Kevin DeYoung, ‘n evangeliese leier in die Reformed Church of America skryf vandag ‘n blog pos wat my tot stilstand ruk. Hy praat oor mense wat openbare figure probeer manipuleer om hulle oor sekere sake uit te spreek.
Hy skryf:
Say Something Right Now, or Else!
As someone with a public platform I’ve been called upon numerous times to speak out on any number of specific issues or controversies. I don’t mind at all the friendly inquires “What do you think?” or the private requests “I really think you should weigh in.” I recognize that some people are crying out for their voice to be heard. I sympathize with people who feel isolated, alone, hurt, or confused. I understand that emotions behind a “Say something right now, or else!” appeal. What’s frustrating is when the “or else” really means “or we’ll know you don’t care,” “or we’ll know you disagree with us,” “or we’ll know you agree with them,” “or we’ll know you are indifferent to some horrible thing.”
Mea Culpa? Ek bely dat ek dit met openbare figure in die NG Kerk gedoen het. Ek het van die begin af dringend selfondersoek gedoen oor my aanslag, maar die erns van die saak het my tot die gevolgtrekking laat kom dat daar nie ander uitweg is nie. Die omstandigheidsgetuienis dat ons leiers teologie aanhang wat met die belydenisskrifte in konflik is, is oorweldigend.
Die kerkregtelike pad het, soos ek dit sien, gefaal.
So die vraag is: Het die lidmate van die NG Kerk die reg om presies te weet wat hulle verkose leiers glo of nie? Beteken die feit dat die leiers se kontrak met die lidmate stel dat hulle sekere dinge MOET glo, dat hierdie selfde kontrak die lidmate die REG gee om te WEET wat hulle glo?
Het ek en die massas ander lidmate wat ook wil weet, ons kontraktuele reg om te weet wat ons leiers glo verbeur omdat my aanslag liefdeloos oorkom?
Of is daar dalk ‘n rede wat Kevin DeYoung nie genoem het in sy blog pos nie: Dat die persoon wat “aangeval word” eenvoudig nie kan bekostig om te antwoord nie?
Hierdie is moeilike vrae wat al lank baie van my emosionele energie opneem. Uiteindelik moet ek aan God verantwoording doen vir my optrede. Ek kan maar net in nederigheid op my kniee voor Sy aangesig bly, afhanklik van Sy genade.
Jan Louw said:
Dit vra ‘n groot man om so in die openbaar hand in eie boesem te steek. Ek het egter begrip vir jou frustrasie dat ons regtig nie weet waar ons met ons leiers staan nie. Die skepticisme waarmee baie lidmate hulle verklaring oor die opstanding beleef is ‘n bewys daarvan. Sien bv in Beeld:
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Meer-as-brief-nodig-om-lidmate-te-lok-20130321
en
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Lei-Afrikaanse-Christene-afsonderlik-op-20130321
Henrietta Klaasing said:
Ek het in dieselfde rigting as Jan gedink: Elke volwasse mens kan tog self keuses maak, selfs waar dit om lewe en dood gaan? Verder wonder ek in watter konteks De Young dit sê: in ‘n politieke situasie of as om ‘n geloofs- uitspraak te maak? Ek reken dis seker eersgenoemde . Was daar nie ‘n geval van onenigheid oor wie sou die gebed doen met Obama se inhuldiging nie?
hierstaanek said:
Henrietta, ek dink dit is kerkpolitiek: Kyk maar heirdie kommentaar op sy pos:
Refusing to comment about CJ Mahaney and Sovereign Grace is one thing. Appearing at SGM conferences when there is such a black cloud hanging over them right now is another.
It’s just frustrating that there isn’t even an acknowledgement in the YRR crowd that this is going on right now. It’s all thinly-veiled posts like this one.
En hier is skynbaar die agtergrond:
http://blog.christianitytoday.com/ctliveblog/archives/2013/03/c-j-mahaney-leaves-leadership-of-sovereign-grace-ministries.html
Henrietta Klaasing said:
De Young sê self: “Silence is not always golden”.
somersetmorkel said:
Wynland: Dit is nie manipulasie om van jou kerkleiers te verwag om hul standpunt duidelik uit te spel nie. Hul integriteit is op die spel. En dit gaan per slot van sake oor die waarheid van God. Daar is natuurlik maniere – beskaafd en minder beskaafd – om dit te doen.
Louis van Jaarsveld said:
Is so. Sê Paulus dan nie ook ons moet bereid wees om ‘n antwoord te gee oor die hoop wat in ons leef nie? Of so iets? Henrietta, waar is die verwysing?
Oor die minder en meer beskaafde maniere:
As ek my vrou se kop was, trek sy haar kop soos ‘n skilpad in. Dan moet ek vir dae aan die dop klop, en gehoor gee is min.
As ek my vrou se kop met die Woord was, en vir haar tyd gee om haar hare in die son droog te maak, kom sy meermale nader om spontaan op haar manier te doen wat ons albei weet reg is.
Ek verwonder my dan oor die gesellige patroon op haar skilpaddop.
catherinah said:
1 Peter 3:15 But sanctify the Lord God in your hearts: and be ready always to give an answer to every man that asketh you a reason of the hope that is in you with meekness and fear:
Louis van Jaarsveld said:
Dankie Catherina! Sjoe, innie wêreld is dit ‘n geval dat jy óf ‘meek and mild’ in die linkse skool moet inpas, óf ‘fearful and judgmental’ in die regse skool moet inpas. Met die linkses se feminisme wat die botoon in die nuwe SA se ideologie voer, reageer ons as manne maklik met ‘forget the rhino, save the white-ou’. Ons moet egter nooit teen mense reageer nie, het ‘n vriendin van my vrou gesê. Soos wat ‘n vroeër twyfelende Thomas in die vrese van die Here onse God begin wandel, om ‘n ou uitdrukking te gebruik, het ons geen ander verstandige keuse as om in aanbidding grond toe te gaan nie. Hoe het Pascal gesê? Nie die God van die filosowe, maar van Abraham en Isak en Jakob. Selfs vir sy volmaakte liefde wat die vrees uitdryf, het ons nog altyd ontsag. Ons is per slot van sake nog lank nie so wonderlik soos wat Hy in sy wese is nie. Maar Hy maak intussen van ons klipharte weer harte van vlees en bloed; ons skep moed. Die ou vertaling vertaal ‘meekness’ as ‘sagmoedigheid’. Hierdie sagmoedigheid laat my nogals as capey aan die renoster dink wat ek in die wildtuin gesien het (‘n rustige bekeerde een, wat nie góú sal wees om kwaad te word nie, oftewel, nie gou sal wees om jou storm te loop nie).