Paulus skryf in Romeine 16:
17Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. 18Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense.
Die Noordkaap se spesiale sinode van 2015 het met ‘n amperse 2/3 meerderheid besluit dat die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die kerkorde nie aan die vereistes van ons Gereformeerde tradisie voldoen nie. ‘n Gereformeerde belydenisskrif word ondersteun deur ‘n ondertekeningsformulier, anders is dit nie die papier werd waarop dit gedruk is nie.
http://www.noordkaapland.co.za/wp-content/uploads/2013/07/Jaargang-7-Uitgawe-9-12-Maart-2015.pdf
En dan die sinode se voorstel vir die toekoms:
1. Die sinode herbevestig dat die band met die lede van die NG Kerk familie onvervreembaar vasstaan.
2. Die sinode speek sy dank uit teenoor die familiekerk se verteenwoordigers wat die onderlinge band tussen ons kerk opnuut bekragtig het.
3. Die sinode besluit om die familiekerke te versoek om saam ’n pad te loop waardeur gesamentlik ’n nuwe rigting ontsluit word om uitdrukking aan ons verbondenheid te gee.
4. Die sinode benadruk dat so ’n gesamentlike pad geskied met die behoud van die identiteite van die saamwerkende kerke.
5. Die sinode onderstreep dat die familiekerke deur 6 belydenisskrifte reeds ’n gemeenskaplike platform het om só ’n toekomstige pad te begelei.
6. Die sinode wys daarop dat hierdie nie noodwendig ’n eindpunt vorm nie, maar ons help om ons droom vir groter eenheid te verwesenlik.
Ek wil graag die aandag op die volgende vestig:
Die sinode glo ons moet verenig met ander kerke in die NG Kerk familie. Die leierskap se implisiete beskuldiging dat mense wat teen Belhar stem rassiste is, is dus finaal vals bewys.
“Die debat oor Belhar is ’n emosionele een en nie ’n intellektuele een nie.Ek kry die indruk dat Afrikaner-mense nog nie werklik die verleentheid van apartheid verwerk het nie en al dié emosies is gesimboliseer in dié besluit.”
Ds Nelis Janse van Rensburg, http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-05-ng-kerk-nie-in-doodloopstraat-belharbelydenis-nodiger-as-brood
Tweedens stel die sinode dat ons huidige belydenis voldoende is vir eenheid. Belhar is oorbodig, al verklaar die sinode: “Die sinode aanvaar en respekteer die Belydenis van Belhar as ’n volwaardige belydenisskrif van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.”
Die implikasie van die sinode se besluite is duidelik: Die VGKSA het met hulle aanvaarding van Belhar, die NG Kerk familie verlaat.
Dit impliseer ook dat die VGKSA uitgenooi moet word om hulle verbondenheid met die Gereformeerde geloof te bevestig deur Belhar te laat vaar en die ondertekeningsformulier weereens deel van hulle belydenisgrondslag te maak.
Anders gaan hulle buite staan.
Henrietta Klaasing said:
Wat hier in die Herderlike brief staan, is ‘n riem omder die hart. Mens hoef nie eers tussen die lyne te lees om die opregtheid van al die betrokkens te ervaar nie.
Een van die laaste punte lui so: “Die sinode wys daarop dat hierdie nie noodwendig
’n eindpunt vorm nie, maar ons help om ons droom vir groter eenheid te verwesenlik. ” Mag hierdie droom waar word!
Dawie de Wet said:
Dankie vir hierdie uiteensettling, Wynand. Ek stem saam met jou dat die Noord-Kaap se sinode ‘n duidelike alternatief vir die huidige voorstel op die tafel geplaas het. Na my besoek aan ‘n paar gemeentes in die Vrystaat en Noord-Wes enkele weke gelede, meen ek dat hierdie besluit dis riglyn gaan wees vir daardie sinodes ook. Ek glo van harte dat jou oproep vir eenheid in waarheid duidelik sigbaar gaan word in die volgende paar weke.
dapedu5 said:
Ek is innig dankbaar dat daar ‘n sinode is wat nie op sleeptou geneem is deur die oneerlike propaganda-masjien van die NG Kerk nie
Liza-Nel Hartmann said:
God slaap nie, Sy meule draai stadig maar seker…
Henrietta Klaasing said:
Jesus self het in Mat 17:21 gesê: “….hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.” Ek verwag dat die stryd FEL gaan wees en die bose gaan nie maklik hierdie stryd gewonne gee nie. Wil elkeen wat hier lees, nie saam met my hierdie gebed van Ds. Jan Louw (afgetrede predikant van Secunda en tans in Reitz) bid nie? Dit is in ons boek, “Die Trojaanse perd in die NG Kerk”. (http://www.glodiebybel.co.za/index.php/die-trojaanse-perd-in-die-ngk-m.html )
Barmhartige Vader – Ek dank U, dat U ons kerk vir meer as 350 jaar, aan die Suidpunt van Afrika gebruik het, om die Koninkryk van Christus te bevorder. Ek dank U, dat die NG Kerk vir my ook ‘n geestelike moeder was, waarin ek U kon leer ken en liefkry. Saam met my ander broers en susters, roep ek U aan, om ons kerk in hierdie tyd van die mag van die Bose te bewaar en vir ons kerk ‘n nuwe toekoms te gee.
Gee asb.:
Dat ons kerkleiers met U Gees vervul sal wees, sodat hulle met wysheid, krag, visie en gehoorsaamheid aan U, die leiding sal neem wat in hierdie tyd nodig is.
1. Dat die dosente by ons teologiese fakulteite, die voornemende leraars met wysheid sal onderrig in die waarheid van God, sodat hulle, die boodskap van die kruis, met entoesiasme sal verkondig en in staat sal wees om die gesonde leer te kan onderskei.
2. Dat die opgestane Christus kragtig in elke gemeente teenwoordig sal wees en Homself by elke erediens sal openbaar.
3. Dat die leraars van ons kerk, in die gestalte van Christus, die Kerk en die Koninkryk met ywer sal dien.
4. Dat daar ‘n kragtige getuienis van diens en liefde wêreldwyd, van ons kerk in die algemeen sal uitgaan en dat ons, ons plek met wysheid tussen die ander kerke in ons land sal inneem.
5. Dat die Gees gestaltes van eenheid sal bewerk in die NG Kerk familie, waardeur ons vir mekaar tot seën kan wees.Amen
hierstaanek said:
Henrietta, dankie vir die gebed!
Henrietta Klaasing said:
Nou net op Gary Thompson se FB raakgelees, te goed om hie te deel nie!
“If Christian unity is to mean anything, it must be a unity of faith grounded in the truth. To sacrifice conviction for “peace” is to have no conviction at all.” – R.C. Sproul
Liza-Nel Hartmann said:
R.C. Sproul het ook die volgende gesê: “Christians have often divided over matters not essential to Christian orthodoxy and lobbed charges of heresy at one another. Such actions have created a distaste for theology in the minds of many people, and there is now a tendency to downplay any essential differences within the visible church because of all the vitriol shown over the less important points of doctrine. Let us be passionate for the truth, but let us not divide unless Christian orthodoxy is at stake.”
hierstaanek said:
Waar bevrydingsteologie ter sprake is, is Christelike ortodoksie op die spel!
Henrietta Klaasing said:
Die Vrystaatse Sinode glo hul het Kerkskeuring voorkom:
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-18-kerkskeuring-gekeer