My blogartikel van ‘n dag of twee verwys.
En hier is ‘n antwoord (nie spesifiek op my blogpos nie) op Neels Jackson, redakteur van Kerkbode se Facebook muur waar daar redelike lewendige gesprek oor die onderwerp gevoer is:
Francois Lamprecht Vriende by meerdere vergaderings (streeksinodes en algemene sinodes) stem ons op grond van ons oortuiging en nie as verteenwoordigers van ons gemeente se opinie nie. Ons word dus deur God gelei en nie deur ons gemeente nie. October 21 at 5:29pm
Francois het duidelik sy ekklesiologie handboek gelees. Hier is wat Wikipedia oor die onderwerp sê:
In presbyterianism, congregations are united in accountability to a regional body called the presbytery, or, in Continental Reformed terminology, the classis, which comes from the Latin word for “fleet.” Presbyteries are made up of the minister and an elder ‘commissioned’ from each parish, as well as other clergy such as theological college professors, chaplains, and retired ministers. When there is a larger number of ordained ministers than ruling elders, additional ruling elders are appointed to redress the imbalance. The commissioners of the presbytery are expected to exercise their own judgement and are not required to represent the majority view of their congregations. In some Dutch Reformed bodies, a classis serves as a delegated body, which ceases to exist in between meetings, whereas a presbytery exists perpetually.
Ek wil graag die aandag vestig op die sin wat op die vetgedrukte een volg: Die hoëre vergadering is ‘n gedelegeerde liggaam! Hier is Wikipedia se definisie van ‘n “delegate”:
A delegate is someone who speaks or acts on behalf of an organization at a meeting or conference between organizations of the same level.
Die afgevaardigde verteenwoordig die gemeente, en is verantwoordelik aan die gemeente!
Maar: Die afgevaardigde verteenwoordig nie die gemeente se opinie nie maar die gemeente se getuienis oor die Bybel.
Dus: Die afgevaardigde doen nie verantwoording aan sy gemeente oor hoe goed hy hulle opinie by die meerdere vergadering verteenwoordig het nie maar oor hoe getrou hy aan die Bybel was by die meerdere vergadering.
Hierdie ware bedoeling van die presbiteriele stelsel is 180° in kontras met die idee dat afgevaardiges nie verantwoording hoef te doen aan hulle sturende gemeentes nie.
Die gemeentes van Oostelike Sinode het hulle afgevaardiges gestuur in die vertroue dat die afgevaardiges getrou aan die Bybel sou stem. Hulle het dit nie gedoen nie. God se guns aan die mens is nie gegrond op die mens se sosio-politieke status nie.
Die feit dat hierdie afgevaardiges die Evangelie versaak het deur te stem om Belhar se dwaling in die NG Kerk toe te laat is ernstige vertrouensbreuk met hulle gemeentes.
Laastens wil ek net vir Francois sê: Die Gees van God is die Gees van Waarheid. Belhar verkondig ‘n Marxistiese leuen: Dat God aan die kant van die armes is. Ek kan dus met absolute sekerheid sê die Oostelike Sinode is NIE deur God gelei nie! (En die kerkrade wat teen Belhar gestem het waarskynlik wel)
Vir meer inligting oor die oorsprong van die Belhar leuen, kliek hier.
Henrietta Klaasing said:
Francois Lamprecht impliseer met die woorde hierbo dat individuele lidmate en hul kerkrade wat TEEN verandering besluit het, dus NIE deur God gelei is nie.
Verder kan dit inhou dat “afgevaardigdes” ( ek verkies: verteenwoordigers) wat ‘n ander keuse op die sinodes sou maak as wat hulle by hul tuisgemeentes gemaak het ( en hierdie moontlikheid is nogal groot) die eerste keer ( tuis) nie deur God gelei was nie, maar dat hulle wel by die sinode so gelei was???
Mens wonder net: WAT het gebeur pas voordat hulle gestem het, wat gemaak het dat hulle “beter deur God gelei is” as toe hulle tuis gestem het?
Verder sou ek dink dat meeste ( indien na almal nie) van die afgevaardigdes op een of ander manier “reis en verblyf”-vergoeding van hul gemeentes ( dus per implikasie die lidmate) ontvang het. Die dominees word in elk geval op elke denkbare manier “onderhou” deur hul gemeentes / lidmaatbydraes.
Om TEEN die stem van jou kerkraad en gemeente te stem, is baie meer as net vertrouensbreuk. Ek het iewers op die internet gelees: “The worst crime is the breach of trust”. En ek stem hartlik saam daarmee.
Heidie Shultz said:
Ek wys op die toestand van NG Kerk. Menige van hulle Verkeer in groot donkerde en tog onbewus van hulle toestand….Die veonderstelde Kerk van God is selfsugtig en self gerig..Hulle het afgodsdienaars, en is slegter in die aangesig van God as die heidene, en aanbid die mens en sy verordeninge en volg die wat geen kennis het van `n beter weg ken..Soos die ou Isreal van ouds, die kerk het oneer aan sy God betoon deur die lig te verlaat, en haar pligte te versaak, en die misbruik van haar verhewe voorreg as uitverkore en heilige voorkoms. Haar lidmate het die verbond vermy om te leef vir God en vir Hom alleen. Hulle het aangesluit by die selfsugtiges en vir wêreldse eer, die liefde vir plesier, en sondes word gekoester, en Christus het hulle verlaat. Sy Gees is stil gemaak in die kerk. Satan werk hand aan hand met erkende Christene, en tog is hulle so arm aan geestelike onderskeidingsvermoë dat hulle nie eers hom erken
Johan Theunissen said:
‘n Afgevaardigde mag dalk sy eie oortuiging “gewete” volg as hy anders stem as wat sy gemeente en kerkraad gestem het en heelwaarskynlik van hom sou verwag. Dit spreek egter boekdele van sy integriteit as hy dit sou doen om nie eens te praat van sy gewete nie. Immers sou mens verwag dat hy sy teenspraak duidelik sou maak teenoor sy gemeente/kerkraad voordat of selfs nadat hy afgevaardig is na die sinode. Dit sou sy gemeente/kekraad dan in alle billikheid die geleentheid gegee het om te kon besin of hulle hom werklik wil vertrou om hulle op die sinode te verteenwoordig.
Interesantheidshalwe wil ek noem dat die Noord Kaapse sindode van die NG kerk die enigste een van die streekssinodes is wat besluit het dat hulle ‘n gedelegeerde liggaam of vergadering is wat ontbind sodra die sinode sitting verby is. Dit is in teenstelling met die res van die streekssinodes en ook die algemene sinode wat as ‘n sogenaamde “presbytery” bly voortbestaan deur sy sinodale diensrade en moderature na afloop van die sinodale vergadering. Dit gee natuurlik aanleiding tot ‘n soort van ‘n pouslike kerkregeringstelsel waar die kerk van bo af bestuur en regeer word in stede van onder op plaaslike gemeentevlak af waar die gemeente ten volle kerk van God is sonder dat meerdere vergaderings ‘n imperatief is om van hom kerk van God te maak.
Ek sou baie bekommerd wees as ek die kerkleiding was en amper 60% van gemeentes verwerp die wysiging van Artikel 1 in teenstelling met ‘n groot meerderheid (73%) wat dit op sinodale vlak goedkeur. Die kerkleiding en sinode is duidelik uit voeling met hulle samestellende gemeentes. Ek verstout my om te sê dat ons dieselfde tendens waarskynlik in die ander streeksinodes gaan sien, buiten miskien Natal, Oos- en Weskaap.
Miskien moet ons in die Oostelike sinode nou maar eers rustig wag om te sien wat in die ander streekssinodes gebeur. Daarna behoort die teenstemmende gemeentes ‘n vergadering (sinode) onderling te belê waarin die moontlikheid ondersoek moet word om onsself as dolerend te verklaar en ons sinodale bydraes te staak as hoogste vorm van lydelike verset.
hierstaanek said:
Johan baie dankie vir hierdie nugtere uitleg.
Die probleem hier is dat die leraars verskil van hulle kerkrade. Onthou dat ‘n leraar nie die hoof van sy gemeente is nie maar net ‘n lerende ouderling is wat onder die gesag van die kerkraad staan. Maar soos jy sê, in praktyk het die leraars beheer geneem en ‘n staatsgreep uitgevoer teen hulle kerkrade.
Dit sou uiters moeilik wees vir kerkrade om te besluit om in verset te gaan teen die besluit van hulle leraar in.
Henrietta Klaasing said:
Ek wens ek kon die “op-duimpie” sommer oor en oor druk Johan, vir jou sinvolle kommentaar. Dit sal ‘n kwade dag wees indien teen-stemmende gemeentes NIE op een of ander manier reageer nie. Mag daar iemand uit hul geledere opstaan wat sê: “Tot hiertoe en nie verder nie!”
Pingback: Volksblad se briefskrywers in opstand oor Belhar! | hier staan ek