Ek het ‘n skakel na my verklaring oor Ben du Toit se tugondersoek op die draad wat NG Kerk daaroor begin het gepos. Dit is summier afgevee.
https://www.facebook.com/NGKerk
Wat het geword van openheid en die “Seisoen van Luister?” Waarvoor is hulle bang? Wil hulle dit doodswyg?
Ek sou dink die volwasse ding sou wees om in openbare debat hieroor te gaan, nie om mense te probeer stilmaak nie!
Kom aan, wie ook al vir NG Kerk op facebook pos: tree tog op met integriteit en laat mense self besluit oor Dr du Toit se ondersoek!
OPDATERING 23/05/2013
Ek het my skakel weer gepos en in beleefde debat betrokke geraak.
Die volgende oomblik is ek van die blad geblok. Daar is ‘n lang relaas by van hoekom slegte mense die NG Kerk se FB blad kaap.
Hier is dus die feite
- Ek maak sekere stellings in die openbaar oor wat Dr Ben du Toit tydens die tugondersoek gesê het.
- Ek verskaf die bewyse daarvoor: Die verbatim transkripsies.
- Ek word nie in die openbaar in debat aangevat nie. Nie een van my stellings is in die openbaar aangespreek of weerspreek nie.
- Ek word summier van NG Kerk se facebook blad geblok.
Wat beteken dit?
Werk dit maar self uit!
Ek?
Ek verheug my in die Soewereine en Almagtige Skepper God wat die lotgevalle van nasies in sy hand hou.
Ek verheug my in die ongelooflike genade wat ek van Hom ontvang het.
Christus is Onoorwonne, Oorwinnaar!
Ek loof die heerlikheid van sy Genade!
Somerset (Sommie) Morkel said:
Die gees van Jean Oosthuizen is nog nie dood in die NGKerk nie. Hy leef voort in ander mense wat soos hy dink. Die NGK is besig met ‘n spel wat op oneerlikheid neerkom. Dit demonstreer die gees wat tans in die NGK heers. Welkom in die proses vd vals kerk op weg..
Henrietta Klaasing said:
Volgens die grondwet het elke Suid-Afrikaner die reg tot vryheid van uitdrukking asook vryheid van spraak:
“Freedom of speech and expression are both protected and limited by a section in the South African Bill of Rights, chapter 2 of the Constitution. Section 16 makes the following provisions:
§ 16 Freedom of expression
(1) Everyone has the right to freedom of expression, which includes-
(a) freedom of the press and other media;
(b) FREEDOM TO RECEIVE OR IMPART INFORMATION OR IDEAS;
(c) freedom of artistic creativity; and
(d) academic freedom and freedom of scientific research.”
(2) The right in subsection (1) does not extend to-
(a) propaganda for war;
(b) incitement of imminent violence; or
(c) advocacy of hatred that is based on race, ethnicity, gender or religion, and that constitutes incitement to cause harm.
Behoudende lidmate van die NG Kerk het dus ook hierdie reg. Op verskillende maniere word behoudendes se stemme stilgemaak. Debat word gesmoor en verfynde tipes sensuur word toegepas. Moderators, joernaliste en redakteurs is invloedryke figure en kan tydskrifte, koerante en webwerwe en plekke soos Facebook in bepaalde rigtings stuur soos hulle wil. Ook kan moderators van die NG Kerk se Facebook dit doen, soos dit tans gedoen word.
Waarom word sekere mense gesnoer? As die saak waar dit hier oor gaan bo verdenking verloop het, kan skakels mos maar op NGK se FB-blad geplaas word … of is daar dalk verborge dinge wat liefs nie aan die lig moet kom nie?
Somerset (Sommie) Morkel said:
Hen: Hulle steur hulle nie eens meer aan die belydenisskrifte nie, wat BAIE belangriker is (of behoort te wees) as die grondwet van die land.. Hoe dink jy gaan hul hulle ook steur aan wat jy nou uit die Grondwet aanhaal? Die leierskap vd NGK is gewoon nie meer eerlik nie. Ek stel dit dat hulle integriteit onder verdenking is. Daarom wil hulle inligting manipuleer. Dis wesenlik oneerlik.. Hulle is met teologies-liberale agendas besig en hulle wil nie dat dit getoets word nie, daarom wil hulle nie kritiek toelaat nie. Hulle speel ‘n politieke manipulasie-spel wat tuishoort in die geledere vd oneerlike politici van die dag. Hulle het niks geleer uit die manier waarop die voormalige apartheidsregering gewerk het nie (ek was self daarin). Die moderne era, waarvan hulle teologies en ekumenies so graag deel van wil wees, stel nuwe vereistes: Een daarvan is openheid. Alles is bekend, en loop om die wereld in ‘n paar sekondes. En mense lewer kommentaar en kritiek. Jy moet daarop ingestel wees.. Hulle jongste standpunt op die bald is nou dat hulel nie sal toelaat dat dominees gekriteseer word op hulle blad nie. Is dss nou verhef bo kritiek? Veral wanneer dit gaan om dwaling? Dit skree ten hemele dat die NGK nie meer die gees van eerlikheid adem nie. Dit het ‘n vals kerk geword, of is ten minste al ver heen daarmee.
Henrietta Klaasing said:
Juis, Sommie, dis omdat hulle die sekulêre bo die 3 Formuliere stel, dat ek die grondwet daar genoem het. Hulle plak left right and centre Danie Mouton en Pieter Fourie se “oorwinning” oor RAPPORT insake een reëltjie in ‘n ellelange artikel – maar dan wil hulle aan Wynand voorskryf wat die “Christelike” / kerkregtelike weg ( volgens hulle) is? Ag, mag hulle saggies wegvlieg, voor ek in vreemde tale begin praat…
Liza-Nel Hartmann said:
Ben du Toit en kie het in elk geval net een belydenis waarin hulle glo (bo en behalwe die Boesak belydenis) en dit is die postmoderniste se geloofsbelydenis: Alles moet betwyfel word. Daarin lê die enigste moontlikheid op hoop – daarom glo ek in twyfel, betwyfel ek alles en glo ek dat alles gedurigdeur verander en dat die enigste konstante ding verandering is.
*Sela!
(*Dis glo ‘n ou Hebreeuse vloekwoord wat die psalmdigter en komponis gebruik het as die perkament op was, die ink klaar was, of as een van die snare gebreek het. Dit pas lekker hier;)))
Louis van Jaarsveld said:
Jong, Alan Boesak was nie een van die opstellers van Belhar nie. En wie het ‘sela’ as ‘n vloek uitgespreek? Volgens die Bybelse Ensiklopedie beteken dit moontlik iets soos ‘laat die musiek aanswel!”
Henrietta Klaasing said:
Ek is heeltemal geblok en als wat ek geskryf het op die NGK se FB-blad is totaal en al gewipe. Hehehe – as hulle vir ‘n groot fris man is hulle sissies – wat is hulle as hulle vir ‘n ou grys tannietjie skrik? :))
Somerset (Sommie) Morkel said:
Hen: Jy het hulle nuwe reels vir FB verbreek. Geen kritiek meer nie. Die NGK is bo kritiek verhewe.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Pateties. Mens kan nie juis respek behou vir die mense nie. Hulle demonstreer hulself as swakkelinge wat hul posisie manipuleer en hulle verantwoordelikheid in die openbaar teenoor lidmate wegsteek.. Wat meer pateties is, is dat hul hulself eerder in die voet skiet – hulle sal uiteindelik hop-hop aangaan… op ‘n deuntjie van Mank-tant-Sannie..
Somerset (Sommie) Morkel said:
Al gehoor van “The king has no clothes on…”? Hulle wil net hoor wat hulle wil hoor. Deel vd siekte vd NGK. Tyd om te skuif… en baie doen dit alreeds.
Henrietta Klaasing said:
Hulle snoer-reëls is erger as dit wat die regering vir SA beoog. Die enigste ooreenkoms in hierdie verband is dat dit gedoen word om hul eie basse te red.
Somerset (Sommie) Morkel said:
Ek is geblok… Alles weg en ek kan nie meer kommentaar lewer nie. Effektiewe sensuur..
Henrietta Klaasing said:
Sommie ek sien ook niks van jou meer daar nie?
Henrietta Klaasing said:
Welcome to the club Sommie!
Louis van Jaarsveld said:
Ant’ Henriëtta Klaagster, ek weet jy bly sterk en volmoed – maar ek weet ook jy is besig om te huil in jou hart – oor mense wat jy liefhet. Onthou, as ‘n liberalis homself hardvogtig hou, besef hy nie aldag hoe on-liberaal hy nou besig is om te raak nie.
As dit jou enigsins kan troos, ek het ook as evolusionis die bruid vir wie ek lief is, skromelik ge-drop. Ek was ‘heilig’ oortuig ek doen dit vir die groter goed, as ek my verliese sny. Wat was sy anders as ‘n dwarstrekker? Maar haar trane oor die telefoon, het my nog vir jare daarna mistroostig gestem.
Salig is die wat treur, want hulle sal regtig vertroos word. Nie deur iemand met ‘n messiaskompleks nie, soos wat ek in daardie stadium gehad het nie. Maar deur die Pa van die Messias homself.
Hy sal persoonlik elke traan van die wang met die hand afdroog.
Henrietta Klaasing said:
Ai Louis, innig dankie – net iemand wat SELF al so gevoel het, kan só diep raaksien wat ek ervaar. Ps 126 is een van my gunstelinge. Die woorde: “hy wat met trane saai, sal met gejubel maai” sê ek soveel kere vir myself oor en oor.
Hier is hoe Matthew Henry dit sien ( hy sluit dit af juis met daardie woorde uit die Bergpredikasie wat jy noem):
Suffering saints have a seedness of tears. They are in tears often; they share in the calamities of human life, and commonly have a greater share in them than others. But they sow in tears; they do the duty of an afflicted state and so answer the intentions of the providences they are under. Weeping must not hinder sowing; when we suffer ill we must be doing well. Nay, as the ground is by the rain prepared for the seed, and the husbandman sometimes chooses to sow in the wet, so we must improve times of affliction, as disposing us to repentance, and prayer, and humiliation. Nay, there are tears which are themselves the seed that we must sow, tears of sorrow for sin, our own and others, tears of sympathy with the afflicted church, and the tears of tenderness in prayer and under the word. These are precious seed, such as the husbandman sows when corn is dear and he has but little for his family, and therefore weeps to part with it, yet buries it under ground, in expectation of receiving it again with advantage. Thus does a good man sow in tears. (2.) They shall have a harvest of joy. The troubles of the saints will not last always, but, when they have done their work, shall have a happy period. The captives in Babylon were long sowing in tears, but at length they were brought forth with joy, and then they reaped the benefit of their patient suffering, and brought their sheaves with them to their own land, in their experiences of the goodness of God to them. Job, and Joseph, and David, and many others, had harvests of joy after a sorrowful seedness. Those that sow in the tears of godly sorrow shall reap in the joy of a sealed pardon and a settled peace. Those that sow to the spirit, in this vale of tears, shall of the spirit reap life everlasting, and that will be a joyful harvest indeed. Blessed are those that mourn, for they shall be for ever comforted.
Louis van Jaarsveld said:
My liewe nig Hetta, hoe het ek dit nou? Nee, niemand was so doof soos hierdie iemand wat om den dode nie wou hoor dat ek die stralende bruid van ons Gesalfde ‘n harretyd aan die gee was nie…maar die klank van lewe het veel duideliker deurgekom.
Stefaan de Jager said:
Ek is ook ;ankal reeds daar geblok en die man in beheer was ene Cobus van Wyngaardt, dosent by Unisa as ek dit nie mis het nie. Ek vermoed dis steeds hy. Die man duld geen teëspraak nie en lyk my alles waarmee hy verskil word sommer `n persoonlike saak. As Cobus dalk verneem wat ek sê en hy is nie meer die man nie, laat weet asb want ek wil hom nie onskuldig die sondebok maak nie.