Kyk bietjie hier waarvoor kry NG predikante VBO punte:
http://communitas.co.za/taakspanne/vbo/kursusse/oktober2013/
Ek het twee boeke van Brennan Manning gelees: “The Ragamuffin Gospel” is nogal ‘n mooi, indien sentimentele boek oor God se genade. In retrospek is die genade wat hy verkondig goedkoop: “Genade” wat jou nie heilig maak nie maar ‘n mistisis maak.
“The Signature of Jesus on the pages of your life” is anders. Ek het die boek gekoop omdat ek gedink het dit sal gaan oor heiligmaking. Verkeerd! Manning verkondig mistisisme in die boek – die duiwel en die New Age se antwoord op die Christelike leer van heiligmaking deur die Inwonende Gees van God.
En Dallas Willard? Universalis en ‘n rou heiden, opgesmuk in pseudo-Christelikheid, soos so baie in die kerk vandag. Kyk maar hier:
Naskrif: Wie is “Communitas”?
Uit hulle dokumente:
‘n Netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en die NGK Wes-en Suid-Kaapland
Missie: Communitas begelei gemeentes in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes
Die doel van die netwerk is geleë in die missie van Comunitas: Communitas is ’n netwerk van kommissies van die VGK Sinode Kaapland en die NG Sinodes Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap wat in lyn met die sinodes se missie, kapasiteit in gemeentes bou sodat gemeentes hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit. Communitas bou kapasiteit deur begeleidingsdienste soos roepingsontdekking, bedieningsbeplanning ens in lyn met die Sinode en gemeentes se roeping.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Dit is die Nuwe Evangelie…. nie die Nuwe Testament nie.. Dit is die boodskap wat in die hart van jong predikante ingedra word, en wat veroorsaak dat hulle minder as gelowiges en meer as dwaalleraars in gemeentes vd NG-Kerk ingaan. Maar dit is nie nuut nie: Dit is net ‘n nuwe dimensie wat toegevoeg word tot die skade wat reeds oor dekades in die kweekskole plaasgevind het. Mens kan deesdae geen predikant of teoloog vd NGK vertrou nie – totdat jy weet waar hy staan. Daar is egetr hoop: Ek het beleef met enkele jong predikante dat hulle die drek wat hulle geleer het, eenkant toe skuif en die Waarheid vd Woord predik. Mens val amper op jou rug as jy dit beleef. Dit is ‘n indikasie dat die Gees vd Waarheid, die Gees van Christus, die Heilige Gees, steeds werksaam is in die harte van mense onder die geleerdes vd NGK se geledere. Die uitverkorenes sal nie in die misleiding bly nie, want God bring hulle Self uit die dwaling. Maar hulle kry soms swaar onder sommige predikante waar hulle werk in gemeentes, omdat diegene hulle posisie misbruik om sterk druk op die jongelinge te plaas. Die gees vd antiChris will nie die Waarheid vd Woord ruimte laat nie… en dit is soos Jesus gese het: “Met veel verdrukking sal julle in die Koninkryk ingaan…”
Henrietta Klaasing said:
“Jong predikante”??? NEEEEE Sommie, die koppe van die jonges word op die mees ontvanklike tyd van hul lewe deur liberale dosente op universiteite geswaai – hierdie is waar die OUER predikante “in diens opleiding” kry – so word hulle gevang, “van die wieg tot aan die graf” by wyse van spreke. SOOO vernuftig, die strategië wat bedink is om die kerk ten volle te liberaliseer en humaniseer ( by gebrek aan beter woorde)