Die groot bohaai op die oomblik gaan oor die feit dat Kerkbode ‘n praatjie van Abel Pienaar by Maties se Woordfees sou borg. Kerkbode het onttrek, en in die chaos wat gevolg het is Jean Oosthhuizen tydelik uit sy pos geskors hangende ‘n tugondersoek teen hom. Mens kan maar net spekuleer wat die klag teen hom presies is.
Maar dit vestig die aandag opnuut op die heer Abel Pienaar.
Ek het hier op hierstaanek rowwe dinge oor Abel gesê, wat een van sy vriende, Jaco Steyn, tot sy verdediging laat spring het.
Jaco skryf toe dié as kommentaar op my artikel:
Abel het al verskeie kere in die openbaar erken dat sy godsbeskouing meer agnosties van aard is. Hy erken dus dat hy nie met “sekerheid” kan beweer dat God bestaan of nié bestaan nie. Hy het egter Sondagoggend erken dat die hoofrede waarom Renaissance nie derduisende lidmate het nie, juis die feit is dat hy, dr. Flip Schutte en dr. Piet Müller, nié ander mense dreig met die “Helse Vuur” indien hulle nie met die drie van hulle sou saamstem nie. Die hoofkenmerk van Christelike sektes is juis dat húlle die “ongelowiges” en andersdenkendes met die Ewige Verdoemenis dreig. Baie ander teoloë soos o.a. prof. Sakkie Spangenberg en Biskop John Shelby Spong, noem hulself nog “Christene”, juis omdat hulle nog tuis voel binne die Christelike tradisie, terwyl hulle nie die ortodokse dogmas aangaande die Bybel as Goddelik-geïnspireerde “onfeilbare Woord van God” en Jesus as deel van God Drie-Enig, aanvaar nie. Lees gerus my artikel (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-betekenis-van-die-woord-christen.php) i.v.m. verskillende betekenisse wat mense aan die woord “Christen” heg.
Ek volg die die skakel en lees Jaco se artikel vinnig deur, en dié val my toe op:
Die oorspronklike Griekse woord Christos is in hierdie verse gebruik as vertaling van die Hebreeuse woord Mashiach, wat verwys na ‘n menslike Messias of gesalfde en beslis nié noodwendig na Jesus as die Seun van God nie.
En kyk wat sê Johannes, Jesus se beste vriend terwyl Hy op aarde was:
1 Joh4: 1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2 Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. 3 En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.
Let op die “die” voor Christus. Daar is net Een.
Dus kan ek net een gevolgtrekking maak op grond van Jaco se eie getuienis: Dat hy en sy guru Abel Pienaar nie die Gees van God het nie maar die gees van die Antichris.
Ek bid werklik dat God homself aan Jaco (en Abel) sal openbaar, voor dit te laat is.
En die gevolge hiervan vir Kerkbode is verreikend: Abel Pienaar se boeke word al vir jare op Kerkbode se internetwerf adverteer.
Jean Oosthuizen het dus Kerkbode gebruik in diens van die Antichris.
Ek bedoel letterlik, soos in rêrig-êrig.
(Naskrif: Ek verlekker my al klaar by voorbaat in die liberales se geskreeu van “Liefdelose Fundamentalis” wat op hierdie skrywe gaan volg. In plaas van om my name te noem en te skel, plaas julle self liewer onder die gesag van God se Woord.)
21/02/2013
Hier is hierstaanek se opsomming van die lang debat in die kommentaar seksie hieronder:
1) Abel en sy volgelinge verwerp die Bybel as die Woord van God, Jesus as die enigste ware Christus en die Christelike Godsdiens in sy totaliteit.
2) Ten spyte hiervan beweer hy dat hy steeds in die Christelike tradisie is. Dit is ‘n afstootlike leuen.
3) Die rede vir hierdie leuen, moet mens aanneem, is om volgelinge te werf uit die NG Kerk. Dit is hoekom hy (sy advertensies) op Kerkbode se webwerf boer, hoekom Kerkbode hom as ‘n “ekspert opinie” aanhaal in die papier koerant, en Jean Oosthuizen hom wou borg om by Woordfees op te tree.
4) Kerkbode se hele bestuur behoort aangespreek te word vir hulle langtermyn, konsekwente ondersteuning van Abel, wat volgens die Bybel die gees van die antichris verteenwoordig.
5) Mens kan sleg met mense redeneer as daar ‘n gedeelde basiese premis is. Die heidene op hierdie bladsy deel nie die basiese premis dat die Bybel die Woord van God is nie. Hulle deel ook skynbaar nie die basiese premis van absolute waarheid en die beginsels van logika nie. (Hulle is duidelik postmodern.) Dus is die redenasie met hulle grootliks sinneloos.
6) Al wat ek vir Abel en sy akoliete kan sê is, in hemelsnaam, kom tot bekering!
William King said:
Dankie hiervoor Wynand. Ek het self in ‘n artikel by http://www.bybelwaarheid.com/abel-pienaar-se-onchristelike-christelike-tradisie.html verwys na Abel se gebruik van die woord “Christelik” om daardeur te wys dat sy begrip van Christenwees nie die Bybelse boodskap dra nie. Om ‘n geloof op sulke onsekerhede te bou, kan net vernietigend wees, maar om dit onder die vaandel van “Christen” te doen, terwyl jy alles wat die Bybel daaroor sê, en selfs die Bybel, ontken, is nie meer net foutiewe eksegese nie. Dit is soos jy sê die gees van die Antichris wat sy kop hier uitsteek. Wat my wel net nog altyd verstom is dat iemand soos Ben du Toit, wat duidelik dieselfde teologiese dwalinge aanhang (en daar is andere), nog veilig en gemaklik binne die NG Kerk sit en iemand soos Abel en Piet en Sakkie se dwalinge deel. Lees maar hoe na is sy teologie aan dié van die Nuwe Hervormers en Renaissance.
Jaco Steyn said:
@William King. Ek het kommentaar gelewer op jou artikel ten einde sekere misverstande uit die weg te ruim…
Henrietta Klaasing said:
Jaco, ‘n eenvoudige vraag wat mens kan vra om te kyk of mens se Christologie (siening oor Jesus Christus) in lyn met die Bybel, die Woord van God is, is om te vra: “Wie is Christus vir JOU?” Die Bybel is baie baie duidelik oor WIE Jesus Christus is.
Jaco Steyn said:
Ja Henriëtta, veral die 1953 Afrikaanse vertaling van die Bybel is baie duidelik oor wie “Jesus Christus” is. Onthou egter dat die oorspronklike Hebreeuse woorde vir die Griekse “Jesus Christus”, “Yeshua Mashiach” is en dat die woord Mashiach verwys het na ʼn “aardse” mens wat gesalf is as Messias – beslis nié na die “Christus” wat kwansuis deel was van God Drie-Enig, van die tradisionele Christene nie! Ek het ook in my artikel (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-betekenis-van-die-woord-christen.php) oor verskillende betekenisse van die woord Christen, verwys na verskille tussen die betekenis van die Griekse woord “Christus” en die Hebreeuse woord “Mashiach”. Die oorspronklike Hebreeuse woord het dus verwys na ʼn gesalfde “aardse” mens wat deur God (Jahwe) as’t ware uitverkies is en nié na Jesus as beide volledig God én Mens nie! In hierdie artikel (http://www.torahofmessiah.com/antichrist.html) word dit meer breedvoerig verduidelik. Die skrywer daarvan verduidelik ook dat tradisionele Christene dikwels 1 Johannes 4:2 verkeerd vertaal as sou dit hierdie betekenis hê:
“Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat GOD IN DIE VLEES GEKOM HET AS JESUS CHRISTUS, is uit God;”
Vergelyk die voorgaande “verkeerde” vertaling met hierdie “regte” vertaling van dieselfde vers in die 1953 Afrikaanse Bybelvertaling:
“Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat JESUS CHRISTUS (Hebreeus: Yeshua Mashiach) IN DIE VLEES GEKOM HET, is uit God;”
Johannes said:
Hierdie Abel is ‘n arrogante en onkundige kansvatter. Hy huil oor die kerk ‘n geleentheid tot “oop gesprek” misloop! Van wanneer af is dit die kerk van Jesus se taak om “oop gesprek” te voer met dwaalleraars? Sien meer by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2012/10/bisarre-abelse-babbeling.html
hierstaanek said:
Hi Johannes
Abel is nie onkundig nie. Hy is hoogs opgelei in die teologie (Hy is ‘n Dr). Dat hy ‘n kansvatter is, is vir seker. Hy maak asof hy ‘n Christen is om Christene vir sy eie Buddhistiese Ashram te vang. Dis oneerlik.
Henrietta Klaasing said:
Jaco ek is bly om te sien jy hou van Bybelstudie. Kry vir jou ‘n betroubare vertaling soos die King James Authorised Version. Kyk gerus na hierdie verse ( dit is maar het enkeles om te sê dat Jesus waarlik God is , wat aarde toe gekom het om onder ons te kom woon en Wie vir ons sondes verbrysel is aan die kruis. Hy is die enigste waardeur mens tot die ewige lewe kan kom:
OU TESTAMENT:
Isaiah 9:6; Isaiah 43:10,11; Isaiah 44:6, 24;
NUWE TESTAMENT
Mat 1:23; John 1:3; John 1:1, 14; John 5:17,18; John 5:23; John 8:24; John 8:58; John 10:30-33; John 14:6-7; John 14:9-11; John 20:28; Acts 4:12; Colossians 1:16; 2 Peter 1:1; Revelation 1:17-18; Revelation 2:8
William King said:
Nogal skrywe Paulus in Romeine 10:9
“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word” en Johannes in sy Evangelie “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” Redelik duidelik wie Jesus Christus was en wat sy aardse lewe behels het, asook dat dit nie in die graf geëindig het nie.
Henk Strydom said:
In Hindoeïsme heet die Trimurti (drietal) Brahma, Vishnu en Shiva – Brahma (die skepper) versinnebeeld die hele jaar Vishnu (die instandhouer) die voorjaar en Shiva (die vernietiger) die najaar. Die drie godhede word die Hindoe drietal of die Groot Drie-eenheid genoem en word dikwels aangeroep as “Brahma-Vishnu-Maheshvar.” Die Trimurti word dikwels uitgebeeld as drie koppe op een nek of as drie gesigte van een kop.
Die Hindoes sê: śabda brahman (die Woord is God). Ons tref die vereenselwiging van die woord met god in baie godsdienste aan. Selfs in Egipte het die mense ʼn ‘God van die woord’ gehad, Dihouti (Djhuty), wat die Grieke Thoth genoem het. Vgl. die begin van die Johannes-evangelie: “In die begin was die Woord, en die Woord was by god en die Woord was God.”
hierstaanek said:
Hallo Henk.
Ek volg nie mooi jou redenasie nie maar ek vermoed jy beweer dat omdat daar drie gode is in Hindoeisme, die Drie-Eenheid van die Christendom nie iets besonders is nie.
Ek het nuus vir jou
1) Hindoes het miljoene gode, nie net drie nie. In fact, hulle aanbid sommer ook rotte en ape. Omdat hulle (soos Abel Pienaar) panteiste is, sal enige van hulle drie gode ‘n “drie eenheid” vorm. As ek en jy en enigiemand se neef bymekaar kom sal ons ook ‘n “drie-eenheid” vorm omdat ons al drie deel van die selfde panteïstiese god is.
2) Die Christelike Drie-Eenheid verskil radikaal, hemelsbreed en totaal van hierdie Hindoe Multimiljoen-Eenheid in die sin dat die Drie Enige God ontologies afgesonderd van die res van die realiteit is. Daar bestaan geen konsep in Hindoeisme van’n God wat ontologies afsonderlik van sy skepping bestaan nie.
3) Jou vergelyking is dus totaal onsinnig en getuig van diepliggende onkunde oor die vergelykende teologie.
4) Om die waarheid te sê jou stelling is ekwivalent aan die volgende: “Stokkielekkers is rooi. Brandweerwaens is rooi. Daarom is stokkielekkers brandweerwaens.”
Maar dankie vir jou inset, want nou kon ek dit hier verduidelik.
Henk Strydom said:
Die drietal of Drie-Eenheid kom netsoos die Woord is God in talle gelowe voor en is nie uniek aan die Christendom nie.
Die Drie-Eenheid van die Christendom berus op insluiting nie-Bybelse woord homoousios (van dieselfde substansie) in die Niceense geloofsbelydenis.
Jy is beslis nie vertroud met die Rigveda en Hindoeïstiese godsbegrip nie.
Die Hindoeïsme ken geen beherende instituut soos die Vatikaan met sy Pous nie, en die leringe is daardeur dus meer divers as in geïnstitusionaliseerde religieë. Strominge soos die Boeddhisme, die Sikhisme, die Jaïnisme en ook ander strominge, het die Hindoeïsme oor die eeue heen ook in bepaalde aspekte beïnvloed en die uiteenlopendheid van die geloofstruktuur versterk.
Die meeste Hindoes glo in die absolute eenheid van ʼn transendentale [bonatuurlik] en ʼn immanente [inwonend] God, die oneindige kosmiese bewussyn (Parma Purusha), wat die skepper is van die universum en waar alle wesens ten nouste mee verbonde is. Die meeste Hindoes vereer maar één God, soos die Brahma, Shiva of Vishnoe. Hulle glo dat ander gode deurdrenk is van die Een God, met aspekte of opvolgende fases daarvan.
Sommige filosofiese tradisies in die Hindoeïsme (die ses hoofskole van die Hindoefilosofie) gebruik die woord God op ʼn meer onpersoonlike manier, en stel dit gelyk met filosofiese konsepte soos ‘die al’, ‘die waarheid’ of ‘die proses van oorsaak en gevolg’.
hierstaanek said:
Henk, nie een van die drietalle waarvan mense deesdae so lief is om te praat stem op enige behalwe die mees oppelvlakkige vlak ooreen met die Drie-Enige God van die Bybel nie. Stokkielekkers is rooi. Brandweerwaens is rooi. Daarom is stokkielekkers brandweerwaens. En weereens laat jou logika jou in die steek: Omdat homoousios nie in die Bybel voorkom nie, beteken dit die Drie Eenheid is nie in die Bybel nie? Selfs nie eers ‘n kind sal tot daardie gevolgtrekking kan kom nie – dit volg eenvoudig nie logies nie.
Kom ek verduidelik vir jou in meer detail die verskil tussen die Hindoe godsbeeld en die God van die Bybel:
Hidoeisme is monisties en panteisties. Hulle glo die skepping is ontologies god en god is beperk tot die skepping. Die hindoe godheid is nie transendent nie. DIe Bybel is teïsties. Dit beteken God is transendent en ontologies totaal afgeskei van sy skepping. Hindoes glo god is ontologies immanent. Die Bybel sê God is ruimtelik en relasionisties immanent, maar absoluut nie ontologies immanent nie.
Die gevolge van hierdie godsbeelde is verreikend:
Hindoes glo die werkliheid is ‘n illusie. Die Bybel sê die werklikheid is waar. Hindoes sê die geskiedenis is siklies. Die Bybel sê die geskiedenis is linieër. Hindoeisme maak wetenskap onmoontlik omdat daar nie so iets soos absolute waarheid is nie, alles is Maya. Bybel teïsme van die Reformasie het die ontploffing van die wetenskap in die weste tot gevolg gehad, omdat dit God sien as die Wetegewer wat die heelal volgens vaste natuurwette beheer. Hindoeisme institusionaliseer armoede, lyding, slawerny en kinderprostitusie in die kaste sisteem. Die Christelike Godsdiens van die Reformasie het gelei tot ongekende ekonomiese rykdom, die afskaffing van slawerny, en die opvoeding van miljoene kinders wat voorheen ongeletterd sou bly.
Buddhisme is ekwivalent aan hindoeisme, behalwe dat dit alle gode uitsny: Die godheid is onpersoonlik. Die mens is dus die hoogste bewussyn van die godheid.
As jy die hoogste bewussyn van die godheid is beteken dit jy is waarlik god.
Dis hoekom ek dit egoteïsme noem. Jy is jou eie god. Jy aanbid jouself. Of enige twee-sent guru wat verby kom.
Dit is pateties.
Henk Strydom said:
Die basiese konsep waarop die Christelike godsdiens werk, kom van Augustinus af. Dit kom neer op 3 pilare naamlik: Die sondeval, verlossing en die eindoordeel. Darwin se evolusie teorie het van die skepping en sondeval ‘n mitologiese storie gemaak en dus is daar niks meer wat die leer van verlossing te ondersteun nie.
The good Christian should beware of mathematicians, and all those who make empty prophecies. The danger already exists that the mathematicians have made a covenant with the devil to darken the spirit and to confine man in the bonds of Hell. A Quote by Saint Augustine of Hippo (354 – 430)
Jaco Steyn said:
@Henk. In ʼn desperate poging om die Christelike dogma aangaande die “sondeval-verlossing-eindoordeel” te versoen met die evolusieteorie, is sommige Christene soos o.a. Francis Collins, voorstanders van sg. Teïstiese Evolusie. In hierdie artikel (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-teistiese-evolusie-en-intelligente-ontwerp.php) verduidelik ek sekere probleme wat daarmee gepaardgaan. Baie deelnemers aan gesprekke op hierdie “hierstaanek.com” webblad, soos o.a. Henriëtta, is egter ondersteuners van die ónwetenskaplike Jong-Aarde Skeppingsleer. Ek het ongeveer 2 jaar gelede hierdie boekresensie (http://www.spiritualiteit.co.za/boek-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk.php) geskryf, waarin ek kritiek lewer teen die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk”, geskryf deur uitgesproke kreasioniste soos o.a. Henriëtta, dr. Hennie Mouton en Pieter Pelser.
William King said:
Vir die wat wonder, hier is Abel se “voorlopige geloofsbelydenis”. Let wel, dit kan enige tyd verander, aangesien dit op onsekerhede gebou is:
“Geloofsbelydenis van ‘n soeker
Ek glo in die Ewige
van die ewig veranderende kosmos
wie se naam verander soos die
soekers tydelik vind en noem.
Ek glo in God my vader
ook my moeder
en ook myself.
Ek glo dat elke vorm van lewe
‘n manifestasie van God se liggaam is
en daarom wat ek aan ander doen
ek inderwaarheid aan myself doen.
Ek glo in die liefde
wat mense inspireer
tot eerlikheid en weerloosheid
wat soms die ewige
tydelik sigbaar maak.
Ek glo dat ek en almal om my
deel is van dieselfde siklus
van geboorte tot dood tot geboorte.
Ek glo dat vrede
voortvloei vanuit ‘n aanvaarding van wat jy is
en dit bepaal die misterie van wie jy is.”
Bron: http://www.rapport.co.za/Opinie/Blogs/Kop-Hart-My-geloofsbelydenis-20121004
Jaco Steyn said:
@William. En hier (http://jaco-the-gnostic.blogspot.com/2012/12/jaco-steyn-se-nuwe-spirituele.html) is my geloofsbelydenis. Daarin sê ek o.a. “Die ‘Woord’ waarna hier (Johannes 1:1) verwys word, het heel waarskynlik dieselfde betekenis as die Logos van die antieke wysgere en teosowe – die Logos wat voort(ge)vloei het vanuit die Onpersoonlike Absolute/Goddelike. Die gemanifesteerde Kosmos ontstaan dan deur die werking van die Logos wat op sigself as ‘n ‘skeppende’ manifestasie van die Goddelike beskou kan word. Die letterlike interpretasie van hierdie vers verskil egter van die voorgaande esoteriese interpretasie, en is die tradisionele Christene se bewering dat Jesus as die ‘Woord’ gedeelte van die Drie-Enige God, ‘by’ God die Vader was van altyd af. Hierdie geloof in die Drie-Enige aard van God was die belangrikste deel van die berugte Geloofsbelydenis van Nicéa, wat in die jaar 325 GE opgestel is.”
hierstaanek said:
Jaco
Jy het jou geloofsbelydenis en jou godsdiens volgens jou eie getuienis uit jou duim gesuig. Jy weet ook nie of dit waar is nie.
Dit beteken jy is jou eie god. Jou eie, patetiese klein ou godjie.
Ek glo dit het voordele om jouself as absolute standaard te stel. DIt beteken jy is teenoor geeneen behalwe jouself enigiets verskuldig nie. Jy kan doen wat jy wil. Jy alleen is bepaler van wat reg en verkeerd is. Jy is die finale arbiter van moraliteit.
Jy is ‘n egoteïs.
Jaco, jy is in rebellie teen God.
Onthou dat alle boosheid, en dit sluit massamoord, volksmoord, verkragting, diefstal, aborsie, owerspel. of wat ook al in, begin by die persoon wat homself verhef tot die absolute standaard van wat reg of verkeerd is.
Ek dank die Here dat Hy die wêreld deur sy Algemene Genade beskerm teen die logiese gevolge van jou filosofie.
hierstaanek said:
Ek glo in god my vader, my ook moeder en ook myself…
Hy glo dus hy is self god.
Soos ek nog altyd sê: ‘n Egoteïs.
Es. 28:6: “Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is ‘n god, daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend. Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van ‘n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see. Sal jy vir dié wat aan jou ‘n einde gaan maak, nog kan sê jy is ‘n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy ‘n mens wees, nie ‘n god nie.
Jaco Steyn said:
@hierstaanek. Hou asb. in gedagte dat heelwat massamoorde en volksmoorde gepleeg is deur godsdienstiges wat hulself verhef het tot kenners van “die absolute standaard van wat reg of verkeerd is”. Lees gerus in verband daarmee hierdie artikel (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-wandade-in-naam-van-christendom.php) wat ek geskryf het oor verskeie wandade wat alreeds in die naam van die Christendom gepleeg is.
Ek het sonder sukses probeer om ʼn Google-soektog te doen van die woord “egoteïs”. Jy kan miskien probeer om een of ander instansie wat verantwoordelik is vir die saamstel van Afrikaanse woordeboeke, te versoek om daardie “nuwe” woord by te voeg tot die Verklarende Afrikaanse Woordeboek…
hierstaanek said:
Jy’s reg, Jaco. Sodra iemand homself verklaar tot god of die verteenwoordiger van ‘n vals god gebeur boosheid.
Net soos wat Abel in die “naam van die Christendom” opereer het baie bose mense oor die millennia boosheid in die “naam van die CHristendom” gepleeg. Jesus self het gesê Sy Koningkryk is nie van hierdie wêreld nie, en ons moet ons vyande lief hê.
In die ou testament het dit anders gewerk:Lees my artikel hier.
Onthou dat Jesus God se genade gebring het: God se algemene genade vervang nou na Jesus se dood God se spesifieke oordeel oor volke en groepe.
Ek wil egter aan jou uitwys dat materialistiese humanisme, wat die mens tot finale standaard vir moraliteit verhef (soos jy ook doen met jou egoteïsme) verantwoordelik was vir die uitmoor van 100 000 000 mense in die vorige eeu, en dat Buddhisme en Hindoeisme wat kamtig nie geweldadig is nie (Maar ook die mens verhef tot die absolute standaard van moraliteit), verantwoordelik is vir die mees onderdrukkendste kaste sisteem (apartheid) ter wêreld, en wydverspreide tempelprostitusie, wat niks anders as geinstitusionaliseerde kinderverkragting is nie.
Jy vind nie “Egoteïs” op Google nie omdat my pos hierbo nog te jonk is vir Google om dit te vind. Probeer weer oor ‘n week of so. Ego beteken die self, die self-bewussyn. Teïs verwys na die goddelike. Dus is ‘n egoteïs iemand wat sy self-bewussyn tot god verklaar en aanbid. Soos Abel en jy.
Jaco Steyn said:
@hierstaanek. In jou artikel gebruik jy heelwat uitgediende argumente om te probeer aantoon dat die tradisionele Abrahamitiese God werklikwaar ʼn “God van Liefde” is. Jy is welkom om my artikel (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-eienskappe-abrahamitiese-persoonlike-god.php) in verband met die eienskappe van sodanige God te lees, waarin ek ook verwys na die bewering dat ʼn Almagtige, Persoonlike (Teïstiese) God, mense geskep het en ʼn “vrye wil” aan elkeen van hulle gegee het.
Jy is ook welkom om hierdie artikel (http://jaco-the-gnostic.blogspot.com/2013/01/spirituele-norme-en-waardes.html) van my op my Blog te lees, waarin ek ook kritiek lewer teen materialisme en die morele norme en waardes van verskillende lewensbeskouinge met mekaar vergelyk.
hierstaanek said:
Jaco, jy gee my baie werk want elke keer as jy ‘n skakel pos sien WordPress dit as spam, dan moet ek jou poste persoonlik per hand magtig.
Ek waareer jou insette hier, maar hou asb op skakels pos, dit raak irriterend die hele tyd jou goed te modereer!
Dankie vir jou samewerking!
Henrietta said:
Nee Henk, dit staan op die Woord van God
Henk Strydom said:
Henrietta, watter God? El Olam wat foutiewelik as Ewige God vertaal is i.p.v. Heer van die Heelal.
William King said:
Henk, jou antwoord maak nie sin nie. Jy antwoord nie Henrietta se stelling wat ‘n teenvoeter is vir joune dat die Christelike godsdiens op Augustinus gebou is nie.
Henk Strydom said:
William, daar is elf Hebreeuse woorde wat gebruik word vir verskillende Gode of openbarings van God. Of kyk ons na Demiurge. Demiurge (die Latynse vorm vir die Grieks dēmiourgos, δημιουργός, letterlik “publieke of bekwame werker”, van dēmios “behoort aan die inwoners van ʼn antieke Griekse staat – publiek” + ergon “werk”, en derhalwe ʼn “skepper”, “ambagsman” of “vakman” in filosofiese- en godsdienstaal is dit die term vir ʼn skeppergodheid, verantwoordelik vir die skepping van die Heelal.
William King said:
Henk, daar kan 300 selfs 3 miljoen hebreeuse woorde wees. Dit is nie die punt nie. Henrietta het gesê die Christendom is nie op Augustinus gebou nie maar die Woord van God. Jy antwoord haar nie maar speel rond met sinnelose woordspeletjies. Jy weet presies waarvan sy praat. Antwoord haar stelling as jy moet. Ons weet almal jy glo nie in die God van die Bybel nie en sy doen. Dit is egter nie die punt op die tafel nie, en die beste van als is dat jy die tafel self gedek het. Sy het net ‘n teenargument gegee wat jy nie teologies of kerkhistories weerlê nie.
Henrietta said:
Henk, ek stem 100% saam met William. My keuse het ek gemaak: die Bybel is vir my die Woord van my God, ongeag wat in duisende andet boeke staan. Jou keuse is jou ver- antwoord- elikheid (let op die woord wat ek uitgehaal het)
Henk Strydom said:
William,
Elke mens kan glo wat hy of sy wil. Dit sluit beide Henrietta en Abel in. Persoonlik dink ek dat al die mitiese gelowe astroteologiese skeppings is. In die Bybel word bv. beide Jesus en Lucifer as die môrester beskryf en tog is hulle teenpole. Jesus is die antropomorfisme van Merkurius, en Lucifer is die vermensliking van Venus, Jesus versinnebeeld die voorjaar en Lucifer die najaar.
William King said:
Henk, jy antwoord nog steeds nie vir Henrietta wat jou argument oor Augustinus teengaan nie. Of daar nou moresterre, aandsterre, dowwe sterre, of watter ander sterre ook al is, jy antwoord nie haar teenargument nie, so ek neem dan aan dat jou argument geen gronde het nie. Hou by die punt wat jy self op die tafel gesit het oor Augustinus en die christendom, nie by sterre en name nie.
Henk Strydom said:
William.
Henrietta se vraag lees “Nee Henk, dit staan op die Woord van God” My teen vraag is waar staan dit in die Bybel.
Indien jy dit nie weet nie Merkurius word in al die mites as die boodskapper van die gode uitgebeeld. Bv. Hermes, Thoth ens.
William King said:
Kom ons gaan weer: Jy het gesê: “Die basiese konsep waarop die Christelike godsdiens werk, kom van Augustinus af” waarop sy jou antwoord: “Nee Henk, dit staan op die Woord van God,” dus sê sy vir jou die basiese konsep waarop die Christelike godsdiens werk kom nie van Augustinus nie, maar is gebaseer op die Woord van God. Nou, antwoord jy met vraag waar in die Bybel. Die Bybel weet niks van Augustinus of sy teologie of sy uitwerking op die kerk nie, so jou vraag het niks met jou oorspronklike argument te make nie en antwoord nog steeds nie Henrietta se teenargument nie. Jy sal jou standpunt oor “Die basiese konsep waarop die Christelike godsdiens werk, kom van Augustinus af” beide TEOLOGIES en KERFKHISTORIES moet staaf, wat ek nie dink jy gaan regkry nie.
Om argumente soos name en watter God en sterre ens. in te gooi, verantwoord nie hierdie stelling van jou nie, daarom moet ek tot die gevolgtrekking kom dat jy dit uit jou duim gesuig het of by iemand gehoor het of iewers gelees het. In alle gevalle gaan jy dus oneerlik met die gegewens tot jou beskikking om. My voorstel: voor jy so ‘n stelling maak, doen eers deeglik navorsing, maak jou gevolgtrekkings en gooi dan so stelling as jy dink jy het deeglike gronde. Dan kan ons sinvol saampraat oor sulke standpunte. Sweeping statements ontplof gewoonlik terug in jou gesig.
Henk Strydom said:
William, jy gorrel lees die artikel @ http://teo.co.za/artikel/articles/471/1/n-Augustinuservaring/Bladsy1.html
William King said:
Dankie Henk. Ek het die artikel gelees en sien niks wat jou argument ondersteun nie. Wel dat Augustinus deur sy eie lewe en assosiasies beïnvloed is. Dis nie iets nuuts nie. Dis ‘n algemene verskynsel. Jou punt wat jy beredeneer is nie terugwerkend wat Augustinus beïnvloed het nie, maar wie en wat deur hom beïnvloed is. Groot verskil!
Jaco Steyn said:
@Henriëtta. Of verwys jy dalk na die “Woord” van die Joodse stamgod Jahwe?
William King said:
Jaco, jy weet waarna sy verwys. Moenie sinnelose vrae vra nie.
Henrietta Klaasing said:
Henk en Jaco: Ek kom terug by die “ver-antwoord-ing” (rekenskap) wat elke mens op aarde moet doen oor dit wat hy/sy doen/sê/dink. As Christen glo ek dat daar ‘n dag van rekenskap is , soos Jesus Christus self hier van praat, wanneer mens moet “antwoord” gee . Julle sal dan nie kan sê “ons het nie geweet nie” want ons spel dit baie duidelik hier aan julle uit:
Mat 12:36- 37: Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
hierstaanek said:
Henk en Jaco
Hierdie is nie die forum om Gnostisisme vs die Bybel te debatteer nie. Plato en Plotinus is beide amper twee millennia gelede deur die ware Chrisendom verwerp.
En ek gee nie om hoe Abeltjie Ashram hulle antieke nonsens nou vir ‘n nuwe era herverpak en herbemark nie, die basiese beginsels van jule dwaling is DOOEEERIE tyd al deur Geesvervulde Christene verwerp.
Jule gaan nie nou iets hier regkry wat julle gurus sedert Plotinus oor die eeue nie kon regkry nie.
Jaco, soos ek hierbo gesê het, jy is welkom op hierdie forum, maar ek gaan nie verder poste met skakels magtig nie, bloot net omdat dit werk is. (WordPress merk alle poste met skakels in as spam, en dit moet met die hand gemagtig word.)
hierstaanek.
hierstaanek said:
Om die gesprek hier saam te vat
1) Abel en sy volgelinge verwerp die Bybel as die Woord van God, Jesus as die enigste ware Christus en die Christelike Godsdiens in sy totaliteit.
2) Ten spyte hiervan beweer hy dat hy steeds in die Christelike tradisie is. Dit is ‘n afstootlike leuen.
3) Die rede vir hierdie leuen, moet mens aanneem, is om volgelinge te werf uit die NG Kerk. Dit is hoekom hy (sy advertensies) op Kerkbode se webwerf boer, hoekom Kerkbode hom as ‘n “ekspert opinie” aanhaal in die papier koerant, en Jean Oosthuizen hom wou borg om by Woordfees op te tree.
4) Kerkbode se hele bestuur behoort aangespreek te word vir hulle langtermyn, konsekwente ondersteuning van Abel, wat volgens die Bybel die gees van die antichris verteenwoordig.
5) Mens kan sleg met mense redeneer as daar ‘n gedeelde basiese premis is. Die heidene op hierdie bladsy deel nie die basiese premis dat die Bybel die Woord van God is nie. Hulle deel ook skynbaar nie die basiese premis van absolute waarheid en die beginsels van logika nie. (Hulle is duidelik postmodern.) Dus is die redenasie met hulle grootliks sinneloos.
6) Al wat ek vir Abel en sy akoliete kan sê is, in hemelsnaam, kom tot bekering!
Jaco Steyn said:
Net vyf opmerkings (sonder enige verwysings na skakels) n.a.v. jou samevatting:
• Is dit dus ʼn “afstootlike leuen” om jouself as ʼn Christen te beskou indien jy nié ʼn “tradisionele” Christen is wat glo dat die Bybel die onfeilbare “Woord van God” is nie?
• Ek sien geen teken van advertensies vir Abel se boeke op die huidige Kerkbode-webblad nie. Verwar jy nie dalk die Kerkbode-webblad met die Kletskerk-webblad nie?
• Ek is vervolgens nie bewus van Kerkbode se “langtermyn, konsekwente ondersteuning van Abel” nie.
• Ek glo wel dat daar ʼn absolute waarheid is. Die Absolute Goddelike waarin ek glo, is vir my verteenwoordigend daarvan.
• En dan is daar jou onlogiese verwysing na ek en Henk wat ons nie aan die beginsels van logika steur nie…
hierstaanek said:
Jaco
1) Minimum vereiste om jouself ‘n Christen te noem, en Abel weet dit, hy is ‘n doktor van Christelike teologie, is om die Apostoliese geloofsbelydenis te glo. Dit is die oudste en die algemeenste van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse. Om te beweer jy is ‘n Christen maar jy verwerp die Apostolicum is eenvoudig ‘n leuen. Die leuen is afstootlik want mens kan net tot die gevolgtrekking kom dat dit met opset is om mense te mislei.
As Abel ‘n Christen is, is moslems ook want hulle teologie is nader aan die Bybel as Abel s’n. En moslems is vir seker nie Christene nie.
2) Abel se boeke is direk op Kerkbode se webwerf adverteer vir langer as wat ek betrokke was by hierdie debat. Ek het by Pieter Fourie daaroor gekla, hy het allerhande verskonings gehad. Met die koms van Kerkbode se nuwe webwerf is die advertensies vervang met ‘n skakel na boekblik, ‘n maatskappy wat skynbaar net boeke wat ten doel het om die Chrsitelike godsdiens te vernietig verkoop. Abel se boeke word baie prominent op die voorblad van boekblik aderteer, saam met Oosthuizen se verwerping van die evangelie, “Hier Staan Ek.” Die direkte advertensie van Abel se boeke is dus vervang met een van boekblik, wat op presies dieselfde neerkom: Die NG Kerk se ondersteuning en Imprimatur van Abel.
Maar Jaco, jy weet dit mos! Hoekom maak jy asof jy dit nie weet nie?
3) Kerkbode het al twee keer vir Abel gepubliseer in die papierkoerant. Dit is twee keer te veel. Saam met die feit dat sy boeke al langer as die tyd wat ek Kerkbode volg direk of deur boekblik geadverteer word, en die feit dat Kerkbode nou vir Abel sou borg, verteenwoordig dit ‘n konsekwente ondersteuning van Abel.
4) Jy praat nonsens. In jou eie geloofsbelydenis stel jy dat jy nie seker is dat wat jy glo waar is nie. Jy glo dalk in “absolute werklikheid” maar dan glo jy ook dat jy dit nie kan ken nie, as mens jou eie geloofsbelydenis kan glo. Onthou dat “Waarheid” die mens se voorstelling van die werklikheid in taal is. As jy nie toegang tot die regte werklikheid het nie is daar nie iets soos waarheid nie. Google maar “correspondence theory of truth”.
5) Die feit dat jy nie glo in waarheid nie (sien punt 4) beteken jy verwerp die basiese wet van logika en logiese denke, naamlik die van nie-kontradiksie. Dit maak dat jy twee teenstrydigehede gelyk kan glo.
Bewys: Jy weet Abel verwerp elke liewe proposisie van die Christelike geloof, tog glo jy hy is ‘n Christen. (Dit of jy lieg, dan is ons weer by punt 1. Maar selfs as jy dit nie glo nie maar lieg verwag jy steeds dat jou respondent die wet van nie-kontradiksie moet verwerp om jou te glo.)
William King said:
Mag ek ook net ‘n paar dinge bysê:
Die Bybel (dit is nou wat ons die Woord van God noem), is reguit oor wie “Christen” is en wie nie:
1. Romeine 10:9: As jy die Here Jesus bely. Dit doen die 3 Ekumeniese belydenisse baie duidelik en reguit.
2. Romeine 10:9: As jy glo dat Jesus uit die dood opgewek is. Dit impliseer dat jy ook in sy dood sal glo. As jy dit glo, moet jy glo daar is rede dat dit so moes gebeur.
3. 1 Korintiërs 15:3 en 4 nadat Paulus in vers 1 sê hulle moet aan die evangelie vashou wat hy verkondig het. Hierdie evangelie is tot redding (vers 2) en die inhoud is volgens die Skrifte: “Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte”. Nogal belangrik dat Paulus hier die rede vir sy dood direk uitwys: “vir ons sonde”.
4. 1 Johannes 2:4-5: “Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword.” Verwerping van sy Woord en die oorsprong daarvan is die verwerping van waarheid en dus om ‘n leuenaar te wees in die oë van God
5. 1 Johannes 2:22-23: “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.” Let op die bepaalde lidwoord DIE Christus, nie ‘N Christus nie. Die Grieks wys dit mooi uit as jy oor die vertaling wil kibbel “ho christos”.
6. 1 Johannes 4:2-3: “Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.” Ons hoef nie hier in te gaan op die leer van die drie-eenheid nie, daar is al hier daaroor geskryf. Hierdie gedeelte verbreek die gnostiese dualisme (so terloops, 1 Johannes is geskryf teen die agtergrond van ‘n oer-vorm van die gnostiek, en sy antwoord is juis dat dit nie stand kan hou teen die ware redding in Christus nie).
7. 1 Johannes 5:1: “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore”. Let weereens dat die kwalifikasie is geloof in Jesus as DIE Christus.
Al hierdie bogenoemde kan maar saam met Jesus se uitspraak geneem word dat “niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” en die Apostels wat erken “laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”
Nou ja, Abel en sy trawante verwerp elkeen van hierdie bogenoemde. Dit is onmoontlik vir hom en sy lakeie om met nugterheid enigeen van die 3 Ekumeniese belydenisse te onderskryf nie. Hulle weet dit ook (as hulle nou vir een slag eerlik met hulleself – en ander – sal wees). Die term Christen kan nie gebruik word om hulle leefwyse en sienings te ondersteun nie, want dit is net eenvoudig nie vanuit die bedoeling van die Skrif met wat die Christen is nie.
William King said:
Net om verder enige onduidelikheid oor Abel Pienaar se posisie uit te klaar, hier is sy direkte woorde in sy onlangse blog oor hoe ons in die toekoms oor God moet dink:
“Daarom sal die onveranderlike God van die verlede moet plek maak vir ‘n nuwe God. ‘n Skuif van Teïsme na Panenteïsme. ‘n God wat nie buite die kosmos staan nie, maar deel is van alles en ja, ook meer is.” Let op die panenteïsme en die verwysing van my na ‘n artikel oor Abel waarna ek boontoe verwys.
“‘n God wat self die materiële werklikheid is, maar terselfdertyd ook veel meer as die werklikheid.”
“En met hierdie nuwe God, verskuif die teenwoordigheid van God na hier en nou. Nie meer ver en buite iewers nie. Dit sal natuurlik nuwe gelowiges verantwoordelik maak om die natuur en die ekologie as manifestasies van God se teenwoordigheid te sien, en hierdie teenwoordigheid is ook die krag agter die immer-veranderende kosmos.”
Dis maar net so paar van sy korrupte, anti-christelike gedagtes wat dit net nog meer beklemtoon dat hy nie die woord “Christelik” kan gebruik asof hy daarmee wil aandui dat hy iewers nog konneksiepunte het nie – want hy het nie.
Henk Strydom said:
William, vergelyk panenteïsme met teïsme
Panenteïsme is die geloof dat God die universum omsluit (immanensie), maar nie identiek is aan die universum en die transendentale (bonatuurlike) nie. Die Kabbala, die Joodse mistiek, gee ʼn panenteïstiese blik op die wese van God; hierdie visie word in die Hasidiese Jodedom vry algemeen aanvaar. Ook is dit die visie van die prosesteologie en van die Christelike beweging wat in die VSA bekend is as die ‘Creation Spirituality’. Ook die Hindoegodsdienste het grotendeels ʼn panenteïstiese visie op die wese van God.
Teïsme is die geloof dat God sowel transendentaal [bonatuurlik] as immanent [inwonend] is; God is dus te gelyke tyd oneindig en ver bo die mense verhewe, maar ook in ʼn sekere sin aanwesig in die wêreld en in die wêreldgebeure. Sommige mense gebruik die woord ‘monoteïsme’ om te verwys na die geloof in ʼn enkele God/god en gebruik ‘teïsme’ om geloof in God/god(e) aan te dui, dus sowel monoteïsme as politeïsme (veelgodedom). Baie teïste en monoteïste glo behalwe in God as Opperwese, ook in die bestaan van ander, minder magtige onsterflike wesens, maar gee hulle ander name, soos engele, demone of halfgode.
Jaco Steyn (@JacoSteyn123) said:
@William. Baie dankie dat jy aangehaal het vanuit Abel se uitstekende artikel. Sy weeklikse Blog kan gelees word op die webblad van Rapport (ongelukkig mag ek nie skakels hier plaas nie), deur eerstens te “click” op “Opinie” en daarna op “Blogs”…
William King said:
Henk, dit gaan nie oor hierdie verskil hier nie, maar oor die feit dat Abel as panenteïs die begrip “christen” (met al sy variante) op homself van toepassing maak en per definisie homself weerspreek. Christendom = teïstiese godsbeskouing en nie = panenteïsties nie. Daarom verwerp hy daarmee die christelikheid van sy eie “christelike tradisie”.
hierstaanek said:
Henk
Lees hier wat se die Bybel van panenteisme:
https://hierstaanek.com/2011/09/22/31/
Jy moet onderskei tussen ontologiese immanensie (wat die skepping en dus die mens verhef tot god, en deur die Bybel verafsku word) en ruimtelike en relasionele immanensie. Panenteisme verkondig ontologiese immanensie. Die Bybel verkondig ruimtelike en relasionele immanensie.
God se ruimtelike immanensie is die plaaslike uitwerking van sy transendensie. God is hier (immanent) omdat hy oral (transendent) is.
Die Bybel se leer oor God se immanensie is totaal onverenigbaar met dit wat die panenteiste glo.
Henk Strydom said:
Opsomming van teologiese geesteshoudings
Die verskillende teologiese opvattinge kan gegroepeer en geklassifiseer word nagelang hulle geesteshouding betreffende drie fundamentele sake:
1. Bestaan God of gode? Indien wel, wat is hul belang of plek in die religie?
2. Is God louter enkelvoudig of bestaan daar meerdere gode?
3. Is God transendentaal [bonatuurlik] of immanent [inwonend] of beide?
Die antwoorde op hierdie drie vrae reflekteer en impliseer die verskillende posisies aangaande die verwantskap tussen God/god(e) en die wêreld enersyds en tussen God/god(e) en die mensdom andersyds.
As ons kyk na die onderskeie godsdiens of geloofsvorme wat deur die geskiedenis van die mensdom heen ontstaan en verfyn is, en deur kenners geanaliseer en omskryf is vir komende geslagte om geen twyfel te ervaar oor presies WAT die betrokke geloofstruktuur behels nie, kom ons op die volgende steeds bestaande, of selfs lewende, en steeds bekende dog in onbruik geraakte, teologieë af:
• Agnostisisme is die visie dat ons nooit met sekerheid sal weet of daar wel ʼn God of gode bestaan nie.
• Animisme is die geloof dat daar geeste bestaan, wat diere, plante, landvoorwerpe en dergelike besiel. Die geloof kom oor die hele wêreld voor, en word soms in kombinasie met een van die groter religieë gepraktiseer, waardeur ʼn gesinkretiseerde vorm van ou animistiese tradisies en die nuwere godsdiens ontstaan.
• Ateïsme is die opvatting dat daar geen God of gode bestaan nie. Dié opvatting word op verskillende wyses geformuleer.
• Deïsme is die geloof dat God volkome transendentaal [bonatuurlik] is: God bestaan, maar behalwe vir wat nodig was om die skepping tot stand te bring, gryp Hy nie in die wêreld in nie.
• Dualisme (waaronder Manicheïsme), is die geloof dat daar sowel ʼn volmaakte goeie God is as ʼn teengestelde godheid van die kwaad met eweveel mag, of dat daar ʼn dergelike tweedeling in die wêreld as geheel bestaan of binne die menslike siel.
• Henoteïsme is ʼn variant op die politeïsme. Dit sê dat daar vele gode is, maar dat een daarvan die allerhoogste is, dat die andere slegs ondergeskik is en nie dieselfde niveau [hoogte] van ‘god-is’ het nie. Sommige vorme van die klassieke Griekse en Romeinse politeïsme val in die kategorie. Sien Griekse mitologie en Romeinse mitologie. Die Noorse mitologie met sy oppergod Odin, waaraan alle ander gode ondergeskik is, val eweneens onder die henoteïsme. By die Assteke was daar ʼn henoteïstiese stroming met Tloque Nahuaque.
• Ietsisme is die moderne oortuiging dat daar ‘iets’ is, maar dit hoef geen god te wees nie.
• Logiese positivisme is die opvatting dat die woord ‘god’ op sigself betekenisloos is.
• Monolatrisme is ʼn bepaalde vorm van henoteïsme. Die aanhangers daarvan glo in die bestaan van vele gode, maar ook dat dié gode hulle mag alleen kan uitoefen by of vir diegene wat hul aanbid. ʼn Monolatris sou dus kan glo in sowel die Egiptiese gode as in die god wat in die Joodse Torah, die Christelike Bybel of die Islamitiese Koran beskryf word, maar sal sigself slegs tot een van hierdie religieë reken. Die god of gode wat hulle aanbid het invloed op hulle lewe, en nie die ander god of gode nie.
• Monoteïsme is die geloof in één godheid. Name vir dié godheid in onderskeie religieë en tale is JHWH, God, Gott, Deo, Allah, Jumala, Bog en Brahma. Mens hoef geen Christen te wees om die godheid God te noem nie. Die monoteïsme moet nie verwar word met die sogenaamde “klassieke monoteïsme” nie, waarin daar ekstra eise gestel word, soos die eis dat hierdie godheid net op één manier aanbid of gerealiseer kan word.
• Nie-teïstiese religieë stel die bestaan van ʼn god of gode nie sentraal in die religieuse belewing nie. Die Taoïsme, Boeddhisme en Advaita Vedanta (ʼn filosofiese rigting binne die Hindoeïsme) is voorbeelde van nie-teïstiese religieë. Nie-teïstiese religieë moet nie verwar word met ateïsme nie. Nie-teïstiese religieë is nie teen gode nie en mag selfs die bestaan van gode bevestig. Gode neem egter wel ʼn minder dominante plek in die leer; hulle is ondergeskik aan konsepte soos byvoorbeeld die Tao wat WEG beteken, Verligting of Nie-dualisme.
• Nihilisme is die ontkenning en totale verwerping van alle religieuse en sedelike leerstellinge – ʼn poging om alles wat oud is te vernietig.
• Pandeïsme is die siening dat God die heelal geskape het deur homself in die heelal te verander. Dit is die samevoeging van twee denkrigtings, deïsme en panteïsme.
• Panenteïsme is die geloof dat God die universum omsluit (immanensie), maar nie identiek is aan die universum en die transendentale (bonatuurlike) nie. Die Kabbala, die Joodse mistiek, gee ʼn panenteïstiese blik op die wese van God; hierdie visie word in die Hasidiese Jodedom vry algemeen aanvaar. Ook is dit die visie van die prosesteologie en van die Christelike beweging wat in die VSA bekend is as die ‘Creation Spirituality’. Ook die Hindoegodsdienste het grotendeels ʼn panenteïstiese visie op die wese van God.
• Panteïsme is die geloof dat God volkome immanent is. Kortom, dat die kosmos, die universum self, God is.
• Politeïsme is die geloof in die bestaan van vele gode. Mense noem dit daarom ook wel ‘veelgodedom’. Politeïsme word veral aangetref by natuurgodsdienste.
• Teïsme is die geloof dat God sowel transendentaal [bonatuurlik] as immanent [inwonend] is; God is dus te gelyke tyd oneindig en ver bo die mense verhewe, maar ook in ʼn sekere sin aanwesig in die wêreld en in die wêreldgebeure. Sommige mense gebruik die woord ‘monoteïsme’ om te verwys na die geloof in ʼn enkele God/god en gebruik ‘teïsme’ om geloof in God/god(e) aan te dui, dus sowel monoteïsme as politeïsme (veelgodedom). Baie teïste en monoteïste glo behalwe in God as Opperwese, ook in die bestaan van ander, minder magtige onsterflike wesens, maar gee hulle ander name, soos engele, demone of halfgode.
Liza-Nel said:
@ Henk en sy Augustinus kwotasie die volgende:
Augustinus word hier buite verband en verkeerd aangehaal: Die persoon wat die vertaling vanuit Latyns gedoen het, wou waarskynlik vir Augustinus in diskrediet bring of het nie enige noemenswaardige kennis van die taal gehad nie.
Quapropter bono christiano, sive mathematici, sive quilibet impie divinantium, maxime dicentes vera, cavendi sunt, ne consortio daemoniorum animam deceptam, pacto quodam societatis irretiant. II, xvii, 37
Die korrekte vertaling van die frase hierbo moet as volg lees:
For this reason, the good Christian should beware not only numerologists, but all those who make impious divinations, above all when they tell truth. Otherwise, they may deceive the soul, and ensnare her in a pact of friendship with demons.
-Wikiquote
Let ook daarop dat mathematici nie as “mathematicians” vertaal moet word nie, maar dat hier eerder verwys word na astrologie…die hele stuk waaruit hierdie aanhaling kom moet gelees word om die verband korrek weer te gee.
Henk Strydom said:
Die vertaling is deur Morris Kline gedoen in Mathematics in Western Culture 1953
Daar is ‘n groot verskil tussen astronomie en astrologie.
“Philosophy is written in that great book which ever lies before our eyes – I mean the universe – but we cannot understand it if we do not first learn the language and grasp the symbols, in which it is written. This book is written in the mathematical language … without which one wanders in vain through a dark labyrinth.” Galileo Galilei
Liza-Nel said:
Definition:Mathematics,/b>
(St. Augustine of Hippo:
“Quapropter bono christiano, sive mathematici, sive quilibet impie divinantium, maxime dicentes vera, cavendi sunt, ne consortio daemoniorum animam deceptam, pacto quodam societatis irretiant.” – De Genesi ad Litteram (The Literal Interpretation of Genesis), 408 C.E. II, xvii, 37):
The translation published in Morris Kline: Mathematics in Western Culture (1953):
“The good Christian should beware the mathematician and all those who make empty prophecies. The danger already exists that the mathematicians have made a covenant with the devil to darken the spirit and to confine man in the bonds of hell.”
A later and more currently accurate translation is given by J.H. Taylor in Ancient Christian Writers (1982):
“Hence, a devout Christian must avoid astrologers and all impious soothsayers, especially when they tell the truth, for fear of leading his soul into error by consorting with demons and entangling himself with the bonds of such association.”
The Latin word mathematici derives from the Greek meaning of “something learned” and referred mainly to astrologers. At the time, astrology was the main outlet for the talents of a mathematically-minded person, so the slur may have been more well-directed than a current interpretation may allow.
At least as recently as 1710, the word “mathematician” still meant “astrologer”.
-Proof Wiki
Henk Strydom said:
Augustinus van Hippo het son-en sterre-aanbidding in De Vera Religione (37,68) en De civitate Dei (5,1-8) gekritiseer.