Die NG Kerk het in die afgelope 2 jaar amper 50 000 lidmate verloor. Volgens gerugte het Dr Kobus Gerber beweer dat ‘n belangrike rede is dat die NG Kerk “nie meer rassisme duld nie.” Prof Nelus Niemandt is meer pragmaties: Daar is verskeie redes daarvoor: Afname in geboortes, emigrasie en algemene sekularisasie van die bevolking.
Tog ken dié van ons wat op voetsoolvlak in kerke betrokke is almal mense wat die kerk verlaat het omdat hulle ontevrede is met die manier van evangelieverkondiging, die inhoud (of inderdaad die gebrek aan inhoud) van prediking of ‘n algemene onvermoë van die NG Kerk om in mense se geestelike behoeftes te voorsien. Watter persentasie mense verlaat die kerk om godsdienstige redes?
Dit is moeilik om te bepaal. Daar is egter ‘n voorbeeld in Amerika wat ons kerkleiers se aandag behoort te trek.
Rob Bell van die Mars Hill kerk in Seattle het ‘n tydjie gelede opslae gemaak met sy boek “Love wins” waarin hy die bestaan van die hel verwerp het. Vir die wat sy boeke en Nooma videos gevolg het was dit nie nuus nie – Hy het al vir ‘n tyd lank subtiel panenteïsme verkondig. Die hel is ‘n logiese onmoontlikheid in panenteïsme.
Maar vir baie van sy gemeentelede het die bom eers gebars met sy stelling dat die hel nie bestaan nie.
En 3000 mense het sy kerk verlaat, direk as gevolg van sy dwaalteologie.
Bell told The New Yorker that the publication of his book resulted in a 3,000-person decrease in membership at Mars Hill Bible Church, which he founded in 1999.
“The book put pressure on the people around Bell, who found themselves having to defend statements they might never have heard, let alone approved,” The New Yorker writes.
“Congregants reported that friends and family members were asking why they were allowing themselves to be led by a false teacher,” the magazine continues.
Dit klink vir my baie soortgelyk aan die bom wat die Algemene Sinode van 2011 laat bars het deur te beweer dat mens nie in die bestaan van die duiwel hoef te glo nie.
As ons kerkleiers aanhou viool speel terwyl die kerk brand sal die gevolge die NG Kerk onberekenbare skade aandoen.
Henrietta Klaasing said:
“Die evangeliese groep gelowiges is die grootste,” stel Adrio König dit in een van die laaste hoofstukke van sy boek “Die evangelie is op die spel” . Dit word beaam deur Anton Pienaar (‘n voormalige redakteur van Kerkbode) op die Diversiteitsforum van die NG Kerk met die woorde: “Die evangeliese groep, BY VERRE die grootste groep, is die wat kinderlik en opreg aan die Bybel en die Evangelie vashou omdat dit die punt van hulle hart is.” — Ek beskou hulle as ingeligde mense en luister graag na hulle.
Ongelukkig is baie van hierdie evangeliese groep naief en /of internet ongeletterd en is baie van hulle onbewus van die valse rigting waarin die huidige leiers besig is om die kerk te stuur
Theart said:
Die grootste krisis tans in die wereld met kerke is dat hulle na die behoeftes van die kerk as eenheid kyk, as instutisie en nie na die mense wat die kerk uitmaak nie. As die kerk die liggaam van Christus moet voorstel, dan moet hulle as kerk ook as Christus optree. As Christen kan jy nie se jy volg Christus na, en dan bring jy die wereld se idees in by jou kerk en Christenskap nie. Die nuwe sell groepe is net dit. kleiner, meer in tiem en meer in deels wat die Christelike geloof in gedagte moet neem. Dit is tog ‘n persoonlike verhouding wat elk een van ons met Jesus het wat as groep saam uitgeleef moet word. Om die leiers te blameer is on te se die skaapwagter het aan die slaap geraak en die wolwe het die skape kom vang. Skape kannie dink nie, mense is of skape of nie. Ek is nie ‘n skaap nie. Skape moenie kla as hulle opgeeet ward nie.
Kobus van der Walt said:
Daar is ook ‘n ander faset aan hierdie hele aangeleentheid verbonde en dit is dat daar duisende mense in die kerk/e sit wat nie ‘n lewende verhouding met Jesus Christus het nie (om watter oenskynlike redes ook al) en die huidige gebeure in kerke en die huidige tydsgees waarin ons leef waar mense allerlei soorte regte het, gee aan hierdie mense die geleentheid om skielik net te verdwyn uit ‘n sisteem/kerk/instansie/institusie ens. waarin hulle as onwedergeborenes in elk geval nie wou wees nie, maar wat hulle al die jare heen bygewoon het, net omdat dit van hulle “verwag” was/tradisie/sosiaal aanvaarbaarheid, ens. Noudat hulle hulle “vryheid” opgeneem het, doen hulle wat hulle in elk geval nog altyd wou doen – sit o.a. in kerktyd onder die lapa en lees die Rapport, of kerjakker op hul waterponies op die Vaalrivier rond, ens. Dit sal derhalwe interessant gewees het as n mens hierdie syfers kon ontleed en sien hoeveel van die “amper 50 000” lidmate was nie wedergebore nie en hoeveel het die NGK verlaat op grond van Bybelse/geestelike redes
hierstaanek said:
Hallo Kobus
Jy is natuurlik reg.
Ek het iewers gelees dat selfs in die beste gemeentes (dis nou Amerika) gemiddeld 20% van die mense ongered is. (Ek praat onder korreksie, dis nou as ek reg onthou). En hoe langer ongeredde mense in die kerkbanke sit, hoe kleiner die statistiese kans dat hulle ooit gered sal word.
In die NG Kerk waarin ons groot geword het was die persentasie waarskynlik baie groter omdat dit kultureel verwag is van mense om in die kerk te wees. Die ander groot probleem was natuurlik die feit dat mense wat deegeneem het aan kerkaktiwiteite beloon is. As jy ‘n plaaslike besigheid bedryf het was die kerk ‘n uitstekende plek om netwerke op te bou. Die kerk was daai tyd se Linkedin.
Ek dink die sosiale druk om in die kerk te wees het dramaties verminder sedert die 80er jare. Ek glo dat die sosiale druk deesdae juis in die ander rigting is. Dit is beslis nie meer sosiaal aanvaarbaar om in die NG Kerk te wees nie. Die NG Kerk is ook die mees “uncool” kerk om aan te behoort. Ek self het in die laaste dekade baie deurgeloop omdat ek nog in die NG Kerk is. Mense is deesdae uitgesproke oor hulle ateisme, en as jy durf waag om te sê jy verwerp evolusie word jy uitgekryt as ‘n onnosel fundamentalis.
Daar is dus druk om uit die NG Kerk en uit die Christelike godsdiens te beweeg, presies die teenoorgestelde as 30 jaar gelede.
Wat my ontstel is dat daar ‘n vorm van druk tans van binne die NG Kerk kom.
Die NG kerk leierskap stel dit baie duidelik dat die Bybel nie meer geloofwaardig is nie. Hulle maak dit duidelik dat ons nie meer kan glo in Jesus se maagdelike geboorte, wonderwerke en liggaamlike opstanding nie.
Waarom nog enigsins ‘n Christen wees as jou leiers hulle eie geloof afmaak as mitologie?
My eie hipotese is dus: (En sal deur navorsing getoets moet word)
1) Die kerk het reeds die meeste mense wat om kulturele redes in die kerk was in vorige dekades verloor.
2) ‘n Beduidende hoeveelheid mense verloor hulle geloof omdat hulle eie leiers hulle geloof belaglik en verdag maak. Ek persoonlik ken iemand naby aan die gesin wat onlangs uit die kas gekom het as ‘n New Ager nadat sy jare lank op die oog af ‘n diep Christen was, en ek kan spesifieke Liberale Teologie (ala Julian Muller) oomblikke op haar geloofspad uitwys totdat sy Christus totaal verwerp het en verruil het vir die New Age leuen dat sy self God (die “goddess”) is (Panenteïsme soos Julian Muller verkondig.) Hierdie is die mense wat net stilweg wegraak en gaan waterponies ry op die vaaldam in plaas van om kerk toe te gaan.
Ek wil net hier noem dat iemand soos Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, hier ‘n groot rol speel. Hy is aktief betrokke by publikasies soos “Hier Staan Ek” (nie my webwerf nie, Griffelmedia se boek) wat die uitsluitlike doel het om Christene se geloof te vernietig. Wanneer hy ookal op sosiale media verskyn is dit om mense wat steeds die belydenisskrifte van ons kerk glo belaglik te maak, en die tradisionele Christelike geloof te bespot.
3) Die derde groep mense is die wat soos Rob Bell se gemeente eenvoudig ‘n ander geestelike tuiste soek omdat hulle agterkom die Heilige Gees of die ware Evangelie is nie meer teenwoordig nie. Ek ken tientalle geesvervulde mense net op ons dorp wat uit die NG Kerk is. ‘n Groot persentasie mense in ons plaaslike Baptiste kerk kom op een of ander manier uit ‘n NG agtergrond.
Ek glo 2) en 3) is direk ons huidige kerkleiers se verantwoordelikheid. Hulle sal eendag baie hê om voor die Troon te verduidelik.
Kobus vd Merwe said:
Ek wou eers kommentaar as ‘n respons lewer by bogenoemde, maar dan gaan my kommentaar dalk aangesien word vir agternapratery en ook, na die ander kant toe, nie opbouend nie.
Daarom praat ek hier afsonderlik en spesifiek met die kommentare van Theart en Kobus vd Walt.
Dit wil voorkom asof die liberale spookidees mense se goeie begrip en insig dalk ‘n bietjie taan. Die idealistiese verbeelding van wat die kerk (gemeente, gemeenskap van die gelowiges) behoort te wees raak meer van ‘n bespreking as iets anders.
Die voorstel dat ‘n sel-groep die aangewese stelsel is, is nie wat deur die Bybel verkondig word nie. So terloops, die NG Kerk het as sel-groep gevestig in die Kaap, en oor eeue uitgebrei na die instansie wat dit vandag is. Is al die mense nou verdoem wat voorheen (kom ons se pre-1980’s) aan ‘n groot kerk met strukture behoort het? Nee, jy kan nie so se nie en ek ook nie.
Om te probeer voorgee dat “leierstruktuur” per se die probleem is, en dan die swak analogie van skaapwagter-skape en skape is dom, ens., is om die waarheid te se onteenseglik liberale verval. Die gawes wat geskenk was was tot sitiging van die gemeentes. Die gawe as “leeraar” was om die Woord te verkondig, binne ‘n gestruktureerde omgewing. As jy vermoed dat ‘n kerk of gemeente sonder leiding moet funksioneer dan het jy groot probleme om die Skrif te verstaan.
Die feit dat daar mense is wat die leierskap van die kerk aanvat en die blaam op hulle le vir die afname in getalle is ‘n baie helder blik op wat aan die gebeur is. Maar moet dit nie verkeerd verstaan nie, dit is nie ‘n omkeerbare stelling nie. Dit is nie die leierskap wat die kerk bepaal nie, dit is swak leierskap wat bydra tot die vernietiging van die kerk.
Persoonlik het ek meer as 25 jaar gelede, en direk agv Julian Muller, die NG Kerk totsiens geroep. My redenasie was miskien nie baie goed toe ek se dat ek slegs sal terugkeer wanneer die 3 suster kerke bymekaar kan staan nie. Tog is ek vandag nie in ‘n kerk nie, maar ek is ‘n gelowige. Nou wonder ek of ek dalk verlore is omdat ek nie aan ‘n sel-groep behoort nie. Nee wat, die verlossing is vir die Skepper-God wat voor die grondlegging reeds bepaal het op watter manier mense gered gaan word, en dit was toe nie iets wat hulle kon dink, doen of wens nie, behalwe geloof.
Dit bring my by ‘n ander punt. Ons kan van die Bybel leer wat God as sonde sien en wat Hy sal oordeel, asook wat ‘n mens tot redding kan bring. Ongelukkig het God ook baie duidelik gestel dat Hy die Een sal wees wat oordeel en wat red. Hy het nie raadgewers nodig om te bepaal wie gered word nie.
Ons het dus nie die voorreg om ‘n oordeel uit te spreek nie, en ook nie te oordeel wie gered is en wie nie. God alleen kan dit bepaal. Ons kan maar net vermaan indien daar in ons opinie iets verkeerd is. En dit is ook reg om ten hemele te roep wanneer dwalinge in die kerk verkondig word deur die wat kwansuis geroep is tot leering.
Om te se “sien hoeveel van die “amper 50 000″ lidmate was nie wedergebore nie” is geestelik naief en kinderagtig, met ‘n oordeel daaraan gekoppel asof die daar een is hier op aarde wat sal kan bepaal wie kwansuis wedergebore is en wie is nie.
Anna said:
Baie dankie vir hierdie gesprek & geleentheid om my standpunt te stel.
Ek het verlede jaar amptelik bedank as lidmaat van die NGK omdat ek net die godslasterlikheid wat aangegaan het op die NGK se sosiale netwerke net nie meer kon verduur nie.
Dis gruwelik hoe die Heiligheid van Christus voortdurend aangetas word.
Ook dat die NGK leierskap dit siender oë toegelaat het sonder om deelnemers te repudieer.
Dit was deel van ‘n sameloop van omstandighede waarmee mens oor’n paar jaar aankom.Ek het net geen vertroue in die leierskap nie & wil nie meer deel van ‘n kerk wees wat so deurmekaar & dwalend
is nie.
Baie lidmate bedank nie eers amptelik nie,maar bly net weg.
As ‘n lidmaat in ‘n lewende verhouding met Jesus Christus staan sal jy betrokke wil wees. Jy kan nie anders nie.
Ek is deel van ‘n klein selgroep wat plaaslik betrokke is by ‘n bediening in ‘n swart woonbuurt & Bybelverspreiding & hulpverlening in Zambië & Zimbabwe.
In die Nuwe Testament word herhaaldelik verwys na groepe mense wat
in huise vergader het. Vandaar het die Evangelie wêreldwyd versprei.