Wat glo Jean Oosthuizen?
Hy ontboesem oor sy geloof in ‘n onderhoud met Hanlie Retief.
Hy ontken die ekslusiewe aard van die Christelike geloof. Hy ontken die bestaan van die hemel en die hel.
Hoe op aarde kon iemand wat ons geloof so blatant verwerp ons kerk se amptelike nuusredakteur wees? Wie het hom in daardie pos aangestel en beskerm?
Lees hierdie artikel in Kerkbode: Sy eks-baas Pieter Fourie hang dieselfde dwaalleer aan.
En wat van Nelus Niemandt? Oosthuizen beweer in die onderhoud: “Vroeër die oggend het Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, hom gebel met “waardering vir my en my werk”.”
Prof Niemandt, hoe kan mens iemand wat nie die Evangelie glo nie aanstel om die Evangelie te verkondig? (Is dit tog nie Kerkbode se primêre roeping nie?) Of het u nie ‘n probleem met Oosthuizen se teologie nie?
Hoe kan u ‘n wolf in skaapsklere se werk “waardeer”?
Prof Niemandt, u is die lidmate van u kerk ‘n dringende antwoord verskuldig! (Dis te sê as Oosthuizen nie lieg oor u oproep nie…)
Dank die Here hierdie dinge kom nou aan die lig.
In Jean Oosthuisen se eie woorde:
Hy glimlag. “Baie mense het my al gevra. Op Kletskerk is gesê ek is te bang om te sê waarin ek glo.”
Wie is God?
“Dis die vraag, nè. Mense sê ook my definisie van God is wollerig. Maar hoe kan ek Hom in ’n kassie sit? God is vir my die Groot Misterie. Nie eens die belydenisskrifte gee my al die antwoorde oor God nie. Jy kan net ’n ervaring van God hê. En ek hét ’n Godservaring.”
En die hemel en die hel?
Hy gee ’n laggie. “Ja, die hemel en die hel, verál die hel.
“Joe. As ons glo in ’n God van liefde en genade, hoe sal Hy toelaat dat jy vir net 80 jaar op aarde leef en dan vir die res van die ewigheid in die helse vuur deurbring? Ek kan my nie met so ’n godsdiens vereenselwig nie. En die hemel? Ja… wat wéét ons wat ná die dood gebeur.”
En is daar net een God vir Christene, Moslems en Jode?
“Kyk, party mense dink ons geloof is ál regte een. Maar as ek in ’n Moslemland gebore is, was ek mos ook een.
“En ’n Jood in Israel. Wie gee mý die reg om te sê net my godsdiens is reg? Ek het God leer ken deur Jesus van Nasaret wie se volgeling ek is, wat rigting gee aan my lewe. Maar ek kan nie sê ’n Moslem is verkeerd nie, dis arrogant.”
Geloof is vir Jean intens persoonlik. “Dis maklik om te sê wat God nié is nie. Nié die omie met die wit baard wat als daar van bo af sit en reël nie. God is vir my hier op aarde, want as Hy nie tussen mense is nie, waar is Hy dan?”
Henrietta said:
Wynand jy vra wie vir JO aangestel en beskerm het. Die Engelse praat van ‘n “post turtle” , ‘n skilpad op ‘n paal. Almal wonder WIE het die skilpad daar gesit. Prof Niemandt se oproep en woorde is veelseggend.
Sonja said:
Hierdie is NIE ‘n demokratiese webwerf nie. Objektiewe menings word summier verwyder
hierstaanek said:
Hallo Sonja.
Ek is die enigste persoon met Admin magte hier, en ek het die afgelope 18 maande wat die webwerf bestaan net een of twee kommentare verwyder omdat dit nie bygedra het tot die gesprek nie. Die laaste keer wat dit gebeur het was meer as ‘n jaar gelede. (As ek reg onthou)
Maar jy is reg, die webwerf is nie demokraties nie want dit behoort aan my, en ek kan hier maak wat ek wil.
Groetnis!
hierstaanek
Kobus vd Merwe said:
Dok, ek hou van wat ek lees.
So 8 maande gelede was my eerste indrukke van hierdie blad, iemand wat versigtig vrae vra, om blykbaar sodoende agter die kap van die byl te kom, wat natuurlik die billike manier is. Nou dat die waarheid met reelmaat na vore kom, begin die hare ook waai! Ek hou daarvan.
Wat vir my ongelooflik is van die stellings van mense soos JO, van hulle “geloof”, is die voortslepende teenstrydighede van die kern beginsels.
Onder die vaandel van “‘n God van liefde en genade” probeer die patete (panenteiste) ‘n oordeel fel. Hulle bepaal wat die norme is waaraan God gemeet moet word, en as God nie daaraan voldoen nie, dan word Hy summier verwerp en ‘n “goodie two shoes” “geloof” aanmekaar getimmer.
Wat hulle “glo” is ook nie ‘n geloof nie, dit is ‘n mite stelling. ‘n Hersenskim, spekulatiewe fiksie, deur skepsels aanmekaar getimmer.
Wat mense soos hy ontgaan, is dat daar ‘n sondeval was en as gevolg daarvan, is daar pyn en lyding in die wereld. Maar natuurlik, in hulle mite bestaan sulke goed nie en daarom kan hulle glo in spekulatiewe fiksie waarvan hulleself die outeur is.
Is geloof nie juis dit wat nie onder eie beheer is nie?
Wat die mees onstellende is van hierdie tipe benadering, is dat hulle van my geloof ‘n strooipop argument het, en daardeur my, en biljoene ander Bybel-gelowige Christene, beledig. Van waar die arrogansie om die Bybel te verdraai?
Hou so aan, en ek hou van die houding “… die webwerf is nie demokraties nie want dit behoort aan my, en ek kan hier maak wat ek wil.”, al is daar heelwaarskynklik ‘n hele klomp wat weer die verdraaiing van die “liefde en genade” kwas sal wil aanwend.
hierstaanek said:
Die ergste van alles is, hulle is trots daarop om te sê hulle teologie is spekulatiewe fiksie. Hulle gunsteling mantra is mos “Ons weet nie.. Ons twyfel…”
Jy is reg, dit is so half pateties.
Gert van Rensburg (GJ Janse van Rensburg) said:
JO, wat van Sodom en Gemorra? Dit was mense wat hulle perversiteit soos bv. in Rom 1:18-32 uitgeleef het en God verag het, tot en met hulle dood. Almal kry die geleentheid om God aan te neem en die wat nie wil nie? Wat moet hulle in die hemel maak? En ja selfs Jesus praat van die hemel en die hel…. nou ja kom ons noem dit die vuurpoel waarin hulle vir ewig sal ly. Dan kan ons maar dink daar is nie ‘n hel nie. Lasarus en die ryk man gaan hewig met jou verskil! Waarom moet God deur mense soos jy VERPLIG word om almal te red, selfs dié wat die Gees vloek? Die Woord van God verduidelik al jou skeptisisme breedvoerig vir enige mens om te verstaan, selfs die soos ek wat nie dr., prof. of ds. voor my naam kan skryf nie.
Jean said:
Jy het nogal baie oor ander mense te vertel Wynand Louw. Vertel ons so bietjie oor jou eie verhaal as jy die moed het om dit doen maar vertel tog dan maar die volle verhaal.
hierstaanek said:
1 Tim 1:12 En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het, 13 my wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof. 14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is. 15 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. 16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ’n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
Jean, almal weet wie ek is en wat ek is. Jy het geen vars nuus om aan die wêreld te breek nie. Dis oud en koud.
Die basislyn is, Jean: As God SELFS VIR MY kan red en verander kan hy jou ook red. Ek is immers ‘n groter sondaar as jy. Jy het na my wete tog nog nooit owerspel gepleeg nie, en nog nooit op mense geskree en gevloek nie.
Ek smeek dus jou op grond van my eie ervaring, aanvaar God se genade in Jesus Christus!
(Dit is presies wat Paulus hierbo sê: Hy het Christene vervolg en vermoor – tog was God se genade groot genoeg vir hom. Genoeg bewys dat Hy JOU OOK kan red!)
Jean said:
Nee Wynanf moenie met die hoogheilige vroomheid kom nie. Die mense weet nie van jou mannrewales nie. Hulle weet ook nie wat jy jou vrou aangedoen het nie. Wees nou vir ‘n slag ‘n man en vertel hulle ALLES.
hierstaanek said:
Jean, as jy wil ingaan vir detail koop die Son of kyk 7e laan. Ek gaan nie jou voyeursdrange hier bevredig nie.
Die belangrikste is in my pos hierbo. Maar indien jy dit gemis het, hier is dit weer:
Ek het owerspel gepleeg en het op mense geskree en gevloek. Ek het genade ontvang en is vergewe. En ek ontvang daagliks genade om te verander.
As jy dit vroom en hoogheilig wil noem om jou sonde te erken en om vergiffenis te vra, so be it. Ek kan ongelukkig nie in my vroomheid en hoogheiligheid roem nie. Ek roem net in die genade van Jesus Christus.
hierstaanek said:
Ter wille van opeheid en eerlikheid: Ek het ‘n pos van Jean Oosthuizen hier delete. Ek kon die bostaande twee geblok het maar het nie omdat ek niks meer het om weg te steek nie. Alles wat gesê kan word hieroor is reeds gesê.
Jean said:
Openheid eerlikheid? Nou vir wat delete jy dan die pos en waarom is jy nie eerlik en openlik genoeg om die volle verhaal vir die mense te vertel nie? Nee jy is nie openlik en eerlik nie Wynand. Jy kla mense links en regs aan, beledig hulle en pleeg karaktermoord maar jou eie kas loop oor van al die geraamtes. Geen wonder jy het nie die mannemoed om nie volle waarheid te vertel nie. As jy niks het om weg te steeek nie waarom vertel jy nie alles nie?