In Kerkbode van 6 Maart 2015 is ‘n verklaring publiseer wat deur 35 pro-Belhar predikante en gemeentelede opgestel is om hulle misnoë uit te spreek teenoor die feit dat Vrystaatse gemeentes die voorgestelde verandering van Artikel 1 met ‘n oorweldigende meerderheid verwerp het.
Die Vrystaatse gemeentes van die NG Kerk het oorweldigend gestem teen die voorgestelde Artikel 1 van die Kerkorde wat ruimte sou maak vir lidmate om die Belydenis van Belhar as belydenisskrif te onderskryf. ’n Groep van 35 Vrystaatse predikante en lidmate wat Belhar wél onderskryf, het die onderstaande verklaring uitgereik. Hulle nooi ander lidmate wat wil, om hulle name by die lys te voeg. Die groep sê: “Op hierdie manier sal ons graag ’n bydrae wil maak wat die kerk, wat onder die regering van Christus staan en deur die Woord e Gees gelei word, dien.”
Kerbode, 6 Maart 2015
Ek versoek graag enigeen wat voel dat hy Belhar Bybels kan regverdig om dit hier in die kommentaar te pos.
Wynand Louw
Henrietta Klaasing said:
Aangehaal uit die stuk:
“53. Ministers of the word, as well as Professors of Theology (which is also fitting for other professors) shall subscribe to the Confession of Faith of the Netherlands churches. Ministers who refuse to do this shall de facto be suspended from their office by the consistory or classis until such time that they give a full explanation of this. If they obstinately persist in refusing, they shall be completely deposed from their office. ”
Daar leer ek ook nou weer iets nuts! Baie dankie vir ‘n puik stuk werk.
Johan Theunissen said:
Dit is hoe dit behoort te werk. Ongelukkig het die kerklike tug (1 Kor 5) en veral die leertug (2 Tim. 3,4) ‘n vloekwoord geword en funksioneer vir alle praktiese doeleindes glad nie meer in die NG Kerk nie.
Johan Theunissen said:
Insiggewend dat die beswaardes, nou dat hulle standpunte deur die meerderheid gemeentes wat reeds gestem het (Oostelike Sinode, Vrystaat Sinode) en ook die Namibiese Sinode na ‘n kerkordelike en demokraties regverdige proses verwerp is, vreeslik kleinserig reageer. In die aanloop tot die hele proses het hulle egter geen probleem daarmee gehad nie. Ook het hulle geen probleem daarmee gehad dat die kerkleiding op ‘n bevooroordeelde en bedenklike wyse die media en die Kerkbode misbruik het om hulle standpunt ten gunste van Belhar te propageer nie.
As hulle enige integriteit het behoort hulle nou die regte ding te doen en die kerk te verlaat en byvoorbeeld by die VGK, wat hulle standpunt oor Belhar deel, aan te sluit. Hulle sal dit egter nie doen nie want hulle ry op die kerk se rug vir die voordeel wat hulle daaruit kry, finansieël en andersins. Dit geld ook diegene wat op Sinodale vlak teen die standpunt van hulle gemeentes stem. Netso geld dit diegene wat die bestaande belydenisskrifte ondermyn deur die maagdelike geboorte, die opstanding, die duiwel as ‘n persoonlike wese, die gesag van die skrif ens. ens. te verwerp. Hulle sal dit egter nie doen nie en steeds aanhou om die res van die kerk te frustreer soos blyk uit bogenoemde 35 predikante se verklaring in kerkbode en ook Nelus Niemandt se uitspraak in beeld na afloop van die Namibiese Sinode se stemming. Nelus Niemandt is volgens Beeld baie beswaard en het na die stemming, op die sinode gesê dat daar 57 teleugestelde mense is wat vra hoekom julle nie vir ons ruimte geskep het nie. Niemandt sê dit het al vantevore gebeur dat ‘n 2/3 meerdeheid nie behaal is nie, maar dan word daar later weer gestem. Hy sê verder volgens Beeld: “‘n Mens sal presies moet verstaan hoekom mense nie daai ruimte wou gee nie. ‘n Klein getal mense het die vermoë om ‘n groot klomp mense se wense teen te staan”. Ontdanks die terugsslag is dit vir hom duidelik dat daar baie mense is wat die belydenis goedgesind is en diè positiwiteit moet volgens Niemandt gekanaliseer word. So eintlik sê hy dat al het die kerk na ‘n wettige kerkordelike proses Belhar afgekeur as belydenisskrif, die liberaliste in die kerk nie nee as ‘n antwoord sal aanvaar nie maar sal voortgaan en later weer sal probeer om ‘n stemming daaroor te laat plaasvind. Ds. Pine Pienaar, moderator van die NG Kerk in Namibië, het gesê ‘n vergadering sal gehou word waarin diegene wat nee gestem het, ‘n verduideliking moet gee. Hy sê: “Ons kan nie dit wat ons oor soveel jare gewen het, laat skade ly weens misverstande met die stemming nie”
Belhar is saam met al die bogemelde sake maar net die simptome van ‘n diep verdeelde teologie en skrifbeskouing binne die NG Kerk. Miskien het die tyd juis nou aangebreek dat ‘n skeuring in die kerk maar moet plaasvind terwille van die waarheid en sodat die kerk gesuiwer kan word van die leuens en dwaalleer wat al geruime tyd binne haar woed.
Dit is harde woorde en baie hartseer dat ons kerk op so ‘n punt gekom het maar in die verlede het dit ook dikwels gebeur dat die kerk van Christus moes nee sê vir die wat nie nee wou aanvaar nie, terwille daarvan om eerder aan God en sy Woord as aan mense gehoorsaam te wees.
hierstaanek said:
UItstekende opmerkings Johan.
Predikante wat die maagdelike geboorte en die bestaan van die duiwel ontken pleeg kontrakbedrog. Hulle is bedrieërs. En die sinodebesltuite vna 2011 en 2013 oor die bestaan van die duiwel is onkerkordelik en ongeldig omdat dit ons belydenisskrifte weerspreek.
Ek bid dat dié mense tot inkeer kom!
Liza-Nel Hartmann said:
Pine Pienaar sê “Ons kan nie dit wat ons oor soveel jare gewen het, laat skade ly weens misverstande met die stemming nie”
Nie volgens ‘n brief van ouderling J.A. Rossouw wat in vanoggend se Republikein (ons plaaslike dagblad) onder die opskrif “Nee-stem is al agt jaar oud” verskyn het nie.
Ek haal aan uit die betrokke brief: “Op 17 Mei 2006 is ‘n dokument aan al die gemeentes en predikante gestuur om die resultate van die verwerking van die gespreksdokument oor kerkhereniging bekend te maak. slegs 48,8% van die NG-gemeentes het op die vrae in die gespreksdokument gereageer. Dit beteken dat 51,2% nie gereageer het nie.Geen redes is verskaf waarom nie op die Sinode se opdrag gereageer is nie.
Die terugvoering is egter aanvaar en verwerk. Die reaksie oor die aanvaarbaarheid van Belhar as belydenisskrif was duidelik: Ek haal aan: “Belhar as belydenisskrif; 10% is te vinde daarvoor, terwyl 62% nie daarvoor kans sien nie.” Dit beteken 10% van 48,8% van die lidmate wat op die gespreksdokument gereageer het, dus 4,88% van volwasse NG lidmate.”
Hy sluit sy brief af deur te vra “Waarom aanvaar die NGKN-leierskap nie die uitslag van 2006 nie?”
Die meerderheid Namibiese NG gemeentes (blykbaar 26 uit die 44 gemeentes) het in elk geval nee gestem . Dis die oorwig van lidmaatgetalle in die groter gemeentes, veral hier in Windhoek, wat gesorg het vir die amperse gelykoptelling.
Henrietta Klaasing said:
Baie dankie vir hierdie inligting Liza – dit maak die “verraad” van die huidige leiers soveel groter.
Piet van Tonder said:
Dit is interessant dat die 35 pro-Belher ondertekenaars die volgende te se het……ons kan nie die NG Kerk as ons geestelike tuiste verlaat nie……… Feit is dat hulle dit reeds lankal verlaat het toe hulle begin het om n dwaalleer aan te hang. Vraag is dus nou hoekom hulle dan nou nog half tuis voel in die NG Kerk. Miskien die voordele om finansieel geborge te wees . Hierdie is mos die ideale geleentheid om te bewys hoe sterk God se ondersteuning is vir die hulpbehoewende en armlastige. Geloof so groot soos n mostert saad sal hulle deurtrek.
Waarvoor ek wel moeg is , is om uitgemaak te word as oningelig en agter die klip. Elke keer dan kom so n klein bende bymekaar en dan stel hulle die saak darem duidelik aan die teenstaanders. Elke keer word dit gedoen vanuit die institusionele “gesag” wat beklee word ,maar nooit as gesalfdes van die Kerk van Christus nie.Let op. Nie gesalfdes van die NG Kerk nie , maar gesalfdes van die Kerk van Christus
Kobus vd Merwe said:
Piet jy noem “… Feit is dat hulle dit reeds lankal verlaat het toe hulle begin het om n dwaalleer aan te hang. Vraag is dus nou hoekom hulle dan nou nog half tuis voel in die NG Kerk. Miskien die voordele om finansieel geborge te wees .”
Vir daardie “verligtes” om aan hierdie “minderes” (of soos jy se “agter die klip”) soos ons voor te skryf, wil blyk ‘n poging te wees om die NG kerk van binne te verander, anders sal hulle geloofsoortuiging juis maak dat hulle niks met die kerk wil doen nie.
Soos jy se, is hulle nie besig om die fondamente waarop die kerk gebou is te probeer versterk nie, maar om dit aan te val.
Ek is oortuig daarvan dat die aanvalle van binne die kerk die doel het om gelowiges weg te rokkel om deel te word van die wereld. Dit is mos gewoontlik makliker om ‘n boot van binne te stuur as met ‘n sleepboot van buite.
Vanuit ‘n NG kerk perspektief is dit sekerlik nie moontlik om ‘n geredde sondaar te “ontred” nie, maar sal daardie “gesaghebbendes” of “opperbevel” alles doen om die gereddes aan te val.
Dit is hoekom ek dink hulle nie in die NG kerk bly om “voordele” te trek nie, maar om ‘n vernietigingswerk voort te sit.
Ek is net baie verbaas dat die stemme wat absoluut vir Belhar is, so laag tel (Liza-Nel : Namibie 4,88%).
Wat blyk wel “verwag” te word, is die telling van 28% wat dit aanhang op ‘n manier.
Feitlik ‘n derde van die kerk reken die fondamented kan opgelig word om vervang te word met teenstrydighede.
Dit blyk ‘n stryd te wees teen die “opperbevel” en die geredde sondaar.
Die storie is eintlik al lankal geskryf, en wanneer ‘n ou die einde van die storie lees, is dit dalk nie so moeilik om te aanvaar dat die “opperbevel” dinge moeilik sal maak, maar nie sal oorwin nie.
Die riem onder die hart bly die onophoudelike geveg teen die “opperbevel”.
Henrietta Klaasing said:
Johan jy verwoord op klinkklare wyse presies wat ek te bang was om te sê/ skryf. Onder andere dat hulle, anders as wat in hul dokumente gevra word, al die pad partydig is ( want ‘n mens DURF mos nie SO oor jou leiers te dink nie??). ‘n Mens is dankbaar om te hoor dat ander ook dieselfde dinge as jy raaksien.
Henrietta Klaasing said:
Uit die Dokumentebundel wat aan alle Gemeentes gestuur is:
3.6 Die voorstel wil op geen wyse lidmate, ampsdraers en kerkvergaderinge tot ‘n bepaalde standpunt oor Belhar, hetsy ten gunste daarvan of daarteen, dwing nie (die keuse daaroor geskied na eie oortuiging en in vryheid).
Henrietta Klaasing said:
Die vloed van stemme wat die waarheid oor Belhar ontbloot, word stadig maar seker ‘n tsoenami – g’n wonder die leierskap gryp na strooihalms nie!
In van dag se Rapport ( hier geplaas vir die wat hul kwotas bereik het):
Belhar stok om kerk te slaan
Saterdag 07 Maart 2015 22:30
In Kerkbode van 5 Februarie antwoord dr. Braam Hanekom, moderator van die Wes-Kaapse Sinode, op ds. Theo Danzfuss se kritiek op Belhar.
Daarop kan die volgende gesê word: Daar kan verklaar word dat Belhar raak-raak aan die bevrydingsteologie en nie gereformeerde teologie is nie, ondanks Hanekom se stelling dat twee “soliede gereformeerde teoloë, Dirkie Smit en Jaap Durand, reuse-bydraes tot die formulering van Belhar gelewer het”.
Prof. Ben Engelbrecht sê die bevrydingsteologie is een wat “politieke en maatskaplike verandering nie slegs sien as ’n implikasie van die Christelike evangelie en geloof nie, maar as die eintlike en wesenlike inhoud daarvan”. Geld dit nie vir Belhar nie?
Hanekom sê Boesak se rol is ’n “dun konneksie” en dat dit “ ’n valse persepsie skep”.
Dis van alle waarheid ontbloot. Kyk net na wyle prof. Russel Botman se toespraak aan sinodegangers van die Reformed Church of America op 10 Junie 2007. Daarin word Boesak se rol volledig uitgespel.
Belhar is in sy wese ’n stok om die NG Kerk mee te slaan vanweë sy “pseudo-religieuse teologie” van apartheid, soos dr. Boesak dit genoem het.
Pieter Hurter
Hermanus
Henrietta Klaasing said:
Pieter Hurter se verwysing na die rol van Boesak in die opstel van Belhar kan onder andere ook hier gelees word:
http://www.sahistory.org.za/people/russel-botman
“He ( Russel Botman) was detained, along with many others, at Victor Verster Prison during the 1985 State of Emergency. A year later Botman as well as Rev Allan Boesak and others formulated The Confession of Belhar, a Christian statement of faith.”
Henrietta Klaasing said:
Nog ‘n bewys van Boesak se noue verbintenis ( lees die heel eerste sin) met Belhar – hierdie berig gaan oor gebeure laat verlede jaar by die Presbiteriaanse Kerke in die VSA:
http://www.pcusa.org/news/2014/9/5/allan-boesak-headlines-one-day-conference-belhar-c/
Henrietta Klaasing said:
Uit die berig by die skakel van my vorige plasing:
“The conference is also especially timely as presbyteries begin the process of voting on the actions of the 221st General Assembly (2014), including a proposed constitutional amendment that would add the Belhar Confession to the Presbyterian Church (U.S.A.)’s Book of Confessions .”
Anneke said:
Ek is dit met Wynand Louw eens. Die BB kan nie ‘n vierde belydenisskrif word nie. Dit spreek eintlik net een huidige sosiale aspek aan nl. armoede en onderdrukking wat tans deur ‘n deel van die bevolking ervaar word. Dit is hierdie gedeelte van BB wat meestal die gesprekke domineer. Die res, met al die Bybeltekste daarby, word reeds vervat in ons staande belydenisskrifte, hoekom dit dus net weer herhaal in ‘n nuwe belydenisskrif twv die een aspek, wat eintlik maar spruit uit die apartheidsfoute wat gemaak is en waarvoor die die NG kerk lyk dit my net nie genoeg om verskoning kan vra nie. Ons het mos nou al genoeg vergifnis gevra. God is tog die God van ALLE mense en die totale skepping, waarom moet een dus dmv ‘n belydenisskrif uitgesonder word. Die NG Kerk kan tog nie mense ruimte gee om self te besluit of hulle dit wil aanvaar of nie. Dan is dit mos nie meer ‘n belydenisskrif nie. “n Belydenis word mos juis die getuienis van ‘n kerk wat deur ALMAL onderskryf word. Indien jy nie daarmee saamstem (dit bely) nie, moet jy mos na ‘n ander kerk gaan soek wat in ooreenstemming met jou oortuiging is. As hierdie “self besluit” eers een keer moontlik is, wat is volgende – die doop, nagmaal, aborsie ens ens? Dan is daar geen keer meer aan nie en verval die hele kerk in ‘n babelse saamstaan van mense en nie meer van gelowiges wat oortuig is van die Bybel as enigste maatstaf nie, naamlik UIT GENADE ALLEEN – ongeag jou velkelur, taal, kultuur, rykdom, armoede of watter onderskeiding ook al.
Piet van Tonder said:
Ek soek hulp asseblief.
Ek is nie deel van enige struktuur binne die kerk nie , maar stel ook glad nie belang om daarin betrokke te raak nie. Vandaar dan ook my onkunde.
Hoe en op watter manier word die leierskap van die NGK daargestel of dan eintlik enige sogenaamde gereformeerde leierskap?
Dit is baie duidelik dat hierdie bestuur nie in voeling is met dit wat op die vloer aan die gang is nie of dan nie verwoord wat die meerderheid van lede van die gemeenskap sou wou sien as die rigting om in te beweeg nie.
Daar is duidelik n ander agenda.
Die vraag is hoe word van die bende ontslae geraak?
Miskien het dit tyd geword dat die tempel skoongemaak word!
Hoe word dit gedoen? Stuur my n “link” of die naam van n geskrif of n wat ookal sodat ek kan verstaan hoe steek die spul in mekaar.
Dankie by voorbaat.
hierstaanek said:
Hallo Piet
Daar is later vanjaar weer ‘n Algemene Sinode waarop nuwe ampsdraers gekies sal word. Dit is natuurlik moontlik dat die huidige bende herkies kan word. As jy nie wil hê dat dit moet gebeur nie, maak dan seker jou ringsverteenwoordiger op die sinode stem vir die regte persone!
Pingback: Weerstaan Belhar = Weerstaan die Heilige Gees. Aldus Prof Nelus Niemandt | hier staan ek