Dis soos toe Dr Braam Hanekom in ‘n verklaring impliseer het mense wat kinderlik glo  besin en redeneer nie met erns oor wesensvrae nie.* Hy het skynbaar ingekoop in die belaglikheid wat die hele wêreld in die algemeen, en Abel Pienaar in die besonder, verkoop: As jy krities en rasioneel is kan jy nie meer die Bybel glo soos ons nog altyd geglo het nie.

Op Ferdie se blog:

Abel Pienaar skryf onlangs die volgende oor die NG Kerk en Jean Oosthuizen: “Enige kritiese rasionele benadering word vinnig afgeskiet as ongeloof en rebellie. Presies dit is wat in Jean (Oosthuizen) se geval gebeur het. Die kerk strukture het nie baie gehou van sy kritiese stem binne hulle geledere nie. Dink maar net wat ‘n waardevolle bydrae hy nog kon gemaak het – natuurlik as hulle eerder na hom geluister het, in plaas van om hom net as die vyand te beskou.”

Ferdie noem die graaf sommer reguit so op sy graafnaam: Dis Bollie. (En hy bedoel nie die blou konyntjie nie.) Abel, jy praat bollie. Die kerk is juis aan die sterf omdat hulle die sogenaamde “krities-rasionele” ouens geglo het.

Mooi so, Ferdie. So ‘n bek moet jêm kry!

Lees Ferdie se blog pos hier: http://www.opgestaan.com/2/post/2013/03/die-kritiese-rasionele-benadering-en-die-ng-kerk.html

(* Ter wille van regverdigheid, lees asb Dr Hanekom se antwoord onderaan die pos by die skakel hierbo.)