Die brief is hier: http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Verguising-deur-NGK-20130224
(Weereens geen familielid van hierstaanek nie. Maar lyk my die Louws is oor die algemeen maar so bedraad. 🙂 )
Verguising deur NGK
deur Anna Louw, 2013-02-25 05:45
Die berig “Kerkbode-joernalis moet kantoor blitsig ontruim” (VB, 19/02) het betrekking. Volksblad haal dr. Pieter Fourie as volg aan: “Die skorsing hou verband met sy uitsprake oor die direksie.” Voorts sê Fourie “ander ondernemings sal dit ook nie duld dat ’n werknemer openlik die direksie se integriteit bevraagteken nie.”
Enige onderneming wat geloofwaardig wil wees, en sy openbare beeld beskerm, sal sulke optrede nie duld nie.
Onbegryplik dat die direksie van Kerkbode & Bybelmedia, ’n Christelike maatskappy, nie so drasties opgetree het teen Oosthuizen toe die eer van God Drie-enig openlik op die NGK se sosiale netwerke (wat wêreldwyd gelees word) gruwelik aangetas is nie?
Deur Sy kerk! Vele bewyse in hul onnoembare kruheid is beskikbaar. Herhaalde vertoë tot die kerkleierskap het op dowe ore geval. ’n Skare instansies en openbare figure het oor jare deurgeloop in spotprente in Kerkbode en ander verguising, soos Angus Buchan, Isak Burger, Gretha Wiid, die Gereformeerde Kerk en Steeds Hervormers.
Wat van hul integriteit en die erge verleentheid vir die NG Kerk binne die Christelike gemeenskap in Suid-Afrika? Dis moontlike regsaksies uitgesluit.
Enkele NGK-leiers en -lidmate wat ’n Bybelse standpunt durf inneem, moes ook deurloop.
Evangeliese lidmate se reg tot spraakvryheid is op die spel! Die reaksie – ’n teleurstellende, dawerende stilte pleks van ’n openbare apologie.
My bedanking as lidmaat in 2012 was oor die gruwelike aantasting van die Heiligheid van die Here oor jare op die NGK se sosiale netwerke en die afwesigheid van optrede en wantroue in die huidige kerkleiers.
NGK-leiers moet in voeling kom met lidmate op voetsoolvlak. Nou word die indruk gewek dat as geld ’n faktor word, daar oplaas ingegryp word!
Ladybrand
Henrietta Klaasing said:
Mooi Anna! Lyk my die meeste Louws is allesbehalwe “lou”…
Die Filadelfieer said:
Hierdie is ‘n verskriklike klad op die NG Kerk se naam, en is mynsinsiens eerder ‘n KERK probleem as ‘n Jean Osthuizen probleem.
Dit moes nooit toegelaat geword het om so ver te gaan nie.
Ek hoop en bid dat Anna Louw van Ladybrand intussen ‘n ander geestelike tuiste kon vind, en nie kerkloos en kerklos geraak het soos wat met talle gebeur het nie.
Evert Meyer said:
As mens kyk na Oosthuizen se optrede op die Facebook bladsye van Kerkbode voor dit deur die NG Kerk gesensor is en op Kletskerk, dan is die lirieke van ‘n Kommissie van Ondersoek liedjie heel gepas:
Maar hoogmoed kom toe tot ‘n val
Met vol majeur trompetgeskal.
Eintlik is die bestuur van Kerkbode, asook grotendeels die bestuur van die NG Kerk verantwoordelik vir hierdie hele situasie. Hulle het hom soveel vrye teuels gegee dat hy gedink het sy optrede is reg.
gerrie said:
Leterlik is daar duisende eks- NGK lidmate nou kerkloos soos ek en baie van my vriende en familie. Die vraag is waarheen nou? As christen bid ek, hou huisgodsdiens en vra leiding, ek skakel op tv by Kruis-Kyk in. Hoekom moet ons nou kerkloos wees terwyl die NGK voortgaan soos tans? sal die’ NGK dan nooit skoon gemaak kan word nie?
Gerrie,
Die Filadelfieer said:
Gerrie,
Ek praat uit ondervinding as ek vir jou sê dit is nie gesond om kerklos te wees nie, maar wat ek wel geleer het is dat kerk nie noodwendig een van die susterskerke-op-‘n-sondag-diens hoef te wees nie. Kerk kan jy en jou familie om ‘n tafel met ‘n oop Bybel ook wees. Dit sit nie in Jean Oosthuizen of selfs die “grote” NG Kerk se broeke om jou weg te skeur van ‘n lewende verhouding met Jesus Christus nie.
Danie said:
Hoekom is dit ongesond. het jy jou oog op die tiendes?
hierstaanek said:
Nee Danie. Omdat die Bybel so sê.
Kobus vd Merwe said:
Gerrie ek mag nie ‘n oorsaak van moontlike twyfe wees nie, maar my ondervinding van Kruis Kyk is nie baie positief nie.
Daar is waarheid tussen die klomp programme wat, of op die emosie gebaseer is, of op “prosperity” gebaseer is.
Dan ook ‘n hele klomp waar die gemeente leiers kompeteer oor wie die grootste sondaar was voor hulle bekeer het. Dit mag so wees, ek sal nie weet nie, maar as iets ongelooflik klink, is dit waarskynlik.
Die geveg in ‘n poging om die NG Kerk te red word nie noodwendig wyd ondersteun nie. My persoonlike gevoel is dat dit is waar Luther homself gevind het met die RKK, probeer om van binne reg te maak, om uiteindelik dit van buite aan te val.
Tog dink ek dat alle gelowiges wat Afrikaans praat, voordeel sal trek uit ‘n “amptelike” gereformeerde kerk. As Bybel gelowiges kan ooreenkom om tot ooreenkoms te kom tov kerk, kan die wat wegloop na niks toe, dalk nog ‘n heenkome vind.
Vir my is dit aangenaam om bewus te wees van iemand wat trots sy beginsels wil toepas om ‘n ding wat stukkend is, reg te maak. Dit kan nie ‘n maklike pad wees nie en diesulkes het ondersteuning nodig, al is dit net sodat die individu staande kan bly.
My ondersteuning is aan die persoon, meer as aan die spesifieke saak.
Gert van Rensburg (GJ Janse van Rensburg) said:
Ek het eenmaal per epos ‘n probleem met prof Piet Strauss, toe moderator van die algemene Sinode, probeer beredder. Sy verklaring was bondig: “Die Algemene Sinode is nie ‘n demokratiese organisasie nie”! Daar is die antwoord. Die NGK leiers stel nie belang in kontak met ons voetsoolmanne nie. Hulle doen wat hulle wil en is nie aan ons kerklidmate enigiets verskuldig nie. Daarom ploeter hierdie skewe onbybelse denkrigting onverpoos voort deur die modder na ellende toe.