Hier is ‘n artikel van Ds Petrus Kriel van Levubu. ‘n Vars bries van goeie Bybeluitleg! Die “Armes” in Lukas 6 is die “Armes van gees” van Mattheus 5. Dus verwys “armes” in die Bybel na God se verbondsgemeenskap.
Let ook op dat hy die sonde van Belhar tereg gelykstel aan die sonde van Apartheid: Om God te identifiseer met ‘n spesifieke polities-maatskaplike groep. Apartheid het beweer “God is op besonderse wyse die God van die Afrikaners.” Belhar beweer “God is op besonderse wyse die God van die armes, noodlydendes en verontregtes.” Daar is in beginsel geen verskil tussen die twee nie.
Henrietta Klaasing said:
Skitterende stuk wat getuig van diep, ernstige nadenke. Dit is hoe ons Ds Kriel deur die jare leer ken het. Lees ook hierdie brief van Prof Johan Janse van Rensburg oor Belhar:
http://www.netwerk24.com/stemme/2014-11-27-meer-van-belhar-as-van-bybel-verwag
Dirk Kleinschmidt said:
Dit is vir my verstommend dat ons so kan hare kloof oor iets soos Belhar. Hoekom bestee ons nie ons beperkte tyd op aarde aan die sake wat regtig saak maak nie. Gaan die aanvaarding van of die verwerping van Belhare , bepalend wees vir ons saligheid.? As ons waarlik broers en susters in Jesus is, is Belhar, taal , kleur of kultuur nie ‘n faktor nie. As ons broers en susters in Jesus is, is dieselfde henel ons tuiste ! Laat ons tyd spandeer om eenheid in Jesus te vind en nie in kerkstrukture nie !
hierstaanek said:
Hi Dirk
Daar is dinge wat nie belangrik is nie en daar is dinge wat belangrik is. Jesus sê dwaalleraars is wolwe in skaapsklere wat die kudde verskeur. Paulus sê dat ons in Christus en in Waarheid een is. Indien die mens se sosiopolitieke klas grond vir God se guns is bestaan die evangelie van Genade Alleen eenvoudig nie.
Belhar se Artikel 4 ruk die hart uit die evangelie. Ek sou sê dit maak saak.
Henrietta Klaasing said:
Die gesegde “dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel” het sy oorsprong in die Bybel: Hooglied 2:15 : “Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”
Jesus praat selfs oor die belangrikheid van “jota’s” en “titteltjies” (soos die strepie deur die “t” en die kolletjie op die “i” en ander leestekens) in Mat 5:18: “Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.”
En verder: Om die minste van die gebooie te verbreek, het implikasies:
Mat 5:19: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”