Stem Belhar ooreen met die Woord van God?
Hierdie is ‘n vinnige teologiese kritiek op Belhar se vierde artikel wat beweer God is op ‘n besonderse wyse die God van die armes, noodlydendes en die onderdruktes.
1) God het interaksie met die totaal verdorwe mensdom op 2 wyses
a) Sy voorsienigheid of die algemene genade. Alle mense word sonder uitsondering ingesluit in die voorsienigheid / algemene genade. (Heidelbergse Kategismus vraag 27 en 28, Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 13)
b) Sy uitverkiesing / verbond of die besonderse genade. God se uitverkiesing/ verbond/ besonderse genade word slegs aan die gegee waarop hy voor die grondlegging van die wêreld besluit het: Gegrond op sy onkenbare raadsplan en uitgevoer in Jesus se kruisdood. (NGB Artikel 16, Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1)
Beide hierdie verhoudings tussen God en die mensdom word baie duidelik in die Drie Formuliere uiteengesit en deeglik tekstueel begrond.
Let spesifiek op na DL hoofstuk 1:9. “Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie.”
2) Belhar skep ‘n derde verhouding tussen God en mens, gegrond op die mens se sosiopolitieke status, of soos die Sinode van Dortrecht sou sê “op grond van ‘n ander geskikdheid” van die mens. Hierdie derde verhouding tussen God en die mensdom is onbekend aan die Drie Formuliere, en aan die Bybel.
- Volgens Belhar is God se besonderse verhouding met armes, noodlydendes en onderdruktes MEER as sy voorsienigheid / algemene genade.
- Volgens Belhar is God se besonderse verhouding met die armes, noodlydendes en onderdruktes BUITE OM sy uitverkiesing / verbond / besonderse genade.
Hieruit is dit duidelik dat Artikel 4 van Belhar Bybels en evangelies onregverdigbaar is.
3) Artikel 4 se bewystekste word buite konteks van die res van die Bybel uitgelê en is dus gegrond op foutiewe hermeneutiek. Belhar se hermeneutiese sleutel is Gutierrez, Bonino en Cone se bevrydingsteologie wat onomwonde verklaar dat God aan die kant van die armes, noodlydendes en onderdruktes is. Die bewyse daarvoor is beskikbaar.
a) Tekste wat verwys na God se weerstand teen die rykes en ondersteuning van armes word doelbewus té letterlik (literalisties) uitgelê. Die beginsel dat die Bybel self die Bybel moet verklaar word totaal ignoreer.
As Lukas praat van ‘armes” in Lukas 6 moet ons dit dus sien in die lig van die parallelle teks in Mattheus 5 se “armes van gees:” Mense wat weet hoe afhanklik hulle van God is. As Lukas praat van rykes moet ons dit sien as die teenoorgestelde van die armes van gees: Dus mense wat hulle self onafhanklik van God verklaar. Mense wat glo hulle kan onafhanklik van God selfgenoegsaam wees. Dit is belangrik om te noem dat geldelik arm en arm van gees dikwels gepaard gaan met mekaar (omdat armoede jou geen ander opsie gee as om op God te vertrou nie) en dat ryk en selfgenoegsaam ook dikwels saamgaan – daarom is ‘n gekwalifiseerde letterlike interpretasie van die teks reg.
God is dus aan die kant van die armes in soverre hulle “arm van gees” – van Hom afhanklik – is. En ons weet dat slegs wedergebore sondaars (dus die uitverkorenes) hulle self afhanklik van God verklaar. Die res van die mensdom is in rebellie teen God.
Hy is teen rykes in soverre hulle selfgenoegsaam en in rebellie teen Hom is. Hy is ook teen onderdrukkers, omdat politieke onderdrukking van die medemens die wet van die liefde verbreek en sonde is. “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet.”
Dit is ook duidelik dat finansieel arm mense “ryk van gees” kan wees en hulleself onafhanklik van God verklaar en dat ryk mense steeds in absolute afhanklikheid van God kan leef. Ek bring graag vir Dawid en sy seun Salomo as bewysstuk 1 en 2. Dit is ook duidelik dat armes onderdrukkers kan wees.
Belhar interpreteer die teks egter meer as letterlik – dit interpreteer die teks literalisties deur die betekenis van “arm van gees” te ignoreer. ‘n Literalisitese interpretasie ontken by voorbaat dat ‘n teks meer as een vlak van betekenis kan hê. ‘n Vergelykende voorbeeld van literalistiese teksuitleg sou wees om Jesus se uitspraak “Ek is die deur” te verklaar as dat Jesus sou bedoel hy is ‘n plank wat ‘n gat in die muur toemaak.
Hierdie teksuitleg van die betrokke tekste oor armes en rykes pas een honderd persent in met Gutierrez en Bonino se Marxistiese hermeneutiek.
Hierdie selfde beginsel geld vir die lofsang van Maria in Lukas.
b) Daar word ‘n onlogiese sprong gemaak van God se opdrag om regverdig, in geregtigheid en in liefde op te tree teenoor die armes, noodlydendes en onderdruktes (Bv Psalm 82) na die gevolgtrekking dat God daarom in ‘n spesiale verhouding met hulle staan.
Die feit dat God gelowiges opdrag gee om liefde uit te leef teenoor armes beteken nie dat Hy in ‘n spesiale verhouding met armes staan nie.
Dit volg eenvoudig nie en is ‘n logiese denkfout.
Dit is uiters maklik om te bewys: Jesus en Paulus sê die Jode en Christene moet hulle vyande lief he. Jesus praat spesifiek van twee vyande.
Eerstens die “Collaborators” (Hansromeine): Jode wat met die Romeine saamwerk. Spesifiek die tollenaars: “As iemand jou bokleed eis” is duidelik ‘n verwysing na belastinggaarders.
En tweedens die Onderdrukkers self: “As iemand eis dat jy ‘n myl loop” is ‘n duidelike verwysing van die Romeinse wet van “millia passuum” waarvolgens ‘n legionaris ‘n Jood kon dwing om sy pak ‘n duisend treë te dra. Kyk wat sê Wikipedia oor hierdie teks in Mathheus 5:
The word here translated as compel, angareuo, is a Persian loan word that is a technical term for the Roman practice of requisitioning local goods or labour.[1] Schweizer notes that it specifically refers to the power of the Romans to demand that a local serve as a guide or porter. Later at Matthew 27:32 Simon of Cyrene will be forced by such rules to carry Jesus’ cross, the only other time in the New Testament the word translated as compel is used.[2] The Zealots loathed this practice, and their refusal to participate in such tasks was an important part of their philosophy and a cause of the Great Jewish Revolt. According to France, these commands would have shocked the Jewish audience as Jesus’ response to the Roman occupation was starkly different from the other Jewish activists of the period.[3] Jesus says nothing about the propriety of such demands, Schweizer notes that Jesus simply accepts it as fact. Thomas Aquinas wrote that this verse implies that it is reasonable to follow laws that are unjust, but argued that laws that are unconscionable must not be obeyed.[4]
The word here translated as mile refers to the Roman definition of 1000 paces, slightly shorter than a modern mile.[5] The mile was a specifically Roman unit of measure, locally the stadion was used to measure length. Miles would only have been used by the imperial government and the local occupying forces, which further links this verse with imperial repression.[6] This verse is the origin of the English phrase “going the extra mile,” which means to do more than is needed.
Geen ander wet was meer vernederend vir die Jode as belasting en die duisend-tree wet nie.
Indien God op ‘n besonderse wyse die God van die armes is omdat ons beveel word om in liefde teenoor hulle te leef, moet ons dan noodgedwonge volgens dieselfde redenasie verklaar dat God op ‘n besonderse wyse die God van die onderdrukkers is. Ons moet hulle tog sonder voorbehoud lief hê soos die armes!
4) Die teologiese gevolge van Artikel 4 vir die evangelie van verlossing uit Genade Alleen
Indien die mens se sosiopolitieke status grond is vir God se guns aan die mens bestaan die evangelie van verlossing deur genade alleen eenvoudig nie.
Die feit dat Belhar beweer dat God se guns ook gegrond mag word op ‘n mens se sosiopolitieke klas in plaas van Genade Alleen is dus nie net verkeerd nie, dit is anti-evangelies en boos.
Henrietta Klaasing said:
Baie dankie hiervoor. Die 2011 sinode het blykbaar ‘n opdrag gegee dat die teologiese inhoud geëvalueer moes word maar dit is nie uitgevoer nie – ‘n mens wonder waarom nie?
In die nuutste Kerkbode op p 4 onder die opskrif “KZN laat sy gemeentes eerste stem” staan die volgende:
“Prof Nelus Niemandt, moderator van die Algemene Sinode, het in sy groete- boodskap onder meer daarop gewys dat die Belydenis van Belhar volgens die kerkverband teologies in orde is. Verskillende sinodebesluite het dit al bevestig.”
Verstaan ek hierdie 2 sinne reg: Is dit volgens prof Niemandt “teologies in orde” NIE omdat die Skrif so sê nie, maar omdat sinodebesluite dit bevestig het?
Nico van Niekerk said:
Thank you for a very eloquent explanation of the Reformed Doctrine.
The root causes of efforts by people, such as Prof. Niemandt, who are endlessly trying to remake that Doctrine to become a self-praise doctrine, are not only found in the religious realm; it merely manifests itself there as well. They lie deeper than that as I explain in my book The Immensa Hypothesis (http://immensapublishing.com), which is cast as a political novel; however, it nevertheless addresses the religious role in the parallel that I draw between the American colonists and the European forefathers of the Boers.
The root cause that I refer to above was the reason the American colonists felt no pang to their conscience importing slavery — the only manner in which labor could be obtained in the world economy of the time — into America, while the Boers never practiced slavery, per se, even though they, too, had to buy their labor.
The evidence that the Boers never practiced slavery is found in the church records of the 1600’s where “former slaves”, or “baptized slaves” were witnesses to the baptisms of their children. It would be incomprehensible for Christians to have non-believers act as witnesses to the baptism of their children, but the early immigrants in the Cape had no problem recording that believers, regardless of race, stand side-by-side with them as brothers and sisters in Christ.
Liberation theologians are incapable of surrendering their underlying sense of a Royal Prerogative of Perfection, which monarchs claim, making them in their minds accountable to God alone and, by virtue of the power of their offices, can unbind any law that constrains them in any manner. They abuse the two existences proclaimed in the Bible, the one here and the one after death, by insisting that they believe in the latter to excuse them from their actions in the former.
The love the Bible proclaims dismantles and erodes any sense of a Royal Prerogative making the Bible an adversary to unbelievers, uninformed, pastors and professors who harbor in their hearts a perceived heritage of sovereignty. As this article clearly demonstrates and proves at the hand of Scripture, believers cannot be true believers unless they humble and deny themselves and show love to the poor and others as a demonstration of their gratitude for the merits that the blood of Christ, out of the pure mercy of God, bestowed upon them.
That is a bridge that totalitarians are unable to cross, which resulted in the slaughtering of hundreds of millions of their own people, even as religious leaders.
Thank you for fighting the good fight. We remain in prayer that the truth would prevail.
Liza-Nel said:
‘n Uittreksel uit ‘n stuk geskryf deur John W. Cooper, professor in Filosofiese Teologie aan die Calvin Theological Seminary, oor die tekortkominge van Belhar as belydenisskrif:
[…]
The Belhar Confession is Doctrinally Ambiguous
But its brevity and narrow focus lead to another serious deficiency: lack of doctrinal clarity.
Historically, creeds and confessions are supposed to define what the church teaches on important matters and to clarify what is ambiguous or disputed.
But because BC does not present the Gospel or a summary of the faith, it
is ambiguous. It elicits but does not address questions about a number of
important doctrines which it assumes or mentions.
These doctrines are understood in diverse and conflicting ways in current
ecumenical Christianity. In fact when BC is taken on its own as a self – standing document (i.e. as a doctrinal standard should be able to do), it reads more like progressive post – Enlightenment than historic Reformed Christianity.
The list of doctrinal issues includes the nature of sin and alienation from God
(individual and spiritual or basically social?), the person and work of Jesus Christ as the mediator of salvation (not addressed), the basic content of the
Gospel (substitutionary atonement, regeneration, justification, forgiveness,
and eternal life are not addressed), the goal of salvation (more than ommunity in this world?), the nature of true faith (more than trust and commitment
for justice and reconciliation?), and the distinction and relation between the following: God’s elect people and human society, saving grace and common grace, reconciliation to God and reconciliation among humans, justification and justice, life in this world and eternal life, and the kingdom of darkness and the kingdom of Christ. These doctrines are not peripheral matters.
[…]
hierstaanek said:
Dankie vir die skakel, Liza. Ek beplan binnekort ‘n blogpos oor hierdie onderwerp. Bedoel Belhar wat dit sê? Naiewe teoloë in die NG Kerk het dikwels in die verlede gehoop dit bedoel nie wat dit sê nie.
Belhar is nie dubbelsinnig in sy ondersteuning van bevrydingsteologie nie – die NG Kerk was in die verlede net te naief om dit te aanvaar.
jacosteyn2013 said:
In my nuutste artikel (http://jacosteynblog.wordpress.com/2014/11/19/afrikaanse-kerkleiers-se-versuim-om-hul-lidmate-behoorlik-in-te-lig) fokus ek op die dekadelange invloed wat veral Afrikaanse predikante en kerkleiers op die denke van Afrikaansprekende Christene gehad het. Hul versuim om hul lidmate behoorlik in te lig aangaande (1) die hoogs waarskynlike toekomstige gevare wat die gebruikmaking van “goedkoop” nie-blanke arbeid vir hulle nageslag sou inhou; (2) geldige redes waarom Apartheid immoreel of “onbybels” was en (3) die oorweldigende nadelige invloede van multinasionale maatskappye, het indirek gelei tot die hedendaagse verdeeldheid onder Afrikaanse mense en hul onwilligheid om hul kultuur en tradisies te beskerm en doeltreffend weerstand te bied teen die toenemende verval, geweldsmisdade en korrupsie.
Ek verwys as volg na die Belydenis van Belhar in my artikel: “Sommige ‘polities-linksgesinde’ kerkleiers en teoloë het besef dat Groot Apartheid (die volledige geografiese skeiding tussen bevolkingsgroepe) nié teenstrydig is met enige van die drie ekumeniese of ‘Drie Formuliere van Eenheid’ geloofsbelydenisse van die driesuster kerke nie. Daarom is besluit om ‘n bykomende geloofsbelydenis, nl. die Belydenis van Belhar, op te stel. Die Belydenis van Belhar het veral betrekking op die verhoudings tussen bevolkingsgroepe en daarom verpolitiseer dit op ‘n manier die ‘evangeliese boodskap’ van Protestantisme. Hedendaagse pogings om hierdie belydenis meer aanvaarbaar te maak binne die tradisioneel ‘blanke’ NG Kerk, kan heel waarskynlik lei tot ‘n verdere uittog en vervreemding van baie blanke lidmate.”
Pingback: Wes en Suidkaapse moderatuur probeer Belhar vure doodslaan met epos. Hierstaanek se antwoord. | hier staan ek
Henrietta Klaasing said:
“‘n Huwelik met Belhar is die begrafnis van Dordt” – uit die volgende stuk:
http://proregno.com/2014/11/11/dordt-nuus-nov-2014-1-dordt-en-belhar-onversoenbaar-2-die-klein-mens-en-die-groot-amp/
Henrietta Klaasing said:
Nog iemand wat soos jy dink, Wynand! Geskryf deur Ds Petrus Kriel
Kerkraad van Levubu & Ring van Louis Trichardt sê NEE! http://debat.maroelamedia.co.za/2014/11/26/die-belhar-debat-god-dieselfde-god-vir-ryk-en-arm-verontregtes-en-bevoorregtes/