Die volgende aanhalings uit die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk” sluit aan by die Rapport artikel oor Oosthuizen se ondermyning van die Evangelie op sy webblog “Kletskerk”. Volg maar die skakels na die draad waar prof Niemandt en Ds Danie Mouton se ondersteuning van Kletskerk geplak is. Ek kopieer die inskrywing onder aan die pos.

Ek dink dit is skokkend dat leiers van ons kerk wat veronderstel is om die Evangelie te bring die godlastering van Kletskerk wou oorsien. (Mens neem aan die persoon wat die boodskappe van Mouton en Niemandt daar geplak het, het nie gelieg nie. Ek glo dit is outentiek, in die lig daarvan dat Oosthuizen so lank in sy pos beskerm is.)

Aanhalings uit “Die Trojaanse Perd” begin:

Kletskerk en Kerkbode 

’n Ander voorbeeld van die misbruik van hierdie ”seisoen” is die webwerf Kletskerk. Ateïste, Godloënaars en -lasteraars en mense van ander gelowe soos Boeddhiste en Moslems word toegelaat om hul sê te sê onder die dekmantel van vryheid van spraak. Die webmeester en moderator, Jean Oosthuizen, wat ook die nuusredakteur van Kerkbode is, doen geen (behoorlike) moderering nie en gebruik vryheid van spraak en ”almal se opinies moet gehoor word” as verskoning.

Kerkbode-aanlyn het ondanks skreiende Godslasterlikhede op Kletskerk, vir jare lank ’n elektroniese skakel na Kletskerk bevat. Dit is eers in Januarie 2010 verwyder nadat NG-lidmate aanhalings uit Kletskerk geneem en ’n e-pos-aksie aan die gang gesit het om die NG-kerkleiding te laat optree.

Prominente figure in die NG Kerk, soos ds. Danie Mouton (van die Oos-Kaapse NG-leierskap) en prof. Nelus Niemandt, het voordat die Kletskerkskakel vanaf Kerkbode-aanlyn verwyder is, hul hoop en verwagting dat die skakel sou bly, uitgespreek.  Hul skrywes aan ’n Kletskerkbewonderaar wat aan die Algemene Sinode geskryf het, is op Kletskerk geplaas. Hoe rym dit met die duidelike Bybelse opdrag dat God se eer van kardinale belang is? Sulke skreiende Godslasterlikhede sou sekerlik pas by ’n “kerk” vir wie God nie meer ’n Wese (Goddelike Persoon) is nie, maar bloot gedagtes tussen mense is. Of by ’n kerk wat saamgaan met die ateïs prof. Stephen Hawking se siening dat God gedefinieer kan word as die “geheel van die natuurwette”. Of by ’n kerk wat soos John Shelby Spong verkondig dat:

Thus my definition of a non-theistic God is this: God is Being—the reality underlying everything that is … If God is the Ground of Being, you worship this divine reality by having the courage to be all that you can be—your deepest, fullest self … This God is not a supernatural entity who rides into time and space to rescue the distressed.156

 http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=10845&start=90&sid=0bd8bc623bbf35011ee4392ea35e1c3d&view=print

Die argument is gebruik dat ons ander moet aanhoor ter wille daarvan om hulle beter te verstaan en so oor te wen na Christus, maar die vraag is of Kletskerk kan getuig van enige Christelike bekeerlinge. As dit werklik daaroor gegaan het om mense vir Christus te wen, sou webblaaie soos http://www.creation.com of http://www.answersingenesis.org eerder as skakels op Kerkbode geplaas word, maar tot vandag toe is dit nie gedoen nie, ten spyte daarvan dat sulke versoeke herhaaldelik aan Kerkbode gerig is. (Kyk op bl. 146 tot 148 hoe evolusie mense se geloof ondermyn en hoe http://www.creation.com en ander se materiaal soms help om mense by God uit te bring.) ’n Verdere skande is dat Jean Oosthuizen, wat die webmeester van Kletskerk is, steeds die nuusredakteur van Kerkbode is en sy uiters liberale en God-onterende invloed daar uitoefen – natuurlik net met baie mooier woorde en meer subtiel as op Kletskerk.

(Einde van aanhalings)

Inskrywing op Kletskerk wat Niemandt en Mouton se ondersteuning toon: 

Skrywer: DominiqueThom [ Sat Jan 09, 2010 11:04 am ]
Pos onderwerp: Re: Kletskerk weer in die spervuur

Jong, ek dink ek sal maar moet woordeboek kry en dit langs my hou! nie maklik vir die – eintlike soutie – om afrikaans te tik nie.

hiers die replies wat ek so ver gekry het:

Hallo Dominique,

Ek vertrou die kerk sal oop bly vir stemme daar buite!
Danie Mouton
================================================
Baie dankie Dominique,
Ek is baie bly om van jou reaksie te verneem en dit sterk my hande ook.
Ek is veral bly oor jou passie om met mense buite die kerk in gesprek te bly.
Vrede
Nelus Niemandt