Kyk maar wat hy sê oor die toestand van die NG kerk!
http://thegospelcoalition.org/blogs/kevindeyoung/2013/04/25/thoughts-on-the-trip-to-south-africa/
05 Sunday May 2013
Posted Uncategorized
inKyk maar wat hy sê oor die toestand van die NG kerk!
http://thegospelcoalition.org/blogs/kevindeyoung/2013/04/25/thoughts-on-the-trip-to-south-africa/
Henrietta Klaasing said:
Dat iemand van buite (dus heeltemal objektief) baie beter insig het in die toestand van die NGK as sy eie leiers, sê geweldig baie van hierdie leiers!
Henrietta Klaasing said:
“The Dutch Reformed Church is weak and getting weaker, awash in theological liberalism and secular agendas.” Hoe kan mens dit onder die leiers se aandag bring?
Somerset Morkel said:
Die verslag was ook op Facebook wyd versprei en heelwat mense het daarop kommentaar gelewer. Ek glo die NGK-leiding het al daarvan kennis geneem. Mens kan dit aanstuur, maar Kobus Gerber is die persoon wat verantwoordelik is vir die ‘eukumene’ en ek vermoed dat die versalg in die snippermandjie sal beland (delete) as synde van ‘n ‘ver-regs konserwatiewe irrelevante bron..’ Dit pas geheel nie in by die NGK-leiers se huidige siening van eukumene nie.
Kobus vd Merwe said:
Dit is seker sleg om meestal aweregs te wees. Tog is dit nodig sodat die lyn van aanvaarbaarheid erens getrek kan word.
Dit is ‘n goeie punt vir Pastoor DeYoung om te maak ivm die NGK, maar is die punt objektief indien na die ander punte wat hy maak, gekyk word. Is dit nie ‘n gewaarwording wat deel vorm van ‘n groter bekendstelling wat eensydig van aard is nie?
Die finale gevolgtrekking dat meer sendingwerk gedoen behoort te word, spreek van onkunde of ‘n miskenning oor en van die omstandighede. Dit is heelwaarskynlik ook nie aan die Pastoor toe te dig nie, maar aan die mate van skewe beeldskepping waarin hy groot geword het.
Dit sal alle gelowiges baat indien die besef deurdring presies waar die Liggaam van Christus hom tans bevind. Minder uitreiking en meer inreiking, hou die stoep skoon.
Ons Bybel gelowiges was uitgevang in hierdie land, maar dit lyk my daar is ‘n paar ander wat ook eers die pad sal moet loop voor die pennie val.
hierstaanek said:
Kobus, ek glo dit is onmoontlik vir enigiemand om in die bestek van ‘n week volledige kennis van ‘n land op te bou. Ek glo Kevin DeYoung se opinies is gebasseer op die opinies van mense met wie hy in kontak gekom het. En onhou hy het met ‘n wye spektrum mense in kontak gekom: Ook uit die NG Kerk, maar meestal ander (Engelstalige) Gereformeerde kerke, en veral soos hy genoem het in sy blog, mense van alle bevolkingsgroepe. Ek was self by een van sy sessies waar hy die verhoog gedeel het met ‘n leraar uit Midde-Afrika en waar meer as die helfte van die gehoor swart was.
Kobus vd Merwe said:
Dok, dankie vir die reaksie. Ek hoop nie die kommentaar word as negatief gesien nie.
Dis verseker nie maklik om ten volle diplomaties te wees nie aangesien hier baie belangrike aspekte aangeraak word en met miskien minder oorsig as nodig. Dit is miskien juis omdat die persoon met jare se vooroordeel en ‘n week direkte oordeel, die stap neem om sekere gewaarwordinge te openbaar. Ek glo hy het die stellings uit oortuiging gemaak. Ongelukking miskien nie so objektief as wat dit kon wees nie.
Nietemin, dit is UITERS belangrike punte wat hy aangehaal het. Dit sal net gaaf wees om ‘n meer gebalanseerde kommentaar (miskien iets wat aandui dat hy nie ‘n kenner is nie) die wereld in te stuur.
Ongelukkig is daar ook ander baie goeie mense van oa Australie, wat uiters goeie werk doen vir Christus, wat ook ‘n baie eensydige prentjie van hierdie land weergee, ook na slegs ‘n enkele week se bekendstelling.
Hoe maak mense hulle opinies op? Hoeveel oortuiging is nodig om ‘n opinie te pen? Wat is die naloop van hastige opinies?
‘n Sendeling in Zambie, Dereck Hearth, het ook ‘n opinie nader aan “behoud van die bestaande” vs “sending”. Kyk gerus hier http://dearthtodelight.com/2013/05/05/why-are-we-in-zambia/
My subjektiewe opinie oor die stand van sake in hierdie land tov geloofsake is dat sendingwerk soos gedefinieer 500 jaar gelede, hersien behoort te word. Dit is nodig vir ‘n nuwe Reformasie. Die bestaande Christen moet eerder sy Bybel bestudeer en seker maak van sy oortuiginge tot “een geloof in Christus” om staande te bly teen die huidige aanvalle en verdraaiings.
Sending moet eerder die enkele bestaande Bybel-gelowige Christene bearbei om versterk te word in hulle geloof. Anders gaan meeste Christene die voetspore volg van die 50 000 wat in net die een jaar uit die NGK is.
Ek is seker dat ons almal die selfde Skrif aan die muur sien, maar kan ons dit korrek vertaal kry?
somersetmorkel said:
Natuurlik is dit moeilik om n objektiewe mening te he na een week se besoek aan n land. Maar mens moet nie vergeet nie dat hy in daardie week intense gesprekke gevoer het met n veelvoud van mense juis op die kerklike terrein. Dit is onvermydellik dat tydens sulke gesprekke die problematiek van die evangeliese landskap vd land wat jy besoek, aan die orde sal kom. En die feit vd saak is dat die NGK n belangrike rolspeler in die SA landskap is. Die feit dat die NGK in die branding is, sou sodanig dus aan die orde gekom het. En die persone waarmee De Young in kontak gekom het, is juis mense wat die suiwer pad vd Here loop. Hulle is bewus vd probleme waarmee die NGK worstel. En hulle is bewus daarvan dat die NGK in die greep van dwaling is. Dit is dus die boodskap wat aan hom oorgedra is. En dis n korrekte boodskap en n korrekte beeld. Indien De Young Afrikaans sou kon lees, en Ben du Toit se boek kon lees (“God..?) sou hy on onomwonde gese het Ben is n dwaalleraar. Indien hy verder sou hoor hoe Nelus Niemandt op Kyknet onlangs vir Ben du Toit ten volle ondersteun en konstateer dat Ben du Toit deel is vd “hoofstroomdenke” in die NGK, sou De Young geen verdere twyfel kon he dat die NGK met vals lering besig is nie.. Uit n evangeliese hoek gesien, is dit nie juis relevant hoe lank De Young in SA was nie. Die feit vd saak is dat sy siening vd NGK korrek is soos hy dit weergegee het.