Belhar weerspreek die Drie Formuliere van Eenheid.

Belhar stel die volgende in Atikel 4:

4. Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg…

God is op ‘n spesiale manier die God van die noodlydende, die arme en die verontregte!

Wat beteken dit?

Het God witbroodjies?

En as God “witbroodjies” het, kies hy hierdie mense op grond van hulle aardse materiële en fisiese omstandighede?

Dit lyk beslis so, volgens Belhar!

Kom ons kyk wat sê die Dordtse Leerreëls:

6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlore is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en
onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos.

God het dus “witbroodjies”. Daar is mense wat vir wie God “op ‘n spesiale manier hulle God is”.

Hierdie is die uitverkorenes.

En daar is mense vir wie God nie op hierdie spesiale manier God is nie: Die wat verlore gaan.

Belhar beweer dat een van die moontlike redes waarom God kies vir wie om op ‘n spesiale manier God te wees, berus op sekere hoedanighede van die mens: Sy materiële besittings, politieke vryheid en liggaamlike gesondheid (of gebrek daaraan).

Kom ons kyk wat sê Dordt van hierdie Belhar teologie:

9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.

10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het.

Grote Griet en Goeie Genugtig!

God het dus nie sekere menslike hoedanighede as voorwaarde vir die saligheid uitgekies nie!!

God is dus NIE “op ‘n spesiale manier” die God van die armes en onderdruktes nie!

Indien die NG Kerk Belhar as ‘n belydenisskrif aanvaar sal dit die NG Kerk as ‘n belydeniskerk vernietig. As een kerk twee weersprekende belydenisskrifte aanvaar beteken dit eenvoudig dat die kerk nie sy eie belydenisskrifte glo nie. Die belydenisskrifte is dan bloot daar vir window dressing.

Dit is ‘n klug.

Die NG Kerk kan nie Belhar aanvaar voordat dit Dordt skrap nie.

Kyk wat sê Kevin DeYoung hieroor: (Kursivering is myne)

The most troubling line of the confession is this one: “We believe that God, in a world full of injustice and enmity, is in a special way the God of the destitute, the  poor and the wronged.”

To be sure, the Bible is full of examples of God’s heart for the poor and the oppressed. But it goes too far to say he is in a special way a God to them. The covenant promise–I will be your God and you will be my people (language Belhar echoes here)–is for those  who  put their faith in God, not simply those who are poor or oppressed.

In fact, Abraham, the man of faith and the model for all covenantal blessing (Galatians 3:5-9), was especially rich (Genesis 13:5-6). Is God less God to him than to the poor man who rejects Christ? Was God a God to Job, Zacchaeus, Mary, and Martha in a less special way because they were well-to-do? There are plenty of verses to support the contention that God cares for the poor and oppressed (believe me, many of them have been quoted to me often), that God uses the poor things of this world to show the greater glory of his gospel, but are there any verses to suggest that God is their covenantal God apart from faith? Or are there any verses to suggest that God looks on the believing poor with more favor than the believing non-poor?

God does not show partiality to the poor, nor does he defer to the great (Leviticus 19:15). The message of scripture is that any of us, rich or poor, can belong to God through faith in Christ, not that economic status renders some closer to God’s special love than others. The “preferential option for the poor” is an idea owing more to liberation theology than to careful exegesis.