuring op die tafel sit. Volgens Die Skrif is “skeuring” n ernstige sonde. Wat kan ons as lidmate doen? Wegloop na n ander kerk? Nee. Ons moet bid en veg teen dwaalleer asook skeuring. Miskien moet daar klagtes van skeuring teen hierdie paar mense ingedien word? Dit lyk vir my die “leiers” loop volgens die vlees “carnal.” Lees n bietjie Gal 5:19-20 waar dit duidelik staan dat ons moet bewaak teen hierdie tipe goed.
As hierdie mense sulke sterk oortuigens het laat hulle loop en hul eenheid vind erens anders. Skeuring in die naam van “eenheid” is net n ander naam vir sonde.
hierstaanek said:
Jy is heeltemal reg. Hulle wil skeur in die naam van eenheid. Die ironie is oorweldigend.
Stefaan de Jager said:
As kerkskeuring sou beteken dat dwaalleraars van die kerk sou wegbreek, sou dit `n goeie ding wees. Die kerk sal dan kleiner word, maar dis goed as dit beteken dat die kerk suiwer sou word.
Henrietta Klaasing said:
Ons het ‘n onderwyser gehad wat gereeld vir goeie antwoorde gesê het: “Sit, jou slim kind!” – ek wil dit graag vandag vir jou sê Riaan! Skitter-oplossing – – nou moet ons dit nog net aan die ja-stemmers verkoop!
SomersetMorkel said:
Ek glo nie dat skeuring per se sonde is nie.
God roep juis sy volk uit die hoer uit.
Die hoer is die wat heul met ‘n ander god of gode as die God vd Bybel.
Die liberales in die NGk is dit lankal nie meer eens met die Bybel nie.
Om van hulle weg te stap (skeur, pynlik of nie) sou nie verkeerd wees nie omdat hulle nie meer in die waarheid wandel nie.
Eenheid behou t.w.v. eenheid maar ten koste van waarheid is ‘n groter sonde.
Henrietta Klaasing said:
“…. afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, TWEEDRAG, PARTYSKAP; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat DIE WAT SULKE DINGE DOEN, DIE KONINKRYK VAN GOD NIE SAL BEËRWE NIE. (Gal 5:20-21)
“In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel. Dit is hulle wat SKEURING MAAK, sinnelike mense wat die Gees nie het nie. (Judas 1:18-19)
Somerset (Sommie) Morkel said:
Ek stem saam Henrietta:
Let net op die ‘per se’ wat ek in die sin gese het..
🙂
Henrietta Klaasing said:
So aanvaar Sommie! Jesus het self gesê dat Hy gekom het om verdeeldheid te bring ( Mat 10:34-36) – – maar dit was natuurlik van ‘n heel ander aard.
Henrietta Klaasing said:
Ek wou net uitlig wat volgens die Woord van God die aard van die dwaling is wat sommige van die kerkleiers besig is om te doen.
Henrietta Klaasing said:
In “oorlogtaal” word daar van “collateral damage” gepraat: dit is mense of dinge wat onopsetlik in die spervuur beland. Hier is ‘n “oorlog” aan die gang; die doelwit is om Belhar as vierde belydenisskrif aanvaar te kry, al bars die bottel en al buig die fles. Die nee-stemmers word as “collateral damage” beskou – word hulle langs die pad “verloor” op watter manier ook al, dan is dit maar tot daarnatoe.