Hallo almal
 
 
Ons gemeente moet binnekort oor Belhar besluit. Ek heg hierby twee dokument aan wat ek glo almal behoort te lees. Die eerste is ‘n brief van Ds Jan Louw (Emeritus) aan sy kerkraad van Reitz Wes gemeente. (Hy is nie familie nie). Die tweede is ‘n voordrag van Prof Johan Janse van Rensburg aan die Vrystaat se sinode.  Wat hulle sê stem grootliks ooreen met my eie navorsing.
 
Dr Allan Boesak wat die hoofteoloog van die Belhar belydenis was het in 1976 sy PhD oor swart bevrydingsteologie aan die Universiteit van Kampen in Nederland verwerf. Twee van sy  groot  invloede was twee Latyns Amerikaanse bevrydingsteoloë; Guttierez (Rooms Katoliek) en Bonino (Metodis). Beide van hulle se teologie het die volgende hoofkenmerke.
 
  • Volgens hulle spruit alle teologie nie uit die openbaring van God nie maar uit die praxis van die gemeenskap (Praxis is volgens hulle nadenkende praktyk.) Daar is dus ‘n 180% ommeswaai van teologie as Godgeïnspireerd na mensgerig.
  • Die praxis moet geskoei wees op Marxistiese analise van die geskiedenis. 
  • Omdat teologie begin by Marxistiese praktyk word die Bybel herinterpreteer deur die bril van Marxisme. 
  • Christus se sterwe en hemelvaart word herinterpreteer deur die bril van Marxisme. 
  • Daar is geen onderskeid tussen politieke en sosiale bevryding deur Marxistiese rewolusie en bevryding van sonde nie.
  • Bonino is eksplisiet dat sonde gelykstaan aan ‘n onbetrokkenheid by die Marxistiese rewolusie. 
 
Die belangrikste bewysteks vir bevrydingsteologie is natuurlik Psalm 82 (Lees dit gerus)
 
Bonino skryf oor die Bybel se hantering van die armes:
 
 On the one hand it designates the weak, the destitute, the oppressed, and is as such “a scandalous situation” which must be redressed.On the other hand it indicates “spiritual childhood,” humility before God, and as such it is a-perhaps the-basic virtue. When poverty has the former meaning, we find an unanimous prophetic protest against it. “For the prophets,” concludes the Dutch scholar Van der Ploeg. “poverty was never a neutral thing. When they spoke about it, it was in order to protest against the oppression and injustice of the rich and powerful.” Poverty is not a hazard of fortune or a fact of nature but the result of certain people’s greed and injustice. It is intolerable because it contradicts the very purpose of God’s mighty act of deliverance-to rescue his people from the slavery of Egypt. It robs man of his humanity as a steward and transformer of the world and therefore it contradicts the mandate of creation. Finally, it breaks human solidarity, and consequently itdestroys fellowship among men and with God. Poverty, in this sense, is a scandalous fact which must be eliminated. God himself is engaged in the struggle against it; he is clearly and unequivocally on the side of the poor.
 
Bonino Jose Miguez. Doing Theology in a Revolutionary Situation (Confrontation books) (Kindle Locations 1337-1339). Kindle Edition. 
 
Is God aan die kant van die ames? Dit is baie duidelik dat dit voor God ‘n gruwelike sonde is om onreg aan die armes te doen. Apartheid was ‘n voorbeeld daarvan. Maar is God aan hulle kant? MAW kies God die kant van een groep teen ‘n ander?
 
Psalm 82 beveel owerhede en mense in mag om reg te laat geskied aan die armes en om vir hulle te sorg.
 
In Matteus 5 beveel Jesus sy dissipels om hulle vyande lief te hê. Wie was dié vyande? Dit was die Romeine wat die Jode onderdruk het met geinstitusionaliseerde geweld en slawerny. Onder die Romeinse wet het ‘n Jood se lewe geen waarde gehad nie, behalwe geldwaarde as hy iemand se slaaf was. (Paulus was ‘n Romeinse burger – iets heel anders)
 
In Romeine 13 sê God deur Paulus dat Christene hulle vyande (dus ook die Romeine wat hulle onderdruk het en in slawerny gehou het) moet versorg as hulle dit nodig het.
 
Beteken dit God is op ‘n besonderse wyse die God van die onderdrukkers? As mens Bonino se redenasie volg tov van die armes, beslis. God beveel ons om lief te wees vir die armes en hulle te versorg. Daarom is God op ‘n besonderse wyse die God (of aan die kant) van die armes volgens Bonino.  Maar God beveel ons om lief te wees vir ons vyande (ook onderdrukkers soos die Romeine) en hulle te versorg!
 
Waarom kom Bonino tot die gevolgtrekking dat God aan die kant van die armes, ongeag hulle verbondsverhouding met God, is? Dit staan beslis nie eksplisiet in die Bybel nie!!
 
Die antwoord lê in sy uitgangspunt (beklemtoning is myne):
 
The first “break” in the new Christian consciousness is the affirmation that we are moving beyond a colonial and a neo colonial Christianity, with all that this implies. Such an affirmation, nevertheless, already presumes a certain analysis of our history and present situation; an analysis, namely, in sociopolitical categories. Even more, we are dealing with categories belonging to a sociological science indebted to Marxist analysis. This was explicitly affirmed at Santiago: The construction of socialism cannot be achieved by means of vague denunciations or appeals to good will, but rather presupposes an analysis that will highlight the mechanisms that really drive society…. Political action calls for a scientific analysis (Marxist, sic) of reality because there is a continuous interrelation between action and analysis …. 
 
Bonino Jose Miguez. Doing Theology in a Revolutionary Situation (Confrontation books) (Kindle Locations 76-80). Kindle Edition. 
 
Bonino kom tot die gevolgtrekking dat God aan die kant van armes en onderdruktes is omdat hy ‘n eksplisiet Marxistiese uitgangspunt het.  As jy ‘n Marxistiese analise doen sal jy noodwendig tot ‘n Marxistiese gevolgtrekking kom.
 
Die Bybel is baie duidelik: God is aan die kant van Sy verbondskinders en uitverkorenes. Die res van die mensdom is Sy vyande en Hy sal hulle verdelg as straf op hulle sonde. (Dit beteken nie Hy is nie ook lief vir hulle nie. Jesus het tog vir die wêreld gesterf! Maar Hy kies slegs kant vir Sy kinders.)
 
Kyk wat sê Belhar in Artikel 4: 
 
Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ‘n wêreld vol onreg en vyandskap op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is
 

Hierdie is ongekwalifiseerd: Volgens Belhar is God op besonderse wyse die God van armes en onderdruktes ongeag van hulle verbondsverhouding met Hom. En vergelyk dit met wat Bonino sê in die aanhaling bo: 

 
On the one hand it designates the weak, the destitute, the oppressed, and is as such “a scandalous situation” which must be redressed.   […]  God himself is engaged in the struggle against it; he is clearly and unequivocally on the side of the poor.
 
Belhar haal dus vir Bonino aan, wat eksplisiet Marxisties in sy teologie is. Hierdie aanhaling kom na ons via Allan Boesak en sy Swart Bevrydingsteologie.  (Beklemtoning is myne)
 
In 1976, Allan Boesak returned from the Netherlands after finishing his doctoral studies in systematic theology. His disseration bore the title “Farewell to Innocence”. This was a social ethical study on the topics of black theology, black power and black consciousness.  In this study  Boesak bases his arguments on those of liberation theology and  liberation theologians. These theologians include the renowned South American liberation theologians Gustavo Guttierez and Jose Miguez Bonino on whom Boesak leans quite heavily, as well as the prominent black theologian James Cone. From this study it emerges that Boesak’s early theology was shaped by Latin American Liberation theology in a definite and distinct way. Black theology thus assisted  Boesak to formulate and adrticulate his own arguments, enabling him to react to the injsutices of his time.  
 
Eugene  Fortein, “Allan Boesak and the Dutch Reformed Mission Church between 1979 and 1990” in “Reformed Churches in South Africa and the Struggle for Justice: Remembering 1960-1990” onder redaksie van Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, Robert Vosloo AFRICAN SUN MeDIA, 01 Nov 2013
 
Maak dit saak dat Belhar ‘n Marxistiese ideologie verwoord?Ons glo in die Evangelie van Genade Alleen. Die Bybel en dus die belydenisskrifte is baie duidelik. Daar is slegs één grond vir God se guns aan die mens: Sy genade in Christus wat gegrond is op Sy ewige, onkenbare raadsplan. God is nie ‘n aansiener van die persoon nie.
 
In direkte stryd hiermee vestig Belhar die beginsel dat ‘n persoon se finansiele, sosiale en politieke status grond is vir God se guns aan die mens.
 
Dit trek ‘n streep deur die Evangelie van Genade alleen.
 
Belhar is nie net verkeerd nie. Dit is anti-evangelies.
 
In Sy liefde
 
Wynand