-NUUT – SOEKEND – VARS –
nagedink oor ons LIGGAAMLIKE OPSTANDING … en gebeure rondom Dr Johann Ernst, Prof Julian Müller, Dr André Bartlett … en enorme hoop vir die TOEKOMS
Ferdie Mulder skryf ‘n aangrypende persoonlike stuk oor sy verhouding met Dr Johan Ernst, die opstanding van Jesus en ons hoop op die toekoms.
Lees dit hier! http://www.opgestaan.com/2/post/2012/04/nuut-soekend-vars-nagedink-oor-ons-liggaamlike-opstanding-ferdie-mulder-2-mei-2012.html
Henrietta said:
’n Pragtige, sielsverheffende stuk oor die opstanding van Jesus – – Dankie, dankie DANKIE my Hemelse Vader, wat so ryklik in my Here, Jesus Christus se opstanding voorsien het!
Dankie dat jy dit hier geplaas het, Wynand. Vir my is hierdie stuk áángrýpend mooi! Terwyl ek lees, kom daar by my ’n toenemende nuuskierige opgewondenheid, ’n blye verlange na dié dag wanneer ek “beklee” gaan wees met wat ons Vader in Sy Wysheid bedoel het my “wese” sal wees, wanneer my liggaam-saadjie met heerlikheid (soos wat ek in my wildste drome nie kan voorstel nie!) beklee gaan word. Dit is loshande die mees “up-lifting” stuk wat ek in my lewe gelees het – dit voel of ek sweef hier waar ek voor my rekenaar sit en lees.