Al ooit gewonder waarom Darwinisme / evolusie vandag die wetenskaplike standaard is?
Al ooit gewonder waarom sommige gelowiges verkies om ongelowige wetenskaplikes te glo?
Om die antwoord op die eerste vraag te kry, kyk die film hieronder.
Die tweede vraag se antwoord is moeiliker . ‘n Moontlike antwoord is dalk dat hulle naief is en dink dat Darwinisme nie gebasseer is op die wetenskaplike se godsdienstige (ateïstiese) wêreldbeeld nie.
‘n Tweede moontlikheid is dat hulle wêreldbeeld dit noodsaak. Neo-Platonisme, ‘n heidense wêreldbeeld, leer dat dat materie uit die godheid uitkristaliseer of emaneer het, en dat dit noodwendig terug evoleer na die godheid. Dié filosofie word vandag beliggaam in panenteïsme, ‘n wêreldbeeld wat in die afgelope paar jaar deur seker mense in die NG Kerk verkondig is. Die mees onlangse is Bybel Media se publikasie van Jaap Durant se boek oor Pierre Teilhard de Chardin.
Darwinisme is ‘n integrale onderdeel van die heidense panenteïstiese wêreldbeeld. Die feit dat dit ‘n wetenskaplike absurditeit is, is van net so min belang vir neo-Platoniste as wat dit is vir ateïste is. Waarom sal mens ‘n goeie geloof, soos panenteïsme of ateïsme wat jou toelaat om self god te wees, bederf met feite?
Die fliek is een uur en 38 minute lank. Geniet dit!
Henrietta Klaasing said:
Ek het bietjie gekroek, en nie die bogenoemde film gekyk nie maar wel ‘n geskrewe opsomming en ander se kommentare daarop. Ek het wel gaan kyk na wat in skole aangaan rakende die onderrig van evolusie / skeppingsleer.
Besluite word in lande se groot vergaderings geneem, lyk my. Hier is wat Wikipedia oor verskillende lande sê.
http://en.wikipedia.org/wiki/Creation_and_evolution_in_public_education
In die lig daarvan, moet in in RSA bly wees dat ons nog “vrylik” in bepaalde skole die skeppingsleer kan onderrig. Die probleem kom by die handboeke, wat uit en uit evolusie voorstaan. Christen-onderwysers wat bv. Lewenswetenskappe gee kan bykomende leerstof aanbied.
UNITED STATES
In the United States, the Supreme Court has ruled the teaching of creationism as science in public schools to be unconstitutional, irrespective of how it may be purveyed in theological or religious instruction. In the United States, intelligent design has been represented as an alternative explanation to evolution in recent decades, but its “demonstrably religious, cultural, and legal missions” have been ruled unconstitutional by a lower court.[2][3][4][5]
COUNCIL OF EUROPE
On October 4, 2007, the Parliamentary Assembly of the Council of Europe adopted its resolution 1580 titled The dangers of creationism in education. The resolution observed that “the war on the theory of evolution and on its proponents most often originates in forms of religious extremism which are closely allied to extreme right-wing political movements”, and urged member states “to firmly oppose the teaching of creationism as a scientific discipline on an equal footing with the theory of evolution and in general resist presentation of creationist ideas in any discipline other than religion”.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Dit gaan in die eerste plek nie oor naiwiteit nie.. Dit gaan oor misleiding en die gevolg is menslike arrogansie teenoor God. Die natuurlike mens se gees is ingestel op hierdie wereld se insette, nie op die Woord van God nie. Selfs mense wat gelowiges is, het die probleem dat die natuurlike mens steeds stry teen die dinge van God. Dus is die ‘redelike’ weg om te ‘compromise’. Maar dit is ook toegewing aan die gees vd antiChris – en lg. kry sy voet in die deur in die Christen wat dit glo, se lewe. Geen mens wat enigsins glo dat die Bybelse weergawe van Adam en Eva nie die werklikheid en waarheid is nie, kan werklik in die waarheid wandel nie want hulle onbewuste beskouing is dat die sondeval nie plaasgevind het nie, want daar was dan dood voor die sondeval – n dirkte weerspreking vd Bybelse weergawe dat alle dood ‘deur die sonde gekom het”.. Met enige arguument of filosofie is jou vertrekpunt belangrik, want as jou vertrekpunt verkeerd is, is al jou gevolgtrekkings wat jy daarop bou, verkeerd omdat op die verkeerde basis beredeneer word. Mense wat dus in die evolusie-‘beginsels’ (as ‘begin’ punt) glo, kompromiteer die waarheid van God vir die wereld (en Satan, die god van hierdie wereld, wat die oorsprong daarvan is) en ondermyn hul eie geloof, al is dit onwetend. As jy nie meer in Genesis se weergawe glo nie, hoekom sal jy dan glo wat Jesus gese het toe Hy gese het “Van die BEGIN af het God hulle man en vrou gemaak…”. Was Hy dalk naief? Het Hy nie geweet nie? Weet die wetenskap beter as HY? JA – volgens dwaalleraars soos Ben du Toit wat in sy boek skryf dat Jesus en sy Apostels en ander Bybelskrywers nie oor die wetenskaplike insig beskik het waaroor ons vandag beskik nie.. (En volgens nog ‘n dwaalleraar, huidige moderator Nelus Niemandt, is Ben du Toit se lering deel ‘van die hoofstroom van die denke vd NG-Kerk”). Dit beteken dat hulle nie verstaan nie, of nie aanvaar nie, dat Jesus volgens die Skrif self die Skepping gemaak het.. Dit is egter die konsekwensie vd feit dat hulle met evolusiedenke begin het (soos Ben du Toit sy boek begin het – met ‘n verkeerde vertekpunt, nl dat evolusie waar is..), en nou al verder en verder van die waarheid af wegdwaal. Daarom kan Ben so ‘n arrogante stelling maak oor Jesus vd Bybel – wat aandui dat die Jesus waarin hy (Ben) sg glo, nie die Jesus vd Bybelse openbaring is nie. Ek glo vas dat die Gees vd waarheid, die kinders van God eventueel uit die misleiding van evolusiedenke sal uithaal en hulle sal terugbring na God se direkte openbaring soos dit in die Skrif weergegee word, want dit is al wat uiteindelik geestelik sin maak. Die feit dat mens nie in darwin se dinge glo nie beteken nie dat mens die wetenskaplike navorsing en ontwikeling wat plaasvind, verwerp of dat mens die wtenskap opponeer nie, maar dat mesn met die bril vd Skrifopenbaring daarna kyk, God daarvoor verheerlik waar dit bydra tot verligting vd mens se pyn, ens. Om egter in evolusie te glo, aanvaar daardie mens miljarde onbewysbare sg. ‘feite’ wat op geloof gebaseer is, en derhalwe aannames is, en nie op bewysbare wetenskap gebaseer is nie. Een vd beste boeke om daaroor te lees, is die briljante wetenskaplike, dr Jonathan Sarfati se boek ‘Refuting Compromise’… Dit vernietig die argumente vd evolusie-‘gelowiges’ in die Christendom. En hy doen dit wetenskaplik.. want ware wetenskap sal in lyn wees met die Skrif, en die Skrif bevestig.. Die res is pseudo-wetenskap, wat vir die natuurlike mens in sy rebellie teen God, aanvaarbaar is en korrek lyk, maar nie is nie, omdat dit op verkeerde aannames gebaseer is en die Skrif misken.. Dit is dwaling en misleiding.
David de Wet said:
Baie dankie hiervoor, Wynand. Die ergste van die film is dat dit feitelik waar is. Maar die ander realiteit is net so skokkend: dat indien dit waar is wat Nelis Niemandt gesê het (dat Ben du Toit se standpunte die aanvaarde denke binne die NG Kerk is) dan het die N G kerk die dwaling met sinker en al gesluk. Persoonlik dink ek dis die standpunt van ‘n baie invloedryke minderheid in die NG Kerk is.
Kan ‘n mens hierdie film en die een van Stephen Meyer op ‘n DVD kry?
hierstaanek said:
Probeer Amazon. Ek glo ook mens kan dit by die Discovery Institute bestel. Of jy kan dit met spesiale sagteware (Youtube downloader of iets dergliks) van die internet aflaai en self ‘n DVD skryf. Die kwaliteit sal dan net nie baie goed wees nie.
Henrietta Klaasing said:
Pas die fliek klaar gekyk – dis van daardie WOWWW flieks wat mens net MOET klaar kyk!
Dit het my die beste deel van 3 ure geneem want ek het ook aantekeninge gemaak … Wynand jy sê “Geniet dit ” – daar was dele wat ek regtig deurgeworstel het weens die grusame aard daarvan – maar ek is uiters dankbaar dat jy dit onder ons aandag gebring het – die hoogtepunt vir my was daar waar Ben Stein vir Dawkins lekker op ‘n kalm rustige manier lekker in ‘n hoekie gehad het … ek hou baie van die metafoor van die muur wat afgebreek moet word … brokkie vir brokkie.
Henrietta Klaasing said:
‘n Paar vinnige opmerkings, by nadenke nadat ek die film gesien het:
IO ( Intelligente Ontwerp) wat die hooftema van die film is, is natuurlik baie ver van die “volle evangelie”, alhoewel dit seker ‘n beginpunt is in die stryd teen evolusionisme ( wat in die prent “Darwinisme” genoem word) . Ben Stein, medeskrywer van die draaiboek en hoofrolspeler, is ‘n “ortodokse Jood”, so vir hom is dit nie belangrik om by “die volle evangelie” uit te kom nie – mens kan amper sê dat hy sy Ou Testamentiese siening oor God as Skepper verdedig.
*Ek het regtig nie besef dat die evolusionisme al so die VSA “ingeneem” het nie;
*Ek het ook nie besef dat die stryd SO FEL is nie ( dat hooggeleerde mense hul werk verloor EN dan gestigmatiseer word sodat hulle nie op ander plekke werk kan kry nie);
*Die STRATEGIE wat gevolg word was vir my regtig interessant en daar is groot ooreenkomste met hoe ons “besorgde lidmate” in die NGK “behandel” word;
*Daar is interessante aspekte wat ek onlangs eers oor begin dink het, soos dat “Darwinisme” lei tot morele verval – daar word sterk gesuggereer dat die wreedhede van die Holocaust ( en ander wreedhede in Hitler se tyd) direk daaraan gewyt kan word);
*Die prent kritiseer nie net nie, maar bied ‘n “oplossing” aan wat lyk of dit kan werk.
Danie du Plessis said:
Wynand, dankie vir wat jy doen om die ‘muur af te breek’
hierstaanek said:
Henrietta
Die verskil tussen ID en Creation Science is dat ID se invalshoek vanuit die algemene openbaring, maw die wetenskap is, en Creation Science se invals hoek is vanuit die spesifieke openbaring, maw die Bybel.
Die algemene openbaring wys vir ons dat God bestaan en wie Hy is – soos Paulus tereg in Romeine 1 sê – maar net tot op ‘n punt. Uit die algemene openbaring leer ons genoeg om onsself skuldig te maak voor God. Kyk maar vir Dawkins in die fliek: Hy verontskuldig homself en sy ateïsme deur soos Bertrand Russel te sê: “As God wel bestaan is dit Sy skuld dat ek nie in Hom glo nie, Hy maak dit dan so moeilik om Hom te vind!”
En dan sê die aanbieder iets soos “Really?” God se handtekening is tog duidelik in die lewende sel, soos Meyer met sy boek “Signature in the Cell” se titel impliseer!
Omdat die wetenskap slegs met die algemene openbaring werk, kan dit nie by die volle evangelie uitkom nie – daarvoor is die spesifieke openbaring tog nodig! Hierdie ouens dryf die wetenskap en die algemene openbaring egter tot op die absolute grens van waar jy kan kom! En dit is wat ek van hulle waardeer. Hulle het die integriteit om binne hulle disspline – die wetenskap – te bly en hulle bewys wetenskaplik dat God wel bestaan, selfs in die aangesig van geweldige vervolging.
Beide Stephen Meyer en Mike Behe, van wie ek al videos gesien het is belydende, aktiewe Christene. Hulle verkondig wel die volle evangelie wanneer hulle nie “as wetenskaplikes” ex cathedra praat nie.
Is hulle benadering beter as die van Creation Science wat van die ander kant (die spesifieke / besonderse openbaring) af kom? Nie noodwendig nie. Maar ek persoonlik voel meer gemaklik met die benadering dat die wetenskap binne die raamwerk van die algemene openbaring bly, maw dat ek nie die Bybel gebruik as wetenskapshandboek nie. (Vir my persoonlike getuienis, sien my pos oor die “wetenskap van ongeloof”) Ek het baie tyd vir Creation Science. Persoonlik is ek net gemakliker met die ander benadering.
Dit is ongelooflik belangrik om hier te noem: Die algemene openbaring kan slegs vanuit die spesifieke openbaring verstaan word. Maw, sonder ‘n Bybelse wêreldbeeld kan ek nie wetenskap doen nie. Dawkins en die ander evolusie-idiote illustreer dit op dramatiese wyse. Deel van die Gereformeerde skrifdoktrine is dat die Skrif noodsaaklik is. Die Skrif is die bril waardeur ons die wêreld om ons waarneem. Dus is my wetenskapbeoefening atyd onderworpe aan en gerig deur my verstaan van die Bybel – as wêreldbeeldskepper, nie as gedetaileerde wetenskaplike handboek nie.
Henrietta Klaasing said:
Nog ‘n video om na te kyk in hierdie verband ( dankie Jaco de Beer op Facebook!)
Die vraag wat almal na bâbbles laat hap het, is: “Is there any proof of CHANGE OF KINDS?” Nie een nie – net skaapagtige gegaap, selfs van die slim professore!
Ander brokkies wat ek opgetel het, is: “Evolution is not testable over time”; “Evolution requires great faith”.
Wat vir my ‘n “ahaa!” oomblik in my lewe was, was toe ek hierdie in Genesis 1 raakgelees het ( oor en oor) elke keer wat iets geskape was “after his kind” ( Afrikaans: “volgens hulle soorte”) – die Heilige Gees het my laat besef dat daardie verse in die Bybel geskrywe was EEUE VOORDAT evolusie ter sprake was – TOE het God dit al laat skryf omdat dit ‘n SLEUTEL sou wees om mense aan te vat oor evolusie.
Lees gerus die volgende verse: Genesis 1 verse 11, 12, 21, 24, 25 – ook Genesis 6:20; Genesis 7: 14. Ek plaas net Gen 1:25 hier:
Gen 1:25 And God made the beast of the earth AFTER HIS KIND, and cattle after their kind, and every thing that creepeth upon the earth AFTER HIS KIND: and God saw that it was good.
Gen 1:25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak VOLGENS HULLE SOORTE en die vee VOLGENS HULLE SOORTE en al die diere wat op die grond kruip, VOLGENS HULLE SOORTE, Toe sien God dat dit goed was. ( AOV)
God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.(ANV)
hierstaanek said:
Henrietta, dankie vir die video. Dit wys ateisme se bankrotskap dramaties uit!
Henrietta Klaasing said:
Kyk hoe hap DAWKINS na bâbbels ( dankie Sommie!)