Ek kry vanaand hierdie brief van ‘n sekere Johannes aan die NG Kerk.
Interessant dat hy voel LIEFDE en WAARHEID is onlosmaaklik aan mekaar verbind. Sonder waarheid is daar geen liefde nie.
(Brief begin)
1Van die oudste.
Aan die uitverkore vrou en aan haar kinders. Ek het julle waarlik lief, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid ken, 2 omdat die waarheid in ons bly en ewig by ons sal wees.
3Die genade, barmhartigheid en vrede wat van God die Vader kom en van Jesus Christus, die Seun van die Vader, sal by ons wees wat in die waarheid en die liefde is.
Waarheid en liefde
4Ek was baie bly toe ek van jou kinders teëgekom het wat in ooreenstemming met die waarheid lewe, volgens die gebod wat ons van die Vader ontvang het. 5En nou het ek ‘n versoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar ‘n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefhê. 6En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.
7Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier” “die antichris” bedoel. 8Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang. 9Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.
10As daar iemand na julle toe kom wat ‘n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, 11want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.
Slot
12Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees.
13Die kinders van jou uitverkore suster stuur vir jou groete.
Henrietta Klaasing said:
Snaaks hierstaanek, ek het juis vanaand gaan lees wat Broer Paulus aan die Efesiërs geskryf het ( hoofstuk 4) waar dit onder andere gaan oor om soos ” golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur ELKE WIND VAN LERING” : daar staan dat ons juis dan in liefde die waarheid moet spreek ( King James se weergawe van Ef 4:15 : ” … But speaking the truth in love…”)
Somerset (Sommie) Morkel said:
Uitstekend, broer Johannes…! Mens kan nie foutvind met jou skrywe nie… Dit lyk werklik asof dit geinspireerd is..
Rampie said:
Die brief van ‘ene broer Johannes” is natuurlik woordeliks 2 Johannes in die nuwe testament. Is daar ‘n rede hoekom die teksversnommering in die epos weergawe weggeneem is?
hierstaanek said:
Hallo Rampie
Geen spesifieke rede nie. Toe ek die epos formatteer het dit net beter gelyk sonder die versnommers.
Die teks is onveranderd!
Groete
Wynand
Ferdi Gerstner said:
Broer Johannes, die stuk is deur die Gees geinspireer, dat diegene wat hul op die dwaalweg bevind hul moet beskaam, en hul bekeer. Mag God in Sy Genade, wat n kans gee aan alle mense,, die verdwaalde seuns en dogters terugbring om hul skuld te erken, en weer eenheid bring waar daar nou tans verwarring verkeer.
Aan Hom wat oor alles beskik al die eer.
Ferdi Gerstner.
Henrietta Klaasing said:
Hierstaanek, Broer Jakobus het ook ‘n boodskap, dat dit JUIS NIE liefdeloos is om mense tereg te wys NIE:
“My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.”
Henrietta Klaasing said:
Hier is Broer Jakobus se woorde in meer moderne woorde:
“Liewe Christene, sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan? Wel, iemand wat so ’n persoon weer op die regte pad help, help hom om nie sy lewe weg te gooi nie. As hy hom nie gehelp het nie, sou daardie persoon totaal van God af weggedwaal en sonder God gesterf het. Hy sal daardie persoon help om weg te draai van al die verkeerde dinge wat hy gedoen het, asof dit nooit deel van sy lewe was nie.”
Johannes said:
Die vraag is nou net, gaan ons kerk betyds luister? En as die kerkleiding nie gehoor gee nie, wat dan? Medegelowiges gee raad (uit die Skrif) en dink saam…
alwynduplessis said:
Broer JohannesEk bid opreg vir U
hierstaanek said:
Alwyn jy is snaaks! Broer Johannes is al amper 2000 jaar by ons Heer!
Henrietta Klaasing said:
Liewe Alwyn du Plessis, ons het op skool geleer, humor is ‘n lag met ‘n traan…. dit is hoe ek nou voel. En ek bid opreg vir JOU, as jy regtig nie weet WIE Broer Johannes is nie….
Alex said:
Broer William het raad:
Hy praat van maer en uitgeteerde skape wat rondslinger en op die punt staan om te sterf. Daar is blykbaar ‘n sekere tipe voer wat hul kan red en ‘n herder wat dit vir hul moet gee. Hy het raad oor albei http://www.nunide.org.za/blog/english/the-work-of-the-pastor-is-to-feed-the-sheep/
Maar wie is hierdie “William” http://www.nunide.org.za/blog/english/introduction-the-work-of-the-pastor/