My Train Wreck Conversion

PHOTO BY JIMMY WILLIAMS
The word Jesus stuck in my throat like an elephant tusk; no matter how hard I choked, I couldn’t hack it out. Those who professed the name commanded my pity and wrath. As a university professor, I tired of students who seemed to believe that “knowing Jesus” meant knowing little else. Christians in particular were bad readers, always seizing opportunities to insert a Bible verse into a conversation with the same point as a punctuation mark: to end it rather than deepen it.
Stupid. Pointless. Menacing. That’s what I thought of Christians and their god Jesus, who in paintings looked as powerful as a Breck Shampoo commercial model.
As a professor of English and women’s studies, on the track to becoming a tenured radical, I cared about morality, justice, and compassion. Fervent for the worldviews of Freud, Hegel, Marx, and Darwin, I strove to stand with the disempowered. I valued morality. And I probably could have stomached Jesus and his band of warriors if it weren’t for how other cultural forces buttressed the Christian Right. Pat Robertson’s quip from the 1992 Republican National Convention pushed me over the edge: “Feminism,” he sneered, “encourages women to leave their husbands, kill their children, practice witchcraft, destroy capitalism, and become lesbians.” Indeed. The surround sound of Christian dogma comingling with Republican politics demanded my attention.
Hier is ‘n video onderhoud met haar. Kyk dit. Dit is die moeite werd.
Henrietta Klaasing said:
Dankie vir die plasing Wynand. SO aangrypend en dit beantwoord die vraag wat jy as opskrif het.
Louis van Jaarsveld said:
Onbeskryflik groot.
Ek hoor die klanke van gesang 177 (of lied 602):
“Kyk, Ek maak alles nuut, sê God,
laat hom wat dors het, kom –
en hy sal vind, hy is My kind,
ek is ‘n God vir hom.”
Eckard Briedenhann said:
Uit die artikel, “The article generated many rejoinders, so many that I kept a Xerox box on each side of my desk: one for hate mail, one for fan mail. But one letter I received defied my filing system. It was from the pastor of the Syracuse Reformed Presbyterian Church. It was a kind and inquiring letter. Ken Smith encouraged me to explore the kind of questions I admire: How did you arrive at your interpretations? How do you know you are right? Do you believe in God? Ken didn’t argue with my article; rather, he asked me to defend the presuppositions that undergirded it. I didn’t know how to respond to it, so I threw it away.
Later that night, I fished it out of the recycling bin and put it back on my desk, where it stared at me for a week, confronting me with the worldview divide that demanded a response. As a postmodern intellectual, I operated from a historical materialist worldview, but Christianity is a supernatural worldview. Ken’s letter punctured the integrity of my research project without him knowing it.”
Ek dink die volgende aanhaling uit Francis A. Schaeffer se, ‘The God Who Is There,’ is hier ter sake, “It was indeed unfortunate that our Christian ‘thinkers’, in the time before the shift took place and the chasm was fixed, did not teach and preach with a clear grasp of presuppositions. Had they done this they would not have been taken by surprise, and they could have helped young poeple to face their difficulties. The really foolish thing is that even now, years after the shift is complete, many Christians still do not know what is happening. And this is because they are still not being taught the importance of thinking in terms of presuppositions, especially concerning truth.
The floodwaters of secular thought and liberal theology overwhelmed the church because the leaders did not understand the importance of combating a false set of presuppositions….”
Prys die Here. In hierdie geval het iemand dit wel verstaan!
hierstaanek said:
Eckard, jy moet haar boek lees. Sy praat in haar boek oor hoe die GLTB gemeenskap veg vir die liberale wêrelbeeld, hoe hulle dit agressief verkondig en op studente aan liberale universiteite afdwing.
Onglukkig dink vandag se Christene wêreldbeeld (die “presuppositions” waarvan jy hier praat) is nie belangrik nie. Hulle dink mens kan ‘n Christen wees met ‘n heidense of sekulêre wêreldbeeld. Of ‘n Oprah wêreldbeeld.
Dit kan nie.
hierstaanek said:
Vanoggend net na sewe sit ek in Bugg en Mean en eet ontbyt. Ek lees haar boek op my selfoon, en groot man wat ek is begin ek snot en trane in die openbaar te tjank.
Ek kan die boek eenvoudig nie sterk genoeg aanbeveel nie.
Anna Louw said:
Dis baie spesiaal om haar getuienis te hoor – juis in die tyd wat die NGK die gaygesprek ens op die agenda van die Algemene Sinode wil plaas. Waar kan haar boek bestel word & wat is die titel ?Ons sukkel met ons rekenaars die afgelope tyd is stadig en vol allerlei streke.
Louis van Jaarsveld said:
Meermale sien mens dat manne wat eers getroud was, en wie se vrou sy kinders in die wêreld gebring het, daarna besluit dat hulle allie tyd ‘gay’ gebore was. Manne wat vroeër op die pad was, verloor partymaal kop, gooi sommer tou op, en daar gaat hulle.
As dit nie vir die sonderlinge genade van ons Skepper was nie, kon enigeen van ons onder die brug of in die afvoerpyp geslaap het, sou ‘generaal’ William Booth die woord sny. Ek vind in my enkele gesprekke met lesbiërs en homos’s, dat hulle teen die einde nogal gefassineerd kan wees met wat die groot boek heel natuurlik oor die verhouding tussen man en vrou vir ons sê. Julle weet – soos in die praatjie voor die huwelik waarop hulle dalk uitgemis het? Miskien kan ons daarom ‘n rukkie rustig kyk na hoe man en vrou wel sinvol getrou kan bly.
‘n Geslag of twee terug het Jac Müller gloeiend oor ‘reinheid’ gepraat. Ek onthou egter hoe een ouk in ons klas aan die begin neëntigs, in die kleingroepie opgemerk het toe iemand oor ‘reinheid’ gepraat het: “Wat is dút?”
Waarom raak ons in die huwelik soms so omgeëllie dat ons in on-smaaklike botsings met mekaar betrokke raak? En dan mag ons daarna ‘n lewe lank na lewende brood, wat op ‘n manier moet maak dat hulle nie weer hier binne honger kry nie?
David Pawson maak in sy video oor Hooglied die opmerking dat ons verhouding met die Here wel emosioneel is, maar nie eroties soos by die omringende volkere nie. Dit raak ons hart, maar tog ons loop nie soos in Babilon met die hart op die mou nie. Mens mis so ‘n beskeidenheid as ‘n innerlike versiering in vandag se modegiere. Ook dat die hoofde van huise die seggenskap van die hemelse Bruidegom sal ervaar – spesifiek waar die tyre die teer strike. Ons harte brand die heel meeste waar ons Hom voor oë hou.
Dalk het dinge op ‘n onnatuurlik manier hand-uit geruk toe man en vrou nie in ‘n privaatwees eers die geestelik-gesellige naspel geniet het nie (Lev 15)? Dalk het ons in die hitte van die stryd net een opsie voor oë gehou het: om die skroef van die wêreld se eise vir die ander een stywer aan te draai? Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe (Spr 11:29). Waar ‘n kind vir die een ouer en teen die ander ouer kies, kan daar iets skeef uitdraai, was Keith Daniels se waarneming na 200 gesprekke met sulke kinders. Nie dat hulle gedoem is daartoe nie, maar die versoekings raak die laaste tyd velerlei, en as ouer mense kan ons hulle dalk bystaan om hulle huiwering vir die teenoorgestelde geslag te oorkom en om verantwoordelike keuses vir ‘n lewensmaat te maak. Maar soms is dit nodig dat ons as ouer mense eers self na die Lewende Woord terugkom.
Enige vrou kan egter met die krag van God se woorde binne-in haar vry word: hulle afsondering is vir haar man nodig om sy effens leë batterye te herlaai. Gebruik ‘n bietjie jou pampoenpitte soos uit die hartjie van die paradys: ‘n mens hoef nie ‘n nikkel-kadmium battery leeg te laat loop voor jy hom herlaai nie. Nie dat ons net kragkos moet eet soos die omringende volke nie: ons is nie net wat ons eet en by ons mond ingaan nie. Ons is veral waarvan die hart vol is, en by ons mond uitkom. In dieselfde trant is enige man in staat om hom voortdurend te bekeer om verstandig teenoor haar op te tree: as dit sukke tyd met donkermaan raak, het sy vrou soms nodig om gekussing te word teen die kinders wat nie hierdie dinge verstaan nie. Pa kan liewer vir hulle sê: kom ons braai vanaand buite.
Dis vir my mooi as ek op die video sien hoe Rosaria ‘n haarlok sagkens agter haar oor invryf. Dit kom van binne af, kan mens deurentyd hoor. Hierdie opname is iets heel anders as die nydige manier waarop debatte dikwels op die internet gevoer word. Moet die debatte regtig vir ons so ‘n netelige kwessie wees, met dorinkies wat aljimmers in mens se vingers wil vassteek? Nee, ons leer om raak te vat, en dan skerp te sny. Soos die skil van ons eie vroom lagie vir ons reg gesny en toe afgetrek is, sodat ons vrug van die Gees nie stekelrig van ons kant af is nie, maar ons die kraakvars guns kan proe van musiek wat van Omhoog kom.
Soms dink ons ons het nou aangeland – maar ons eie fisieke opstanding het nog nie in hierdie lewe plaasgevind nie. Mens leer ook dat daar ‘n tyd is vir omhelsing, en ‘n tyd om ver van omhelsing te wees. Ons leer dat ‘n skroef se snykante met ‘n lang en geduldige ronding in die hout se vesels inkerf, sodat die onsigbare middellyn aangrypend vorentoe beur. So word die liefde van ons gekruisigde Here in ons eie harte uitgestort, en daarom ontvang ons verbysterd die krag om die een die ander se belange bo syne of hare stel. Hoewel dit nog net in die verborgenheid is dat ons ‘n teken van Christus se heerlikheid vir sy gemeentebruid ontvang, is die toetentaal onverdiende belofte van die wind van Christus se Heilige Gees vir ons en vir ons kinders – en vir elke enkeling wat nog daar ver buite die ligkring sta’ en trippel asof hy ‘n witperd sou wees.
Christus is intussen druk besig om die plek vir Sy gemeentebruid voor te berei. In die anneks aan sy Vader se huis, rig Hy vir haar als in wat sy op die nuwe aarde nodig gaan hê.
Christus weet: daar is dinge wat sy Vader alleen weet. Maar op die tyd wat sy Vader in alwysheid bepaal om die groen lig te gee, kom Hy in sy glorie op die wolke om Sy stralende bruid nader te roep. Steeds nader… sy gaan saam met Hom in die wolke wees.