Deur Eckard Briedenhann

Drie Wyse Manne se Reis na Waarheid

Op die buiteblad van die Februarie 2012 uitgawe van Rooi Rose word ‘n artikel deur Mariëtte Snyman getiteld ‘Vredevangers – Mans wat die moeilike reis na innerlike vrede ken en openlik daaroor praat’’ geadverteer as ‘Drie Wyse Manne se Reis na Waarheid’. Let op die enkelvoud ‘waarheid’:

Wanneer ‘n mens die artikel lees wat Snyman soos volg inlui, “Elke man, het ‘n wysgeer op ‘n keer gesê, het drie oerbegeertes: om te veg, ‘n beeldskone vrou te red en ‘n avontuur te beleef. Maar hierdie dade is na buite gerig. Wat van die uitdaging om jou innerlike landskap te verken? Daar wag immers ook skoonheid, drake en opwinding. Drie mans vertel van hul ervarings,” dan besef jy dat die gebruik van die enkelvoud ‘waarheid’ op die buiteblad werklik ongelukkig is aangesien die drie mans waaroor sy skryf se ‘ervarings’ nie net nie verder van mekaar verwyderd kan wees nie, maar hopeloos teenstrydig is! Tot so ‘n mate dat hul oortuigings nie saam onder die enkelvoudsterm ‘waarheid’ gegroepeer kan word nie.

Byvoorbeeld, die eerste persoon wat onder die loep kom is die bekende sanger Joe Niemand. Oor sy verbintenis met Angus Buchan haal sy hom soos volg aan, “Agterna het ek besef ek moes bly om die hele Mighty Men-fenomeen mee te maak. Vanjaar tree ek in Singapoer, Kanada en Skotland saam met die Oubaas (Angus Buchan) op.” Vanweë sy intieme assosiasie met Buchan kan ons dus aanvaar dat hy die Bybelse doktrine van oordeel en skuld onderskryf, ‘n tema sentraal aan Buchan se prediking. Dink maar aan sy bekende, ‘Good people don’t go to heaven, believers go to heaven!’ Plaas daarteenoor die derde persoon, Renier Cronje, “In 2009 het ek met lewensafrigtersopleiding by die Consciousness Coaching Academy begin en by Renaissance-gemeente betrokke geraak. Hier kon ek eindelik intellektuele kongruensie bereik, en met integristeit die dogma van oordeel en skuld laat gaan. Dis een ding waarvoor ek ongelooflik dankbaar is.”
Dit lei tot die absurde gevolgtrekking dat beide die aanvaarding van die doktrine van oordeel en skuld en die verwerping daarvan albei ‘waarheid’ is!
Die gebruik van die enkelvoud ‘waarheid’ op die buiteblad is werklik ongelukkig.
Na my mening het ons hier ‘n baie mooi voorbeeld van die invloed van Postmodernisme op ons kultuur, en dan in besonder hoe dit deur die gedrukte media gepropageer word, hetsy bewustelik of onbewustelik. Ek wil aan die hand van die volgende woorde, frases en langer aanhalings vanaf die buiteblad en vanuit die artikel die volgende kernaspekte van die postmodernistiese wêreldbeeld uitlig en belig:

1. Die enkelvoudsterm ‘waarheid’ op die buiteblad vir die beskrywing van sienings in die artikel wat direk teenstrydig is. Ek sal hierdie ‘waarheid’ van Postmodernisme graag wil belig met die Wet of Beginsel van Nie-Teenstrydigheid.
2. Snyman se gebruik van die frase, ‘…drie mans vertel van hul ervarings…’ Gegewe die buitebladopskrif is waarheid m.a.w. persoonlik, subjektief. Meer nog, omdat waarheid bloot subjektief is, is alle sulke waarhede waar, selfs al is dit direk teenstrydig! Hierdie is nog ‘n kernpilaar van Postmodernisme. Om hierdie ‘waarheid’ van Postmodernisme as waar te aanvaar sal mens moet praat oor of Waarheid kenbaar is?, en, Of waarheid objektief buite ‘n mens se ervaringsveld bestaan?
3. Renier Cronje se vertelling van sy ervarings is deurdrenk met die vingerafdrukke van die Postmoderne wêreldbeeld. Hy vertel hoedat teen 2005 “…die kloof tussen my intellektuele bewussyn en my geloof…al groter geraak [het]…”, en hoedat hy vanjaar (2012) besef het, “…’n intellektuele reis is ‘n doodloopstraat, die rede is beperk en kan jou net so ver bring. Dis hier waar my reis in die mistieke begin het, die hunkering na die Essensie waarna my geloofstradisie wys en wat ek wéét ek al beleef het. Dis ‘n verskuiwing van die ‘wat’ na die ‘hoe’. Dit gaan nie soseer oor wat ek doen nie, maar oor hoe ek leef. Wat ek doen en het, is van minder belang as die geur, smaak en reuk wat ek laat…”.

Ek sal dit graag wil belig deur te verduidelik dat waarheid inderdaad objektief en intellektueel kenbaar is, wat die doel met die intellektuele doodloopstraat is, en wat die geskiedkundige aanloop is tot die postmoderne mens se belewenis van ‘n kloof tussen sy intellektuele bewussyn en geloof – en die gevolglike irrassionele sprong na die mistieke.
Maar eers moet ons kyk na die geskiedenis van die ontwikkeling van die Postmoderne wêreldbeeld en daarvoor sal ons, ons laat lei deur die bekwame hand van Francis Schaeffer in sy, ‘Escape from Reason’. Schaeffer is van mening dat ons nie die Evangelie boodskap in ons Postmoderne wêreld effektief sal kan indra as ons nie die geskiedkundige aanloop tot hierdie wêreldbeeld bestudeer het en verstaan nie, gevolglik ‘Escape from Reason’.

Escape from Reason

In Rooi Rose se Februarie 2012 uitgawe is ‘n artikel wat op die buiteblad geadverteer word as ‘Drie Wyse Manne se Reis na Waarheid,’ let op die enkelvoudsterm ‘waarheid’. Hierdie waarheid word deur die inleiding verder gedefinieër as ‘ervarings’, ‘n tipiese post-modernistiese uitspraak, waar waarheid nie objektief kenbaar is nie, maar subjektief is. Verder lei die inhoud van die drie onderhoude in die artikel ‘n mens daartoe om nie net af te lei dat waarheid subjektief is nie, maar dat twee mense diametries verskillende goed kan glo en steeds albei een waarheid beet het! So lei die onderhoude met Joe Niemand (foto links) en Renier Cronje (foto regs) ‘n mens tot die absurde gevolgtrekking dat om te glo in die Bybelse doktrine van oordeel en skuld en nie te glo in die Bybelse doktrine van oordeel en skuld nie, albei waar is!

Hierdie waansinnige toedrag van sake is al etlike dekades in die wêreld buite Suid Afrika aan die kom, is tans in volle blom in die Suid Afrikaanse kultuur en het ook sedert omtrent 2000 sy aaklige kop uitgesteek in spesifiek die NG Kerk se geledere.

As voorbeeld van die invloed wat die media het in die verspreiding van die postmodernistiese wêreldbeeld kan ‘n mens kyk na die 2008 film ‘Vantage Point’. In die ‘Special Features’ afdeling van die DVD is daar ‘n onderhoud met Matthew Fox oor die rol wat hy speel, en dan raak hy hierdie pêreltjie kwyt, “There really is no reality. I mean, what you see, what reality is, is what you make it. And how you interpret what is happening…” ‘n Klassieke postmodernistiese uitspraak.

Laastens, neem as voorbeeld die regterkantse foto wat ek vroeg in 2012 in ‘n Woolworths tak geneem het. ‘Back off, it’s my reality.’ Ons kultuur, o.a. deur middel van die advertensiewese bombardeer ons met die Postmoderne evangelie: ‘Dis mý waarheid, en niemand gaan of mag vir my sê dat dit verkeerd is nie!.’

Wat die Teologie in die NG Kerk betref is daar hierdie interressante aanhaling van ‘n vraag wat Regter Buddy Swart aan Prof. Julian Muller tydens Ferdie Mulder se tugverhoor by Tukkies in 2006 gestel het asook Prof. Muller, ‘n baie prominente en vooraanstaande Teoloog in die NG Kerk, se antwoord daarop. Ek haal aan uit ‘n artikel getiteld, ‘Nuut – Soekend – Vars – nagedink oor ons liggaamlike opstanding … Ferdie Mulder – 2 Mei 2012’ op sy webwerf http://www.opgestaan.com:

“Oudregter Buddy Swart, die voorsitter tydens die ondersoek wou spesifiek en by herhaling by Prof Müller duidelikheid kry oor of die amptelike belydenis van die NG Kerk oor Jesus se opstanding ruimte bied vir twee RADIKAAL UITEENLOPENDE standpunte:

1. Dat Jesus letterlik uit die dood opgestaan het, en
2. Dat Jesus nie letterlik uit die dood opgestaan het nie.

Die konteks was gewoon duidelik dat dit oor die leë graf al dan nie gegaan het – dus, het ‘n liggaam ontbind in ‘n graf – met die gevolg dat argeoloë vandag die beendere kan opspoor of nie (die gesprek het spesifiek oor die Nuwe Hervorming gegaan). “Is daar ruimte vir die soort akkommodasie?” wou Regter Swart by Prof Müller weet. Prof Müller antwoord:

“Ek glo so. Ek dink soos wat die NG Kerk en sy Teologie ontwikkel op die oomblik is dit veel meer inklusief as eksklusief en die klem val daarop om na mense te luister…”

Nou ja, wat meer kan mens sê!

Ons het sopas Pinkster gevier en daarom is dit nou ‘n geskikte tyd om na te dink oor die Kerk se getuienisroeping na ‘n Postmoderne wêreld. Die hartseer ironie in Suid Afrika is dat ware gelowiges nie net ‘n getuienisroeping het teenoor die postmoderne wêreld nie, maar ook teenoor sekere Teoloë in sekere NG Kerk seminariums – en by implikasie die Herders wat deur hulle ‘opgelei’ is. M.a.w. die skape moet nou ook hulle herders met die Lig bedien! Wat ‘n paradoks!
Ek wil graag die volgende aanhaling uit Francis A. Schaeffer se ‘Preface’ tot sy ‘Escape from Reason’ deel om vir ons ‘n vertrekpunt te verskaf vir ons nadenke oor hoe ons, ons getuienisroeping teenoor ‘n Postmoderne wêreld kan uitleef:

“If a man goes overseas for any length of time we would expect him to learn the language of the country to which he is going. More than this is needed, however, if he is really to communicate with the people among whom he is living. He must learn another language – that of the thought-forms of the people to whom he speaks. Only so will he have real communication with them and to them. So it is with the Christian church. Its responsibility is not only to hold to the basic, scriptural principles of the Christian faith, but to communicate these unchanging truths ‘into’ the generation in which it is living.

Every generation of Christians has this problem of learning how to speak meaningfully to its own age. It cannot be solved without an understanding of the changing existential situation which it faces. If we are to communicate the Christian faith effectively, therefore, we must know and understand the thought-forms of our own generation. These will differ slightly from place to place, and more so from nation to nation. Nevertheless there are characteristics of an age such as ours which are the same wherever we happen to be. It is these that I am especially considering in this book. And the object of this is far from being merely to satisfy intellectual curiosity. As we go along it will become clear how far-reaching are the practical consequences of a proper understanding of these movements of thought.

Some may be surprised that in analyzing the trends in modern thought I should begin with Aquinas and work my way forward from there. But I am convinced that our study must be concerned at one and the same time with both history and philosophy. If we are to understand present-day trends in thought we must see how the situation came about historically and also look in some detail at the development of philosophic thought-forms. Only when this has been done are we ready to go on to the practical aspects of how to communicate unchanging truth in a changing world.” (p. 11-12).

* Let op na die woord ‘sommige’, dus: nié ALMAL nie.