Waarskuwing 1: Hierdie pos lyk op die eerste oogopslag soos ‘n kinderagtige kleilatgeveg. Ek maak egter ‘n belangrike punt hier, so kyk maar verby die kleilatgeveg na die punt wat ek probeer maak.
Waarskuwing 2: Ek werk hier op my (ietwat swak) korttermyn geheue oor kommetare wat ek op NG Kerk se FB gemaak het. My kommentare is almal uitgevee – ek kan dit dus nie as bewyse aanvoer nie. As iemand my kommentare anders onthou, laat weet. As ek werklik lelik was in my kommentaar, wys dit asb aan my uit dan sal ek om verskoning vra.
Ek het ‘n skakel na my artikel oor Dr Ben du Toit se tugsaak op NG Kerk se facebook gepos. Dit is summier afgevee. Daarna het ek dit weer gepos en in respekvolle debat met van die ander gespreksgenote gegaan.
Ek het die mense wat my beledig het ook respekvol gevra om hulle standpunte uit die Bybel en belydenisskrifte te verantwoord. Hier is een so voorbeeld:
Nadine Maletzki Wynand Louw: Haal asb vir my van jou epos lys af sodat daar nou net 5999 potensiele lesers is. Ek wy graag my tyd aan die uitbou van die koninkryk en die hele tyd wat ek gister deur jou epos geworstel het, het ek gewonder hoekom jy gedink het dit sal waarde aan my dag toevoeg
Nadine het soos mis voor die oggendson verdwyn. Duidelik het sy nie kans gesien om debat te voer oor die maagdelike geboorte, die bestaan van die duiwel of die evangelie van verlossing uit genade alleen en deur geloof alleen nie.
Ander deelnemers wat ek tot dieselfde debat uitgedaag het, het ook verdwyn.
Ek verbeel my ek het wel genoem dat Dr du Toit impliseer dat Maria ‘n slet was wat gelieg het oor wat sy in die donker gedoen het – hoe anders interpreteer mens Lukas se Kersverhaal in die lig van die “feit” (Dr du Toit se interpretasie van die teks) dat die maagdelike geboorte nie regtig maagdelik was nie? Dit was seker die mees disrespekvolle opmerking wat ek gemaak het.
Maar ek sal dit waardeer as iemand hier vir my kan verduidelik hoe mens die maagdelike geboorte kan ontken en NIE tot die gevolgtrekking kan kom dat Maria owerspel gepleeg het en toe daaroor gelieg het nie.
En toe is ek van NG Kerk se FB geblok.
Die blad se admin pos toe ‘n stel reëls wat my retro-aktief skuldig maak aan reëloortreding, en my blok is toe legitiem.
Hier is ‘n aanhaling uit die reëls:
• Insinueer dat predikante, individueel of as ‘n groep, nie aan die vereister voldoen om ‘n predikante te wees nie. Dit sluit beskuldigings van dwaalleer, gebrek aan geloof en onbekwaamheid om hulle werk te doen in. Daar is amptelike kanale waardeur klagtes gelê kan word, en ons eie platvorms mag nie gebruik word om hierdie gerugte te versprei nie.
En hier is die punt van die verhaal:
Dr du Toit ontken die maagdelike geboorte, die bestaan van die duiwel en die evangelie van verlossing uit genade alleen deur geloof alleen (omdat hy beweer geloof is nie nodig vir verlossing nie). Al hierdie dinge is volgens my duidelik en skreiend teen die belydenisskrifte.
En hy het dit gesê tydens ‘n ondersoek wat volgens die “amptelike kanale” geskied het.
Ek het my bewerings gestaaf deur:
- Bewys te lewer dat Dr du Toit wel hierdie dinge gesê het deur die transkripsies beskikbaar te stel.
- Die belydenisskrifte aan te haal wat bewys dat dit wat hy sê strydig is met die belydenisskrifte.
Die NG Kerk leierskap se respons is:
- NIE om my te weerlê nie! Hulle probeer nie eers nie!
- MAAR om hierdie wonderlike dekreet uit te vaardig wat Dr du Toit beskerm ONGEAG van of wat ek sê waar is of nie.
Gevolgtrekking: (Soos dit vir my lyk, pos maar ander moontlike gevolgtrekkings hieronder. Dalk het ek die kat aan die stert beet.) Dr du Toit moet ten alle koste beskerm word.
Ek kan maar net spekuleer waarom daar so verbete laer getrek word om Dr du Toit: Ek vermoed dit het iets te doen met Prof Niemandt se stelling dat hierdie drie punte van Dr du Toit se teologie wat tydens die tugondersoek na vore gekom het, binne die raamwerk van die NG Kerk val.
Lees maar die volledige Edik hier: https://www.facebook.com/NGKerk?sk=app_2374336051&app_data
Gideon Aggenbag said:
Wynand, ek het die volgende op NGK se FB gepos:
Gideon Aggenbag Jana Derksen vra (tereg!!) “Waaroor gaan die bakleiery?”. Ek glo hierdie blad was bedoel om gesonde debat te voer, maar daarvan sien ek niks hier nie. Blykbaar word geen bal hier gespeel nie, maar die man – Wynand Louw. Nêrens sien ek ‘n gesonde beredenering van enige van sy stellings nie, maar wel wydlopige, ongemotiveerde kritiek teen hom. Nêrens sien ek die moontlikheid dat hy (albeit op sy manier) wil skerm vir die suiwerheid van die evangelie of wil waarsku teen die propagering van onbybelse standpunte nie. As sy pleidooi is: “So sê die Bybel”, of “So stel die belydenisskrifte dit”, waarom sien mens geen gesonde, nugter weerlegging van enige van sy stellings nie? Dit lyk my maar na die algemene reël: As jy dink die man verskil van jou, speel hóm en vergeet van die bal. As ons elkeen by “die punt” onder bespreking sou bly en gesonde debat/bespreking sou voer op ‘n manier dat ander (lesers) daaruit kon leer, sou niemand hoef te vra waaroor die bakleiery gaan nie. Dis natuurlik net moontlik as ons mekaar met respek behandel en volwasse gesprek voer. Dit wil ook vir my voorkom asof die “seisoen van luister” net van toepassing is op dít wat die oor streel. Wat ons nie wil hoor nie of waarop ons geen antwoord het nie, word blykbaar uitgevee – want ek sien niks hier wat Wynand Louw geskryf het nie. Nou kan ons hom mos lekker bykom – hy kan immers nie hier lees nie – of hoe?
Henrietta Klaasing said:
Wynand, ek het sommige van my bydraes gestoor, en daar is absoluut NIKS in wat enige van die sogenaamde reëls oortree nie. Ek kan dus tot geen ander slotsom kom nie, as dat dit ‘n heksejag is teen mense met ‘n behoudende beskouings wat nie in lyn is met hul liberale, humanistiese inslag nie.
Attie Louw said:
Wynand
Ek het die volgende nota op die NG Kerk se Facebook blad geplaas. Dit was daar vir presies 5 minute voor dit verwyder.
—————
Die punt is val die blad binne die raamwerk van God se Woord? Hoekom word daar nie ‘n antwoord aan Dr Louw gegee? Daardie antwoord sal elk geval van u geëis word, al is dit dan met die oordeelsdag.
Hierdie blad se doel is om met gewone lidmate te skakel en Dr Louw vra vrae wat aan die gewone lidmaat beantwoord moet word. U het dus ‘n verpligting om die blad vir die gesprek oop te stel.
Henrietta Klaasing said:
Attie, wat “hy/hulle” doen ( ek het ‘n vermoede wie die enkele persoon is wat die Admin behartig), sê duisend maal meer oor “hulself” (gesindheid, karakter, ingesteldheid, verdraagsaamheid, ens) as wat hul blykbaar besef. Ek wonder wat die “persoon” betaal word om FB so “twenty-four/seven” te beman, en dit met arme goedgelowige naïewe NG-lidmate se kollektetjies wat hul van hul pensioene afknyp …
hierstaanek said:
Henrietta, kan hulle nie sien dat hulle soos skuldiges optree nie?
Ek bedoel, REGTIG!
Henrietta Klaasing said:
Pure Pinocchio – gedrag, ja Wynand. Hy sluip seker soggens die huis uit sonder om in die spieël te kyk …
Henrietta Klaasing said:
Ons moet dalk vir Jiminey Cricket vra om ‘n draai daar te maak :
Liza-Nel Hartmann said:
Soos R.C. Sproul sê:
“This is good advice if our conscience is informed and ruled by the Word of God. However, if our conscience is ignorant of Scripture or has been seared or hardened by repeated sin, then Jiminy Cricket theology is disastrous.” — Essential Truths of the Christian Faith.
Kobus vd Merwe said:
Dit word hierbo so mooi gestel “… behoudende beskouings wat nie in lyn is met hul liberale, humanistiese inslag nie.”
Ons samelewing is dertrek met die liberale humanistiese inslag. Watter onderwerp onder beskouing is, is nie van belang nie, die liberlae humanistiese inslag is die maatstaf wat gebruik word. Miskien is die kriek ook ‘n liberale humanis? Nieteenstaande, die liberale humanistiese inslag is net so lagwekkend.
Soos die ikoon van hedendaagse lagwekkendheid, Abel Piennaar, wat blindelings aan humanistiese stellings glo wat hy nie self eers kan verduidelik nie (sien debat met Mike Licona) – die ontkenning van die Bybel le volgens hierdie akademiese reus in die voorkoms van mistisie. As hy die maatstaf is van die intelektuele vermoeens in die NGK (al is hy nie meer deel nie, maar praat soos hulle) dan is dit natuurlik onafwendbaar dat die NGK humanisties is, en ‘n gekkespul geword het.
Wat eintlik die probleem is, is nie die “leiers” van die NGK nie, maar die lidmate. Die “leiers” kan net “die skape voer” met hul boheemse dwalinge as die lidmate dit toelaat.
Dit wil blyk asof daar 3 tipes NGK lidmate is. 1) Die wat die dwaalleer sien en probeer beveg, 2) die wat die dwaalleer sien en wegstap, 3) die wat ‘n verdraagsame dieet volg, wat enige stelling aanvaar solank dit van ‘n Dominee kom.
Die mees gevaarlike van die vier tipes is nie die vals prediker, of die eerste twee tipes van die lidmate nie, maar die lidmaat met ‘n verdraagsame dieet.
Dit is hierdie lidmaat wat op geen terrein in hierdie land vandag sinvol kan kommunikeer nie. Van politiek, sport, beroep tot geloof. Want sien, die liberaal kan mos mantel na die wind draai en in ‘n paradoks leef en dit nog regverdig ook. Die een enkele unieke kenmerk van die liberalis is dat hy met teenstrydighede leef. Sy idees vs ander se idees. Sy realiteit vs die realiteit.
Wanneer die siel homself in debat begeef verwag hy a priori dat wat hy ookal se, bloot aanvaar word sonder teregwysing. Of as deel van die kollektiewe gedagte, of, as dit dan faal, sy eie wereld wat hom nie durf onse word nie. Lank terug het die Bollie tydskrif ‘n dubbel bladsy van die doen en late van die Swape geteken. Die standpunte van die liberaal kom onstellend baie ooreen met die van die Swape soos deur die Bollie beskryf.
Wanneer daar van geloof gepraat word, sal die liberaal noodwendig sy sekulere uitkyk na die geloof bring. En raai wat, hy sal daarop aandring dat sy sekulere wereldbeskouing die geloof moet skoei. Hy is die laaste wat sy wereldbeskouing sal aanpas by enigiets, want hy is mos ‘n godjie homself! Die Woord van God word nie deur die liberaal eers aanvaar as absolute maatstaf nie, hoe kan hy dan verkeerd wees?
Dit is verblywend dat daar nog die Tipe 1 lidmaat in die NGK is. Wat hulle moet besef is dat dit nie net bloot ‘n debat oor wat reg en verkeerd is nie, maar ‘n debat oor die wereldbeskouing. Die NGK het reeds sy gereformeerde geloof verloor. Tipe 3 lidmaat is heel ontvanklik vir allerhande verdraaiings, solank hy geen verantwoordelikheid hoef te neem vir sy lewe nie.
My vermoede is dat Tipe 3 lidmaat geloof as ‘n versekeringspolis het. Hy vermoed dat wanneer daar regtig ‘n oordeelsdag is, kan hy mos maar se hy het mos aan die NGK behoort. Sy rug draai op sonde en in Christus Jesus vertrou is nie deel van hierdie tesis nie. So durf Tipe 1 hom nou verantwoordelik hou vir die geloof wat in hom is soos Petrus gemaan het, sal hy a priori nie deel neem in ‘n gesprek oor die Bybel nie, maar eerder sy eie idees.
In die tydperk van die hervorming moes die gelowiges spesifieke benaderings volg met die Kerk van die tyd asook met mede gelowiges. Daardie benadering is nou vir ongeveer 400 jaar gevolg. Dit het nou tyd geword om met ‘n ander benadering te kom.
Miskien moet die leemtes en ongemerkte teenstrydighede in die dwaalleer eers blootgestel word en uit die weg geruim word alvorens die debat sinvol kan begin.
Dit is miskien teenproduktief om in ‘n debat te gaan waar die voorveronderstellings werelde van mekaar verwyder is. Hoe vind jy ‘n konkrete debatslyn sonder om op dieselfde bladsy te wees?
Liza-Nel Hartmann said:
Jy kan dalk ‘n vierde punt byvoeg, nl dié lidmaat wat nie sy Bybel ken nie (te lui is vir Bybelstudie) en as gevolg van sy onkunde elke dwaling vir soetkoek opeet.
Kobus vd Merwe said:
Volgens my siening sou hierdie Tipe 3 juis dwaal omdat hulle verwysing nie Bybel gefundeer is nie en daarom word al die ander verskillende tipes wat nie teen dwaling staan nie, gegroepeer onder die een.
Wanneer op die Bybel staat gemaak word as die onfeilbare Woord van God dan is dit nie moontlik om ‘n Tipe 3 te wees nie.
Tipe 1 en 2 lidmate veg op verskillende terreine, sommige is meer sigbaar as ander. Net om na jou mede lidmaat te draai en die dwaling te bevraagteken, is al genoeg bewys dat daar weerstand is teen die dwaling.
Daar is natuurlik ook die verskillende vorms en beginsels van uitverkiesingsleer wat miskien ook ter sprake kom. Al ken ons die Bybel akademies asook al die verskillende reformasie teologie, en God gee ons nie die gawe van geloof nie, wat sal al die kennis ons bring?
En dit is hier waar dit persoonlik vir my die teenstrydigheid van denke van die liberale so mooi uitspel. Niemand wat die gawe van geloof ontvang het, sal teen God of die Bybel praat nie, dus, indien daar teen die Bybel gepraat word (direk of indirek) is dit ‘n manifestasie van die gebrek van geloof, en dan die rede vir die dwaling.
Soos Abel Pienaar met sy gebrekkige intellektuele filosofie. Sy bende klink vir my na die tipiese Victoriaanse “Society”. ‘n Society word gestig wanneer meer as een graag hulle afgryse in ‘n saak wil stel. Dan kom hulle bymekaar, drink tee en eet komkommer toebroodjies en ondersteun mekaar in hoe min hulle dink van ander.
Dit is die redenasie in die negatief wat gevolg word, want ‘n redenasie in die positief bestaan nie.
Toe Abel en sy vriend ‘n gesprek op RSG gehad het (en gegiggel het soos laerskoolseuns) oor sy “insig” en die “verligting” wat hy beleef het, wou ek inskakel en vra “As jy nou so baie insig het, hoekom vind jy dit nodig om jou redenasie in die negatief te stel? Hoekom moet jy en RSG die so nodig vind om TEEN Christus te praat, en nie VIR julle “ligdraer” nie?”.
Dit is hierdie redenasie wat die liberaal net nie mag erken en herken nie.
Dit is hoekom daar op geen sosiale gebied in hierdie land sinvolle gesprek kan plaasvind nie, want die behoudende is by voorbaat reeds veroordeel as wreedaardig.
Die eeue oue truuk, breek die geloof af en geen mens het ‘n gesonde fondasie van waar om te kan oordeel en geloofwaardig te lewe nie. (ek het eers hier politiek geskryf en besluit om dit weg te laat)
Punt is, liberalisme is die mees verwaande swakheid wat die mens al ooit beleef het. Dit is ‘n onfeilbare resep vir selfvernietiging.
hierstaanek said:
Stem 100% saam, Kobus
Henrietta Klaasing said:
Ja Liza-Nel, dit is eers heelwat later in ‘n mens se lewe dat ‘n mens die onberekenbare waarde besef van ‘n baie deeglike “katkisasie”, waar ons van piepklein af ELKE Sondag in die “Sondagskool”, eers korter teksies en later langer dele uit die Bybel moes leer en hardop “opsê” , van deelname aan Bybelkenniseksamens, Godsdiensperiodes op skool , Bybel-vasvra en die leersaamste van alles: die skoling in die “Kortbegrip” voordat mens “aangeneem en voorgestel” kan word ….
hierstaanek said:
Kobus, baie goeie opmerkings. Kyk bietjie hierdie video oor politieke liberalisme.
Henrietta Klaasing said:
As wat Evan Sayet oor die politiek-liberales in die VSA sê net so geld vir die NGK liberales van vandag, kan ek maar my tassie pak en so gou as moontlik verkas.
hierstaanek said:
Evan Sayet slaan die spyker op sy kop wat postmodernisme betref. Dit geld veral ook vir postmoderne teoloë. Hoeveelkeer het jy al gehoor ‘n NG Kerk teoloog sê dat dit is arrogant om te beweer jy is reg? Onthou jy Ferdinand Deist se “Tussen angs en sekerheid” en “Nagdissipels’? Julian Muller se “Om te mag twyfel”? Ben du Toit se stelling dat daar nie so iets soos objektiewe waarheid is nie? Die aanspraak op waarheid, “to be right” soos Sayet sê is volgens hierdie teoloë skynbaar die grootste sonde.
Henrietta Klaasing said:
Hy kom oor en oor uit by ‘n tema van “tear down what is good and elevate what is evil … evil is the victim of good” wat onder andere neerkom op die onlogiese verkondiging van die leuen . Ek sal so bietjie dieper moet gaan dink oor in watter mate dit van toepassing is op die kerkleiers van vandag, Wynand
hierstaanek said:
Onthou Sayet is nie ‘n Christen nie. Hy is ‘n Jood. En ‘n politikus. Dit gaan hier oor politieke liberalisme. Die beginsels is egter presies dieselfde. Hy beskryf postmodernisme hier met vlymskerp presisie.
Liza-Nel Hartmann said:
“tear down what is good and elevate what is evil … evil is the victim of good.” Jesaja skryf oor hierdie einste ding. “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” (Jesaja5:20)
Henrietta Klaasing said:
Bo en behalwe dit wat jy hier noem Wynand ( nie-Christen, Jood, POLITIKUS!!) het hy glo nog sy eie program waar hy komedie bedryf ( !!!) … dit is maar in daardie lig wat ek met ‘n skeptiese oor geluister het. Toegepas op wat in ons eie land polities gesproke gebeur , is hy vol in die kol, ja.
Hy is nogal uitgesproke oor die REDES waarom politici dit doen – sou DIT ook net so op die liberale kerkleiers van toepassing wees?
hierstaanek said:
Ek glo so. Onthou dit is ‘n wêreldbeeld wat die hele weste beïnvloed en ‘n integrale deel van postmodernisme. Kyk maar na die preek van Cobus van Wyngaard op hierdie blog (“Anatomie van ‘n emergent preek”) waar hy spesifiek John Lennon se Imagine aanhaal. Die ooreenkomste tussen wat Sayet së en Cobus van Wyngaard se preek is scary.
Dit is egter belangrik om aan te toon dat hierdie MAAR NET EEN ASPEK van postmoderne liberalisme is, Die waarheid is altyd meer kompleks en meer genuanseerd as politieke toesprake.
hierstaanek said:
Godsdienstige liberalisme word deur Gresham Machen definieer as eerstens die ontkenning van die bonatuurlike en tweedens die vervaging van die ontologiese skeiding tussen God en mens.
Die belangrikste aspek van politieke liberalisme is die verabsolutering van die staat.
Wat Sayet hier so raak beskryf is postmodernisme, ‘n redelik onlangse toevoeging tot die liberale denkpatroon.
Politieke en godsdienstige liberalisme is ‘n siamese tweeling wat in die heup gekoppel is. Beide verhef die mens tot god.
louisvj said:
Dis net die mens Jesus Christus wat God is! Die moderniste meen dat Maria ‘n skelm verhouding wou verbloem, en daarom die storie van ‘n engel versin het. Ek het eenkeer so ‘n fliek gesien: sy sou sielkundig ‘n projeksie gemaak het, soos Feuerbach as voorganger van Marx ook gemeen het. Maar wat hierdie westerlinge nie raaksien nie, is dat die Hebreeuse geskrifte veel meer openlik as skrikkerige heidene is oor wat liefde is, en hoe heilig dit is. Anders as by westerse gnostici, vertel die Hebreeuse geskrifte hoe die Heilige Gees oor Maria gekom het – soveelso dat die krag van die Allerhoogste haar moes oorskadu (Luk 1: 35, Oav).
Die genadefeit dat ons in-Christus mag wees, en dat Sy Gees in ons kan werk, maak egter nie van ons klein Christusse nie. Maria het wel met tye gesê dat die kelners als moes doen wat Jesus sê, maar ander kere het sy weer gedink hy’s bietjie van sy wysie af. Ook haar ‘nuwe seun’ Johannes was, na Jesus se dood, en na Johannes dalk die eerste was wat in Jesus se liggaamlike opstanding geglo het, in Openbaring 1 ‘down and out’ toe hy die hemelse Christus gewaar. Selfs met die gerusstellende hand op sy skouer, kon hy nog nie alte ‘caz’ aangaan nie. Ja, die volmaakte liefde dryf wel alle vrees vir straf uit. Maar dis volmaakte liefde, terwyl ons nog onvolmaak is! Ook in Handelinge lees ons nog dat die omgedoptes genadiglik hulle Godvresenheid behou het. Omdat ons ontsag vir God het, kan die gelowiges vrugbaar wees en vermeerder.
Liza-Nel Hartmann said:
Rick Warren het nie verniet gesê dat fundamentalisme tot die grootste vyand van die 21ste eeu verklaar gaan word nie. En enigiemand wat dit gaan waag om die Bybelse fundamentele waarhede (belydenisskrifte ingesluit) te verdedig gaan af”chop” soos hulle in Engels sê:
” Rick Warren helped set the tone for animosity and marginalization against Bible-believing Christians (Fundamentalists) when he stated that fundamentalism will be “one of the big enemies of the 21st century. . . . Muslim fundamentalism, Christian fundamentalism, Jewish fundamentalism, secular fundamentalism – they’re all motivated by fear. Fear of each other.”
Dis nou die man wie se boeke so goed ontvang is deur NGK predikante en gemeentes…
“It really doesn’t matter your denomination, folks. We’re all on the same team if you love Jesus.”
louisvj said:
Denominasies is net mensgemaakte goete, ja, L-N. Dit gaan inderdaad oor ons liefde vir Jesus – want Hy is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde. Ons moet net nie dat enige –isme wat ander mense aan ons heg, ons van Jesus se liefde vir ons laat skei nie.
Wynand, hierdie agtergeblewene het ook nou bietjie enkele bladsye van Brian McClaren gelees. Onderaan p 45 en bo-aan p 46 van Willie Jonker se ‘Die Gees van Christus’, is ‘n tersaaklike opsomming van die teenstelling tussen onpersoonlike en Persoon-like mistiek, wat dalk tersaaklik is. Dit gaan ieg oor wie die persoon van Jesus in wese is.
Henrietta Klaasing said:
Ons hier in die RSA weet beter as mense in ander lande hoe woorde bepaalde gevoelswaardes gekry het, en deesdae as “haatspraak” geklassifiseer word. My ouma wat nog Hoog-Hollands skoolgegaan en geskryf het, het my liefdevol haar “kle’meid” genoem ( afgelei van kleine meid, Nederlands vir “klein meisietjie”) en dit was soos musiek in my ore. Vandag is die woord “meid” ‘n vloekwoord.
“Fundamentalist” wat ouens soos Warren graag gebruik, is afgelei van die die woord “fundamental”. My Chambers woordeboek sê “fundamental” beteken “that which serves as groundwork”. Met ander woord dit wat as grondslag dien. My ou HAT sê “fondament” is “die onderste gedeelte van ‘n bouwerk”. Sal Jesus dus as ‘n “fundamentalis” beskou word, omdat Hy aan die einde van Sy Bergrede gepraat het van die belangrikheid van die dit ( die fondament) waarop jy bou ( Mat 7:25). Ons almal weet tog dat Hy nie van ‘n regte huis gepraat het nie . Matthew Henry sê onder andere oor hierdie versie :
“That there is a rock provided for us to build this house upon, and that rock is Christ. He is laid for a foundation, and other foundation can no may lay”.
Ek dra met trots die naam “fundamentalis” omdat ek weet Wie my Rots is.
louisvj said:
Nee maar ek is bly as jy weet Wie jou Rots (en jou trots) is!
Henrietta Klaasing said:
Oor die “laer trek” in die aanhef van hierdie plasing:
Ek lees die volgende op ‘n ander plek insake die Hervormde Kerk se leiers:
“Hier het ek besef – daardie “chronies” in Pretoria het hulle morele kompas verloor. Hulle is bereid om te lieg en vir mekaar te cover en die hele kerk halwe waarhede te voer”.
Ek sê al lankal daar is ‘n tipe “broederskap” onder die NGK se leiers wat presies dit doen.
Henrietta Klaasing said:
The darkest places in hell are reserved for those who maintain their neutrality in times of moral crisis. Dante
Helma Zeelie said:
Ek het nie in so ‘n NG Kerk groot geword nie. Dit is GODSLASTERING in die Hoogste graad en dit is een sonde wat nie vergewe word nie. Ek dink die hele Algemene Sinode moet weer hulle bybels gaan lees. Jy kan nie gaan laster teen die Heilige Gees nie, want Christus het die Heilige Gees oor Sy dissipels laat kom nadat Hy opgevaar het na die hemel. Die duiwel bestaan en ons gaan nie daarby verby kom nie. Hy is ‘n gevalle engel wat teen God in opstand gekom het. SATAN het omtrent die mense beet. Ek het nog altyd geglo dat daar net een God is en dit is God Drie-enig. God die SEUN, Heilige Gees en die Vader en die hele bybel is deur God geinspireer. Christus het die duiwel aan die kruis oorwin. As Christus daardie tyd gepraat het oor die duiwel dan het Hy waarheid gespreek.