Volgens Jones is daar net twee standpunte: Een-isme en Twee-isme.

Een-isme is meer bekend as monisme, of in die hipster taal van Ken Wilber en ander, die “integrale wêreldbeeld”. Heirdie New Age term is deur sekere NG teoloë oorgeneem en uitgebrei as die sg “integraal-wetenskpalike” wêreldbeeld. En boeroemde Een-iste soos Pierre Teilhard de Chardin word deesdae in die NG Kerk bemark as die oplossing vie die sogenaamde “konflik” tussen wetenskap en geloof.

In Romeine 1:25 sê Paulus:

Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.

Dit is die wêrldbeeld wat die skepping stel as deel van die skepper – die skepping deel dus in die wesensbestaan van die skepper. Dit is waarom Paulus sê hulle vereer die skepsel. Geen mens het tog ooit gedink ‘n (goue) kalf is die skepper van die heelal nie. Maar in ‘n Een-istiese wêreldbeeld wat god en skepping in wese gelykstel, is dit heeltemal normaal om ‘n kalf te aanbid.

Baie Een-iste sal prostesteer dat sommige van hulle god ook as transendent sien (maw veel groter as die skepping). Dit maak egter bitter min verskil aan die logiese uiteinde van jou wêreldbeeld.

Twee-isme stel dat die Skepper en die skepping nie in die selfde wese deel nie. Die Skepper is dus Gans Ander as die skepping.

Lees Jones se volledige artikel hier: Dit is beslis die moeite werd! 

http://truthxchange.com/wp-content/uploads/2011/04/Confronting_Neopaganism_Peter_Jones_April_8_2011.pdf

Let op die gevolgtrekking van die artikel:

Maak Twee-isme die  basis van evangelisasie en die suurtoets van Christelike ortodoksie!

Dankie aan Sarel wat hierdie artikel onder my aandag gebring het!