Dr Plaatjies van Huffel, moderator van die VGKSA oor of ‘n belydenisskrif voorwaarde moet wees vir lidmaatskap:
“Die standpunt van die VGK is egter dat die onderskrywing van al die belydenisse sonder dwang geskied. Dit geld die belydenis van Belhar, maar dit geld ook al die ander belydenisskrifte. Wat die VGK betref, het ons nog altyd konsekwent gesê die belydenis van Belhar moet presies net soos die ander behandel word, en dit beteken inderdaad sonder belydenisdwang.”
Rapport 2013-10-12
http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Nie-almal-tevrede-oor-Belhar-besluit-20131012
En ‘n rukkie later:
Die NGK se sinodebesluit oor die Belydenis van Belhar (dat dit as belydenisskrif deel is van die belydenisgrondslag van die NGK, maar dat lidmate self kan besluit of hulle dit wil onderskryf of nie) noem sy ’n “groot deurbraak wat twee groepe wat kon skeur, bymekaar hou. Dit bied ons ruimte om vorentoe te gaan met kerk-eenwording. Ons groei na mekaar toe, om mekaar te hoor.”
Maar, sê sy beslis, máár: “Sou die VGK en NGK herenig, sal dié dubbelopsie nie kerkregtelik houdbaar wees nie en ons sal moet besluit hoe ons dit gaan hanteer.”
Rapport 2013-11-10
http://www.rapport.co.za/Rubrieke/HanlieRetief/Die-leeu-se-brul-is-sag-20131109
Wat beteken dit?
Dit beteken dat indien vereninging met die VGKSA plaasvind soos beplan alle belydenisskrifte van die NGK “sonder dwang” sal wees. Ons hele belydenis sal opsioneel wees.
Lees my bespreking oor die Quia vs Quatenus beginsels hier
Ek plak hieronder ‘n brief van Dr Willie Cilliers van Kuilsrivier gemeente aan sy lidmate in.
Dr Cilliers glo nie Jesus is uit ‘n maagd gebore nie. Mens kan dus net aflei dat Maria owerspel gepleeg het en gelieg het daaroor. Die hele storie oor die engel en die Heilige Gees is ‘n bedrogspul wat sy uit haar duim gesuig het om haar bas te red.
As Dr Cilliers reg is, kan ons die Bybel dan enigsins vertrou? Kan Jesus ons dan red? Sy ma was tog by implikasie volgens Dr Cilliers ‘n slet en bedrieer!
Indien Dr Cilliers se gemeente geskok is deur sy heidense, antchristelike leer, kan hulle hom afdank, op grond daarvan dat hy in sy dienskontrak met hulle onder eed verklaar dat hy glo dat die belydenisskrifte ooreenkom met die Woord van God.
As die belydenisskrifte opsioneel is, is daar geen kontrakturele gronde waarop Dr Cilliers in die pad gesteek kan word nie. Hulle is vasgevang in die kloue van ‘n antichristelike dwaalleraar.
Indien die NG Kerk stem om deel te word van die VGKSA sal dit die einde van die NG Kerk as deel van die liggaam van Christus wees, omdat dwaalleraars, wolwe in skaapsklere, vrypas sal hê om die kudde te verskeur.
Dwaalleer vernietig lewens. Dit vernietig huwelikke. Dit stuur mense hel toe. En die enigste kerkregtelike verweer wat ons gemeentes daarteen het is die belydenisskrifte.
Ek dink nie die NGK kan dit bekostig nie.
Wynand Louw
hierstaanek said:
Indien iemand van Dr Cilliers se gemeente hierdie lees: Om Hemelsnaam, plaas hom onder die tug!
Henrietta Klaasing said:
Waarom maak die vernietiging van ons belydenisskrifte saak? Omdat die Bybel daarvan praat. Die sinsnedes wat gebruik word is “die LEER, die GESONDE LEER of die GOEIE LEER”. Die King James vertaling noem dit “doctrine, good doctrine, sound doctrine”. Ons moet God meer gehoorsaam wees as mense.
Hier is enkele van die verse:
1Tim 4:6 ; 1Tim 1:10 ; 1Tim 6:3 ; 2Tim 4:3 ; Tit 1:9 ; Tit 2:1 Tit 2:7 ; Tit 2:10.
1Tim 6:3-5 het sterk woorde daaroor:
As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
hierstaanek said:
Henrietta, jy is reg.
Die mantra in die NGK is mos om ruimte te gee vir ander sienings.
Die rede is omdat die leierskap die evangelie verwerp. Dr Cilliers is in die selfde ring as Ben du Toit – en hy haal amper woord vir woord uit Ben du Toit se boek aan: Sien veral die louter twak oor “voor wetenskaplike” kulture ens.
Nelus Niemandt het gesê Ben du Toit se teologie val “binne die raamwerk van die NG Kerk.” Nelus Niemandt lieg soos ‘n vlieg en jok soos ‘n bok. Die raamwerk van die NG Kerk is onder andere die Twaalf Artikels wat sê “Gebore uit die maagd Maria”.
Die Heidelbergse Kategismus verklaar dat mens die Twaalf Artikels moet glo om gered te word.
VOLGENS ONS BELYDENISSKRIFTE, DIE RAAMWERK VAN DIE NG KERK, IS BEN DU TOIT EN SY VRIEND WILLIE CILLIERS VERLORE!
Dit is tyd dat hierdie bedrieërs (hulle pleeg kontrakbedrog met hulle gemeentes) afgedank word. Dit ontstel my verskriklik om te dink dat hierdie mense so blatant hulle dienskontrakte minag en hulle kom daarmee weg!
Nico van Niekerk said:
Slegs as die belydenisskrifte uit mense verbeeldinge en mites gefundeer is, hoef dit nie ‘n voorwaarde te wees nie. Maar die gereformeerde belydenisskrifte is volslae op die Skrif gefundeer en is daarom ‘n absolute voorwaarde. Dr. Cilliers, by wyse van sy eie hand, betoog teen die fundamentele vereiste van die maagdelike geboorte, geprofeteer deur Jesaja (7:14 – en moenie met die almah vs beteula argumente kom nie, dis volslae in die guns van die maagdelike geboorte vasgestel) en menige ander in die Psalms, die Wet, en die profesië.
Dit sal die kerk duur te staan kom as hierdie aanslag op die Christelike leer onaangeraak toegelaat word.
Nico Brits said:
Dit is die uiteinde van die teologie wat op die fondament van evolusie staan. Die historiese-kritiese teologie se ruggraat is ‘n evolusie teorie wat hulle saamgevlans het van een onbewyste aanname na die volgende ‘net-so’ storie. Hulle het ‘n materialistiese evolusie hipotese oor die ontstaan van die israeliete se godsdiens wat verder deur ‘n proses van evolusie in die christelike godsdiens verander het. Hulle kan geen bonatuurlike wese, profesie of wonderwerk verdra nie. Hulle aanname is natuurlik dat hulle so verhewe, geleerd, slim en wetenskaplik is en dat die bybelskrywers hopeloos onnosel, oneerlike en bygelowige ‘voorwetenskaplike’ wurms was. Iets soos inspirasie deur die Heilige Gees is verbode in hulle wêreld.
Hulle hou hulle self ook altyd so kamstag nederig, en die woorde wat die naargolwe in ‘n mens se maag laat opslaan, soos ‘gebroke’ en ‘vars nuwe insigte’ is aanhoudend op hulle lippe. As mens mooi daaroor nadink is hulle geweldig arrogant, om beter te weet as die HERE God wat die Woord vir ons gegee het en wat ook vir ons sê Ps 119:89 “Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.” Hulle sê daardeur by implikasie dat hulle dus self god is. Gen 3:4-5 “Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”
My spesmaas is dat hulle hulle self dan ‘teologies’ vry maak om in sonde te bly voortleef net soos hulle wil. As mens sien wat het in so ‘n kort tyd geword van ‘n baie goeie en bybel getroue kerk en hoe hulle na die Roomse kerk vry laat dit my dink aan II Thes 2. Hoor julle al die voetstappe van die Here oppad na die wederkoms. Luk 21:28 “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”
hierstaanek said:
Nico jy som die saak perfek op. Veral oor die feit dat hulle hulleself teologies bevry om sonde te doen. Dit gaan hier primêr oor rebellie teen God.