
Hierdie pos het 2 uur gelede op NG Kerk se Facebook blad verskyn.
Let asseblief op na die woorde:” . ..en fokus op hierdie ikoon.”
Wat het geword van ons Gereformeerde leer dat ons nie beelde en ikone mag aanbid nie?
Ek het in my lewe nooit verwag dat die NG kerk die bloed van martelare van die Reformasie so onder hulle voete sou vertrap nie.
Edit: Dit is by die sinode gedoen
Edit #2: Hierdie verduideliking is toe op Facebook geplaas na negatiewe opmerkings oor die ikoonaanbiding.
NG Kerk Hier is die volledige geleentheid, verduidelik in die woorde van liturgie by die sinode self. Dit is die video oor vanoggend se openingsgeleentheid.
Die probleem is, die persoon in die video maak die volgende slotopmerking:
Die uitnodiging is daar dat jy vir ‘n oomblik sal kyk daarna en kyk of jy iets van God die Vader kan ontdek…
Iets van God ontdek in ‘n ikoon?? Moet ons nie liewer iets van God ontdek in Sy Woord nie? Het God nie dit wat hierdie persoon ons hier vra om te doen EKSPLISIET in Sy Woord verbied nie?
Ek is jammer, maar na die video gepos is is ek nog meer ontsteld!
Die tweede gebod
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is of van wat in die water onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en nie dien nie, want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God, wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en die vierde geslag van die wat My haat. En Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.
Die Heidelbergse Kategismus
Sondag 35
Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b).
(a)Jes 40:18, 19, 25; Deut 4:15, 16; Rom 1:23; Hand 17:29. (b) 1 Sam 15:23; Deut 12:30; Matt 15:9.
Vraag 97: Mag ons dan glad nie beelde maak nie?
Antwoord: God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie (a). Die skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te vereer en Hom daardeur te dien (b).
(a)Jes 40:25. (b) Eks 34:17; 23:24; 34:13; Num 33:52.
Vraag 98: Mag ons beelde as “boeke van die leke” in die kerkgebou toelaat?
Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie (a), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig (b).
(a)Jer 10:8; Heb 2:18. (b) Rom 10:14, 15, 17; 2 Pet 1:19; 2 Tim 3:16, 17.
Henrietta Klaasing said:
En Nelus Niemandt wil ‘n revolusie aanblaas met AS 2013 – – Dié “revolusie” is glo paar jaar gelede al begin …. ( sê ons mos al lankal!)
Sub-opskrif: Wysigings van Kerkorde word geraak
http://www.dieburger.com/nuus/2013-10-05-ng-kerk-wil-stille-revolusie-uitbou
It’s an ill wind that blows noboby any good…
Somerset (Sommie) Morkel said:
Hierdie is die gees van Rome wat deurslaan vd ‘retraites’ wat die NGK-leierskap met Roomse priesters beooefen.
Dit is deel van die ‘komtemplatiewe’ meditasie wat ‘n dieper ‘geestelikheid’ en persoonlike belewenis met Jesus meebring..
Emergent Church-beweging by uitstek.
Delf in die mistiek.
Gerhard Bothma van Polokwane Bandorpark NGK is ‘n voorstander en beoefenaar hiervan.
Ek ken ‘n voormalige NGK-streekmoderator wat dit bygewoon het (Johan Pienaar, Sinode Noord) – en baie beindruk wat met die ‘geestelikheid’ vd Roomse priesters..
Hy het dit so aan die belydenisklas oorgedra waar ek teenwoordig was..
Hierdie aanbidding deur die Alg. Sinode voorgestel, is ‘n stap verder op die pad van eukumene met Rome – Kobus Gerber (Alg Sekr.) se spesialteitsgebied..
So dwaal die NGK al verder vd ware God en vd Woord vd Waarheid af weg.
David de Wet said:
Enersyds sê dit darem nie om die ikoon te aanbid nie, maar net om daarop te fokus, Daarom kan ‘n mens nie sonder meer ‘n aanklag van afgodery maak nie.
Andersyds bly dit skokkend aangesien genoem word dat dit as ‘n ikoon van die Drie-eenheid gesien kan word. Dit is duidelik teen die tweede gebod en die Kategismus wat Wynand hierbo aanhaal. Die opdrag daarby is om Gen. 12 te lees en op die ikoon te fokus, en dan die toepassing om te konsentreer op die tema “geseën om te seën”. Dit is, om die minste te sê, Post-Moderne meditatiewe godsdiensbeoefening.
Ek skryf dit met ‘n klein lettertjie, want ek kan dit nie beskou as Godsdiens nie. Ek was September 2011 by Taizé in Frankryk. Dit is ‘n sentrum van hierdie soort Godsdiensbeoefening, al is dit van Katolieke kant af. Die feit is: Protestantse en Katolieke mistisisme is presies dieselfde ding). Ek het hulle boekwinkel deurgegaan, waar daar stapels boeke oor meditasie in Frans, Engels Duits. Ek kan al drie daardie tale lees, maar ek kon nie een boek opspoor waarin enigsins na Jesus Christus verwys word nie.
Die belydenis dat Jesus die Christus is wat in die vlees gekom het (dws God en mens is) wat 1 Joh 4:2 as vereiste stel vir iemand wat sê dat hy/sy die Gees van God het, is totaal afwesig.
Ten slotte: Ek bid ernstig vir die Algemene Sinode. Dis ‘n waterskeiding wat gaan bepal of daar nog plek vir Bybelgelowiges in die kerk is. .
hierstaanek said:
Dawie, dit maak nie saak of jy dit “aanbid” of “fokus” noem nie. Dit is PRESIES waaroor die Reformasie gegaan het! In wese is dit presies dieselfde.
Kobus vd Merwe said:
Vir my is dit ook ongelooflik dat selfs die een of ander verskoning aangebied kan word.
Soos in die Psalms staan, meditasie van ‘n Christen sluit in die denke en daarom die erkening van die onderwerpe soos in die Bybel vervat.
Om te fokus is om te erken, en dit van ‘n “inkonograaf” van 500 jaar gelede??? So asof daar ‘n beroep gemaak word op die outoriteit wat ‘n “ikonograaf” blykbaar besit. As ek nou kinderkuns beoefen, word ek ook ‘n “ikonograaf” 500 jaar later??? Sal die titel dan ook gebruik word om mense te mislei?
Die paadjie wat hierdie kerk loop is ‘n gevaarlike doodloopstraat, net voor die afgrond na total verderf, en kappitel-kappitel jaag die “skrifgeleerdes” na verdoemenis en, soos ‘n ander “ikoon”, volg daar te veel mense hierdie deuntjie.
Opmerklik die frase “… as dit jou pas moet jyself dit ontdek en kyk …” komende van ‘n “skrifgeleerde” is redelik aanduidend van die gebrek van outoriteit wat aan die Skrif gegee word, en die denkrigting van genoemde “skrifgeleerde”.
Manie Taue said:
In Portugees maak hulle onderskeid tussen “adorar” – aanbid – en “venerar” – vereer. In die praktyk maak dit geen verskil nie. Dis net woordspeling wat die aanbidding van heiliges en Maria verskoon en “moontlik maak” – soos die Roomse Kategeseboek wat ek het doen, as ´n voetnota by die tweede gebod.
Deur die eeue was die Roomse verweer vir beelde en afbeeldings in die kerk, die ongeletterdheid van die gelowiges, wat net met prentjies verstaan. Dis hopelik nie waar van NG lidmate nie?
Dis verontrustend as ons geestelike waarhede uit ikone moet vind!
Grondige Bybelstudie is wat nodig is om post-modernisme se verwering van sekerhede te beveg. Ons moet weer in verwondering staan voor die dieptes van God se openbaring in die Woord. Van Genesis tot Openbaring word dit kunstig en geïnspireerd uitgespel. Ons sal meer uit Petrus en Paulus se preke en die Bergpredikasie leer as om te mediteer voor ou kunswerke, Om op die Skrif te fokus is nodig dat ons God se stem kan hoor, móét hoor.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Dawid: As jy mistieke ken, soos dit vir my klink jy wel doen, dan sal jy weet dat die lyn tussen ‘fokus op’ en afgodery taamlik dun is in die konteks van die ikonografie..
Daar is spesifiek gese dat die sinodegangers moet probeer om ‘meer van God die Vader daarin te ontdek..”
Dit is mistieke taal wat die mens subtiel intrek in die aanbidding van afgode in die prent.
Ek dink nie mens moet juis veel onderskeid maak tussen ‘fokus’ op en ‘ontdek’ en ‘aanbidding’ nie – dit kom maar by dieselfde punt uit, want ‘fokus op’ is uiteindelik die punt van aanbidding van God en gode.
So: Mens moet kyk na ‘original intent” soos in die ikonologie ingebou is..
David de Wet said:
Julle is reg. My intrpretasie was dat die term “fokus” juis gebruik is om ‘n bietjie sagter deur te kom. Maar nadat ek die video gesien het (ek is agter, ek weet nie wie die chronies fronsende voorganger is nie)is dit absoluut duidelik dat dit naakte mistisme is. Wat het tog van die Reformatiese “Sola Scriptura Sacra” geword?
Henrietta Klaasing said:
Sarel van der Merwe bestee nogal baie tyd in van sy DVDs aan hoe mistisisme en Oosterse meditasie deur dosente aan Tukkies bevorder word . Die geheul met die RKK is ook al hier op hierdie blok uitgelig – – dit was eers verbloem maar hierdie “speel op die gevoel van sinodegangers” raak nou baie erg en openlik!
Gideon Aggenbag said:
Die bg. voorganger is ds. Barnard Steyn, leraar van NG Gemeente Joubertina. Ek was 2 jaar lank (2008-2010) in die gemeente op kontrakpos met opdrag bejaardesorg. Barnard glo nie in die skeppingsverhaal van die die Bybel nie, en het selfs vir die finalejaar kategeseklas gesê dat Noag en die sondvloed ‘n blote mite is. Ek het hom (die dag nadat ek daarvan kennis geneem het) besoek en hom daaroot aangevat. Hy wou dit nie bespreek/debateer nie, maar het geweier om van sy standpunt af te sien. Net voordat ek daar gekom het, het ‘n hele klompie kerkraadslede bedank -blykbaar oor sy teologie. Onlangs het een van hierdie gewese ouderllinge vir my gesê dat hy ‘n geskeduleerde Nagmaalsgeleentheid omskep het in ‘n “pasga”. Ek ken nie die detail daarvan nie. Ek verstaan Barnard gaan nou weg uit die gemeente. Moontlik nie ‘n beroep nie. Ek moet darem sê een van die probleme om hom teë te gaan is dat hy hom altyd baie vriendelik, kalm, en bedaard gedra. Soos een gesê het: ” ‘n sagte gees”.
Omtrent die onderhawige ikoon. Barnard sê baie duidelik in die video dat die ikoon word gesien as (van links na regs) Vader, Seun en Heilige Gees. Die Israeliete het ook hulle gouekalf vir God aangesien. Dit is so eenvoudig soos dit: Die ikoon verteenwoordig God (vir hulle).
catherinah said:
Uit Eksodus 20. Jy mag geen gesnede beeld of enige gelykenis maak……. Die sinodegangers is besig met afgodsdiens, ongehoorsaam aan die God van die Bybel indien hulle sou saam gaan met wat die spreker in die video voorstel. Mens staan verstom oor hoedat persone met verstand so openlik teen God kan draai en dan in Sy Kerk! Tragies!
Mathys said:
‘n Geweldige skok toe ek gisteraand hierdie dinge lees. Dit is wanneer die sogenaamde post-modernisme, intelektualisme, nuwe-hervormisme, “slim & geleerdes” oorhand kry!!!
Alles word eenvoudig desekteer, uitmekaar gehaal, intelektueel verklaar, ens. Dis tragies!!! Dit terwyl daar in 1 & 2 Tim en Titus 6 keer gepraat word van “betroubare woord”. Ja, se die Woord ook 2Co_3:6 “wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend”. Heb_4:12 “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met ……” Die Woord is eintlik baie gevaarlik – hoor maar self by Johannes Reimer ex-KGB majoor in die Russiese Weermag. Ons het hom een aand persoonlik in ons selgroep so 10 jaar terug ontmoet ontmoet en sy getuienis aangehoor.
Jesus se by geleentheid:-
Mat_11:25 “Daardie tyd het Jesus gesê: Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het”.
Luk_10:21 “By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling”.
2Ti_3:16 “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te.
En alle wedergebore kinders van God se AMEN!
Henrietta Klaasing said:
As weergebore kind van God sê ek AMEN op jou Skrifverwysings Mathys. Ek sien daar is nie vanoggend ‘n video-tjie nie: óf daar is nie weer so “ikonies” geopen nie, óf hul het skrik gevang en hang dit liewer nie aan die groot klok nie …
jlroodt said:
Ek sien weereens dat probeer word om die waarheid relatief tot elkeen se eie verwysingsraamwerk te maak deurdat hy sê dat elkeen maar daarna moet kyk, maar hy verwag nie dat elkeen daarby aanklank sal vind nie.
God se Woord is absoluut – soos alreeds hierbo uitgewys. Daar is nie ‘n “eie” manier om die prentjie te probeer regverdig as ‘n bron van kennis oor God (die Vader) nie.
Skandelik.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Ek soek lankal na ‘n kort, effektiewe beskrywing van die proses wat in die NG-Kerk plaasvind, e hierbo verskaf jlroodt dit. Baie dankie. “…om die waarheid relatief tot elkeen se eie verwysingsraamwerk te maak..” . Daarmee stel mens God ongeskik aan jou raamwerk, i.p.v. om God se openbaring as raamwerk te aanvaar en jou daarby aan te pas – die proses van bekering.
Henrietta Klaasing said:
En die tweede vers is …. ikone en nogmaals ikone! Konstante herinnering! Sou graag wou weet WIE se breinkind hierdie ikoon-aanbidding is?
Henrietta Klaasing said:
100% Rooms … dieselfde vraag en antwoord soos dit in die Roomse kerk gedoen word
Somerset (Sommie) Morkel said:
So enkele jare gelde het ek op Facebook gepos oor die Roomse invloed in die NGK, en ‘n redelik-evangelies-konserwatiewe NG-leraar in Pretoria het my aangevat oor die ‘snert’ wat ek praat.. Ek wonder wat dink hy nou.
Anna said:
Dit is alles die invloed van vrymesselary in die NG kerk.
Anna said:
Die NG kerk se studente-geboue (waar voornemende leraars opgelei word) by die universiteit van Stellenbosch is oortrek van vrymesselary simbole wat direk uit die heidendom kom, ook kry jy van hierdie simbole in die Rooms Katolieke Kerk.
Ek kon nie langer in die NG kerk bly nie. Wanneer ek na die leraar gekyk het, het ek altyd gewonder of hy ‘n vrymesselaar is.
Dan kan ‘n mens geen twyfel hê oor ikonaanbidding wat voorkom in die NG kerk nie.
Ampie Grobbelaar said:
Anna, jy slaan die spyker op sy kop. Vrymesselary is met die AS van ,ek dink 1996, terug verwelkom in die NGK. Ons moet net vasstel, die “drie engele” is ek amper seker kom uit die Griekse afgodsdiens en is nie engele nie.Verder vermoed ek dat die vrymesselaars die AS oorgeneem het!! Die streek sinodes skop nog vas, maar onthou, die AS hoef niks van die streeksinodes se besluite te aanvaar nie. Ons groot probleem is die AS. Al wat ons kan doen is om die streek sinodes teen die AS te probeer mobiliseer.