Belangrik! Lees ook hierdie artikels oor Belhar:
- Ds Theo Danzfuss in Kerkbode oor Belhar: Die teologiese besware
- In gesprek met Ds Robert Knobel van Mosselbaai oor die teologiese grondslag van Belhar.
- My brief aan my kerkraad oor Belhar
- Belhar as opsionele belydenisskrif?
Die Belhar Lokval
Een van die belangrikste punte op die Algemene Sinode 2013 se sakelys is ‘n voorstel vir die verandering van Artikel 1 van die kerkorde om Belhar as belydenisskrif te aanvaar. Dit moet dan aan gemeentes landwyd voorgelê word. Wanneer twee derders van alle kerkrade en alle sinodes met twee derde meerderhede dit aanvaar word dit dan die nuwe kerkorde.
Belhar is op die oomblik ‘n strydpunt in die NG Kerk omdat aanvaarding van Belhar as vierde belydenisskrif die voorwaarde is vir hereniging van die NGK met die VGKSA. Maar Belhar het ernstige probleme: ‘n Groot persentasie van NG Kerk lidmate kan dit nie aanvaar as ooreenstemmend met die Woord van God nie omdat dit stel dat God op ‘n besonderse wyse die God van die armes, noodlydendes en onderdruktes is, en dat dit die leer van God se verbond en uitverkiesing uit genade alleen weerspreek.
Om die strydende groepe bymekaar te probeer hou word daar ‘n kompromis voorgestel: Maak Belhar ‘n opsionele belydenis. Die voorstel lui dus as volg:
4. Die Kerk aanvaar dat die onderskrywing van bykomende belydenisse naas die ekumeniese belydenissse en die drie Formuliere van Eenheid sonder dwang geskied.
http://www.ngkerk.org.za/AS2013/?p=18
Die Algemene Sinode 32013 se webmeester verdedig hierdie voorstel as volg (Beklemtoning is myne)
Die kerk se voorstel is dat die NG Kerk ‘n veilige ruimte sal wees vir mense wat die Belydenis van Belhar ondersteun en vir dié wat dit nie ondersteun nie. Daar word dus van albei menings in die kerk kennis geneem. Meer nog, albei standpunte word in een besluit geakkommodeer. Die kerk vra dus van lidmate wat die Belydenis van Belhar nie ondersteun nie, om dié wat dit wel doen, die reg te gee om die belydenis te bely. Die kerk vra eweneens van lidmate wat die Belydenis van Belhar ondersteun, om dié wat dit nie doen nie, die reg te gee om dit nie te bely nie.
Daar is 2 ernstige probleme hiermee: Die eerste is dat ‘n Gereformeerde belydenis per definisie Quia (omdat dit ooreenstem met die Woord van God) aanvaar word. Die quia beginsel word vasgevang in die ondertekeningsformulier van die kerk: Alle ampsdraers in die kerk verbind hulle tot die belydenis van die kerk.
Onthou dat die belydenis van die kerk ‘n eenheid vorm. Sodra een gedeelte van die belydenis “opsioneel” is, is die Quia beginsel vernietig.
Die tweede probleem is egter dit:
Vir die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid Afrika is Belhar nie opsioneel nie.
Kyk wat skryf van Rooi in 2007
Die Belydenis van Belhar (Belhar) het ’n onlosmaaklike en regmatige plek gevind binne die teologie van die familie van NG Kerke. Dit is (her)bevestig met die wording – en wese – van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) en (het) gebeur op meer as een manier. Enersyds het Belhar op hierdie dag ’n amptelike plek gekry in die teologiese grondslag van die VGKSA en wel as vierde amptelike belydenisskrif. So het die verhaal, die identiteit, die teologiese aard van die VGKSA op meer as een manier ’n nuwe fase betree. Andersyds – en
inderdaad gelyk hiermee – het hierdie kerk ’n nuwe kerkorde aanvaar, gebou op Belhar, waardeur haar nuutgevonde eenheid vergestalt is. Op grond van die Skrif het hierdie kerk vir die eerste keer ’n kerkorde daargestel wat gestalte gee aan wie sy is. Op hierdie manier het die VGKSA vas bly staan in haar gereformeerde identiteit, getrou aan haar Bybelse karakter, en in lyn met die gereformeerde tradisie ook haar kerkorde gebou op haar belydenisskrif(te). Terselfdertyd het die
VGKSA, wat haar ekklesiologiese opbou betref, ’n nuwe rigting ingeslaan en so finaal weggebreek van ’n geskiedenis van onderdrukking en oorheersing. Die basis van hierdie bevryding kan gevind word in die Skrif en daarom het dit as produk ’n Skrifgefundeerde Belydenis (Belhar), die volgehoue strewe na kerklike hereniging en dan veral binne die familie van NG Kerke, asook ’n kerkorde wat getuig van hierdie skriftuurlike bevryding en wat op grond hiervan uitgaan vanuit breër beginsels. Daarom kan daar inderwaarheid gesê word dat die VGKSA bevry is om juis dit wat sy bely, te beliggaam. Om dit te verstaan, moet daar gelet word op die historiese konteks van die VGKSA.
http://belydenisvanbelhar.co.za/wp-content/uploads/2011/11/ngtt_v48_n3_4_a33.pdf
Gaan Belhar opsioneel bly wanneer die NG Kerk aansluit by die VGKSA?
Die antwoord is: Dit is ondenkbaar.
Mens moet aanneem dat die “opsionele” aanvaarding ‘n lokval is wat bedoel is om mense aan boord te kry sodat kerkhereniging kan voortgaan.
Die “opsionele” aard van Belhar sal duidelik tydelik wees.
Dus: Indien jy glo dat God slegs op ‘n besonderse wyse die God van die uitverkorenes is, en dat dit niks met hulle finansiële, sosiale of politieke status te doen het nie: Loop lig!
Henrietta Klaasing said:
Opmerking 1: ‘n Mens wonder wat die Kerkorde van die VRKSA sê aangaande die verander van belydenisse, en watter prosesse gevolg is om Belhar as belydenisskrif bygevoeg te kry.
Opmerking 2: As ek Rooi se skrywe reg verstaan, is die fondament van die VRKSA se Kerkorde Belhar, en word hier gesê dat Belhar ‘n bevrydingsgeskrif is. Mense wat dus sê dat Belhar nie gewortel is in die bevrydingsteologie nie, is verkeerd.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Dit is inderdaad tragies wanneer mens by so ‘n stadium gekom het dat ‘n instansie soos hierstaanek NG-Kerklidmate moet waarsku teen ‘n ‘lokval’ of ‘set’ (my byvoeging) m.b.t. ‘n belydenis wat ter sprake is vir aanvaarding by die komende Alg Sinode.
Hoe ver het die NGK geval dat ons nou al daar is?
Hoe is haar geestelike integriteit nie al onder verdenking nie…!
Lidmate vd NG-kerk het oor die algemeen geen idee wat die “Quia” versus “Quatenus”-beginsel behels nie, en sal behoorlik ingelig moet word, anders lyk dit vir hulle maar net na ‘n beklemtoningsverskil, i.p.v. ‘n wesentlike betekenis-verskil met verswaarde implikasies.
Dit word goed uiteengesit in die Lutherse “Book of Concord” soos volg: ”
Lutheran church bodies and Lutheran individuals that identify themselves as confessional hold to a “quia” (Latin for “because”) rather than a “quatenus” (Latin for “insofar as”) subscription to the Book of Concord. Quia subscription (the Book of Concord is adhered to because it is faithful to the Scriptures) implies that the subscriber believes that there is no contradiction between the Book of Concord and the Scriptures. Quatenus subscription (the Book of Concord is adhered to insofar as it is faithful to the Scriptures) implies that the subscriber leaves room for the possibility that there might be a contradiction of the Scriptures in the Book of Concord in which case the subscriber would hold to the Scriptures against the Book of Concord.[10] Some Confessional Lutherans maintain that this distinguishes them from other (“mainline”) Lutheran bodies and Lutherans, who, they believe, hold to a quatenus subscription.”
Liberale kerkgenootskappe onderskryf ‘quetanus” m.b.t. die Bybel as Woord van God.
Bybelgetroue kerke onderskryf “Quia”.
Die NGK is op pad om amptelik ‘n “quetanus”-kerk te word indien Belhar as vrye-keuse-belydenis op die komende Alg Sinode aanvaar word.
Dan is die NGK NIE meer ‘n Bybelgetroue kerk nie – en wel amptelik so..
Dan is dit ‘n leuen om te wil verklaar op die komende Alg Sinode dat die NGK die Bybel aanvaar as die “onbetwisbare… geinspireerde Woord van God”.
Die NGK word derhalwe wetens of onwetend, ‘n kerk vd leuen, en kan dan nie meer kerk van Christus wees nie, omdat Hy die Waarheid IS.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Die liberale leierskap vd NG-Kerk het ‘n fout gemaak om die Belhar-belydenis deur te voer vir aanvaardings-aanbeveling by die komende Alg Sinode.
Die rede is dat hulle as kerk gebuig het voor ‘n politieke beginsel wat ten grondslag le vd Belhar-belydenis.
Vir die grootste gedeelte is die belhar-belydenis wel ‘n goeie ‘Christelike’ dokument in die lig van SA se geskiedenis, ook kerklik.
Mens kan groot dele daarvan onderskryf.
Maar die probleem is drieledig:
1. Dit formuleer in die aanvaarbare dele standpunte wat onnodiglik tot status van belydenisskrif verhef moet word, omdat dit reeds verwoord is in die bestaande belydenisskrifte vd Kerk oor die eeue.
2. In sy standpunt oor die armes kom die ware (politieke) gees vd belydenis na vore: God is eenvoudig NIE “in besonder die God vd Armes” nie. Hy is die God van Sy kinders, ryk en arm. Hier slaan die rewolusionee teologie vd opstelelrs vd belhar-belydenis deur. Die Allan Boesaks en die Thias Kgatles kom hier aan die woord in hul politieke sienswyses – en dit is nie suiwer nie..
3. Die feit dat die bg kerkleiers kerkeenheid onderhewig maak aan die aanvaarding vd Belhar-belydenis deur die NGK, is onchristelik, want:
3(a) Dit is ‘n dwangformule.
3(b) Dit is ‘n rewolwer-voor-die-kop benadering.
3(c) Dit is manipulasie.
3(d) Dit is polities-georienteerd en nie waarheids-georienteerd nie.
3(e) Dit is ‘n onsuiwere formulering om te gebruik as ‘n vaste belydenis binne ‘n konfessionele kerk (‘n kerk wat op die belydenisse staan).
En die NGK se leeirskap het daarvoor geval.
Die NGK wil nou ‘n vermenging van konfessie en keuse voorstel.
Heeltemaal tereg, stel ‘hierstaanek’ dit: Dit kan nie…
Daarom stem ek saam dat hierdie beweging in die NGK, ‘n slenter is om ongekunstelde en onkundige lidmate om die bos te lei.
Dit skree van ‘n gebrek aan geestelike integriteit en dui op ‘n manipulasie-gees wat NIE waarheidsgebaseerd is nie.
Dit bring die glybaan na ‘n vals kerk weer sterker in die kollig – en die NGK bevind hom daarop.
By God is alles moontlik, en Hy kan die NGK omdraai van sy dwaalweg onder die huidige liberale moderatuur, maar as mens, dink ek, dat die NGK onherroeplik skade gely het en verder tydens hierdie Alg Sinode sal skade ly.
(Openb. 18:4) “En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”
Die pad is nie meer lank nie, dan sal die ware kinders van God in die NGK gehoor moet gee aan God se oproep..
Eckard Briedenhann said:
Help my asb. Wat is fout daarmee om te se jy aanvaar ‘n belydenisskrif in soverre dit met die Woord van God ooreenstem? So ‘n stelling impliseer mos dat jy die dele wat nie met die Woord van God ooreenstem nie verwerp. Dit lyk vir my in my eenvoud of die problem eerder daarby le dat ‘n belydenisskrif in lyn met die Woord van God moet wees, anders kan dit nie ‘n belydenisskrif wees nie, en blykbaar, volgens die meer kundiges hier, is dit nie in lyn met die Woord in alle opsigte nie, en daarom kan dit nie as belydenisskrif aanvaar word nie, ongeag of die aanvaarding ‘quai” of ‘quetanus’ is.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Eckard: ‘n Kerk is veronderstel om eenduidig is sy belydenis te wees, juis omdat kerk van Christus vir die Waarheid moet staan. ‘n Belydenis wat onder die kerk se naam staan, en met die caveat gemerk word dat dit oop is vir lidmate vd kerk om te aanvaar of nie, is nie ‘n belydenis vd kerk nie en is nie in ooreenstemming met die eenduidige Skrif-basis nie.. Dit het dus die kleur van laer-orde-status waaroor daar nie sekerheid is nie. Dit kan nie ‘n ware kerklike belydenis wees nie. Dit is soos om te se “Ek aanvaar die Bybel, maar behou die reg voor om sekere dele te verwerp”. Die kerk kan nie dubbelsinnig wees nie. Die ware kerk kan nie met ‘n voetnoot verduidelik dat die betrokke belydenis dalk nie die volle waarheid vir alle lidmate bevat nie en oop is vir aanvaarding aldan nie vir wie ookal wat wat wil besluit nie. Dit is verwarrend en is nie ‘n vaste basis nie. Dit is dus nie waarheid nie. Waarheid moet in die Skrif bevestig kan word. Sonder ‘n vaste basis is iets nie ‘n belydenis-konfessie nie. Een stuk belydenis wat ‘n keuse-vryheid (en gepaardgaande spyskaart-mentaliteit) meebring, kontamineer ook die ander belydenisskrifte sodanig dat dit moeilik is om daarna te handhaaf dat nie ‘n algehele keusevryheid ontwikkel nie. Mens kan nie van 4 belydenisskrifte een uitsonder en bv predikante in hul ampseed die reg gee om dit te weier nie. Dit word onsinnig. Dit is dan in der waarheid waarheidsondermynend.
hierstaanek said:
@ Ekhard
1) Ons glo nie in ons belydenisskrifte nie. Ons bely in ons belydenisskrifte wat ons glo.
2) Omdat ons bely wat ons glo, verklaar ons dat dat ons belydenisskrifte ooreenstem met die Woord van God.
3) Indien ‘n belydenisskrif nie 100% die leer van die Bybel verkondig nie, kan ons dit dus eenvoudig nie as belydenisskrif aanvaar nie.
4) Die doel van ‘n belydenisskrif is drieerly:
— Dit is ‘n verkondiging van die evangelie aan die verloregaande wêreld.
— Dit is ‘n oproep aan ander in die liggaam van Christus wie se leer onsuiwer is om die Bybel reg te interpreteer. Onsuiwer leer, al lei dit nie tot die verderf nie, is gevaarlik: Paulus sê in 1 Korinthiers sulke mense word gered asof deur die vuur heen.
— Dit is seker die belangrikste werktuig om dwaalleer uit die kerk te hou en so gehoor te gee aan Jesus se duidelike opdrag om die kudde teen wolwe in skaapsklere te beskerm.
‘n Opsionele belydenisskrif is geen belydenisskrif nie omdat dit op al hierdie vlakke absoluut faal. Dit is die Quia beginsel
En as jy een deel van die belydenis opsioneel maak, soos ‘n nuwe belydenisskrif (Belhar) of Artikel 12 van die NGB (die bestaan van dei duiwel) vernietig jy die Quia beginsel. Die kerk is dan oop vir enigiemand om te verkondig wat hy wil.
Henrietta Klaasing said:
Brief in Beeld vandag:
http://www.beeld.com/opinie/2013-09-20-brief-belhar-is-wel-n-stok-om-mee-te-slaan
Henrietta Klaasing said:
Volgens die navorsing wat deur Van Rooi gedoen is, het die VGKSA Belhar in 1994 nie net die basis gemaak van hulle kerkorde nie, maar ALREEDS as ‘n vierde belydenisskrif aanvaar. Hier is die inlyding tot sy artikel:
On the 14 th of April 1994 the eagerly awaited unification between the former Dutch Reformed Mission Church in South Africa (DRMC) and the Dutch Reformed Church in Africa (DRCA) was validated. This had as result the coming into being of the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA). The unity of this church is built on a new church order which attempts to express the liberating character of the Belhar Confession (Belhar). THIS MEANS THAT THE CHURCH ORDER OF THE URCSA CAN BE SEEN AS AN EMBODIMENT OF BELHAR AND AS A LIBERATING EXPRESSION OF THE BROADER ECCLESIOLOGY OF THE URCSA. Therefore this article will review the relation between Ecclesiology, church orders and confessions whillst specifically looking into the church order of the URCSA giving special attention to the relation between this church order and the Confession of Belhar.
Die skakel na die artikel is hier bo gegee.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Hier is ‘n kritiese artikel oor Belhar deur Clayton Spronk (Pastor vd Peace Protestant Reformed Church in Lansing, Illinois, VSA).
Hy verwys in die artikel na Kevin de Young se artikel en ‘link’ dit ook..
Moderator-lid dr Johann Ernst (Aktuarius) het in ‘n Facebook-debat ‘n ruk gelede (voordat die NGK ‘n paar van ons geblok het op Facebook se Kerkbode blad asook die NGKerk se blad) dit gestel dat Kevin de Young nie die kennis het en daarom nie die reg het om hom uit te spreek oor die NGK nie omdat hy net 5 dae in SA was…(!)
Hy het ook bygevoeg dat ons kritiek op die NGK spreek daarvan dat ons nie die vrug vd Gees het nie…(!).
By implikasie dus: As jy die NGK kritiseer, is jy buite God se wil…
As jy die NGK dus NIE kritiseer nie, het jy die vrug vd Gees..
Mens wonder hoe mense soos dr Ernst dink dat inligting vandag vesprei word en hoedat mense binne korte bestek van tyd toegang het tot eerstehandse inligting via die internet en via mense wat direk in die situasie staan en direk daamree te doen het.
Of hy is naief, of hy wil die liberale inslag vd NGK se leierskap (waaroor dit op daardie stadium in die debat gegaan het) probeer verdedig deur ons aan te val.
Kevin de Young is in die RCA-Reformed CHurch of America, en hy ken dus die gereformeerde tradisie.
Dit is naief om te dink hy sien nie in wat aangaan nie.
In plaas daarvan dat hulle deeglik kennis neem van wat hy se, val Johann Ernst mense aan wat weet wat aangaan in die NGK, maar wat natuurlik ongemak veroorsaak met hulle standpunte en met hul uitwys vd liberalistiese rigting waarin die NGK getrek word onder die huidige leierskap – waarvan hy ‘n prominente deel is.
Ons kon nie verder debatteer nie omdat ons direk daarna geblok is op alle openbare NGK-forums.
Asof dit die boodskap sal keer wat uitgaan dat die NGK vinnig besig is om hom oor te gee aan die dwaalweg van misleiding..
Liza-Nel said:
Dit laat my dink aan Zuma se onlangse “patriotic reporting” – jy mag geen kritiek lewer nie, want dan is jy onpatrioties en negatief, steek eerder jou kop in die sand en maak asof alles hankiedorie is.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Inderdaad.. Een vd dae glo hulle ook aan Zuma se ‘doop’ – onder die stort..
Somerset (Sommie) Morkel said:
http://rfpa.org/blogs/news/9207655-synods-and-general-assemblies-the-reformed-church-in-america-part-3
Somerset (Sommie) Morkel said:
In die volgende tyd tot en met en ook na die Alg Sinode in Oktober sal mens waarskynlik baie hoor wat die NGK se leierskap te se het oor kritiek op die kerk… en dit is goed om te weet wat om hulle te antwoord: http://5ptsalt.com/2013/09/18/qa-naming-names/
Somerset (Sommie) Morkel said:
Aanhaling uit bg stuk: ” …erroneous doctrine, or heresy, has grave doctrinal implications. It can mislead to the point of deceiving those who think they are saved when they are not, or cause them to present the Gospel to others something that is not the Gospel at all. If erroneous doctrine is proclaimed publicly, it should be called what it is publicly and the Church at large warned of it…”
Somerset (Sommie) Morkel said:
UItstekende stuk oor doktrinere verskille in die kerk – en wie die meeste skade aanrig… http://5ptsalt.com/2013/09/26/one-way-to-destroy-a-local-church/ … ‘n Aanhaling uit die artikel: “Sometimes, the greatest harm, individually and corporately, comes from those who are playing the peacemaker. More specifically, the ones who are doctrinally indifferent. Peace and love among the brethren, unity. It’s almost a Rodney King style of thinking: “Can’t we all just get along?”
The problem here, and it is one way to quickly destroy a local church fellowship, is doctrinal indifference. It’s not loving. It’s cowardice. It’s also sinful…”
Henrietta Klaasing said:
Sinode aanvaar met ‘n groot meerderheid dat die volgende voorstel vir artikel 1 na die kerkverband toe kan gaan vir goedkeuring.
Kerkorde Artikel 1:
1. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.
2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.
2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie.
3 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ʼn uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.
jan vermaak said:
Ons het met fundamentele oneerlikheid te doen in die NGK. Jare terug is daar n stemming gehou oor Belhar en 80% van die lidmate het daarteen gestem. Die resultaat is nooit bekend gemaak nie en daar is besluit om met n ompad weer by Belhar uit te kom. Wat ek nie verstaan nie is die begeerte by n liberale minderheid om die NGK te transformeer en op dieselfde pad te plaas as die res van die tuimelende land. Hoekom? niemand dwing ons nie.Waarom bly die Jode getrou aan die Sinagoge en niemand probeer om dit oop te maak vir Moslems nie.Die Afrikaner het bemoediging soos nooit tevore nodig gehad na 1994 nie en toe draai die NGK sy rug op ons in plaas van om arm versukkelende Afrikaners te help wat hulle werk verloor het deur regstellende aksie en gruwelike diskriminasie.Is dit nie dan reg dat mense met hulle voete stem en in groot getalle die kerk verlaat nie.Waarom het van die predikante nie die moed van hulle oortuiging om soos die verbong van Hervormde gemmentes hulle rug op die NGK te draai nie?
In die ooste van pretoria is kervernuwing sinoniem met die afbreek van preekstoel en die bou van n verhoog waar rooi dromme en ghitare pruik. Dit is nou geestelike vernuwing!!!
Ons as NG mense moet hierteen in opstand kom. Waar is die dominees?