Sien asb hierdie artikel in Rapport!
Kerksweer Bars Oop.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Kerksweer-bars-oop-20131116
Span 1: Bybelmedia, onder leiding van Danie Mouton en Pieter Fourie en met die ondersteuning van moderamenlid en aktuarius Johann Ernst.
Bybelmedia onder leiding van Pieter Fourie is daarvoor bekend dat hulle die Evangelie verloën deur die ondersteuning en verkondiging van New Age Guru Pierre Teilhard de Chardin se New Age teologie wat sê dat die mens God is, die onkenning van die bestaan van die hel en die liggaamlike opstanding uit die dood. (Pieter Fourie beweer in Kerkbode die hemel is nie ‘n “plek” nie, en in ‘n ander artikel deur Jaap Durand wat hy geplaas het, dat die hel ook nie bestaan nie.) Johann Ernst is een van die voorvegters vir die “duiwel bestaan nie” faksie. Die ouens wat beweer Jesus het ‘n ligte mistykie gemaak toe Hy gesê het die duiwel is ‘n leuenaar en ‘n moordenaar. Alhoewel Johann nie sommer in die openbaar bely dat die duiwel nie bestaan nie, is hy tog daar soos ‘n bulhond om enigiemand te beskerm wat dit wel beweer.
VERSUS
Span 2: Jean Oosthuizen, eks-nuusredakteur van Kerkbode en eertydse protegé van die moderamen, en sy groot skare van fênbois en fêngirls. Jean is veral bekend vir sy verwerping van die evangelie in die boek “Hier Staan Ek” (Niks met HIERDIE webwerf uit te waai nie), sy vieslike taalgebruik op die internet, sy minagting vir enigiemand wat die ware evangelie verkondig en Kletskerk – ‘n (nou skynbaar uitgediende) internet versamelplek vir mense wat gal braak teen die evangelie.
En ons, wat veg vir die behoud van die ware evangelie in die NG Kerk? Ons sit maar op die kantlyn en eet ons biltong in blye afwagting vir wat die HERE vir die NG Kerk gaan doen.
Lees maar weer die storie van koning Josafat:
Kom ons jubel en juig en loof die Here, want Hy saai hierdie verwarring en twis onder Sy vyande!
Mag God die NG Kerk red soos hy Israel in die tyd van Josafat gered het!
Uit die Rapport artikel:
Só lyk dit as dominees baklei…
* Johan Smit (lidmaat): Hulle praat van ’n seisoen van luister. Ek meen ons moet eerder praat van die seisoen van duister!
* Terblanche Jordaan (voormalige NG predikant): Jou moer Johann Heinrich Ernst, jy het jou stories aan die gat beet en die hele wêreld probeer dit vir jou sê.
* Renier Lourens (predikant in Oshakati): Ons moet leef en werk met kerkleiers wat hoegenaamd geen vertroue inboesem nie en wat talle mense laat skeefbek trek vir die NG Kerk.
* Bertus Osbloed van Niekerk (leraar in ’n renaissance-gemeente): Ek dink Jesus draai in sy graf om as hy die toedrag van sake sien!
Henrietta Klaasing said:
Tragies dat hul meer gesteld is oor die aantasting v hul eie eer en waardigheid , eerder as die Lewende God s’n met God-onterende sinode besluite
Jan Louw said:
Die NG Kerk se leierskap was nog nooit in so ‘n verleentheid in die geskiedenis van die NG Kerk nie. Sowat twee maande gelede het die redakteur van Rapport gemaan teen leuens in die Kerk. Nou is die skandes van die leiers met fotos en al oopgevlek op die tweede bladsy. Ek weet nie hoe daardie predikante dit regkry om Sondae op die kansel voor hulle gemeente te staan en met integriteit die Woord van die Here te verkondig nie.
Dit is ook opvallend hoe die gepeupel op Rapport se faceboek nou die kans benut om die kerk sleg te sê. Dit laat mens dink aan Natan se woorde aan Dawid dat hy die vyande van die Here aanleiding gegee het om Hom te laster.
HIERSTAANEK said:
As ek al die stories en teruvoer ens lees wonder ek by myself hoe kan mense of lidmate wat die Woord van ons HEREJESUS CHRISTUS lees met oogklappe en nie die HEILIGE GEES toelaat om hulle te lei nie, maar wel toelaat en luister na snert van ‘n kansel af, (WORD WAKKER) lidmate daar is ander gemeentes wat jou die waarheid sal vertel, Moet nie net sit en luister na snert en dwaal leer verkondigers nie.
Luk_12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
daar sal verdeeltheid wees asgevolg van die HEILIGE WAARHEID van JESUS CHRISTUS ons KONING
Baie mense wil nie meer die volle raad en waarheid van JESUS CHRISTUS hoor en verkondig nie, hulle sinne word verblind deur hulle eie ek wat op die troon sit.
klim af broer suster want jy gaan kliphart van saam met jou verkondiger.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Die Skrif praat mos duidelik oor hierdie tipe situasie:
“For God is not the author of confusion, but of peace, as in all churches of the saints”. 1 Cor 14:33 NIV.
Die ware karakter vd NGK-leierskap et al, waarteen al jare gewaarsku is, en welke waarskuwings met minagting en spot bejeen is deur hierdie einste mense, kom nou na vore en word IN DIE PUBLIEK geopenbaar as ‘n skande.
En ja: Dit word nou deur die heidendom gebruik om God se Naam te laster, soos God se in Sy Woord:
“Om julle ontwil word MY Naam nder die heidene gelaster” (Ps).
Die Woord se ook: “Wat jy saai sal jy maai” (Gal).
Dit bewys weer eens die Woord van God as die Waarheid bo alle waarheid.
Die Satan waarin hulle nie meer glo nie, smokkel met hulle koppe en help hulle doelgerig aan in die proses van selfvernietiging waarin die NGK nou duidelik staan.
Soos Lenin destyds beskrywend gese het: “nuttige idiote”.
Daar is nog meer van hulle, en hulle sal ook openbaar gemaak word in God se volmaakte tyd, want God slaap nie terwyl die leuens oor Hom in Sy Kerk verprei word deur vals profete, en Sy profete ondermyn en gelaster word nie.
Johannes Engelbrecht said:
@Bertus Osbloed van Niekerk – Die graf is leeg. Jesus het opgestaan.
hierstaanek said:
Bertus Osbloed is ‘n ou NG Dominie wat tot Abel Pienaar se New Age pseudo-christelikheid bekeer is. Hy troll die forums wat die NG Kerk bespreek, miskien omdat hy die NG Kerk haat, en miskien omdat hy akoliete vir sy guru Abel soek om sy salaris te betaal. Dat hy die Evangelie haat is duidelik. Ek vermoed hy is ook een van Jean se fênbois. Voëls van eenderse vere.
Mag die Here Homself aan Osbloed openbaar…
Johannes Engelbrecht said:
Dankie. Verstaan nou.
David de Wet said:
Jan is reg. As jy na die reaksies op facebook kyk, is die groot verloorder hiervan die Evangelie, die Goeie Nuus sat Jesus die Redder van die wêreld is. Die beeld van God wat die wêreld sien, is die kerk, die geowiges. Kyk nou hoe lyk die beeld wat hierdie debat na die wêreld vertoon. Kan ‘n mens die wêreld verkwalik dat hulle die kerk verag?
Aan die ander kant is dit die vrug wat jy pluk as jy self besluit wat van die Woord vir jou aanvaarbaar is en wat nie. Eduan Naudé voel dalk beter as hy Danie Mouton op Facebook verskriklik sleggesê het, maar besef hy nie dat die Here Jesus self iemand wat suke taal teenoor ander besig, as ‘n moordenaar bestempel nie?
Ek besef ook net weer dat dit my verantwoordelikheid voor die Here is om dwaling te bestry. Maar in die proses moet ek altyd seker maak dat ek nie self in die strik trap en karktermoord pleeg nie.
hierstaanek said:
Dawie, jy is heeltemal reg. Tog glo ek God is soewerein, en selfs hierdie vieslike bekgeveg val binne Sy toelatende wil.
Ek is ‘n chirurg, en een van die goed wat ons as mediese studente van kleins af ingedril is, is “Etter moet uit”. Rapport is reg as hulle sê hierdie is ‘n sweer wat oopgebars het. Die etter kom uit. Dit gee moontlik ‘n kans op genesing.
Pieter Fourie doen groter skade aan die Evangelie as hierdie openbare geveg, omdat hy ‘n vals evangelie IN die kerk MET die kerk se amptelike imprimatur verkondig. As hierdie geveg tot sy val lei sal dit net goed wees.
Danie Mouton het vir my gesê “Panenteisme is nie die beleid van die NG Kerk nie omdat dit die belydenisskrifte weerspreek.” (Persoonlike telefoongesprek). Nou vra ek jou, waarom laat hy dan vir Pieter Fourie toe om Jaap Durand se skeiende godslastering te bemark as die “evangelie”? Ek verwys spesifiek na Durand se boek oor Teilhard en sy artikel wat deur Fourie in Kerkbode geplaas het wat die bestaan van hel ontken. Ek verwys ook na Fourie se eie artikel oor die nie-bestaan van die hemel: Tipiese panenteïstiese New Age suikerkoekies.
So Danie Mouton sê een ding aan my in privaat telefoongesprek, maar in sy amptelike hoedanigheid verloën hy ook die evangelie en Christus deur Fourie vrye teuels te gee by Kerkbode.
Ek glo daar is genoeg mense wat besef wat hier aangaan. Dat dit nie gaan oor kinders van God in die NG Kerk wat met mekaar baklei nie maar dat dit inderdaad gaan oor die gees van die antichris, soos Johannes duidelik in sy eerste brief skryf: Wie ontken dat Jesus die Christus is wat mens geword het, het die gees van die antichris.
Beide spanne in hierdie geveg ontken dit. Hulle dien dieselfde baas.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte en owerhede in die lug wat vlees en bloed se gedagtes rig en siele bind. God is soewerein, Hy het reeds die oorwinning oor die geeste behaal. (Al glo nie een van die spanne dat demone bestaan nie…)
Ek bid vuriglik dat almal wat hier betrokke is God se heiligheid, liefde en genade sal ervaar. Dat hulle die ware Evangelie sal kan verstaan, en die skat van onskatbare waarde, die peperduur pêrel sal vind.
Henrietta Klaasing said:
Een van my FB -vriende het hierdie verskoning van Eduan Naude op my muur geplaas:
“Woordfeesdebakel. Hiermee maak ek onvoorwaardelik verskoning vir dit wat ek oor my belewenis van n gesprek tussen ds Danie Mouton en myself op facebook geplaas het.
Ek is jammer dat iets wat ek op n wyse wat binne die konteks waarin ek myself bevind as metafoor bedoel het, daartoe gelei het dat Danie seergekry het. Ek trek dit terug en bied hom my verskoning aan.
Ek probeer hom persoonlik bereik om hom self om verskoning te vra en jammer te sê dat hy hierdeur seergekry het. Danie is nie my vriend op facebook nie. Indien hy jou vriend is, plaas hierdie asb op sy muur.
Ek wil my beywer om prof Nelus Niemandt volle ondersteuning te gee in ‘n poging om alle rolspelers met mekaar in vrede te laat saam leef.”
Liza-Nel said:
A story was told about a rabbi, teaching his class about the seriousness of words, especially spoken word. He says that words are likened to an arrow, rather than a sword. One puzzled student asks why. In reply, the rabbi says:
“A man may attempt to kill his friend by removing his sword from the sheath. If the friend pleads for mercy, the man may relent and puts the sword back in the safety of the sheath. However, if an arrow is shot, it cannot be returned. For once it is fired off, its aim is to hurt and perhaps kill.”
-Conrad Yap
Ongelukkig kom spyt soms te laat…
hierstaanek said:
Liza, gelukkig is ons Christene en nie Jode nie. Sonde beseer altyd, (dis hoekom dit sonde is) maar waar daar ware berou is is daar altyd ware genade!
Liza-Nel said:
Jy’s reg Wynand maar woorde wat gesê is is gesê en kan nooit weer ongedaan gemaak word nie. Angus Buchnan stel dit mooi. Hy sê ‘n kwetsende woord op die ingewing van die oomblik is soos ‘n verekussing wat op ‘n winderige dag oopgeskeur word. Dis net so onmoontlik om woorde wat gesê is ongedaan te maak as om al die vere weer terug te sit… Ek dink dis beter om maar eerder jou woorde te tel as om agterna om verskoning te moet vra.
Ds Naude is ‘n predikant hy behoort van beter te weet. Kyk net waar het sy gewraakte inskrywing op FB nie gaan draai nie.
“Taste your words before you spit them out.” – ‘n dure les wat ek ook al moes leer.
(Ek ‘reply’ maar as ‘n nuwe inskrywing – die lang maer kolommetjies lees moeilik)
Henrietta Klaasing said:
Ja Liza, soos melk wat op die grond val, wat mens nooit weer terugkry in die bottel nie…
Woorde ( gesproke of geskrewe woorde) is vrugte, en bome word aan hul vrugte geken, sê die Woord:
“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart. “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” (Mat 12: 35 – 37)
Daniel Louw said:
Sommie, onthou jy nog wat jy vir Jean gesê het in die artikel: http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/199-jean-oosthuizen-oor-die-trojaanse-perd-in-die-ngk.html:
“Die statuur van Jean Oosthuizen en die manier waarop hy met mense wat verskil van hom, omgaan, het my genoop om sy kommentaar oftewel resensie (wat dit nie is nie, in die lig van sy snedigheid en swak aanbieding wat nie op feite gebaseer is nie) te lees. By die lees van sy resensie het ek besef dat die boek ‘n goeie een moes wees (ek het hom toe nog nie gelees nie). Sy afkraking was dus vir my ‘n aanbeveling om die boek te koop en te lees… Die feit dat so ‘n persoon in die struktuur van die NGK se media geduld word, laat my vermoed dat hy as ‘n ‘stormram’ gebruik word deur liberale ‘politeke’ elemente wat in die leierskap agter die skerms skuil, met spesifieke strategiese doelwitte.. So ‘n ‘stormram’ is iemand wat nie diep dink nie, maar bereid is om ieder en elk aan te vat wat verskil met sy opinie.. Die ou Kommuniste van destyds het hulle ‘useful idiots’ genoem). Op die ou eiende word hulle uitgespuug of in die pad gelos omdat hulel hulself uitgebrand het en ongeloofwaardig geword het. As die stroom skielik verander en hy nie meer nuttig is nie, word hy ‘verskoon’. Sterkte, Jean!”
HIerdie was 6 Des 2011. Dit was profeties!
hierstaanek said:
Ok nous ek uitgefreak! 🙂
Henrietta said:
Uitgefreak – waaroor? Bang jy is ook ‘n “stormram” / “useful idiot”?
hierstaanek said:
Nee. Oor Sommie se prediksie wat so waar geword het…
Liza-Nel said:
Ek dink die meeste van ons het Jean Oosthuizen só opgesom – ‘n pop wat deur die poppemeester(s) beheer word.
Henrietta Klaasing said:
Jakobus 3 verse 5- 6 in DIE BOODSKAP:
“Net so is die tong maar baie klein in vergelyking met die res van die liggaam. As ’n mens egter begin praat, kom jy agter wat daar regtig in die tong steek. Die tong is soos ’n klein vuurhoutjie wat ’n groot bos aan die brand kan steek. As jy lelik praat, vloek, skinder of so iets, hoef jy niks anders te doen om te wys hoe sleg jy is nie. Deur net na die tong te luister sien ’n mens sommer hoe sleg die hele mens is. Dit beduiwel jou hele lewe en alles wat jy doen. Dit help nie eintlik eens om goeie dinge te probeer doen as jou tong lelike dinge sê nie.
Jou tong is soos ’n vuur wat jou hele lewe laat uitbrand. En die ergste is dat dit die duiwel is wat die vuur in jou mond kom aansteek wat jou hele lewe kan vernietig.”
Henrietta Klaasing said:
Die olifant het toe ‘n muis gebaar …
http://www.dieburger.com/nuus/2013-11-22-ngk-kyk-na-woordfees
hierstaanek said:
As dit was soos die gesprek wat Hoeveld Sinode met beswaardes oor 2011 se duiwel besluit gehad het, is dit nie eers ‘n muis nie.
Miskien ‘n muggie of ‘n muggie eier.
My persoonlike ervaring met die Seisoen van Luister is dat dit by die een oor ingaan en by die ander uit, en daar kom niks van nie.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Soos ek dink jy vroeer eendag iewers gese het, Wynand, was dit ‘n seisoen van eensydig-luister. (Daar is beslis nie na die Heilige Gees geluister nie, daarom is daar nie oorweging geskenk aan Skrifwaarheids-begronding vd NGK se besluite nie. Diegene wat dit versoek het, se versoeke is eenvoudig vd tafel gevee.)
Henrietta Klaasing said:
Sommie op jou FB het jy eenkeer so ‘n murasie van ‘n ou kerkie gehad …. wat hier aan die gebeur is, laat my daaraan dink, ook aan hierdie Skrif-gedeelte:
Hag 1:4 Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?
Henrietta Klaasing said:
Nuutste verwikkelings, ASM – afvaardiging sê hul is jammer:
In Die Burger:
http://www.dieburger.com/nuus/2013-11-29-ng-kerk-is-jammer-oor-pynen-lyding
Volledige verklaring op NGK se Facebookblad: