Hierdie video van Paul Washer verwoord my gevoel teenoor die NG Kerk leierskap volkome.

Ek kan nie om verskoning vra omdat ek die waarheid van die Evangelie aan julle verkondig nie. Ek het julle te lief daarvoor. Ek het die 1 100 000 lidmate van die NG Kerk te lief daarvoor. Daar is te veel op die spel. Ons kan nie langer speletjies speel nie.

Maar as ek dit op ‘n manier sê wat mense seer maak, vergewe my asseblief. Mag julle verby my onbeholpenheid, my persoonlike sonde en my soms oordrewe passie kyk en slegs die kruis van Christus raaksien.

Mag Hy al meer word en ek al minder, sodat Hy en Hy alleen verheerlik sal word.

Wynand Louw

Edit: Om te verseker dat mens presies verstaan wat ek bedoel, lees asb my kommentaar onderaan ook.