My eerste vraag is, waarom kry Kerkbode iemand buite die NG Kerk om die emergents in die NG Kerk te verdedig? Ek ken Theo Geyser glad nie, ek verbeel my hy was betrokke by ‘n TV program oor God.
Toe Google ek hom maar en kom op sy gemeente, InVia, se webwerf af.
Die skakel na InVia gemeente se webwerf is hier.
Wat glo Theo Geyser?
Is hy ‘n panenteïs? Is hy enigsins ‘n Christen?
InVia gemeente het glo 4 waardes. Die eerste 2 is:
1) Lees:
Jesus was inviting people to become attentive to politics, weather patterns, social contexts, people groups, power structures, to begin “reading” what these signpost along the way of life, because Jesus is the Way, tell us about where we are in these times and “how” are we to be in these contexts. (Van InVia se webwerf)
Regtig? Jesus het ons kom leer om sosiale kontekste te “lees”? Is hy nie die een wat met prostitute en tollenaars vriende was nie? En politiek? Het hy nie gesê “My koningkryk is nie van hierdie wêreld nie?”
Waar kom Geyser aan hierdie Jesus? In die Bybel?
Ek twyfel.
Om te “lees” het ons glo volgens Geyser ‘n “nuwe spiritualiteit” nodig.
2) Herken
Wat moet ons “lees” en dan “herken”? Die “nuwe spiritualiteit” is om te herken dat jy God is.
Made in the image of God means there is a core within us we seek to align with, tune into, and live from. Staying aware of God in us through reflection, insights prompted by the Holy Spirit and silence is the primary goal of our journey with God. […]
The Eastern Christian tradition however, the speaks of theosis, and divine union, and sees the journey inward toward God just as valuable and important. This strand of our Christian history can help us better understand that recognizing God within is what allows us to live from our true deep self. (Van InVia se webwerf)
“Theosis” is die vergoddeliking van die mens. Wat Geyser nie hier sê nie is dat die Oosterse ortodoksie ‘n absolute grens aan “theosis” stel – die mens kan nie in die wesensbestaan van God deel nie (Maw die mens kan nie ontologies deel van God word nie.)
Is ek reg om te sê dat Geyser ‘n panenteïs is? Uit die data op sy webwerf lyk dit miskien of hy nooit die ontologiese grens tussen God en mens finaal afbreek nie.
Maar! Uit sy positiewe aanhaling van Jurgen Moltmann kan ons dit bo redelike twyfel stel. Moltmann se panenteïsme vorm die absolute kern van sy teologie.
Jürgen Moltmann se toetrede tot en ondersteuning van die dialoog het ook teologiese diepgang aan die debat gegee. Vir hom gaan dit in wese oor hoop, en dat hoop ’n nuwe verstaan van die wêreld moet wees. (Geyser in die Kerkbode artikel)
Oukei. So ek moet herken ek is God. Die manier om dit te doen is deur mistiese praktyke. Die webwerf propageer New Age ekwivalente kontemplatiewe tegnieke om “enlightenment” te bereik, sodat ons kan “transformeer”.
Hier het ons dus te doen met ‘n ander Evangelie en ‘n ander Christus.
Wat ons op Theo Geyser se webwerf van hom leer is:
1) Hy glo (bo redelike twyfel) hy is self god. (Panenteïsme)
2) Die mens transformeer deur te “herken” hy is god deur die gebruik van New Age ekwivalente mistiese praktyke.
3) Die logiese gevolgtrekking is dat enigiemand wat die regte tegnieke aanleer kan besef hy is god en homself so kan “red”. (Ek sit “red” in aanhalingstekens, want Geyser glo duidelik, soos ons hieronder sien, dat demoon aanbiddende sangomas ook “gered” is – of wat ook al sy siening van verlossing is.)
Wat ek NIE op Geyser se webwerf sien nie is:
1) God is Heilig
2) Die mens is goed geskep deur God
3) Die mens is as gevolg van die sondeval totaal verdorwe
4) Omdat die mens verdorwe is, is hy totaal onmagtig om homself te red, en het dus ‘n Redder nodig.
5)Jesus se sterwe aan die kruis om die straf vir ons sonde te dra.
6) Die wie Jesus nie aanneem nie sal vir ewig hel toe gaan, en die wie Hom aangeneem het sal opstaan tot die ewige lewe.
Kortom, die Evangelie van Jesus Christus is in sy totaliteit afwesig op Geyser se kerk se webwerf.
Kyk bietjie wat sê Theo Geyser in die SABC TV program “What does God think of us?”. Die konteks is ‘n byeenkoms van sangomas waar allerhande demoniese rituele plaasvind. Hier is Geyser se kommentaar op die sangomas se rituele. Hy verwys in die eerste sin na sendelinge wat sangomas se toorgoed verbrand as die sangomas tot bekering kom.
“I was wondering. Is this the best way to engage a culture, to burn somebody’s religion and to send somebody to a burning stake by condemning them and to get them on your side and sing a hallelujah chorus. What if the approach need to be like Jesus, to be more interested in the person than in the method or the expression of their faith? What if this can be one of the biggest opportunities to broaden your horizon, to meet God and to be changed and be changed yourself in that circumstance? I’m wondering and I think maybe that is the way we need to go if we have a conviction that we can’t take Jesus to anybody but that he’s already present in somebody’s life. Maybe a sangoma can be an opportunity to meet Jesus.”
Stem Kerkbode saam met Geyser dat sangomas wat hulleself besig hou met demoniese rituele vir ons ‘n geleentheid bied om Jesus te ontmoet?
Het Kerkbode nou so laag gedaal dat hulle Theo Geyser, wat so duidelik die evangelie van Jesus hier verwerp, moet kry om die emergent faksie in die NG Kerk se saak te stel?
Wynand Louw
Henrietta said:
Stem heelhartig saam Wynand. Het saam met Hennie Mouton een van die episodes gedoen- teleurstellemd!
hierstaanek said:
Henrietta, wat is jou opinie. Is Geyser ‘n Christen?
Anton Bosch said:
Ek glo ‘n mens kan Theo Geyser ‘n Christen noem op dieselfde manier wat mens ‘n orkaan ‘n somers briesie kan noem….
hierstaanek said:
Anton – ek verstaan nie mooi nie. Bedoel jy Geyser is ‘n baie sterk Christen soos ‘n orkaan ‘n sterk briesie is, of dalk presies die teenoorgestelde?
Anton Bosch said:
@hierstaanek, ek bedoel dat, net so min as wat ek ‘n orkaan ‘n somers briesie kan noerm, net so min kan ek Geyser ‘n Christen noem.
hierstaanek said:
Ek moet net hier byvoeg dat Geyser se kerk se webwerf perfek aansluit by wat Kevin de Young sê oor Geyser se guru, Brian Maclaren, se teologie:
In McLarenism there is no original sin, no wrath, no hell, no creation-fall-redemption, no definite future, no second coming that I can see, no clear statement on the deity of Christ, no mention of vicarious substitution or God’s holiness or divine sovereignty, no ethical demands except as they relate to being kind to others, no God-offendedness, no doctrine of justification, no unchanging apostolic deposit of truth, no absolute submission to the word of God, nary a mention of faith and worship, no doctrine of regeneration, no evangelistic impulse to save the lost, and nothing about God’s passion for his glory. This is surely a lot to leave out.
McLaren’s Christianity is not new and certainly not improved. I don’t believe you can even call it Christianity. It is liberalism dressed up for the 21st century. We can only hope this wave of liberalism fades as dramatically as did the last.
https://hierstaanek.com/2012/02/22/deyoung-die-evangelie-en-mclarenisme-is-brian-mclaren-n-christen/
Coert Welman said:
Die What Does God Think Of Us reeks is seker die mees teleurstellende goed wat ek al ooit gesien uitgesaai word onder ‘n “Christen” vaandel. As dit sy siening is oor Christendom…
Henrietta said:
My definisie van ‘n Christen is iemand wat die evangelie glo, die geloofsbelydenis soos ons dit elke Sondag in Gereformeerde kerke nasê. Ek dink nie dat Theo dit kan doen sonder om sy vingers agter sy rug te kruis nie…..
connie van wyk said:
God het gese Sy Gees woon NIE in tempels wat met hande gebou is nie, maar jy se ons gaan God vind en leer ken in die NG kerk? Verstaan ek reg? Interressant hoe alle kerkgangers glo HULLE kerk is die regte kerk? So wie sal dan die Waarheid he, want elke kerk preek ‘n ander evangelie terwyl die lewende God se ek is NIE ‘n God van verwarring nie! God was van die begin af ‘n VERBONDS-GOD, nooit ‘n denominasie-god nie ~ http://www.s8wministries.org/general.php?id=15
hierstaanek said:
Hallo Connie
Ek het bietjie gaan oplees oor “Apostel” vonAnderseck en hierop afgekom: http://injesus.com/messages/content/136702
Ek dink dit is skrikwekkend dat hierdie vals leraar volgelinge in SA het…
Nie van pas said:
Julle is belaglik. Wat het geword van moenie oordeel nie. Jul jaloesie en goddelike “ego” veblind julle. Word groot en kom uit jul kinderagtige kot van kerk sieninge en hoogmoed…Jesus het lankal aanbeweeg oor hy nie tyd het vir jul drama en toneelspel nie. Miskien moet jul tog wel by ‘n paar sangomas gaan leer van Jesus…hul is jul dalk al ‘n paar stappe voor. Kannie glo ek het eens die tyd gevat om te lees deur jul patetiese opmerkings nie.
hierstaanek said:
Hallo Nie Van Pas
Jy is natuurlik geregtig op jou opinie. 🙂
Groetnis
Hierstaanek
connie van wyk said:
God was van die begin af nog altyd ‘n Verbonds-God, nooit ooit ‘n denominasie God nie… ‘ n God van orde, funksie en struktuur, nie ‘n god van wanorde en verwarring soos wat ons in die denomiasie-kerk sien nie. Daarom herstel God nou in hierdie laaste dae (3de dag) SY VERBOND met die mens soos Hy belowe het in Hosea 6. Waar kan ons leer van die Termes en Kondisies van Sy Tweede Verbond? http://www.s8wministries.org/general.php?id=15
Susara said:
Miskien het Theo erens langs die pad verlore geraak en afgedwaal. Dit is baie hartseer indien hierdie artikel waar is. Ons het vir jare by hulle AGS Gemeente in Weslaan Ferndale aanbid. Dis jammer dat hy die Lewende God ons hemelse Vader Heilige Gees en Jesus Christus verloon het met ‘n valse leering! Ek dink nie hy besef waarmee hy besig is nie. Yesterday Today and forever Jesus is the same! God het jou steeds lief Theo, jy ken tog die waarheid en die waarheid sal jou vry maak. Ons bid vir jou.
hierstaanek said:
Persoonlik glo ek die AGS is ook van die pad af, maar nie so erg soos Geyser nie.
1) Die AGS verwerp die 5 leerstellings van genade. Alhoewel dit hulle nie buite die Christelike geloof plaas nie is dit baie gevaarlik. Ek was in n preek van Isak Burger waarin hy gesê het dat hy nie weet of mense wat nie die evangelie gehoor het noodwendig verlore is nie. Hiermee het hy by implikasie die idee dat ons deur geloof alleen gered word verwerp (want geloof is miskien nie nodig vir verlossing nie – Sola Gratia) Dit is op die grens van wat mens buite die reddende evagelie plaas.
2) Die AGS se leerstellings van ‘n “second blessing” of die doop in die Heilige Gees is onbybels. Dit skep 2 vlakke van Christene: die plebs en die supergeestelikes.
3) Die AGS se gewoonte om in “tale te praat” is totaal onbybels en sonde, omdat hulle iets wat uit die vlees is aan die Heilige Gees toedig. Dit is minstens godslasterlik, en kan moontlik selfs ‘n teken van duiwelbesetenheid wees.(Google “kundalini in the church”)
4) Die AGS van vandag het grootliks in Word of Faith teologie ingekoop: Dit is demoniese, New Age leerstellings wat tot die verderf lei. As jy WoF leerstelling verstaan en dit glo is jy net so verlore as ‘n Moslem of satanis. (WoF is nie tradisionele AGS teologie nie)
5) Die kultus van moderne (vals) “profete” vier hoogty in die AGS.
Ek kan enigiemand wat in die AGS is net aanmoedig om n gesonde gereformeerde gemeente te vind. As jy met vuur speel gaan jy jou hande brand.