Ons word vandag bombardeer met die idee dat ons verdraagsaam wees. Maar wat beteken dit?
Deur die geskiedenis van die mensdom het dit nog altyd beteken: “Ek stem beslis nie saam met wat jy sê nie maar jy het die reg om dit te sê.”
Vandag beteken dit: “Dit wat jy sê is nie minder of meer geldig of waar as my eie opinie nie. Beide ons opinies is waar al weerspreek ons mekaar.”
Kyk wat sê Don Carson
Henrietta said:
Ek kan ongelukkig nie die video kyk nie, maar ek neem aan die kern van wat hy seg, is hier te lese: http://thegospelcoalition.org/blogs/tgc/2012/02/26/contemporary-tolerance-is-intrinsically-intolerant/
Kobus vd Merwe said:
Alhoewel die bespreking nie hoofsaaklik daaroor gegaan het nie, maak die Doktor ‘n baie relevante stelling tov die politieke arena van hierdie land tussen tydgreep 44:12 en 44:53.
Die sosiale ekspriment wat in hierdie land gevoer word staan vierkant op hierdie beginsel van “outokratiese verdraagsaamheid” wat dan slegs deur die howe implementeerbaar is aangesien die “pre-polities” morele maatstaf nie meer bestaan nie.
Miskien weereens ‘n aanduiding dat die geveg nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die wat God haat.