Ds Danzfuss is aktuarius (Kerkregkenner) van die Sinode Hoëveld.
Hy het die volgende reaksie op Prof Niemandt se regstelling van die wanvoorsellng in die pers uitgereik:
Dankie vir die gedeeltelike regstelling, maar die vraag bly steeds: Is Beeld dan regtig so ‘n onbetroubare koerant dat Beeld so ver sou gaan om vir prof Nelus in direkte aanhalingstekens valslik te kwoteer? Hier word nie gesê wie se fout dit was nie.
♦ Indien dit Beeld se fout was behoort Nelus en die ASM daarop aan te dring dat die saak in die Beeld reggestel word. Al die duisende mense wat Beeld lees, lees tog nie die kerk se Facebook nie.
♦ Indien die Beeld vir Nelus wel reg aangehaal het, behoort hy openlik in die Beeld verskoning te vra vir dit wat hy gesê het.
Ek en baie ander lidmate was hoogs ontsteld toe ons die berig gelees het. Hierby aangeheg is my antwoord wat ek daarop ingestuur het, maar soos ons reeds jare lank gewoond is, plaas die media nie maklik briewe of artikels wat nie pro-Belhar is nie.
Groete
Theo Danzfuss
En hier is die brief waarna hy verwys:
BELHAR AANVAAR?… ’N INFAME ONWAARHEID!
In Beeld van 6 November 2014 word prof. Nelus Niemandt soos volg aangehaal: “Lidmate moet onthou dat die NG Kerk reeds die Belydenis van Belhar aanvaar het.” En bietjie verder weer: “Maar die NG Kerk het die belydenis dan reeds aanvaar. Hoekom het daardie mense nie toe al uitgeloop nie?”
Juis omdat daar uiteenlopende vertolkings was van die Algemene sinode 2011 se besluit oor Belhar, het die Algemene sinode in 2013 die vertolking onderskryf dat daardie besluit slegs vertolk moet word as ‘n voorneme (voorneme word op die AS se webwerf in vet letters gedruk)! Die besluit om Behar belydenis te aanvaar kan die Algemene Sinode eers neem nadat die volle stemprosedures deur al die gemeentes en sinodes gevolg is, en dan ook slegs indien al die vereiste tweederde meerderhede verkry is. Om nou te sê: “Lidmate moet onthou dat die NG Kerk reeds die Belydenis van Belhar aanvaar het” is ’n totale wanvoorstelling.
Wat is dan die sin om ons lidmate en kerkrade en sinodes nog te laat stem?
Die artikel is verder nog in verskeie ander opsigte ontstellend: Die ASM se uitdruklike
versoek om die gesprek binne die kerk, weg van die openbare media af te hou, geld blykbaar slegs vir lidmate wat teen die aanvaarding van Belhar is. Die bewering “dat lidmate nie die belydenis se teologiese integriteit bevraagteken nie” laat mens fluit van verbasing. Kan ’n mens regtig nog so uit voeling wees met die werklikheid? Daar is tog talle boeke en artikels deur leraars en lidmate gepubliseer wat ernstig beswaar maak juis teen Belhar se teologiese bedenklikheid. Hoewel die sinode se bronnelys en “gereedskapkis” baie eensydig pro-Belhar is, bestaan daar baie dokumente wat die teologiese dwalinge van Belhar aantoon. Voorbeelde hiervan kan gevind word by webwerwe soos http://www.glodiebybel.co.za In genoemde artikel word ook gespog dat die Oostelike sinode met 73% ten gunste van die wysiging van ons belydenisgrondslag gestem het, maar daar word verswyg dat die gemeentes van dieselfde Oostelike sinode met ’n baie groot meerderheid daarteen gestem het. Sulke eensydige en propagandistiese informasie bevorder beslis nie die deursigtigheid of die geloofwaardigheid van die stemproses nie.
Theo Danzfuss.
Henrietta Klaasing said:
Ja inderdaad: ek is een van die hoogs ontstelde lidmate. Indien die fout by Beeld lê, moet Beeld / Netwerk24 verskoning vra of anders moet Prof Niemandt in Beeld en die ander koerante om verskoning vra. Dis mos die regte ding om te doen, nie waar nie?
Heidie Shultz said:
Dit is alreeds vir baie jare wat die verval in die NG Kerk begin is,deur die handeling van lidmate en predikante.Die plan van Satan word tot uitgevoer gebring deur die sogenaamde familie van Christus in die kerk ,en net soos die vyandskap was in die dae van Jesus op aarde, het dit nie van die Romeine gekom maar van hulle wat in die voorgestoeltes van die kerk sit. Hulle wat die wêreld en met sy politici en geheime organisasies dien en die kerk gebruik as die voertuig om vir die bereiking van hulle doelwit. Almal van ons wat ons beroep het op die feit dat ons belydende Christene is, was of te versigtig dat ons eie eer in die slag sal bly, of dikwels het ons die gesig wegedraai in die verloëning van Christus, eerder as om die saak aan te spreek. Daarom is ons skuldig aan hierdie saak van verval. Soos Ds.Danzfuss eken dat die waarheid nie deur die wêreld aanvaar sal word. Dan is ek nog dankbaar vir hulle wat die verval aan die lig stel maar met die bewustheid van Jesus se eie woorde dat die afval en die misleiding groot wees.Om menslike belydenis geskrifte wat swaarder weeg as die van die Bybel te aanvaar is jou keuse want God dwing jou nie om Hom te dien, en wanneer ons op die oordeelsdag sal moet antwoord sal ons nie onskuldig kan pleit. Ek en my gesin kies om die God van die hemele en die aarde te dien en om Sy gebooie te onderhou en verwerp met die minagting die belydenis van humanisme, en dit wat in die hel gebore is. Daarom pleit ek by God dat die Heilige Gees diegene wat sal luister na Sy roepstem, hulle oë en verstand te open. .