Hierstaanek het hierdie ontvang. Die dokument waarna verwys word is hier (kliek hier).
(Brief begin)
Liewe Broer / Suster
“Die Apostoliese Geloofsbelydenis ’n Eietydse Uitleg” is ‘n dokument wat vir goedkeuring op die agenda van die Algemene Sinode van 2013 verskyn. Hierby aangeheg is ‘n kritiese evaluering van die inleidende opmerkings van die dokument, waarin die benadering van die opstellers verduidelik word.
Ek sal dit waardeer indien u nie net my evaluering daarvan sal lees nie maar die dokument self ook sal lees, sodat u ‘n ingeligde besluit kan neem.
Die dokument se skryfstyl is ingewikkeld; die vertrekpunte is verstrengeld; die gegewens en beredenering dikwels spekulatief, met ‘n oop einde in tipies post-moderne styl. Daarbenewens is die dokument baie lank. Dit is hoogs onwaarskynlik dat lidmate dit sal lees. Dit is selfs te betwyfel of die bedrywige gemeente-predikant dit sal deurwerk en bestudeer.
Vir wie is die dokument dus bedoel? Waarskynlik vir ‘n Algemene Sinode wat dit moet goedkeur, waarskynlik om daarmee die volgende doelwitte te bereik:
- Om ‘n radikaal nuwe beskouing oor die status van ‘n belydenisskrif te gee. As hierdie dokument deur die Algemene Sinode aanvaar word, sal die manier waarop ons belydenisskrifte verstaan en hanteer, vir altyd verander en sal ons waarskynlik met die res van die gereformeerde wêreld uit pas wees. Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika het reeds geweier om op grond van leerstellige verskille met die N.G. Kerk ‘n dokument van ooreenkoms te teken.
- Om nuwe en wyer interpretasies van bestaande geloofswaarhede moontlik te maak en te sanksioneer.
- Om die bindende karakter van ‘n belydenisskrif te onttroon. Daarmee is die quia-aanvaarding van die belydenis van die baan en word die weg voorberei om die Belydenis van Belhar ‘n opsionele belydenis te maak. Uiteiendelik sal alle belydenisskrifte opsioneel word met ‘n eie(tydse) interpretasie.
- Om aan die gereformeerde belydenis en identiteit ‘n wyer inklusiwiteit te gee sodat die beginsel van diversiteit tot die uiterste deurgevoer kan word.
Ek het in hierdie reaksie op die dokument slegs op die inleidende opmerkings gekonsentreer omdat die benadering van die opstellers hieruit baie duidelik blyk.
Die sake wat genoem is (en ek vermoed dat daar ook ander probleme uitgewys kan word), maak dit baie duidelik dat hierdie ‘n dokument is met soveel angels dat dit onnoembare skade, verwarring en verdeeldheid in die kerk gaan veroorsaak.
In Christus
Prof. Johan Janse van Rensburg
Henrietta Klaasing said:
Innig dankie hiervoor! Dit is met groot waardering dat mens kennis neem van iemand van prof Johan se statuur se mening, en dat dit eggo wat talle behoudendes op verskillende plekke skryf. Dit is hartseer dat hy nie meer deel is van die moderatuur nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek kry die indruk dat hy doelbewus nie gekies is nie, juis omdat hy nie skroom om onverskrokke die dwaaleringe uit te wys nie, soos in sy boek “Jesus is die Een” en in radio-debatte met onder andere Nelus Niemandt.
hierstaanek said:
Ek verwag dat hy vervolg gaan word hieroor. Bid asb vir hom!
Henrietta Klaasing said:
Met plesier bid ek vir hom Wynand. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie…. “( Ef 6:12) – hierdie “ding” is BOOS!
Jaco De Beer said:
Ek dink sy laaste punt kan ook so gestel word en beklemtoon hulle algemene benadering met alles.
“Om aan die BYBEL ‘n wyer inklusiwiteit te gee sodat die beginsel van diversiteit tot die uiterste deurgevoer kan word.”
Jaco De Beer said:
Hulle fokus en dryf is nie Jesus Chritus en God se eer nie, maar menseregte, ten koste van die eer van God. Humanisme is hul nuwe wereld beskouing.
Dan wonder mens of die Heilige Gees teenwoordig is, want Jesus het gese die Gees van die waarheid sal my verheerlik en net bekendmaak wat Hy by die Vader kry.
ria said:
Baie dankie Prof. Ons moet bid dat die gemeentelede van die NG-Kerk se oë sal oopgaan voordat God ons verdelg. Sogenaamde Christene hardloop blindelings agter valse leeraars aan omdat ons te lui is om die Bybel en die Belydenisskrifte te bestudeer en God aan te sien vir God en nie ‘n skepping van die menslike brein nie.