Hierdie is transkripsies van uittreksels van die eposse wat vandag op Bladsy 5 van Rapport publiseer is.
Volgens die tweede epos lyk dit of die werklike rede waarom Kerkbode van Woordfees onttrek het die inhoud van die gesprekke en die profiel van die sprekers was. Goed so! Dit sou ‘n ongelooflike klad op die naam van die NG Kerk wees as hulle sulke godslasterlike heidene soos Abel Pienaar en Lina Spies sou borg. Iemand in die topstrukture van die kerk het die insig gehad om dit te besef.
En Jean Oosthuizen moes toe op sy swaard val om mense hoër op – skynbaar Pieter Fourie en Danie Mouton te beskerm.
Is Pieter Fourie onskuldig daaraan dat Kerkbode Pienaar en Spies sou borg? Soos ek vroër in hierdie pos gewys het is sy teologie dieselfde as die van Oosthuizen, hy is dus moontlik soos Jean Oosthuizen ook ‘n groupie van Abel Pienaar.
Die epos uittreksels volg. Kursivering is myne.
RAPPORT 10 Maart 2013, p.5
Uittreksel uit eerste e-pos, skynbaar aan Pieter Fourie:
“…. verduidelikings oor die Woordfees beindruk ons nie. Jy het ‘n agenda gehad wat jy ten alle koste wou deurvoer. Jy wou van Jean Oosthuizen ontslae raak. Jou optrede is in pas met die ou kerk ooms van die verlede – soos Fred Mouton julle so mooi geteken het.
Wat ons nou die meeste woedend en tegelyk magteloos maak is die hantering van die vroue op die personeel. Die Woordfees-fiasko bevestig dit weer. Almal weet dat die bestuurhoof van TM en die redakteur van Kerkbode nie geraadpleeg is met die uitstuur van die onjuiste persverklaring nie. Toe sy julle daarop gewys het, het julle besluit om haar eenvoudig te ignoreer. Julle het verder gegaan en sonder haar medewete die nuusredakteur van Kerkbode geskors. Die enigste afleiding wat ons kan maak is omdat sy ‘n vrou is – vroue tel nie in die kerklike omgewing en Bybel-Media nie. As sy ‘n man en ‘n predikant was, sou dit ‘n ander saak gewees het. So het jy ook die personeelverteenwoordiger (‘n vrou) en die bemarkingsverteenwoordiger (‘n vrou) uitgesluit. Weer eens kan ‘n mens vra, sou dit ander gewees het as hulle mans en predikante was?
Jy sal verniet soek vir ‘n naam onderaan hierdie brief. Die personeel leef al in jare in vrees vir jou en nou is almal bang dat hulle ook die slagoffer van jou leuens kan word.
Jy het jou bydrae by BM gemaak. Na die Woordfees-fiasko is daar nie meer ‘n bydrae wat jy kan maak nie. Doen jouself en BM die guns en kondig jou bedanking aan. Dit is die regte ding om te doen.
Uittreksel uit tweede e-pos, skynbaar aan Danie Mouton:
“….. maatskappy getref nie.” Ons het stawende bewyse dat u die inligting dat die regte kanale gevolg is met die Woordfees-gesprekke voor u gehad het, maar verkies het om te lieg. U het mos soos Pieter Fourie ‘n agenda gehad, ‘n ding teen Jean Oosthuizen en om hom te verwyder.
Ons land verkeer in ‘n morele krisis en u wat die voorbeeld moet stel, u dien die leuen, u blaas die wanpraktyke aan waarvan ons almal elke dag in die koerante lees. Maar hierdie keer kom die wanpraktyke uit die hart van ‘n Christelike organisasie.
Dan het u nog die vermetelheid om in die verklaring te sê dat die Kerkbode , soos die NGK, ‘n bydrae tot die genesing van ons land te lewer het. Hallo? Genesing van ons land? Maar die voorsitter van die BM-direksie lieg soos ‘n tandetrekker! Behalwe jou naiewe optimisme dat die NGK van alle dinge die land sal genees. Ja, nadat julle en julle voorgangers die grootste deel van die bevolking in die apartheidsjare in die grootste ellende in gedompel het. Nou wil jy en jou NGK die land genees?!
‘n Paar dae later maak die uitvoerende hoof ‘n 180-grade omkeer en erken in die Beeld dat die regte kanale gevolg is (en bewys daarmee dat u gelieg het), maar dat dit nou nie meer is waaroor dit gaan nie. Toe gaan dit oor die inhoud van die gesprekke en die profiel van die sprekers.
WILLIE DU PLESSIS said:
Die mees moderne opvatting in die teologie wat by Tukkies en Stellenbosch doseer word in terme waarvan daar altyd ruimte vir gesprek in die kerk toegelaat word vir wyd uiteenlopende standpunte sodat daar na die “waarheid” gesoek kan word, was direk aanleidend tot die huidige onverkwiklike geveg onder sekere leiers van die NG Kerk. Dit is verstommend dat ‘n kerk op die markplein wil gaan staan en debatteer oor wie God is, asook of daar ‘n hemel en ‘n hel bestaan. Dit is waar ‘n kerk beland as daar nie meer soliede ankers van belydenisskrifte is wat die die geloofsbelydenis van die kerk omskryf nie.
Nou het die NG Kerk ook tyd om met geharde ateiste en godslasteraars te sit en redekawel in plaas daarvan om die evangelie te verkondig aan hulle wat nog ore het wat oop en ontvanklik is vir die goeie boodskap. Dit laat mens dink aan die storie van die predikant wat gedink het hy kan die alkoholis bekeer deur maar gereeld saam met hom so ‘n enetjie te drink terwyl hy met hom oor ‘n christelike lewe gesels. Die uiteinde was dat die predikant ook ‘n alkoholis geword het.
Daar is ‘n spreekwoord wat steeds geld: “Meng jou met semels en die varke vreet jou op.” Psalm 1 praat van om nie in die kring van die spotters te sit nie. Die Stellenbosch se Woordfees gesittery saam met die ateiste en ondergrawers van die suiwer Woord en prediking kon net tot spot met God lei. Dit het toe glo plaasgevind sonder die NG Kerk as borg. Ek sal graag wil hoor of iemand steeds van mening was dat daardie debatte tot eer van God gedien het, asook dat dit enigsins gelei het tot sondaars wat tot bekering gekom het en nou ywerige gelowiges geword het. Ek twyfel sterk.
Henrietta said:
Dankie vir die plasing Wynand – mens kry ‘n duidelider prentjie met hierdie info.
Henrietta said:
Dankie vir die plasing Wynand – mens kry ‘n duideliker r prentjie met hierdie info.
Gert van Rensburg (GJ Janse van Rensburg) said:
Sodra ‘n persoon hom wend tot skeltaal en afbrekende vernederende ettiketering soos, “fundamentaliste en ou kerk ooms”, dan kan jy maar weet dat hy self weet dat hy afwyk van God se Woord se voorskrifte. Ek kry hulle jammer en bid voortdurend vir hulle.
Pingback: Kerkbode: Danny Fourie “bedank”. | hier staan ek