Prof Ernst Conradie en Prof Christina Landman het besluit God is nie manlik nie. Jesus is tog nie ons Redder omdat hy ‘n man is nie maar omdat hy God is (sê hulle).
Lees maar hierdie artikel in Die Burger: http://www.dieburger.com/nuus/2013-06-04-god-nie-n-hy-of-n-sy
Is God ‘n man? Duidelik nie. God is God.
Is God manlik?
Dit hang af hoe jy manlik definieer. God het nie ‘n Y-chromosoom nie – wat die biologiese definisie is van menslike manlikheid.
Maar daar is ander definisies van manlikheid.
Genesis 1:27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
God het die mens as Sy beeld geskep, man en vrou. God het nie arms en bene en ore en ‘n neus nie (ten minste nie voor die inkarnasie van Jesus nie). Die Imago Dei verwys dus duidelik na iets anders as die biologiese, dit verwys na die geestelike. En uit Genesis 1:27 se konteks is dit duidelik dat die mens se geslag deel is van die “beeld van God”.
Volgens die Bybel het geslag dus meer as net ‘n biologiese konotasie – dit het ‘n spirituele konotasie wat direk veband hou met God – of ten minste dan Sy beeld.
Die Bybel gebruik die manlike geslag deurgaans vir God die Vader en die Seun. Nie omdat hierdie lede van die Drie Eenheid Y-chromosome het nie (Jesus het wel een), maar omdat hulle hulleself openbaar as spiritueel manlik!
Beteken dit nou die man is beter as die vrou as God Hom self as manlik openbaar soos Landman beweer?
Daar is eenvoudig geen tekste in die Bybel wat wys dat die man “beter” is as die vrou nie. Anders, ja! Met verskillende, komplementêre rolle, ja! Maar beter? Beslis nie.
Landman se bewering dat mans hulleself as god sien om dat God homself as manlik openbaar klink vir my na louter twak. Ek sal graag ‘n wetenskaplike joernaalartikel wil sien wat ‘n kousale verband aantoon tussen 1) ‘n wedergebore man se geloof dat God Homself as manlik openbaar, 2) die woorde “want ek is ‘n man” en 3) daardie man se godskompleks. As Prof Landman so ‘n artikel geskryf het of na een kan verwys sal ek dit graag wil lees. Anders maak sy haarself as akademikus belaglik.
Wat sê die Bybel oor mans met ‘n godkompleks?
Genesis 3:16 Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
Die man heers oor sy vrou as gevolg van die sondeval: Omdat hy ‘n gevalle, sondige natuur het. Dit is nie soos God hom ontwerp of gemaak het nie. Dit is hoe hy geword het. Die man wat “heers” oor die vrou doen dit uit bose verdorwenheid en is van nature die teiken van God se woede teen die sonde.
En dit is juis oor God se woede oor die sonde, ook die man se heers oor sy vrou, wat Christus aan die kruis verbrysel is. (Vir die wat soos die hogere professore Julian Muller en Anton van Niekerk glo God het geen heilige woede teen die sonde nie: Sien maar Jesaja 53.)
En die gevolg van die Kruis in die verhouding tussen man en vrou?
Paulus beskryf dit in Efesiërs 5:
25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.
En in Fillipense 2 sê hy duidelik presies hoe Christus die kerk lief het:
6 Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse
nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8 het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
So, die man wat werklik glo in God as Vader en Jesus as Seun beskou homself nie as ‘n klein godjie nie (hy heers dus vir seker nie oor sy vrou nie), maar hy verneder homself, en word sy vrou se slaaf. Meer as dit, hy lê sy hele, totale lewe in gehoorsaamheid aan God af vir sy vrou… Tot in die dood.
(Sal ‘n vrou haarself dan nie met liefde aan so ‘n man wil onderwerp nie?)
Die basislyn is dit:
God openbaar Homself as Vader en Seun. Landman en Conradie dink hulle weet beter as God. Hulle glo God het ‘n ligte mistykie gemaak toe Hy Homself as manlik openbaar het. Hulle is bereid om God, waarskynlik op grond van hulle hogere akademiese kwalifikasies, so ‘n bietjie te korrigeer en te redigeer.
Klink vir my soos die slang in die paradys: “Het God rêrig gesê?”
En die ouens wat die Andrew Murray prys toeken? Skaam julle, om sulke vieslike godslastering aan Andrew Murray se naam te koppel!
Addergeslag! Hoe sal julle aan die vuur van die hel ontkom? (Hei ou, ek haal net vir Jesus aan!)
‘God nie ’n hy of ’n sy’ Inklusiewe taal ‘is moontlik
NEELS JACKSON
PRETORIA. – ’n Hele boek oor God se handelinge in die wêreld sonder om een keer na God te verwys as die manlike “Hy” of “Hom”.
“Sien, dit kan gedoen word,” het prof. Christina Landman by die toekenning van die Andrew Murrayprys aan prof. Ernst Conradie oor sy wenboek, Lewendig en Kragtig? , gesê.
Pleks van die voornaamwoorde te gebruik, het Conradie die woord “God” telkens herhaal.
Waarom het hy dit so gedoen? “Omdat ek sensitief is vir inklusiewe taal!” was sy antwoord.
Hy en Landman het die belang van taalgebruik wat God nie as eksklusief manlik voorhou nie, aan die hand van ’n aanhaling uit die feministiese teologie verduidelik.
Dit lui: “As God ’n man is, dan is die man god.”
Die argument lui dat ’n beskouing van God as manlik daartoe lei dat baie mans vir hulself ’n verhewe posisie toe-eien en dat hulle vroue dan verdruk en verneder, soms selfs mishandel.
Landman het gesê in beradingsessies was daar twee frases wat sy oor en oor gehoor het. Die een is “as ek die lotto wen” en die ander is “ek is ’n man”.
Met die stelling oor hul manlikheid regverdig mans baie dinge wat hulle doen. Op ’n manier het dit daarmee te doen dat hulle God ook as manlik beskou.
Conradie het gesê God word in die Bybel nie as net manlik voorgehou nie.
Naas beskrywings van God as Vader, is daar ook onsydige beskrywings van God as anker of rots en vroulike beelde van God, soos dié van ’n hen wat haar kuikens beskerm.
Boonop is die Hebreeuse woord “Ruach” wat vir die Heilige Gees gebruik word, vroulik.
Landman het gesê sy het al voorgestel dat na die Drie-eenheid verwys word nie as die Vader, Seun en Heilige Gees nie, maar as die Versorger, Verlosser en Heilige Gees.
Dit is tog nie Jesus se manlikheid wat van hom die Redder maak nie, maar sy Godheid, meen Landman.
Volgens Conradie is daar verskillende maniere waarop ’n mens inklusiewe taal oor God kan gebruik.
Vir hom kom dit al maklik, want hy doen dit in al sy skryfwerk.
Landman het gesê Conradie se boek lees ook maklik, wat wys dat inklusiewe taal kan werk.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Die ‘progressie’ vd moderne teologie, is ‘n noodwendigheid.. Die mense wat op die voorpunt daarvan staan, sal verder ‘progresseer’.. Die volgnede stap is waarskynlik dat vrouens nie deur ‘n manlike verlosser verlos kan word nie. Enter ‘Christa’ aan die kruis..
Henrietta Klaasing said:
Oor “die ouens wat die AM-prys toeken” – Moet mens verbaas wees, met die afgelope klomp plasings en kommentare wat meesal betrekking het op wat die leiers in die NGK alles aanvang? Ek wonder of die ANC by die NGK leiers die truuk van “baantjies vir boeties” geleer het, of andersom? Wenners móét die heersende teologiese mode-denke weerspieël – dink net hoe weird dit sal wees as die wenners se denkrigting behoudend sou wees!
Soos jy, dink ek hulle behoort hulle te skaam.
“Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is.” ( Jak 4:4)
David de Wet said:
Dis jammer dat godsdiensfilosowe hulself Teoloë noem.
Beide Conradie en Landman is uitstekende godsdiensfilosowe met interessante idees wat met logika vanuit al die wêreldgodsdienste ‘n godsbegrip formuleer.
Natuurlik strook so ‘n afleiding nie met wat die Woord sê nie, soos wat Wynand aangetoon het. Maar dis nie in daardie denkrigting ter sake nie, want daarvolgens besluit die mens se logika mos oor god. Die jammerte is dat as ‘n mens sò met die Skrif omgaan, jy nie naastenby by God uitkom nie. Jy besef ook nie dat in die derde hoofstuk van die Bybel reeds vertel word dat, om hom en haar* van God weg te lei, vir die mens gesê is “jy sal soos God wees…” nie. En deur die bestaan van die een wat dit gesê het te ontken, kom jy nie agter dat jy juis vir sy selfde ou truuk geval het nie.
* dis feitelik, nie inklusiewe taal nie 🙂
Henrietta Klaasing said:
Hier kan meer gelees word oor die prys: http://www.andrewmurrayprize.co.za/
Onder “GESKIEDENIS” kan die volgende gelees word ( lyk my dinge het verander so met die verloop van tyd) :
STIGTING
Op 9 Mei 1978 het die gemeenskap van Wellington die 150ste herdenking van die geboortedag van dr Andrew Murray op ’n gepaste wyse gevier. Andrew Murray was van 1871 tot 1917 die predikant van die NG Gemeente Wellington. Hy het hom ook onderskei as ’n produktiewe skrywer van Christelike boeke. Daar het ongeveer 250 boeke uit sy pen gevloei. Talle daarvan is in verskillende tale vertaal en word vandag nog wyd en syd in die wêreld versprei en gelees.
Tydens die feesvieringe het die gedagte by dr Frits Gaum, in daardie stadium die uitvoerende direkteur van Bybelkor, ontstaan om ’n prys in die lewe te roep vir die bekroning van Christelike publikasies van hoogstaande gehalte. Hierdie prys sou die naam van Andrew Murray dra om erkenning te verleen aan die groot invloed wat Murray as skrywer en godsman in Suid-Afrika en die wêreld gehad het.
Die aanvoorwerk vir die stigting van die Andrew Murray-Prysfonds is deur die Wamakersvalleise Kultuurraad gedoen. Dr Gaum was voorsitter van hierdie liggaam. Talle instansies is genader om aan die stigting van die Prysfonds deel te neem. Elke deelnemende instansie moes ’n inleggeld van R2 200 tot die Fonds bydra. Die konstitueringsvergadering is op Donderdag, 29 November 1979, in die raadsaal van die Hugenote-Kollege op Wellington gehou.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Yep, Hen… Dinge het wel so verander… Fritz Gaum is self nie meer n man in die gees van Andrew Murray nie, maar het ook ‘n vals profeet geword. Andrew Murray het nie in een van sy vele boeke enigsins die teologie verteenwoordig waaraan sy naam as toekenning vandag gekoppel word nie. Dit is ‘n skandvlek op die naam van ‘n man wat God in alle opsigte getrou in Skrif-waarheid gedien het. Dit is misbruik van sy naam om onder sy naam drek-teologie te bevorder.. Dit beteken dat die post-moderne teologie ook sy naam gekaap het, n naam waaronder waarheid verkondig is, maar waaronder nou die leuen van Satan bevorder word. Dit is ‘n kenmerk vd moderne misleiding in die vals kerk – Satan/Lucifer (die prins vd duisternis) se beginsels word voorgehou as ‘progressiewe’ teologie. Die dag is inderdaad ver heen, en die nag kom nader. Die ware kerk moet sy lig al helderder laat skyn, en sterk staan teen hierdie dwalings, al is die prys van verguising, isolasie en minagting ook duur, en word hy al duurder.. Dis ‘n prys wat Wynand Louw ook al baie moes betaal en sal aanhou betaal. Hy is ‘n brandende fakkel in die stormwind.. Maar die eer kom Christus toe – Hy wat die storm stilmaak met Sy Woord..
Attie Louw said:
Ek het so 2 of 3 jaar gelede ‘n lesing van Ernst Conradie by die PUK bygewoon. Ek onthou nie meer die onderwerp van die lesing nie, maar wat ek wel onthou is dat hy in die eerste plek gepraat het van die ongelooflike krag van die Woord en in die tweede plek, dat hy in teenstryd met die eerste opmerking, sy hele argument op die marxisme gegrond het en nie op die Bybel nie. Nogtans het niemand in die gehoor van seker 30 mense die teenstrydigheid opgemerk nie.
Feminisme is net een van die telge van marxisme, soos multikulturalisme en politieke korrektheid. Die ongelooflike is dat hy dit onder die vaandel van ‘n “Christelike filosofie” gedoen het.
louisvj said:
HIer is ‘n interressante artikel van iemand wat Hebreeus magtig is, en tog nie die Heilige Gees as sy of haar vertaal, soos wat sommige ‘Hebrew roots’-ouks maak nie. Die skrywer wys dat mens nie alte simplisties moet raak, en te gou gevolgtrekkings maak nie.
I know some people who are insisting that the Ruach haKodesh (Holy Spirit) is female. Is there any truth to that?
Our Response….
You pose a very good question. YHWH is Spirit and “He” is neither male nor female. The thing is that Y’shua referred to the Spirit as “He” and we don’t have any records (that I know of) where he used “She” for the Ruach.
John 16: 13 But when the Spirit of Truth comes, He will guide you in all truth. For He will not speak from Himself[1] but He will speak everything that He hears.[2] And future things He will make known to you. 14. And He will glorify me because He will take of my own and show it to you.
[1] Literally, he will not speak from “His own mind.”
[2] The Spirit is not a substitute for YHWH, the Spirit of YHWH is the Father; however, the Father is ein sof (without end); therefore, our spirits are quickened by His Spirit to the degree that He reveals Himself to us. It is not possible that mortal bodies can contain the infinite presence; therefore, “He” speaks everything “He hears.” In other words, everything from the Ruach haKodesh comes directly from YHWH.
The thing is, if you look back in history there were cult followings of a She component of YHWH that was joined with Asherah and so I think this is a slippery slope to start calling the Ruach haKodesh “She” because it divides YHWH into He and She elements and I believe this is a step right into paganism. Y’shua said there will be no male or female in the Olam Haba (World to Come); we will be spirit beings so it does not work to personify the Spirit as a She.
But that being said, it’s understandable that the feminine movement is fed up with a male God and men who think they are gods because they are men. But there’s got to be a better way to address this that bears equality that is based on the authority of the Word of YHWH, which is what was being addressed in Feminine Attributes appendix in the Aramaic English New Testament. But it’s a difficult subject because if we go to Kabbalah, Zohar or Tanya then we get all sorts of pagan ideas and tales mixed in with truth. So, it seems that we are far better off to identify with YHWH’s attributes within ourselves as per their Hebrew given gender as they are revealed because this is the nature of the Spirit of Mashiyach.
Another example along these lines is about the curse put upon a woman’s “desire for her husband and he shall rule over you” – that curse must have unsettled an equality between male and female that existed before original sin. The curses upon man and woman are such that the curse upon man effects woman and vice-versa and none of this will be restored outside of Mashiyach.
So, rather than to call the Ruach a “She” we need to bump up our understanding to a higher level and look at our own destiny in Mashiyach which surpasses gender recognition, and also be very careful that we don’t personify the Spirit of YHWH as something separate and different that YHWH Himself.
——————————————————————————–
NOTE FROM THE REFINER’S FIRE:
While Hebrew the Hebrew language is extremely unique and different from most others, is important to keep in mind that languages, in general, are complicated, and often nouns rely on the word “the” (the definite article, adverb, preposition) to describe them.
For instance, in English, we use the word “the” as a definite article. However, in languages such as German and Spanish, all nouns are assigned a masculine, feminine, or neutral “gender” which can be seen in the word “the” which leaves a clue as to the “gender” of something (even though most things don’t have a gender). Case in point:
In English we use “the” for everything – i.e., the spoon, the couch, the toilet, the boy, the girl, the dog.
In German and most other languages, a masculine, feminine or neutral article is used that assigns a “gender” to your subject, even though there is no rhyme or reasoning for it:
•The spoon: Der Löffel – Masculine.
•God: Der Gott – Masculine.
•Holy Spirit: Der Geist/Heiliger Geist – Masculine.
•The fork: Die Gabel – Feminine.
•The knife: Das Messer – Neutral.
•The ladder: Die Leiter – Femininne.
•The sofa/couch: Das Sofa – Neutral; but – Die Couch – Feminine.
•The toilet: Die Toilette – Feminine.
•The boy: Der Junge – Masculine.
•The girl: Das Mädchen – Neutral.
•The Dog: Der Hund – Masculine.
•The Cat: Die Katze – Feminine.
•The flower: Die Blume – Feminine.
•The car: Das Auto – Neutral.
•The balcony: Der Balkon – Masculine.
There is no rhyme or reason why inanimate objects are “masculine or feminine” – it’s just how the language evolved.
Same with the various aspects of YHWH, the Holy Spirit, Yeshua, and the “genders” involved. Who today can truly know the rhyme or reason? YHWH is is not a gender and neither is the Ruach. Both are spirits. Yeshua is the only One who is actually a physical MASCULINE gender because He was a human male who actually walked this earth for 33 years.
Languages are complicated and one must never jump to conclusions about the meanings of certain words or concepts. They must always be viewed in context.
hierstaanek said:
Louis, dankie hiervoor.
Hy is natuurlik reg oor taal. En hy is reg oor paganisme wat inkom sodra jy God ‘n vrou wil maak.
My betoog is egter dat God Homself openbaar as Vader en Seun, selfs voor Christus se inkarnasie. Dit beteken dat God Homself openbaar met manlike attribute – attribute wat nie verwys na die biologiese of selfs die sielkundige nie, maar die spirituele.
Ek wil net byvoeg dat ek nie veel tyd het vir die sogenaamde “Hebreeuse Engelse Nuwe Testament” nie. Die NT is in Grieks geskryf, om Hebreeuse name en woorde in ‘n Engelse (of Afrikaanse) vertaling van ‘n Griekse bronteks in te voeg is myns insiens oneerlik, en ek glo dus nie dit is tot verheerliking van God of deur Sy Gees nie.
louisvj said:
Daar is Jewish roots-ouens wat die teorie het dat die NT eers in Grieks geskryf was, maar hulle kan nie so ‘n manuskrip op die tafel lê nie. Die vertaling vanuit die Grieks na die Hebreeus, is hoogstens nuttig om vir ’n Jood ‘n Jood te word – ter wille daarvan om hom vir Christus te wen. Dit is wat hierdie skrywer m.i. doen – hy bied vir sy mede-Jode op die internet ‘n weg uit die onpersoonlike mistiek van die 13-de eeuse Moses Maimonides se kabbalisme – terug na die persoon van die Messias, die persoon van die Seun. En ja, dis juis die manlike eienskappe van die Seun en sy Vader wat die bruid kom loskoop het.
hierstaanek said:
En dit laat my dink aan die berugte aanhaling van Pat Robertson, TV Evangelis. (Ek glo tog daar is ‘n glimmer van waarheid in – daar is ‘n wetenskaplik aantoonbare verband tussen Marxisme, aborsie, homoseksualiteit en feminisme. Van heksery is ek nie seker nie… )
“The feminist agenda is not about equal rights for women. It is about a socialist, anti-family political movement that encourages women to leave their husbands, kill their children, practice witchcraft, destroy capitalism and become lesbians.” – 1992 Iowa fundraising letter opposing a state equal-rights amendment (“Equal Rights Initiative in Iowa Attacked”, Washington Post, 23 August 1992)
louisvj said:
Jy beskryf nou die wereld hier. In die wereld word, ten spyte van die retoriek, die vrou ongelukkig NIE met die eerbied behandel waarmee Petrus sê ons die vrou moet behandel nie.
Liza-Nel Hartmann said:
Ja prof Landman ek stem saam dit ‘kan gedoen word’ as jy die Bybel sien as maar net mense woorde oor God – dan kan ‘n mens soos jy en EC die Bybel plooi nes julle wil.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Ja, relativisme eis sy tol.. Wanneer mens beter weet as diegene wat deur Christus Jesus self geleer is, en diegene aan wie die heilige Gees die Skrif ingegee het. iewers daaronder le ‘n diep gewortelde akademies-filosofiese arrogansie oor God..
Ben Biggs said:
Om aan Christus te behoort
Het u geweet- ʼn Gelowige persoon is nie noodwendig ʼn geredde persoon nie?
1Korinthiers 1,21-Want aangesien in die wysheid van God die wêreld (mense) deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
Vraag;
Waarom moet ons gered word, en waarvan?
Génesis3; Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ʼn sondige natuur geêrf en is gedoem om verlore te gaan.
Maar God het die mense wat Hy geskape het lief,(Johan3,16) en gee uit sy groot genade sy eniggebore Seun Jesus Christus, as offer om aan ʼn kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort, tot vergewing van jou en my sondes kan dien.
1Timótheüs2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
———–
Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig.
Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.
———–
Nou ontstaan die vraag; is dit vir ʼn gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?
Volkome geloof kan in twee dele beskryf word:-Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ʼn volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
———–
Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde uit die Bybel.
Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
Ons sien ʼn engel verskyn aan hom en sê hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes3,16;-Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê, en 1Johannes5,20;-En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus,Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs3,26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie,daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Nou word die ander deel vir ʼn volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop ,en is sy geloof volkome.
——————
Nog ʼn treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ʼn yweraar vir God, hy was opgevoed in die strengste Joodse geloof, hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het,nl om die Christen geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ʼn ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here?, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ʼn volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.
—————-
1Johannes3,2 Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
Johannes14,6;Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes10,9;Ek is die deur; as iemand deur my ingaan,sal hy gered word,en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Dit is baie belangrik indien ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
Ons lees in Efêsiérs4,4-5;Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop. (God maak die reëls, nie ons nie)
—————–
In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11Timóteüs 3,16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En ʼn gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke30,5&6 Elke woord van God is gelouter, Hy is ʼn skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook ʼn vermaning in11Timóteüs 2,15 nl. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ʼn werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
————————-
Een Here;-Markus12,29 En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is; Hoor Israel, die Here,onse God is ʼn enige Here.
1Korinthiers12,3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ʼn vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Handelinge 9,5 En hy sê. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Filippense2,10&11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Johannes14,6 Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.
—————–
Een Geloof;-Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes5,24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Johannes6,40&47 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Johannes12,44&45 En Jesus het uitgeroep en gesê. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
Johannes10,30 Ek en die Vader is een.
1Johannes3,23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ʼn gebod gegee het.
1Johannes5,13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Johannes 3,18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
1Johannes5,20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun,Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.
——————-
Een Doop;- Mattheus28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Markus16,15&16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wéreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Die evangelie wat verkondig moet word is saamgevat in Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
———-
Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word.Hy sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap,en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)
Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle; Omdat dit aan julle(dissipels) gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie
———–.
Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe,en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ʼn geluid soos van ʼn geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
———————
Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken.Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig
Ons lees in Handelinge2,37 van die eerste bekeerdes.Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sê Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
Handelinge 2,38 En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot die geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Verder lees ons in Handelinge8,12,16 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.(16) want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
En nou kom Paulus in Handelinge19 en ons lees hy het in Efêse gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan.(Petrus-Filippus-Paulus)
————
Een Here: Die Here Jesus Christus.
Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beêrwe.
Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde
—————————— Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
Antwoord;-Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
Jy word nie ʼn kind van God deur jou te laat doop nie.(op welke metode ookal)
Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling8,9-24)
Jy word alleenlik ʼn kind van God deur die geloof in Christus Jesus.(Galásiérs3,26)
Waar pas die doop dan in?
Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
————
(1)Glo;-Johannes3,16-Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé.
(2)Aanneem;-Johannes 1,11-12-Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
(3)Bekering en doop;-Handelinge2,38-En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
(4) Beklee;-Galásiérs3,27 want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
Matthéüs22,11-12-En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan?En hy kon geen woord sê nie.
(5)Wedergeboorte;- Johan3,5 Jesus antwoord; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
—————
1Korinthiérs15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms
Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Jeremia15,16 Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
11Korinthiers2,14& Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Romeine16,16 E-pos biggs.ben7@gmail.com