Die artikel “Belhar verwerp ‘terugkeer na verlede’” van 23 Augustus 2013 in BEELD het betrekking.
http://www.beeld.com/nuus/2013-08-23-belhar-verwerp-terugkeer-na-verlede
Ek haal aan: “Niemandt meen as die NG Kerk Belhar sou verwerp, sal dit wyd gesien word as ’n terugkeer na apartheid.”
Prof Niemandt beweer dus dat dié wat Belhar verwerp as rassiste gesien sal word? Is dit nie afpersing nie?
Daar is baie mense wat glo dat Belhar nie ooreenstem met die Bybel nie omdat Belhar beweer dat God op ‘n besonderse wyse die God van die armes, noodlydendes en verontregtes is. Alhoewel die Bybel dit duidelik stel dat God omgee vir die armes en hulle lief het (Hy het Sy enigste Seun vir hulle gegee!), is die Bybel ook ondubbelsinnig daaroor dat alle mense in sonde ontvang en gebore is, van nature geneig is om God en hulle medemens te haat en daarom van nature onder die heilige toorn van God staan. Dus: Of jy nou arm of ryk is, of jy onderdruk of onderdruk word, elke mens is ’n vyand van God totdat God jou wederbaar op grond van Sy onbeskryflike genade deur die kruisdood van Jesus Christus.
Dus is alle armes, net soos alle rykes, vyande van God totdat Hy deur die wedergeboorte op ‘n besonderse wyse hulle God word.
En dit het niks te doen met hulle finansiele of politieke status nie.
Prof Niemandt, is ek ’n rassis omdat ek die Bybel op ‘n Gereformeerde manier interpreteer? Glo u werklik die Sinode van Dordtrecht sou nie met my saamstem nie?
Prof Niemandt, u insinuasie dat ek ’n rassis is is kwetsend. Dit maak seer.
Belhar verwerp ‘terugkeer na verlede’
As die NG Kerk finaal sou nee sê vir die Belhar-belydenis, sal dit baie sleg wees vir lidmate vir wie dit reeds ’n belydenis is, het prof. Nelus Niemandt, moderator, gesê.
Op ’n vraag oor watter scenario oor die kerk se hantering van Belhar hom laat wakker lê, het Niemandt verwys na diegene wat ontuis kan voel in die NG Kerk as die kerk Belhar sou verwerp.
Hy dink aan die kerk as ’n tuin wat groei. Saad word gesaai, maar alles kom nie ewe gou op nie. Party kom glad nie op nie. Die Belhar-saad het in dele van die kerk, soos die Wes-Kaap, goeie, vrugbare grond gevind, maar op ander plekke nie.
Daar is mense wat voel hul omhelsing van eenheid, versoening en geregtigheid soos dit in Belhar verwoord word, bevry hulle van die verlede en maak ’n toekoms vir hulle oop. As die kerk Belhar nie aanvaar nie, kan hy voorsien dat daar gemeentes sal wees vir wie hul verhouding met ’n bruin buurgemeente wat Belhar onderskryf belangriker gaan wees as dié met ’n plattelandse gemeente ver weg wat Belhar verwerp.
Niemandt meen as die NG Kerk Belhar sou verwerp, sal dit wyd gesien word as ’n terugkeer na apartheid. Baie gemeentes en lidmate wat reeds positiewe besluite oor Belhar geneem het nie, sal moeilik daarmee kon saamleef.
Hy vra van lidmate ’n ruimhartigheid teenoor mense met ander sienings as hul eie. Daar is in die kerk genoeg wat mense wat hieroor verskil, steeds saambind, het hy gesê. – Neels Jackson
Henrietta Klaasing said:
Daar is seker min NG lidmate wat nie onthou dat daar vir die idee dat apartheid “reg” was volgens die Bybel oor en oor vergifnis gevra moes word nie – met al die emosies wat hierdie saak deur die jare opgeroep het.
Ek het ook die idee gekry by die lees van hierdie stuk dat daar op mense se gevoelens gespeel word deur hierdie “apartheids-kaart” te speel. Ek twyfel egter of daar veel lidmate is wat hiervoor gaan val – “Been there, done that, got the T-shirt” of soos my een kleindogter so graag sê: “BORING”!
Liza-Nel said:
As prof Niemandt die rassekaart wil speel impliseer hy mos daarmee dat Belhar wel ‘n politieke dokument is.
hierstaanek said:
Hehehe! Volpunte Liza! 🙂
jacosteyn2013 said:
@Liza-Nel. ʼn Goeie vraag is natuurlik of daar ʼn onoorbrugbare kloof is tussen godsdiens en die politiek. Heelwat NG teoloë is en was nog altyd lief daarvoor om voor te gee dat hul uitsprake absoluut niks met die partypolitiek (of met hul eie finansiële status en “goeie naam”) te doen het nie. Ek het voorheen al dikwels verwys na die politieke aard van die Belhar-belydenis. Die “bottom line” is egter dat die NG Kerk-leiding nog altyd napraters was van regeringsbeleid…
Henrietta Klaasing said:
Ouens wat hier lees, kan gerus ook die interessante debat hier lees:
http://www.ngkerk.org.za/AS2013/?p=18
“Enige konstruktiewe voorstel om dít reg te kry, sal ons vorentoe help. ANDERS GAAN ONS DOODGEWOON AL HOE MEER IN VERSKILLENDE KAMPE INGEJAAG WORD, EN DIE EENHEID VAN DIE GELOOFSGEMEENSKAP SKADE LY. “ – volgens die “webmeester” daar.
Myns insiens is die deel in hoofletters ‘n eufimistiese stelling vir KERK-SKEURING.
Henrietta Klaasing said:
So wonder ek nou in my sondigheid: Is hierdie pogings om
*kerk-skeuring te voorkom: of
*polities-korrek te wees?
Waar is “om gehoorsaam te wees aan die Here”?
Henrietta Klaasing said:
Wynand jou laaste plasing vandag op bogenoemde webblad van die AS is so duidelik , selfs ‘n laer skool kind behoort dit te verstaan. Baie dankie daarvoor.
hierstaanek said:
Henrietta
Ek katenpyst dit hier:
So 2013 se Algemene Sinode moet ‘n voorstel vir 2015 se Algemene Sinode opstel…
Ek vra om verskoning, ek het die proses verkeerd verstaan. Nou dat ek die inleiding weer lees verstaan ek dit reg. Vergewe my asb die ongerief wat ek veroorsaak het.
Wat die quia vs quatenus probleem betref, wil ek graag eerbiedig van jou verskil.
Die oomblik as die belydenis opsioneel is, as lidmate dit kan aanvaar “in soverre (hulle glo) dit ooreenstem met die Woord van God” is die belydenis nie meer die papier werd waarop dit geskryf is nie.
Self al maak mens net een deel van die belydenis opsioneel en die res nie, het mens nog steeds ‘n presedent geskep wat die quia beginsel vernietig.
Kan ons die belydenisgrondslag van ons kerk so ondergrawe net ter wille van organisatoriese eenheid? Natuurlik. Maar is dit wenslik?
Die doel van die Sinode van Dordrecht was om die probleem van Arminianisme aan te spreek, en dit het met opset mense in kampe gejaag wat vandag nog bestaan. Die mure wat deur Dordt gebou is staan vandag nog tussen ons en die AGS. Was dit ‘n goeie ding? Absoluut, want Arminianisme doen afbreek aan die Evangelie en aan die eer van God. Is Arminiers broers en susters in Christus? Absoluut, maar juis omdat ons die grens tussen ons het (die Dordtse leerreëls) is dit moontlik vir ons om ‘n getuienis aan hulle te wees, om hulle op te roep tot ‘n suiwerder verstaan van die Evangelie en die eer van God. Ons belydenis is dus nie net ‘n kragtige getuienis na die verlore wêreld nie, dit is ook ‘n NOODSAAKLIKE getuienis na dié deel van die liggaam van Christus wie se verkeerde verstaan van die Bybel hulle verhouding met God negatief beinvloed.
Onthou dat die liggaam en bruid van Christus, die Kerk, in elk geval absoluut ontologies REEDS een is, ten spyte van belydenis verskille!
Daar is mense wat ‘n ernstige probleem het met die sin “…dat Hy in ‘n wêreld vol onreg en vyandskap op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is…” En dit is nie net hier in Suid Afrika nie maar ook in die Reformed Church of America, wat reeds Belhar aanvaar het. Alhoewel die Bybel dit duidelik stel dat God omgee vir die armes en hulle lief het (Hy het Sy enigste Seun vir hulle gegee!), is die Bybel ook ondubbelsinnig daaroor dat alle mense in sonde ontvang en gebore is, van nature geneig is om God en hulle medemens te haat en daarom van nature onder die heilige toorn van God staan. Dus: Of jy nou arm of ryk is, of jy onderdruk of onderdruk word, elke mens is ’n vyand van God totdat God jou wederbaar op grond van Sy onbeskryflike genade deur die kruisdood van Jesus Christus.
Dus is alle armes, net soos alle rykes, vyande van God totdat Hy deur die wedergeboorte op ‘n besonderse wyse hulle God word.
En dit het niks te doen met hulle finansiele of politieke status nie.
Die probleem is dat sodra God se guns gekoppel word aan maatskaplike of politieke status, die deur wyd oop gegooi word vir bevrydingsteologie, wat onverenigbaar met ons belydenis is. En dit trek ‘n streep deur die Dordtse leerreëls, wat getuig dat ons op grond van God se ewige raadsplan (en beslis NIE op grond van sosiale of politieke status nie) in ‘n besonderse verhouding met Hom tree.
Wat hierdie voorstel lidmate vra om te doen is om te kies tussen die vernietiging van ons belydenisgrondlag (die quia beginsel) en ‘n belydenisskrif wat ons in elk geval nie quia kan aanvaar nie.
My konstruktiewe voorstel: Die oplossing is om Belhar te verander sodat almal dit quia kan aanvaar, of om dit eenvoudig uit die kerk se belydenis te hou. Hierdie voorgestelde kompromis gaan vernietigende gevolge hê as dit deurgevoer word.
jacosteyn2013 said:
Ek het so pas hierdie kommentaar gelewer op die Facebook-blad van die NG Kerk, n.a.v. ‘n gesprek oor “Aanbeveling van ASM vir Kerkorde artikel 1” : “Dit wil voorkom asof die NG Kerk-leiding vasgevang is tussen ‘n ‘rock’ en ‘n ‘hard place’. Aan die een kant probeer hulle om ‘op ‘n slinkse manier’ die Belhar-belydenis ‘by die agterdeur in te kry’ ter wille van moontlike eenwording met ander kerke, terwyl hulle aan die ander kant besef dat die aanvaarding van ‘n voor die hand liggende politieke dokument, heelwat ‘behoudende’ blanke kerklidmate van die NG Kerk sal vervreem…”
Henrietta Klaasing said:
Jaco, jy en ek het al op ander plekke en oor ander sake van mening verskil, maar in hierdie opsig moet ek met jou saamstem. Die NGK-leiers is totaal uit voeling met die hoofstroom lidmate. Vir jare al maan “behoudendes” ( in die sekulêre media, in die Kerk se eie mondstukke, in boeke, op blogs en vele ander plekke ) dat hulle op ‘n DWAALspoor is. Die leiers is tussen die duiwel en die diep blou see ( jammer oor die Anglisisme, maar dit pas nogal hier) deur HUL EIE TOEDOEN: omdat hulle hul ore nou al jare lank toedruk (by wyse van spreke) vir hierdie waarskuwende “stemme”. Verder ( en dit is waarskynlik die oorsaak van die huidige dilemma) het van die suidelike streeksinodes die kar voor die perde gespan en word Belhar ALREEDS as ‘n volwaardige belydenisskrif in sommige gemeentes daar gebruik. Dit is “ongrondwetlik” ten opsigte van die Kerkorde – nou moet hierdie ou foutjie reggestel word. Wat hulle gedink het is “een stapje naar vore” is nou in werklikheid “tien stappen terug”.
Henrietta Klaasing said:
Vergeet om te sê Jaco, dat ek geblok is op my eie kerk se FB-blad, so ek is bly ek kan jou hier ondersteun want ek kan dit nie daar doen nie!
jacosteyn2013 said:
@Henriëtta. Alhoewel ons “hemelsbreed” van mekaar verskil wat ons geloofsoortuigings betref, het jy nog altyd respekvol aan debatte met my deelgeneem. Ek is dus baie verbaas dat jy geblok is op die NG Kerk se FB-blad. Dalk het die NG Kerk en die regering meer met mekaar in gemeen as net hul verbeelde “oorlog teen misdaad” – miskien ook hul voorliefde vir diktatoriale optrede en minagting van vryheid van spraak?
Henrietta Klaasing said:
Jaco, ek is nie vanweë “ swak internet-etiket” daar geblok nie maar omdat ek Dr Wynand Louw daar ondersteun het in sy saak aangaande Dr Ben du Toit se dwaalleer ( terloops, hy is ook daar geblok). Ja, beslis “minagting van vryheid van spraak” – terwyl hulle oral hoog opgee oor “oop gesprek”!!
kats111 said:
Wie mag nog praat op die NG Kerk se fb-blad lol?
Henrietta Klaasing said:
Skielik onthou ek van ‘n berig in ‘n RAPPORT in 2011 – reeds daar het ander lidmate ook al ‘n vraagteken geplaas aangaande die WYSE waarop die leierskap die Belhar-kwessie aanpak ( ek dink dit is in daardie tyd ook op hierdie blog geplaas):
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/NG-ring-vaar-uit-oor-kerk-se-Belhar-besluit-20111029
Henrietta Klaasing said:
Lees gerus ook hier:
http://www.bybelwaarheid.com/index.php/artikel-lys/26-apologetiek/219-die-keiser-het-dan-nie-klere-nie.html
jacosteyn2013 said:
@Henriëtta. Ek hou van hierdie insiggewende kommentaar op die “Bybelwaarheid” webblad: “Diegene wat Belhar so op die voorgrond druk, se argument is dat dit nie polities gemotiveerd is nie. Tog is [prof. Nelus] Niemandt se eintlike groot bekommernis dat die verwerping as ‘n politiese nederlaag sou beskou word! Is die keiser toe uiteindelik sonder klere gevang! Gaan die aanvaarding van Belhar dan al die politiek van die verlede regmaak? Moet ons dit nou aanvaar omdat die verwerping ons sogenaamd weer in apartheidsgewaad gaan kleë? … Hiermee sê hy dus eintlik dat alle kritiek teen die Belhar dokument ter wille van polities korrekte skuif opsy geskuif moet word.”
Henrietta Klaasing said:
Wynand se brief in BEELD vandag:
OPSKRIF: Maak dié Bybelvertolking my ’n rassis?
Die berig “Belhar verwerp ‘terugkeer na verlede’ ” (23 Augustus) het betrekking. Ek haal aan: “(Prof. Nelus) Niemandt meen as die NG Kerk Belhar sou verwerp, sal dit wyd gesien word as ’n terugkeer na apartheid.”
Prof. Niemandt beweer dus dat dié wat Belhar verwerp as rassiste gesien sal word. Is dit nie afpersing nie?
Daar is baie mense wat glo dat Belhar nie ooreenstem met die Bybel nie omdat Belhar beweer dat God op ’n besonderse wyse die God van die armes, noodlydendes en verontregtes is.
Hoewel die Bybel dit duidelik stel dat God omgee vir die armes, is die Bybel ondubbelsinnig daaroor dat alle mense in sonde ontvang en gebore is.
Dus: Of jy nou arm of ryk is, of jy onderdruk of onderdruk word, elke mens is ’n vyand van God totdat God jou wederbaar op grond.
Prof. Niemandt, is ek ’n rassis omdat ek die Bybel op ’n Gereformeerde manier interpreteer?
http://www.beeld.com/opinie/2013-08-25-maak-di-bybelvertolking-my-n-rassis
Liza-Nel said:
Die hele Belhar affêre herinner my aan ‘n artikel wat ek gelees het oor die opkoms van kulturele Marxisme, ook genoem politieke korrektheid. Die aanhangers van hierdie post-Marxistiese linkse beweging blameer die middelklas gemeenskappe vir euwels soos rassisme, seksisme en homofobie. Dit poog om die onregte van die verlede reg te stel en spesifiek daardie onregte wat geblameer kan word op ʼn Wit-Christendom en Indo-Europese beskawing. Sterk klem word gelê op die behoefte aan versoening, veral van diskriminerende groepe om onvoorwaardelik eensydig te versoen met diegene wat as historiese slagoffers voorgehou word en dit onophoudelik uit te leef as boetedoening vir een of ander “Westerse-sondeval”.
jacosteyn2013 said:
@Liza-Nel. Een van die hoofdoelwitte van magte “agter die skerms” wat ideologieë soos Kulturele Marxisme en feminisme gebruik, is om uiteindelik ontslae te raak van ʼn té prominente middelklas. Hulle beoog om ʼn samelewing te hê bestaande uit ʼn magtige elite en ʼn arm en onderdrukte massa oningeligtes. Daardie duistere magte het uitstekend daarin geslaag om die (hoofsaaklik blanke) middelklas in Suid-Afrika toenemend te verdeel en te marginaliseer. Jy sal dalk grootliks saamstem met my nuutste artikel (http://jacosteynblog.wordpress.com/2013/08/09/die-sosiale-gevolge-van-die-aanvaarding-van-sekulere-lewenswaardes) i.v.m. die nadelige gevolge van sekulêre lewenswaardes.
Henrietta Klaasing said:
Daar is ‘n hele paar nuwe kommentare op die AS se blad waar hierdie aangeleentheid ter sprake is:
http://www.ngkerk.org.za/AS2013/?p=18
Henrietta Klaasing said:
Ek wonder so in my enigheid: HOE gaan so ‘n verandering aan die belydenisgrondslag die NGK se posisie ten opsigte van ander denominasies in die groter gereformeerde familie raak?
Henrietta Klaasing said:
Daar was na die 2011- AS sitting al gespanne betrekkinge tussen die Gereformeerde Kerk en die NG Kerk ( lees meer by die skakel hieronder). MEER kontensieuse sake is vanjaarop die tafel as in 2011 – dit sal vreemd wees as dit nie betrekkinge tussen sommige van die “susters” vertroebel nie:
http://kerkbode.co.za.mytempurl.zadns.co.za/VoorbladArtikelArgiefLees.asp?id=61
Henrietta Klaasing said:
Hier is een gereformeerde lidmaat se reaksie:
http://proregno.com/2011/05/11/die-belhar-belydenis/
jacosteyn2013 said:
@Henriëtta. Dit gebeur nie elke dag dat ek saamstem met iets wat ʼn Fundamentalistiese Christen te sê het nie, maar ek hou nogal van hierdie opmerking van “proregno”: “Belhar is die ANC/SAKP in gebed – gedoop in en deur die bevrydingsteologie vir die nuwe SA.”
jacosteyn2013 said:
@hierstaanek en Henriëtta. Ek het nog altyd gewonder of voorstanders van die Belhar-belydenis álle vorms van skeiding tussen bevolkingsgroepe as “sondig” en “onbybels” beskou. Die term “Apartheid” word ook nie voldoende deur hulle gedefinieer nie. Is segregasie (Klein Apartheid) soos toegepas in die ou Suid-Afrika, netso immoreel, sondig en ketters as volledige geografiese skeiding (Groot Apartheid)? Kan slegs geïntegreerde demokratiese samelewings waarbinne almal stemreg het, as “Christelik-aanvaarbaar” beskou word? Dit wil voorkom asof die meeste NG-lidmate onder die indruk is dat die Belhar-belydenis énige vorm van rasseskeiding veroordeel. Hierdie gedeelte van die belydenis “… maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig;… ”, skep die indruk dat selfs volledige geografiese skeiding tussen bevolkingsgroepe veroordeel word…